PDA

View Full Version : Wat word van die Swartberg lede.



Lukas
12-30-2013, 04:47 PM
Ons Swartberg webblad is nou al 地 geruime tyd af. Die rede daarvoor is omdat ek nie die huur daarvoor gaan betaal nie. AKSKA se webblad op akskagroep.com is 地 baie groot webblad omdat daar geweldig baie foto痴 en forums met foto痴 is. AKSKA se lesers draai soms naby 75 000 lesers en daarom moet AKSKA se bandwydte ook baie groot wees om dit alles te dra.

Ons AKSKA webblad kos ons, wat instandhouding insluit, ongeveer R300.00 per maand. Die AKSKA server is so groot dat ek nog vier AKSKA webblaai kan oplaai, sonder dat dit 地 verandering in die maandelikse koste sal maak.

Die huidige plek waar ons Swartberg huisves het 地 probleem. Eers word die Swartberg webblad glo deur 地 virus aangeval wat amper R2000 kos om dit reg te kry. Daarna hoor ek dat die Swartberg webblad nou so groot is dat dit ons R600+ per maand gaan kos. Vir my klink dit nie reg nie en ek is ook nie tevrede met die diens wat ek tot op hede gekry het nie. AKSKA se webblad is bekend daarvoor om deur groot instansies aangeval te word en ons kon dit beperk, toe ons die hele server na die buiteland geskuif het.

Ons werk almal en niemand het regtig tyd om te gaan sit en te leer hoe 地 webblad werk, sodat ons dit self kan bou nie. Daarom neem dit tyd om die regte persoon te kry om die Swartberg webblad weer van vooraf te herontwerp.

Ek is jammer dat die Swartberg lede op hierdie stadium sonder 地 webblad sit. Maar dit is op die oomblik onvermydelik. Ons sal later wanneer ons die nuwe Swartberg webblad op het, 地 forum vir Swartberg lede kanaliseer wat ek ook op AKSKA sal kan lees. Ek kan op AKSKA 地 forum maak wat net deur Swartberg lede gesien kan word.

Maar die hele projek gaan ons nog 地 rukkie neem om afgehandel te kry. Wees geduldig en weet dat geeneen van die Swartberg lede, van enige voordele ontneem is nie. Alles is nog soos dit was en wanneer ons eendag klaar is, sal die nuwe blad beter en meer stabiel wees as wat dit tot nou toe was.

Pieta
12-30-2013, 09:35 PM
Lukas, ek het vir `n jaar my Swartberg fooie betaal en NIKS gekry nie. Ek het op `n stadium navraag gedoen en daar was verskoning aangebied, wat ek aanvaar het, maar nog steeds het ek niks gehoor, gesien, of gekry nie. Ek het weer navraag gedoen en toe `n CD gekry. Daarna het weer NIKS gebeur nie en ek het besluit om my lidmaatskap te be-eindig. `n Mens kan nie aanhou betaal en aanhou navraag doen en GEEN diens kry nie.

Unregistered
12-31-2013, 07:44 AM
Ek het ook al n paar keer navraag gedoen met geen resultate nie.Daar was op n stadium genoem dat die Swartberg lede moontlik by Akska ingeneem gaan word maar nog geen resultate nie.

AVR

Lukas
12-31-2013, 10:05 AM
Mre aan Pita en AVR.

Swartberg se benadering was om lede met kennis te help om strukture in hulle gemeenskappe te vestig wat nie net misdaad voorkomend is nie, maar wat ook met ons kennis ondersteun kan word. Johan Breytenbach se opdrag was om nie oor die hele land lede te werf nie maar om op gebiede te konsentreer. Ons doel was om bre tussen gemeenskappe en die statut靡e magte te bou en om gemeenskap inligting stelsels te vestig. Die hele beginsel en die lidmaat gelde was op getalle gebaseer sodat ons met min geld van 地 enkele lid, dus ons gespesialiseerde dienste met min insette van die gemeenskap, kon integreer.

Die enigste Swartberg lid wat met dryf hierdie konsep in sy gemeenskap gedryf het, was Gerrit Henning in Rhodes. Maar omdat daardie areas yl bevolk is, was die getalle wat betrokke geraak het, so min dat dit ons uit die Swartberg rekening meer as R700 000.00 gekos het om die stelsel gevestig te kry.

Vandag het ons nie meer die soort geld om in die gemeenskap in te pomp nie en ons moet daardie gedeelte van ons plan weer herbeplan, omdat dit nie gewerk het nie. Vir jou waar jy woon het dit nie gewerk nie en vir ons waar ons sit, sal ons staatshulp moet kry as ons op hierdie manier wil voortgaan. En ons weet dat dit nooit sal gebeur nie.

Die tweede voordeel wat Swartberg jou bied is om geveg-aanduidings wat in jou omgewing plaasvind, vir jou deur die forum te verduidelik en jou te ondersteun sodat jy die bedreiging in en die oorsprong van die bedreiging kan bestuur. Lede kon foto痴 van vreemde goed wat skielik verskyn, afneem en op die forum plaas sodat dit bespreek en verduidelik kon word. Lede het raad gekry hoe hulle hul gemeenskapstrukture binne die wet kon oprig.

Die derde voordeel wat Swartberg gebied het, was dat ons kriptografie kursusse teen 地 baie spesiale prys in jou gemeenskap sou aanbied ,en ons sou ondersoeke by Swartberg lede teen AKSKA tariewe vir Swartberg lede aanbied. Maar sulke kursusse kan net deur Swartberg-lede gerel word wat toe net in Pietersburg gebeur het. Ander plekke het dit nie gebeur nie.

Ek stem saam dat die plan te veel verantwoordelikheid op mense geplaas het, wat eintlik net self vir hulle eie veiligheid, verantwoordelikheid wou neem. Elkeen van ons wil graag in 地 veilige area woon en 地 veilige area in ons tyd, beteken dat ons eiendomspryse styg en ons kinders sorgeloos kan speel.

Dit is een van die redes waarom ek die hele Swartberg webblad wil aanpas. By AKSKA het ons jare gelede baie meer misdaad as politiek hanteer. Die AKSKA lede het nog altyd 地 forum waar die nuutste ontdekkings gedeel word en waar ons ook ondersoeke wat gedoen is, met hulle deel sodat hulle hulself meer kan bemagtig, maar dan het ons ook ander forums waar ons ook die politieke vrese wat geskep word, bespreek om die waarheid en politieke agendas agter die vrese te soek en te verstaan.

Dit is dan ook 地 rede waarom ons die Swartberg lede na AKSKA kanaliseer. By AKSKA probeer ek altyd dat die lede jaarliks 地 geleentheid kry om die waarde van hulle lidmaatskap in dienste terug te kry. 地 AKSKA lid betaal byvoorbeeld nie vir kursusse wat hulle bywoon nie. Die vyf-dag kursus wat ek jaarliks aanbied, betaal hulle tegnies net 地 gedeelte van die verblyf en die kos wat voorsien word.

Die probleem wat ek vandag in die Swartberg groep het, is omdat Johan Breitenbach nie geluister het nie. EK het van die begin ges dat ons die lede moet konsentreer en dat dit 地 probleem gaan word wanneer die lede landwyd is. En soos jy nou die lidmaatskap by Swartberg sien, is dit presies die gevolge van slim. Die aanlyn kursus wat beplan is, is ook daarop gemik om die Swartberg lede wat nou wyd verspreid is en nie in gebiede gekonsentreerd is soos wat ek in die begin voorgestel het, soos ons AKSKA lede te bemagtig.

Ek sal graag die vrae wat jy gevra het en wat nie beantwoord was nie, op hierdie draad wil sien en bespreek. Om die beste van 地 slegte saak te maak, sal ek elke Swartberg lid op 地 vlak wil kry waar hulle AKSKA lede kan word. Terselfdertyd gaan ons nog met die Rhodes projek voort en begin Rhodes nou al met die tweede fase.

Die tweede fase behels dat daar mense is wat bereid is om teen misdaad op te tree en dat daar mense is wat bereid is om eerder vir dienste te betaal. Dit is nog al die jare, enige gemeenskap se doodsteek. Die bittereinders werk hulle vrek terwyl die res van die gemeenskap terugsit om die voordeel, kosteloos te geniet. Ons gaan dit nou so-effe verander. Die wat die kennis het en die tyd daarvoor maak, sal deur Swartberg uit gemeenskap fondse vir hulle tyd vergoed word.

Johann S
01-21-2014, 08:19 AM
Ek wag geduldig en moniteer die blad! Dankie vir die goeie werk!

v

Tom
04-30-2014, 09:52 PM
Lukas, waar kan ons weer na die Swartberg model kyk. Die forum is toe en dokumentasie nie beskikbaar nie. Ek was destyds nie baie genteresseerd in die CPF, Buurtwag en sulke dinge nie, maar klink my, my area het intussen lewe gekry en daar is strukture op die grond. Ek is besig om aan te sluit en betrokke te raak, maar sal graag weer na die Swartberg model wil kyk. Is daar iets beskikbaar 靡ens?


Ek dink ook die sukses van Centurion met Zello Walkie Talkie gaan nuwe lewe in die ding inblaas. Die probleem wat egter klaar sy kop uitsteek is dat Zello nie opgewasse is om die volume te hanteer wat hom nou tref nie. In Centurion is dit nou duidelik dat 3000 lede die ding te vol maak en hulle probeer nou ekstra kanale en goed kry, maar vra ook terselfdertyd vir IT spesialiste wat n nuwe sisteem van die grond af sal kan programmeer.


Die gebeure in Bloemhof en Rustenburg help ook natuurlik om belangstelling te prikkel, so ook die verkiesing wat op hande is. Maar wat gaan na die verkiesing gebeur as alles weer rustig raak. Gaan almal dan maar weer belangstelling verloor en terugkeer na hul ou we? Misdaad sal sekerlik nie staak nie en dus sien ek nie dat die Zello ding sal spoed verloor nie. Maar Zello sonder buurtwagte, CPF en strukture, beteken ook net mooi niks. Centurion het dit kombineer en ek is seker die sukses is as gevolg daarvan. Daar is mense wat monitor, reaksie spanne wat ondersoek doen en dan die duisende o op die grond. As ek n misdadiger was, sou ek ernstig nou vir my n ander beroep begin soek.

Die vraag is ook, het Centurion hulle projek in detail beplan soos Swartberg? Of gaan hulle in slag gate begin trap sodra die politici en andere agterkom hulle misdaad fonteintjie is besig om op te droog?

Lukas
04-30-2014, 10:58 PM
Tom Hier is iets uit die nuwe boek wat oppad is.

'n Gemeenskaporganisasie wat meer suksesvol as die ou kommando's is, werk so:

Skep 'n gemeenskapsorganisasie wat 'n nie-regeringorganisasie is.
(GVI Staan vir "Gemeenkapveiligheidsinisiatief".)
Wanneer die Roodepoortse GVI bv. Suksesvol geregistreer is, moet die GVI-bestuur, lede in die gemeenskap identifiseer om:
'n Amptelike GPF (Gemeenskap-polisiringsforum) by die polisie te registreer .
Registreer by die Streeksdiensteraad deur middel van die munisipaliteit se:
"Nood en Ramp". Nood en Ramp is 地 organisasie wat natuurrampe en ander rampe hanteer.
o Dit sluit nooddienste in soos Ambulanse, brandweer , paramedici en toevlugsoorde vir ontworteldes,
o Hierdie struktuur breek verder af in organisasies soos 埜orking on Fire en Working on Water.
o Binne die Nood- en-Ramp-struktuur word ook vir tweerigtingradio's voorsiening gemaak wat deur die staat gesubsidieer word.
o Die Nood en Ramp Struktuur maak ook vir 地 beheerkamer voorsiening wat deur die munisipaliteit gefinansier word en wat as 地 gesamentlike operasionele sentrum gebruik kan word.
o 'n Gesamentlike Operasionele Sentrum ( GOS.) is die plek waar alle rolspelers soos die Polisie, hospitale, weermag, skoolhoofde, munisipaliteit, verkeer, nooddienste, GPF, Buurtwag, Plaaswag, sekuriteit, boereverenigings, sakekamers en ander belangegroepe, byeen kom om 地 gekordineerde poging aan te wend om 地 ramp of af te weer of te bestuur.
Registreer dan 地 amptelike 捻laas- en Buurtwag".
Wanneer hierdie organisasies geskep is, moet hulle by die kommunikasiesisteem wat deur 年ood en Ramp gebruik word inskakel, sodat hulle radios ook by al hulle eie lede genstalleer kan word. Gemeenskappe wat dit kan bekostig kan hulle eie stelsels gebruik.
Identifiseer dan uit die gemeenskap, lede wat by die polisie as reserviste kan inskakel.
Identifiseer ook lede wat as radio-deurgeestasies met buurgemeenskappe in tye van nood kan skakel.


POLISIERESERVISTE:

In die stede is dit skynbaar makliker om polisiereserviste te word. Op die platteland is dit nie so maklik nie. Swartberg ISS pty Ltd, 地 maatskappy wat uit AKSKA gebore is, help gemeenskappe om die organisasies te skep en ook met die kartering (of identifisering) van misdadigers en misdaadbedreigings in die gebied.

Ons sal voorstel dat landelike lede by die Groenskerpioene as reserviste inskakel

Dit is nie soseer die arrestasie magte wat belangrik is nie. Dit gaan oor die staat se plig om sy statut靡e magte te beskerm. Wanneer 地 reservis of Groenskerpioen tydens 地 operasie beseer word, is die mediese koste vir die staat se rekening. Wanneer iets byvoorbeeld tydens 地 operasie gebeur en die lid moet deur die wet vervolg word omdat hy iemand geskiet het, is dit die staat se plig om regshulp aan die lid te voorsien.

Wanneer 地 plaaswag of buurtwaglid egter bv. tydens padblokkades of deursoekingoperasies, beskerming aan die polisie gee en die lid word dan beseer, is die mediese rekening die lid se eie verantwoordelikheid. Wanneer die lid van 地 ongeregistreerde buurtwag onder daardie omstandighede iemand skiet, bv. omdat die misdadiger 地 polisieman geskiet het of wou skiet, word die kostes van die vervolging van die buurtwag- lid, ook die lid se eie probleem.

Ons is nie bang om die polisie te help nie, maar wanneer ons dit doen, verwag ons beskerming van die staat. Omdat die staat dit egter net kan doen wanneer ons deel van die sisteem is, moet ons daarom registreer en sorg dat ons as deel van die sisteem, die reg tot die staat se beskerming geniet.