PDA

View Full Version : Is Mandela deur die Mossad opgelei?



wouterf164
12-23-2013, 05:46 PM
Kan dit wees dat die mossad Mandela opgelei het en dan nog hand om die blaas met SA was?

Volgens ‘n brief waarvan uittreksels in die Israelse koerant Haaretz gepubliseer is, het die jong Nelson Mandela in 1962 opleiding in sabotasie van dié land se geheimediens, die Mossad, ontvang. Blykbaar het Mandela die Mossad-agente gegroet met “Sjalom” en was “bekend met die probleme van die Jodedom en van Israel en het die indruk gewek dat hy ‘n intellektueel is. Die personeel het [daarom] gepoog om ‘n Sionis van hom te maak.” Hierdie onthulling, wat ook deur die wêreld se grootste nuuswebwerf, die Huffington Post, oorgeneem is, kom ná enkele weke van intense heldeverering aan Mandela, oënskynlik in ‘n poging van die Joodse meningsvormer, David Fachler, om versoening tussen die ANC en Israel te bewerkstellig ná onlangse meningsverskille tussen die twee. Ná die uitlatings van die voormalige Israeliese minister van buitelandse sake Avigdor Lieberman dat ‘n “pogrom [ etniese vervolging of slagting ] teen die Jode in Suid-Afrika net ‘n kwessie van tyd is”, het die ANC die plaaslike Jode gepaai. Mary Kluk, die voorsitster van die Suid-Afrikaanse Joodse Raad van Afgevaardigdes, het insgelyks die gedagte verwerp dat daar hoegenaamd enige gevaar vir Jode in Suid-Afrika dreig. Mandela het tydens sy tydperk in die buiteland blykbaar onder andere die skuilnaam David Mobsari gebruik Die aangehaalde gedeelte uit die geheime brief van die Mossad, wat in die Israeliese argief bewaar word, lui soos volg: Amptelike embleem van die Mossad, die Israeliese geheimediens Soos u u mag herinner, het ons drie maande gelede die geval bespreek van ‘n kadet genaamd David Mobsari wat by die Israelse ambassade in Ethiopië opgedaag het en van Rhodesië afkomstig was. Eersgenoemde het van die Ethiopiese personeel [wat amper vir seker Mossad-agente sou wees] opleiding in judo, sabotasie en vuurwapens ontvang. Hy het ons manne met “Sjalom” gegroet, was bekend met die probleme van die Jodedom en van Israel en het die indruk gewek dat hy ‘n intellektueel is. Die personeel het gepoog om van hom ‘n Sionis te maak. Tans beklee verskeie Suid-Afrikaanse Jode belangrike poste in die ANC-regering en ander instellings, soos byvoorbeeld die president van die Reserwebank, Gill Marcus, haar broer Gilbert wat die meeste van die ANC se belangrike hofsake as advokaat hanteer, asook die minister van handel en nywerheid, Rob Davies, die rektor van die Universiteit van Kaapstad, Max Price, en vele ander. Maar volgens Haaretz, wat in Tel Aviv gesetel is en in beide Engels en Hebreeus verskyn, is Jode besig om terug te staan in die Suid-Afrikaanse politiek en speel hulle tans ‘n mindere rol as in die verlede: Jode was eens op ‘n tyd aktief in die Suid-Afrikaanse politiek op elke vlak. Benewens Helen Suzman, is die Progressiewe Party deur die voormalige opposisieleier Tony Leon verteenwoordig, asook Selma Browde en Harry Schwarz. Die African National Congress, die bevrydingsbeweging wat in 1994 die regerende party geword het, het oor ‘n getalryke groep Jode beskik, waaronder Joe Slovo [lees praag se resensie oor sy biografie], Ronnie Kasrils en Dennis Goldberg. Jode was ook prominent in die munisipale politiek. Tydens Johannesburg se 120-jarige geskiedenis, was 22 van sy 94 burgemeesters Jode, volgens die stad se webwerf. Sedert 1907 het Kaapstad reeds oor 13 Joodse burgemeesters beskik. Intussen het die Nelson Mandela-stigting in ‘n verklaring die brief wat deur Haaretz gepubliseer is, verwerp: “Die media dra tans die verhaal oor dat Nelson Mandela in 1962 interaksie met ‘n Israeliese agent in Ethiopië gehad het. “Die Nelson Mandela-stigting kan bevestig dat hy geen getuienis in Nelson Mandela se private argief (wat sy 1962-dagboek en notaboek insluit) kon vind dat hy interaksie met ‘n Israeliese agent gedurende sy toer van Afrika-lande in daardie jaar gehad het nie. Sowel die dagboek as sy notaboek is as getuienis teen hom in die Rivoniaverhoor in 1963-1964 vir sabotasie gebruik. “In 1962 het mnr. Mandela militêre opleiding van Algerynse vryheidsvegters in Marokko en van die Ethiopiese Onluspolisie te Kolfe buite Addis Abeba ontvang alvorens hy in Julie 1962 na Suid-Afrika teruggekeer het. In 2009 het die Nelson Mandela-stigting se senior navorser na Ethiopië gereis en onderhoude met die mans wat by Mandela se opleiding betrokke was, gevoer – geen getuienis van ‘n Israeliese verbintenis het na vore gekom nie.” Luidens die artikel in Haaretz was Golda Meir, die toentertydse eerste minister van Israel, ‘n groot ondersteuner van die swart bevrydingsbewegings in Afrika. Eers later in die sewentigerjare, toe die meeste onafhanklike Afrikalande onder Arabiese invloed besluit het om die Palestyne te steun, het Israel sy posisie verander en begin om militêr met Suid-Afrika saam te werk. Samewerking tussen die ANC en die Mossad in die vroeë sestigerjare, gegewe ook die aansienlike persentasie radikale Jode wat die ruggraat van die ANC- en SAKP-leierskap uitgemaak het, sou dus strook met die destydse Israeliese buitelandse beleid. -

http://www.timeslive.co.za/local/2013/12/23/archive-reveals-israel-s-mossad-trained-mandela
http://praag.co.za/?p=20524

Unregistered
12-24-2013, 08:44 AM
Wat is die ..."Blykbaar het Mandela die Mossad-agente gegroet met “Sjalom” en was “bekend met die probleme van die Jodedom en van Israel"

Weet iemand meskien wat die gemeeskaplikke probleme wat die Jodedom en Israel deel?