PDA

View Full Version : Dit is 2014



Lukas
01-01-2014, 01:07 AM
Ek wil net aan al die lesers, AKSKA lede en Swartberg lede dankie sÍ vir die jaar wat verby is. En my wens is dat elkeen van julle se drome vir 2014, bewaarheid sal word.

2013 was voorwaar vir ons ’n baie interessante jaar. Met al die vals publisiteit wat ons gekry het, het ons, ons kontrakte en kontrakte wat ons met Swartberg besig was om vas te maak, verloor. En toe om die kersie op die koek te sit, was dit nie die einde van die aanslag nie.

2013 Was regtig nie ’n jaar waaroor ek vandag wil praat nie. Ek sal seker later deur die jaar vertel wat alles met ons gebeur het. Ons het vir ’n hele jaar laag gelÍ, sodat die storms oor ons koppe kan bedaar. Nou is dit tyd om weer op te staan en 2014 is ’n jaar vol beloftes. Die eerste twee maande van 2014 sal vir ons deurslaggewend wees. Die trein het vir ’n jaar gestaan en ons het baie krag en gebed nodig om die reuse-taak weer in beweging te kry.

Wat AKSKA betref, lyk dit of plaasaanvalle en huis-rowe nou na een van twee kante kan swaai. Of dit gaan na die verkiesing doodstil raak, of dit kan heeltemal hand uitruk. Word dit stil, sal ons vir die AKSKA en Swartberg lede iets gee om op voort te bou. Ruk dit hand uit, sal ons baie meer kursusse en weerbaarheids-programme op die been moet bring.

Hoe dit ook al sy. 2014 beloof om vir ons almal ’n goeie jaar te wees. Mandela is uiteindelik finaal dood en die programme wat oor sy lewe gewys was, het ’n baie kalmerende invloed op die bevolking gehad. Ons toekoms lyk belowend en dit kan van nou af, met ons net beter gaan. Voorspoed vir 2014.

Jannie
01-02-2014, 07:44 AM
Aan almal wat hierdie blad lees, 'n voorspoedige 2014 word een en almal toegewens.

2013 was nou nie regtig 'n jaar waarin daar groot treŽ gegee is deur die regering van die dag nie. Die groot nuus en gebeure was rondom vergrype meer as vooruitgang. Hopelik kan 2014 'n paar van die vergrype ontbloot en die skuldiges hulle "straf" kry. Maar, in die huidige bedeling is straf soms net nog 'n bevordering of 'n nuwe pos word geskep om die lojale kader verder te beloon. As voorbeeld - McBride; die oud bomplanter en "gun-runner" (nie dat enige van sy ander "werke" erg voorbeeldig was nie) is vinnig oppad om 'n baie magtige pos te beklee in SAPS se interne ondersoek eenheid. Selebi, Cele, Shaik en 'n paar ander het lekker goue hand-drukkies gekry en leef in weelderige aftrede (met jou en my belasting geld). Madonsela is 'n klein ligpunt maar ek vrees sy sal op een of ander onderduimse manier ge-elimineer word. Hoe ons ook al daarna kyk, 2014 gaan interessant wees, lokaal sowel as wereld wyd. Amerika het self 'n paar ernstige onderstroomings en is lankal nie meer die land van "the brave and the free" nie dit is verseker.