PDA

View Full Version : Die 2de Gebod



caholt
12-17-2013, 12:08 PM
"Jy mag vir jou geen gesnede beeld of enige gelykenis maak van wat bo in die hemel is, of van wat onder op die aarde is, of van wat in die waters onder die aarde is nie. Jy mag jou voor hulle nie neerbuig en hulle nie dien nie"


Oorals waar jy kyk is daar n standbeeld van een of ander persoon op gerig wat iets in die verlede gedoen het.
as n mens nou verder ook daar inkyk kan jy selfs gaan kyk na speelgoed manetjies of poppe ens.

Is dit aanvaarbaar om standbeelde op te rig?
Wat is julle siening oor dit?

caholt.

454
12-19-2013, 07:36 AM
Caholt

Ek self glo dit is 'n patetiese poging van volgelinge om 'n mens te laat probeer voortleef. Die enigste voordeel blyk dat duiwe dit bo huisdakke as misplek verkies.

Dit is egter aanvaarbaar. Al is dit noodgedwonge is dit een van daai goed waarmee ons sal moet saamleef. Die magsbeheptheid van mense het geen perke nie en straatname, plekname en standbeelde is nou maar van die moderne maniere van jou plek merk.