PDA

View Full Version : "Struggle gaan voort"



Unregistered
12-11-2013, 08:37 AM
Die nuwe draad sluit aan by die Mandela een en dit sal goed wees om daardie draad op te deel. Dit sal goed wees as die versies geskuif kan word na die geestelikke draad.

Die rede vir die spesifieke een is
1. Was daar in ons oŽ n rede vir die "struggle"
2. Waaroor gaan die "struggle"?
3. Historiese sowel as huidige en beplande toekomstige Struggle planne

Insae sal waardeer word om huidige mense (en hulle kinders) wat deel neem aan die daaglikse reŽnboog van uitdagings toe te rus met kennis van waaroor dit gaan en waarop ons kan fokus om toekomstige uitdaging te identifiseer en waar moontlik slimmer te werk te gaan.

Lukas
12-12-2013, 11:43 AM
Tom Ek kan jou maar net vertel hoe ek die besigheid vanuit my eie ondervinding beleef en gesien het. ín Mens kan ja en nee op daardie vraag van jou antwoord, maar die maklikste is seker om met ín teenvraag af te skop.

Veronderstel dat jy swart was. Dat jou beweging met ín pasboek beperk was. Dat die polisie jou huis se deure oopbreek wanneer hulle honger is, om jou enigste kos in jou huis op te eet. Nie net dit nie maar hulle forseer jou om jou enigste kos vir hulle voor te berei. ( Ek het dit met my eie oŽ gesien) Wat sou jy gedoen het? Sou jy ook geprotesteer het of sou jy in dankbaarheid bly leef het?

Ek glo nie dat die struggle nodig was nie. Die grond wat ons besit het, was meestal wettig bekom. Die tradisionele grond het nog aan die swart stamme behoort en die tradisionele leiers het nie te sleg gevaar nie. Die ou regerings het baie geld in die tuislande ingepomp om dit selfvoorsienend te maak en al was hulle benadering in die meeste gevalle verkeerd, het hulle meer gebou as wat hulle gebreek het.

Na 1900 was swart mense se menswaardigheid ernstig benadeel. 1925 het die Britte besluit dat all swart mense luise het en dat hulle soos diere, twee keer per jaar met perde aangejaag en kaalgat deur dip baddens forseer moes word. Pa, ma, boetie sussie oupa en ouma oom tannie neef en niggie en al die bure was met geweld ontklee en soos ín trop deur dip baddens gejaag.

Na 1945, toe die enigste wit nasie wat die swart mens verstaan het, weer in bewind gekom het, het die ongeskrewe wette van die Britte, papier gekry en was swart mense nie meer toegelaat om saam met jou in ín winkel te staan, of soos voorheen saam op ín bus te ry of saam met jou in die openbaar gesien te wees nie. Swart mense het totaal minderwaardig gevoel en ons het weer totaal meerderwaardig teenoor hulle gevoel. (Soos ín vriend eendag na die 1994 verkiesing vir my gevra het. Hy wou weet waar die ou regering al hierdie slim swart mense weggesteek het.) Ons het hulle totaal onderskat en ons het in ín groot mate ook hulle menswees ontken.

Wat sou jy gedoen het as jy dan swart was?

EK dink dat die struggle, uit en uit die gevolg van ondeurdagte wette of miskien, deur wel deurdagte veroorsaak was. Maar omdat ons hulle vermoŽns totaal onderskat het, het ons die besigheid ook totaal verkeerd benader. Ons het in die verlede ín hele paar groot foute gemaak.
1. Regerings wou hulle dom hou.
2. Ons was en is vandag nog te lui om sonder hulle klaar te kom.
3. Ons het self besluit wat hulle lewenstandaard moet wees.
4. Ons het nooit die belangrikheid en die wettigheid van ons eie grondgebied in die skole aan hulle verduidelik nie.
5. Ons het in die skole nooit vir hulle geleer waarom dit belangrik is om hulle eie tuislande te ontwikkel nie.
6. Ons het hulle tuislande nooit onafhanklik gemaak sodat dit in die wÍreld as lande erken kon word nie.
7. Ons kon nooit daarin slaag om ín Afrika gedrewe selfonderhoudende ekonomie, wat ín infrastruktuur kan stimuleer, binne hulle tuislande gevestig kry nie.
Omdat ons al hierdie dinge nie gedoen het nie, het ons hulle begeerte om te verbeter , hulle menswaardigheid, hulle sin vir realiteit en hulle selfrespek onderdruk.

Johannes Morwe was eendag woedend. Hy het in Suid-Afrika gewerk maar sou na sy aftrede op sy stamgrond in Bophuthatswana gaan woon. 1991 was hy baie ontsteld met ons regering en het eendag ernstig teen die regering uitgevaar omdat die regering sy mense en sy nageslag so sleg maak.

Ek was verstom omdat ek nie die uitbarsting verwag het nie en wou ín verduideliking hÍ. Sy grootste beswaar was dat die mense nie geleer word om vir iets te werk nie. Volgens hom was daar ín klimaat geskep waar hulle net moet ďdemandĒ en dan gee die regering sonder om enige teenprestasie te verwag.

Die meerderheid swart mense het met hulle omstandighede vrede gemaak en het binne die geleenthede wat vir hulle gebied was, probeer om opgang te maak. Maar net soos wat daar wit mense is wat nie met swart mense oor die weg kom nie, is daar ook swart mense wat nie met wit mense oor die weg kom nie. En dit is waar die grootste kraak ontstaan het. Daardie swart mense wou sonder die hulp van ín wit vel, self sy eie heil bewerk. Maar omdat hy van skool af, geleer was om nie daarvoor te werk nie, maar om eerder ín klip teen ín polisie bakkie te gooi, was ín totale verkeerde kultuur geskep. Nie deur die swart mense nie maar dier die ou regering.

Wat sou jy gemaak het as jy swart was?

Tom
12-12-2013, 01:07 PM
Lukas, ek dink BW moet antwoord. Ek glo dit is sy draad hierdie.

Unregistered
12-12-2013, 03:30 PM
Lukas op sy beurt is ons as volk ook in die verlede onderworpe en verkneg net soos ons nou weer onderworpe en verkneg word. Die ou regering het afsonderlike ontwikkeling toegepas as n christelike beginsel as volk om homself apart te kan regeer. Wat die tekortkominge van die swartes betref kan dit nie vierkantig voor die ou regering gele word nie, Verwoerd is vermoor voordat sy ophefing en geleenthede ook vir die swartman tot sy volle reg kon kom. Dit is ook in sy era reeds dat n komplot van valse vrede uitgerol en tot vandag gedryf word, vanuit die buitewereld. In die slag bly swartes wat tot nou en voorentoe die prys gaan betaal, solank hulle om die bos gelei word. Wie is dit dus wat die mense skade berokken? Die wat n valse demokrasie en gelykheid bevorder, maar dit net kan preek en in praktyk hulle self bo die res stel in alle opsigte. Mandela kon so lank lewe omdat die Verwoerd regering hom guns bewys het deur hom van sabotasie aan te kla en nie hoogveraad nie, want dit het die doodstraf vir hom en sy kadders beteken. Genade was aan hulle bewys wat n komplot van anargie en wreedheid en moordadigheid van onskuldige mense ingesluit het (19 afgemaai in n kerk onder andere). Dit is jammer dat daar gepoog word om die wereld n false beeld voor te hou en dat die waarheid verdraai word. Ons moet altyd as die vyand gebrandmerk word en ek dink wanneer die waarheid eendag homself openbaar sal daar ware vrede tussen volkere wees. Staan vas

Lukas
12-12-2013, 06:18 PM
Staanvas. Jy is reg. Maar kyk weer na die vrae en plaas jouself in n swarte se skoene om dit te antwoord.

Unregistered
12-12-2013, 06:44 PM
Lukas en groep:

As ek 'n paar woorde mag kwytraak:(verskoon tog asb. die engelse woorde tussen in )

Lukas jy praat van as dit ons was wat so onderdruk was, wat sou ons gedoen het? Ek dink dis 'n moeilike vraag om reguit te antwoord, maar ek gaan probeer. Eerstens dink ek ons moet net demografie (getalle) in gedagte hou. Ons as blankes is hoopeloos te min om iets uitgerig te kry, die getalle is teen ons. Die swartes is egter 'n perd van 'n ander kleur. Hulle het die getalle aan hulle kant- sou non violent pacifism nie 'n beter opsie gewees het nie?. Weerhou arbeid, boikot besighede ens. (hier dink ek aan industriee soos myne ens ook). Kry die steun van die buitleland met sanksies (soos wat hulle ook gedoen het), maar nie geweldadige optrede nie. As ek reg onthou is hier op een van die vorige drade gese, dat dit sonde is om teen jou regering in opstand te kom, jy moet aanvaar dat God die regering daar geplaas het. Of het dit net betrekking op wittes?

Wat aanbetref dat die regering hulle dom gehou het, maak ook nie vir my sin nie. Daar was tog swart prokureers, onderwysers , dokters en nurse. Goed en wel al die beroepe was nie oop vir hulle nie, maar daar was tog velde waarin hulle kon studeer. Die ding wat my hier pla is die feit as 'n mens kyk na Afrika as geheel- hoekom het daar nooit ontwikkeling plaasgevind nie. Etihopiee was nooit gekonoliseer nie, tog is hulle een van die agterste lande in afrika. Vat Haiti, die wittes is oor die 200 jaar terug daar weg- vandag is dit die wereld se grootste agtergeblewene land in die wereld- Hoekom? . Ek gaan nou seker pakslae kry, maar ek dink daar is hemelse hoogtes versil in intellegensie tussen die verskillende ras groepe. Asiate weet ons het die hoogste IK, daarna die Jode dan die wittes en laastens die swartes. Was dit nie maar die regering van daai tyd se manier om hulle te laat ontwikkel op hulle eie pas nie?

Ek dink die groot probleem het ingekom met die missionaries- hulle wou die Woord van God aan die mense kom verspei. Om dit te doen moes hulle die mense leer lees en skyf, en net daar het die moeilikheid begin. Die swarte was heel gelukkig in sy naturelle staat, en skielik moes hy al hierdie nuwe dinge aanleer, skielik moes hy leer dink op sy beperkte manier. Met tyd het hy ook gesien hoe die witte leef, en wou dit ook vir homself he, enigste probleem is die witte het hom nie gesien as sy gelyke nie- die resultaat is wat ons vandag sien in hierdie land. Die swartes word vandag nog in die skole geleer om die wittes te haat. Die nuwe curriculum is so geskryf dat die wit kinders 'n skuld gevoel moet ontwikkel oor wat hulle voor ouers gedoen het, en by die swartes 'n haat opbou teenoor die witmens. Die ANC/SACP of NWO het baie seker gemaak van hoe om die jeug te breinspoel en seker te maak dat hulle die leuens sal glo.

Wat aanbetref die oopskop van hulle huise, ja dit was so, maar 'n bediende wat donkie jare terug by my gewerk het (sy is nou afgetree), het my altyd vertel dat die polisie in daai aparteids jare altyd die huis skuins oorkant hare se deur so oopgeskop het in die nag. Die huisbewoners was PAC ondersteuners en moeilikheids makers. Die bediende het my ook vertel dat in al die jare wat hulle daar gebly het , was hulle net een nag opgeklop deur die polisie. Die polisie wou net die huis deursoek, sy het vir hulle oopgemaak en nadat hulle klaar gekyk het , het die polisieman haar om verskoning gevra , en is hulle daar vort. Nooit het hulle probleme gehad met die polisie nie, maar nou moet ek ook byse, sy en haar familie was nie aktiviste nie, hulle wou net hulle lewens leef in vrede, niks meer nie. Vandag se poliesie pers die mense af, en vat hulle geld, of goedere vannaf die winkels. Enigste verskil nou is dit swart polisie en nie wittes nie.So niks het eintlik verander nie.

Groetnis
Kasper

Unregistered
12-12-2013, 07:33 PM
Ek het dit mooi gelees daarom beskuldig ek nie die swartman nie, maar die soos wat ek dit uiteen gesit het. Ek verstaan wat jy se en daarom sluit my pos by joune aan net vanuit n ander perspektief. Staan vas

Unregistered
12-12-2013, 07:47 PM
Kasper ek kan ook nie met jou pos saam stem nie. Die swartman glo ek nie het noodwendig n laer IK nie hy het net n meer afrika manier vsn dinge doen en dit verskil bietjie van jou westerse opvoeding. Jy kyk ook by stryd na getalle en in watter stryd het ons al ooit getalle aan ons kant gehad? Jy gaan nie steun van die buiteland kry vir jou saak nie eerder die wind van voor, die ANC was gebaseer in England. Wat betref "niks het verander nie" daar is jy reg. Staan vas

Unregistered
12-12-2013, 08:11 PM
Hello Staan vas

Ek dink my bedoeling hoe ek geskryf het oor die getalle het verkeerd uitgekom. Ek het bedoel hulle is die meerderheid en in plaas van violence moes hulle eerder passiewe tegnieke toegepas het soos bv. die boikotte en wegbly vannaf die werk- Dink net hoe dit die mynwese sou seergemaak om maar net een voorbeeld te noem. Jammer as ek die verkeerde indruk geskep het met my plasing. Dit is wat gebeur as 'n half soutie Afrikaans prober skryf (LOL).

Oor die intelegensie ding moet ek verskil van jou: Toegegee die afrika manier van dink is baie anders as ons westerse manier van dink. So kan ons tog ook dan se die asiate se manier van dink is anders as ons s'n- tog staan hulle nie een oomblik terug vir die weste nie, inteendeel is hulle van die voorlopers op die gebied van tegnologie. Hoeveel swartes kan hierdie vir hulle self toe eien?.. Kom ons kyk na Nobel pryse wat uitgedeel word- hoeveel swartes het al nobel pryse gekry vir wetenskaplike of tegnologiese uitvindings?.. Hulle kry die pryse vir goed soos "vrede" en daai tipe goed. Die intellegensie is net nie op dieselfde vlak nie, tensy jy vir my bewyse kan gee dat almal dieselfde intellegensie, staan ek by my punt. (ek bedoel niks leliks hiermee nie, dis maar net my seining van dinge- vir wat dit ook al mag werd wees)

Groetnis
Kasper

Unregistered
12-12-2013, 09:59 PM
Kwaai Kasper! We can differ sometimes, we can change our opinion as we enter into dialogue and come to a beter understanding or not. As long as we can be mature in our respective descussions towards each other we are making ground. Staan vas

Lukas
12-13-2013, 06:05 AM
Julle is nou op gevaarlike grond omdat julle twee goed in een onderwerp saam wil gooi wat saam, die hele onderwerp gaan ontspoor. Kasper is reg dat die getalle uiteindelik die verskil maak. Toe ek nog klein was het n bediende vir my tannie gesÍ dat hulle ons met getalle gaan wen, en hulle het nogal goed geteel. Maar dit laat my weer aan n beginsel dink wat tans nog in die ekonomie geld. En dit is dat die rede vir die opswaai van die ekonomie later ook die rede vir die afswaai van die ekonomie sal wees.

Hulle het hierdie getalle-trein suksesvol in momentum gekry maar hoe gaan hulle dit weer gestop kry? Hulle kon dit met die getalle regkry om die politiek in hulle guns te swaai maar nou is hulle in ín nuwe kultuur. Hoe gaan hulle dit nou regkry om volhoubaar vir almal kos te gee om te bly leef, of om die trein gestop te kry?

Kasper sÍ dat hulle destyds tog in sekere rigtings kon studeer. Dit is presies waar die Afrikaner na 1902 was. Hulle was ook toegelaat om universiteit toe te gaan mits hulle onderwys of teologie wou studeer. Iemand wat iets anders wou studeer, moes dit in die buiteland gaan doen het. En dit was een van die goed wat die Afrikaner oor die drumpel gedryf het.

Maar wanneer julle dom, by hierdie onderwerp wil insleep, sleep julle n onderwerp in wat nie by hierdie draad pas nie en wat die draad gaan ontspoor.

De vraag was of die swart stryd geregverdig was. En ek sÍ dat die sisteem moontlik vir hulle genoeg rede gegee het om ontevrede te wees. Tog sÍ ek ook dat die ou regering dit totaal verkeerd aangepak het, maar verkeerd aanpak is ook ín relatiewe begrip. ín Mens kan soms moedswillig ín ding verkeerd doen om te bewys dat dit nie werk nie, sodat jy ín ander metode wat jou pas kan probeer.

In hierdie geval is die tuislandbeleid verkeerd aangepak om vir die nuwe wÍreld orde se planne die voordeel te gee.

Dom en die rede waarom Afrika anders is, kort ín nuwe draad wat ek by die vlak 2 gebruikers gaan oopmaak.

Unregistered
12-13-2013, 08:42 AM
Lukas,

Kan ons gewone plebs toegang kry tot vlak 2 of is daar sekere voorwaardes aan gekoppel . As ons kan, hoe gaan mens tewerk om dit te doen?

Dankie
Kasper

Unregistered
12-13-2013, 08:45 AM
Ons sal ook graag weet wat word van die Swartberg lede

Unregistered
12-13-2013, 04:25 PM
Ons geniet en waardeer die gesprekke.

Onthou asb, dat die opinies wat sommiges plaas kan beperk wees tot "jong" kennis ingewin in die laaste 20 of so jaar en mag dalk sensitief wees vir ander wat oor ouer kennis beskik d w s moet asb nie kwaad raak en wegbly nie. Dit gaan net die huidige en "toekomstige" (met betrekking tot scenario moontlikhede) prentje dof hou. (waar moontlik sit n link op of plaas die info waarop jy jou siening baseer) As dit uit jou ondervinding kom, deel asb so.

Soos ek verstaan (ek verf my swart) is daar verskillende vorme van struggle en in my gedagtes geld die Boereoorlog ook as een (maar los vir ander draad of dag) Die struggle m b t Mandela kom voor of dit gegaan het oor die blanke wat die swarte domineer in n land wat histories aan die swartes behoort het sogenaamde "liberation" struggle en uit vorige poste maak ons die afleiding dat beide Afrikaners en Engelse n aandeel in dit het. Daai gedeelte het in 1948 begin en aangehou vir 40jaar en was die resultaat vir n verkiezing waarby almal betrokke kon wees in 1994.

Ek sukkel om te dink oor hoe dit sou voel om vir so lank onderdruk te word terwyl ek in n sink shack (yskoud in die winter, sweterig en warm in die somer), soos hoenders in n groot hok tussen baie agresiewe elemente, met beperkte toegang tot water, elektrisiteit en sanitere geriewe te leef. Ek kan nie eers in die aand uit slip vir vars lug nie want ek mag nie na 9 in die dorp wees nie. Op die tv sien ek hoe blankes in die see swem, kyk advertensies van resturante se lekker kos ens ens. Vir 40jaar lank in n konsentrasie kamp sonder drade met baie beperte aktiwiteite ("daaglikse") en geen reg om te stem of ek en ander wat soos ek LYK daarmee saam stem nie.

Ek glo uit die boonste (en afgelei uit vorige plasings is daar aspekte wat ek mis) voeg asb by.

Boeta's ek weet nie van julle nie maar dis rof, en as hulle (ek noem dit nie om te polariseer nie want daar was blankes ook wat gesukkel het a g v hulle ondersteuning aan die struggle) ons werklik vir daai gedeelte van die struggle vergeef het moet EK werklik n bietjie in MYSELF kyk of EK die waardering vir die gesamentlikke vergewens gesindheid gebaar "KOP". Daar is nou nog van ons wat 100 jaar na die Boere oorlog met glase asyn rondloop en n geleentheid soek om n sluk van daai GAL te drink.

Die ander gedeelte van die struggle soos ek verstaan uit n berig van Aljazeera nuus is dat Julius hulle baie klem lÍ op n ekenomiese struggle wat nog steeds voort gaan. So die myne, banke en grond is vir hulle nog steeds belangrik en dis met daai "WORTEL" wat hy stemme gaan werf. http://m.aljazeera.com/index/home#/story/201312912152895749

BW

Tom
12-13-2013, 05:10 PM
BW, ons moet net pasop dat ons nie die ding oor kompliseer nie en n skoen aantrek wat ons nie pas nie. Ons is tog so gereed en bereidwillig om skuld te aanvaar, terwyl dit nie so is nie. Daar is sekere dinge wat in hierdie emosie belaaide redenasie uit die oog verloor word.

Mens moet nie vergeet waar hierdie mense vandaan kom nie, waaraan hulle gewoond was nie, wat hulle ontwikkeling peil was, hoe hulle geleef het, wat die standaard van beskawing was, wat hulle kultuur was en ons kan so aangaan en die dinge opnoem. Dit is nie asof hulle op die Europese standaard was en toe skielik hieraan onderwerp was nie. Dit is n ding wat doerie tyd begin het en soos hulle ontwikkel en gegroei het, het die politiek nie tred gehou nie, tot ons eendag n reuse regstelling gekry het. Uit die aard van sulke regstellings, is daar oor kompenseer en is hierdie mense nou in die diep kant ingegooi en hulle kan eenvoudig net nie byhou nie.

Dan is daar dan ook vele male op hierdie forum verduidelik dat apartheid nie die Boere se beleid was nie, maar n beleid wat deur die Engelse ingestel en afgedwing is. In die Boere vs Afrikaner draad het ek geskimp na die lang ry leiers wat ons gehad het. Ons het nog nie daarby uitgekom nie. Ons sal nog seker, maar dan sal ons sien hoe die Engelsman, eintlik 'Die Kroon' of 'The Crown' al hierdie leiers aangestel en beheer het om te doen wat hulle gedoen wil hÍ.

So word Dr Verwoerd vandag voorgehou as die vader van apartheid. Dit is net nie waar nie. Apartheid het bestaan voor hom. Hy wou dit egter verander en die naturelle hul eie onafhanklike state gee. Hierdie het totaal teen die Crown se wil gebots. Hy wou nie bes gee nie en is daaroor vermoor, deur sy eie hanteerders.

Unregistered
12-13-2013, 05:15 PM
Kyk na visiese sowel as sigiese voorkoms van mense wat vergeef (somiges kry dit selfs reg om te vergeet) en aangaan met hulle lewens. Dit affekteer vir seker ons fisiese voorkoms en sigiese belangstelling.
(as n vrou of man haar of sy mond oop maak kry jy tog n idee van sy sige)

Ek wonder soms oor ons (blankes) hoekom as ons meer het lyk ons meer kere bot en ongelukkig maar baie (swartes, indiers, swazi's, basotho's ...) lyk oppervlakkig net meer "happy" as ons. Hoe is dit dat daar mense is wat baie minder (materiŽle) "stuff" het as ander maar hulle kom fisies "happy" voor?

EEN (daar is meer maar bly by die onderwerp) Moontlikke rede: Daar was heelwat verkeerde idiologiŽ en idees gedurende apartheid en ons het ons eie struggle ook maar in ons binneste gevoer. M A W binne in ons was daar n stem wat nie saam gestem het nie maar a g v baie druk van buite en n omgee vir jou ONMIDDELIKKE familie ens het ons n karige toekoms gesien as ons teen die apartheid sisteem sou skop. Is dit nie daai binne struwelinge "struggle" wat ons ook maar gehad het en bygedra het tot ons "hard" maak nie (Ja daar was ander soos Boereoorlog, ekonomiese druk, geloofsdruk ens ens).

Ons funksioneer tog beter (fisies en sigies) as ons tevede is en dis dalk nader aan die waarheid van die bg groepen waarna ek verwys. Hulle is nie noodwendig "happy" nie maar wel tydelik tevrede. Maar tevrede is tog in ons kop (+ basics soos kos, klere, hitte in die winter en koelte in die somer), en niemand kom in ons koppe in behalwe ons self nie.

Die persepsie wat in my kop vorm is - as ons die vermoŽ om uitdagings m b t rasse druk te kan identifiseer en leer daar uit (Boer maak n plan) VERGEWE sonder om dit in die day to day rugsak te pak en saam te dra nie, maak dit ons "ligter op ons voete" om aan te pas in Suid Afrika. Daai kennis kan ons deel (dalk bring dit ons in Liefde nader aan mekaar) en aan ons kinders oordra DWS hulle word net beter bevoeg om in n wÍreld aan te pas wat konstant uitdagings gaan hÍ. Hierdie is nie n kort termyn gezindheid nie en ons mag dalk net n gedeelte van die voordeel sien maar ons kinders sal meer daarvan beleef...

Unregistered
12-13-2013, 05:30 PM
Dankie Tom,

Soos genoem, verskoon n tekort aan informasie a g v histories beperkte kennis.

Aangaande die emosies - ek verskil en ander is welkom om ook te verkil. Soos wat sekere beeldmateriaal en informasie na die oppervlakte van die huidige Mandela "seisoen" kom glo ek sal baie mense verskillende emosies ondervind a g v elk een se verwysingsraamwerk "boekrak". Die idee is om dit te identifiseer en dit is elke persoon se eie verantwoordelijkheid om daai emosie en informasie te hanteer en gemaklik te raak met homself deur antwoorde te kry.

Ek stem saam met jou en dis hoekom ek die Akska forum se kwaliteit gesprekke waardeer, om baie van my persoonlikke vrae te "knie". Ek is bewus van ander forums en skaar my al n geruime tyd by Akska. En is dankbaar daarvoor.

BW

Unregistered
12-13-2013, 05:52 PM
Jammer man.

Aangaande Verwoerd - daai is mense wat ek glad nie geken het nie ek sal selfs moet gaan oplees oor PW. So die idee met die draad is in n baie klein mate van voordeel vir ons self. Dink julle nie dit sal beter wees om te fokus op bestaande informasie te probeer oes en gebruik tot voordeel van ons kinders.

Sekere informasie soos jy genoem het is belangrik en word waardeer ons moet net attent daarop wees om die draad se fokus te hou by die doel.
BV. Die fisie president - hoe is sy werklikke siening aangaande blankes. Nie wat hy voor die massa's sÍ of voorgee nie. Want gegewe Mandela se struggle liedjes, toesprake ens. Was Mandela nog steeds politikus d w s hy het gesÍ wat die massas wou hoor maar versigtig in die agtergrond baie taktvol aan n beter SA gewerk vir almal. Gegewe die - kan ons uit ons onmiddellijke ekenomiese omgewing SIEN daar was mense (Blankes) wat voordeel getrek het... Hoe? Ons kan mos leer bymekaar?

Hoe lyk die Zuma prentjie. Wat sÍ hy as massa magneet en wat gebeur werklik?

So kom ons neem aan Ceril gaan die stoel oorvat. Wat vertel hy vir die massas en waaraan werk hulle in die agtergrond?

Lekker aand,
BW

Unregistered
12-13-2013, 07:28 PM
Ekonomiese struggle..... Hulle wil "goed" hÍ, rykdom en vryheid.

Daai happy een is die een wat klaar sy vryheid bekom het, ek sien wat "geld" aan ons mense doen en wat dit die laaste paar jaar ook aan hulle doen.

By hoeveel winkels staan swart kinders en bedel maar sal selde of nooit by ander swartes bedel nie. Wat het geword van hulle vermoee om te deel wat hulle het?

Die struggle om vry te wees van al die goed, daar is iets om voor te baklei.

Onderdrukking is iets waarteen enige persoon, dier of ding sal baklei. Is hulle struggle nie al verby nie en baklei hulle voort teen iets wat hulle self nie verstaan nie.
Om te struggle is wat hulle ken, is waarmee hulle groot geword het, is wat hulle "moet doen" al is dit dan teen hulle eie mense. Die sielkunde agter dit is egter ver bo my vuurmaak plek.

Vraag: Wanneer sal hulle die struggle as afgehandel sien?

Unregistered
12-13-2013, 10:51 PM
Daar is veskeie "struggles" aan die gang. Egipte, Syria ...

Jy is 100% reg oor die bedel en daar is soos by hulle ook by ons mense wat nie graag deel wil wees van die "rat race" nie maar daai resies sal altyd daar wees. En ek glo die doel is om meer mense op n vlak te kry waar hy/sy darm werk het en kos op die tafel te sit. Die probleem waarmee die staat sit is hulle het die massas opgehef en n stem gegee wat goed is maar die staat kan nie by die beloofde dienslewerings beloftes bly nie. Hulle wil op gelyke vlak kom in helfte van die tyd wat dit die vorige regering geneem het...

Dit gesÍ, is Julius se energie agter grond hervorming, myne en banke nasionaliseer nie maar net n weerligafleier voor die aan komende verkiesing vir die werklikke probleem wat dienslewerings is nie?

Unregistered
12-13-2013, 11:04 PM
"When it was apartheid, I wasnít born, but I would like to see what Mandela went through in that time and how it was on Robben Island," she said. "He went through lots of stuff in apartheid and Iíd just like to know, why did he fight for justice and why did he want everyoneís life to be the same?"

Lees meer oor Die "struggle" hier:

http://www.bdlive.co.za/national/2013/12/09/mandelas-dream-has-not-ended-motlanthe-tells-mps

BW

Lukas
12-14-2013, 10:31 PM
19# Jy vat die vrae mooi raak. Wanneer sal die struggle verby wees? In hulle gedagte moontlik wanneer hulle almal geld het om huise en voertuie te koop wat hulle harte begeer.

Afrika het dit reeds in Kenia, TanzaniŽ en elke Afrika land bewys wat met ín rewolusie in bewind gekom het. Eers kon hulle waar ons ekonomies nou is en dan kom die volgende rewolusie omdat die gepeupel op die grond nog altyd nie het wat belowe was nie. Na die tweede rewolusie het niemand niks en dan is hulle skynbaar weer tevrede.

Unregistered
12-15-2013, 08:37 AM
Hi Oom Lukas,
Dit is so en baie stem daarmee saam en dit is juis vir die rede dat insae oor die volgende fase van die "struggle" belangrik is.

Op die tv het n blanke Vrou nou die dag (dink dit was so week voor Mandela oorlede is) gesÍ dat n mate van metriŽle bate balans ook eers sal moet plaasvind.
Daarna het ek gelees van Julius wat dieselfde deuntjie sing aangaande myne, grond en banke.

So dit lyk of ons dieselfde pad gaan stap as Tanzanie, Kenia ens ens. En dit is juis hoekom ek dink dit belangrik is om die informasie te deel en te kyk hoe ons as blankes ekonomiese uitdagings voortydig kan identifiseer.

BW.

Unregistered
12-15-2013, 10:44 AM
Julle vra wanneer sal hulle die struggle sien as verby of klaar ?

Dit is eenvoudig om te antwoord : Die dag as die laaste blanke sy asem uitblaas of die laaste blanke doodgekap word met 'n panga !

So eenvoudig soos dit.

Groetnis

Kasper.

Lukas
12-15-2013, 11:36 AM
Kasper. Die eerste plaasmoord was op n Marais n paar jaar nadat Jan van Riebeeck hier geland het. Dit gebeur al vandat ons hier gekom het en dit sal ook nie more klaarkry nie, Dit is iets wat ons kan bestuur en die wat nie hoor nie of dit nie wil bestuur nie, kan vroeŽr doodgaan as wat sy genetiek hom toelaat.

Om hier te woon het sy prys en sy uitdagings. En ons besluit is om te bly.

Jannieisterug
12-16-2013, 08:04 AM
Kasper. Die eerste plaasmoord was op n Marais n paar jaar nadat Jan van Riebeeck hier geland het. Dit gebeur al vandat ons hier gekom het en dit sal ook nie more klaarkry nie, Dit is iets wat ons kan bestuur en die wat nie hoor nie of dit nie wil bestuur nie, kan vroeŽr doodgaan as wat sy genetiek hom toelaat.

Om hier te woon het sy prys en sy uitdagings. En ons besluit is om te bly.

Lukas, jy is baie nou betrokke by die soort van ding. Is daar enige "stats" beskikbaar wat sin maak van die veiligheids reelings by plase waar daar aanvalle was? Is dit nie so dat daar oor die algemeen aanvalle is op plekke waar die sekuriteit nie wat wonders is nie? {Ek maak geen stelling nie, ek vra die vraag}
Wat verhoed my om sekere "eary warning" metodes toe te pas? Ek het baie jare terug gesien hoe die manne in die ou Rhodesia waterpyp, rot-slagyster, vislyn en 12 boor patrone baie effektief gebruik om "aanvallers" die skrik op die lyf te jaag en terselfde tyd die huis mense te waarsku dat daar gevoeter word met die omgewing.

Jannie

Lukas
12-16-2013, 09:50 AM
Jannie ons maak ook van vroeŽ waarskuwings gebruik. Die goed wat tans in die mark beskikbaar is, is nie volgens my voldoende nie en wanneer dit nodig is, sal ons in uiterste gevalle, ons eie turbo-aanjaers implementeer.

Ek het twee goed agtergekom. Wanneer ’n aanvaller skrik, is hy onwillekeurig op in volle vaart. Hy kom ongeveer 5 km later agter dat hy homself op ’n plek bevind, maar weet nie hoe hy daar gekom het nie. Dit neem hom baie lank om agter te kom wat met hom gebeur het en wanneer hy onthou dat jy hom skrikgemaak het, kom hy met sy maatjies terug om jou ’n les te leer. Maar wanneer hulle terugkom is hulle vrek bang en skrik dan net so lekker. In die meeste gevalle kom hulle nie weer, vir nog sprint oefening terug nie.

Wat konvensionele verharding self betref, het dit ’n gering voorkoming waarde. Wat ons gevind het baie goed werk. Dit is nou wanneer jy die kennis het, verhard ons net die plekke waar hulle toegang tot die huis wil kry. Hulle verander dan die plan na ’n volgende plek en dan verhard ons weer daardie plek. Dit is nie lank nie of hulle begin wonder of iemand nie uitpraat nie, en dit is wat hoofsaaklik in ons guns tel. Ons wil graag hÍ dat hulle mekaar nie meer vertrou nie en wanneer ons dit reggekry het, het ons gewen.

Hier is ’n paar stats. Dit is al lankal gedoen maar volgens my kennis, sal dit nie verander nie.

326

327

328


As jy ’n plan het om vroeŽ waarskuwings te bou, sal ek graag met jou wil praat. EK het ’n paar planne maar het nie die tegnologiese kennis om dit kommersieel te maak nie.