PDA

View Full Version : Wonder net....



Unregistered
12-30-2013, 09:27 PM
Ek woon in n voorstad van Germiston, JHB. Vir n hele paar maande nou was hier n sterk polisie teenwoordigheid in die woongebied. Maar van Mandela se dood is dit doodstil en glad nie meer teenwoordig nie.....sou dit net wees oor die feestyd of het iemand dalk n beter insig hieroor...

Unregistered
12-31-2013, 06:59 AM
Partykeer as die polisie so rondry kan jy ook vir hulle groet en vra hoe dit gaan. Elke area is in n sektor verdeel en miskien kan jy tot die betrokke sektor se selfoon nommer kry wat jou area patroleer. Wanneer jy die lede begin ken in jou area kan jy hulle begin vra hoe gaan dit en hoe besig hou die kriminele hulle, sowel as wat in jou gebied aangaan. Die een lid wat wel n verskil wil maak sal jou baie inligting gee en so sal jy ook van tyd tot tyd weet wat aangaan. Dit is maar wat ek probeer doen, bou brue waar jy kan met wie jy kan. Lukas praat so van die jong mense ek weet nie waar trek hy die streep nie maar ook van die ouer mense verstaan ek nie. Hulle wil net in "forte" bly die koerante dophou, en verder kla en kla. Hulle skep indirek sonder dat hulle weet, hulle eie valse vrese. Om paraat te wees is goed, maar om brue te bou met mense en alle rasse/klasse is net so goed en gee jou n idee van hoe mense dink en voel en wat hulle ervaar. Baie dinge begin by om mense te groet en te vra hoe gaan dit, by party gaan jy die bloudruk van kla sien, by ander gaan jy iets leer. Jou bereidheid om ook te wil weet wat in jou area aangaan is goed en wys jy stel belang ek hoop jy kry n antwoord. Party ken nie eers hulle bure nie of weet nie eers van n misdaad wat in sy straat/buurt gebeur het nie. n Goeie manier van nader kennis maak in jou straat, is om sommer n straatbraai te hou. Ek weet baie sal lag daaroor, maar dink hoe lekker is dit as julle mekaar leer ken en kan saam staan. Staan vas

Unregistered
12-31-2013, 09:33 AM
Baie dankie vie die antwoord.. nog nooit daaraan gedink om dit te doen nie... klink na n plan, sal dit doen sodra hulle weer teenwoordig raak in die omgewing, wat my pla is die algehele afwesigheid nadat hulle vir maande so baie gepatrolleer het.... nou skielik NIKS

Jannie
12-31-2013, 04:13 PM
Ek is deel van die CPF in ons area en ons het 'n goeie verhouding met SAPS. Daar is daagliks en saans baie patrollies deur ons area. Ek persoonlik gesels gereeld met die manne wat hier patrolleer. Alhoewel die teenwoordigheid slegs dien as afskrik middel en misdaad verplasing dink ek tog dat dit 'n positiewe poging deur SAPS is. Ons (CPF) gaan ook gereeld na vergaderings saam met stasie hoof. Dan moet ek byvoeg, die DA verteenwoordigers in ons area is erg betrokke en help ons geweldig baie. Dankie vir Johan en Dawn (Hilary) - hulle sal weet as hulle lees wie hulle is.

Jannieisterug
12-31-2013, 04:14 PM
Ne magtig, so kan dit nie aangaan nie! Lukas Help 'seblief!
Thank you for posting! Your post will not be visible until a moderator has approved it for posting.

Unregistered
12-31-2013, 07:56 PM
Jannie, nadat ek jou plasing gelees het besef ek dat die fout meer by ons self l as ander want ek weet van die CPF maar het nog nooit na een van julle vergaderings ge gaan nie. Ek het BB pin gehad en was op hoogte van als maar ongelukkig het ek nie meer die pin nie ((as gevolg van) my foon .... Is daar manier om net weer kontak te kan maak met julle en betrokke te kan raak.... Ons kan niemand behalwe ons self blameer as ons nie betrokke raak by ons omgewing nie...

Jannie'
12-31-2013, 08:27 PM
Jannie, nadat ek jou plasing gelees het besef ek dat die fout meer by ons self l as ander want ek weet van die CPF maar het nog nooit na een van julle vergaderings ge gaan nie. Ek het BB pin gehad en was op hoogte van als maar ongelukkig het ek nie meer die pin nie ((as gevolg van) my foon .... Is daar manier om net weer kontak te kan maak met julle en betrokke te kan raak.... Ons kan niemand behalwe ons self blameer as ons nie betrokke raak by ons omgewing nie...
Vriend, meeste plekke wat CPF het sal 'n bord he met die kontak nommer. In watter area (voorstad) is jy, dan kan ek probeer uitvind en die detail plaas.

Unregistered
12-31-2013, 08:53 PM
Freeway Park

Jannie'
12-31-2013, 11:19 PM
Andre Bester (Chairman) [email protected] 0824503451
Gerhard Oelofse (Vice Chairman) 0845881886 [email protected]

Geniet dit. Sluit aan en word deel van die oplossing in jou area. Groete Jannie

Unregistered
01-02-2014, 12:55 AM
Baie dankie gaan beslis so maak waardeer dit. Mag 2014 vir almal goeie jaar wees en mag ons terugkeer na God. Groetnis