PDA

View Full Version : Help met Coke bottel



Unregistered
01-15-2014, 03:31 PM
Aan al die slim manne. Hoe lank bly 'n twee liter Coke bottel wat in die koue, wind reen en son staan, blink?
Ek pas die bottel al meer as 'n jaar op. Dit is aan 'n spar teen die draad gehak en na al die tyd is die bottel nog blink! Ek het eers gedink dit is omdat die eienaar van die plaas altyd daar kerk gehou het, maar die man is nou al 9 maande oorlede en die bottel bly en die bottel bly blink!
Daar is nie meer kleinvee wat gesteel kan word nie, en die huurders weet ook niks van die bottel af nie. Daar is nie iets verder wat 'n storie wil vertel nie, toe wonder ek net van watse materiaal is die spesifieke bottel gemaak.
N.S.
Jannie in die Tronk - As ek op my username iets op hierdie forum sit raak dit ook weg. So ek dioen dit ook maar onder 'n skuilnaam!
Trudie

Jannie in die TRONK
01-15-2014, 03:59 PM
Trudie,

HDPE - High Density Polyethylene is wat hulle gebruik solank jy die bottle nie skaaf of skuur nie kan hy onbepaald blink bly. Ek het al 'n paar plaas hutte belig d.m.v. coke bottels. Jy maah die bottle so driekwart vol water met so bietjie kloor daar in en dan maak jy 'n gat in die dak en steek die bottel deur tot by the begin van die nek, met ander woorde die skuins gedeelte is dan buite. Seel langs die bottel. Jy sal nie glo hoeveel lig laat so vier bottels in die vertrek in nie. Soms is die plekke maar donker in die dag want die vensters is nie groot nie. Selfs met volmaan is daar baie lg in die plaek in die aand.

Het die bottle wat jy sien nog sy "label" op? Die etiket verval normaal weh binne so twee weke en bleik redelik gou in die son.

Unregistered
01-15-2014, 04:46 PM
Jannie,
Die bottel het nie meer 'n etiket op nie en sy bek is in die spar gedruk sodat die bolkant boontoe staan. Sommer daar langs die pad

Trudie