PDA

View Full Version : Lig en Duisternis



Tom
01-27-2014, 10:44 AM
Johannes 1 vers 5
En die lig skyn in die duisternis, en die duisternis het dit nie oorweldig nie.
Die Bybel : Ou Vertaling. 1996, c1954 (electronic edition of the 2nd edition.) (Jn 1:5). Suffolk, England: Bybelgenootskap van Suid-Afrika.

Ek het verlede week skrif hieromtrent ontvang en heel week daarmee loop en worstel. Ek het daaroor getop en tot die besef gekom, duisternis KAN nie lig oorweldig nie. Wanneer jy n lig aanskakel, wyk die donker, daar is geen uitsondering nie. (Donker vat die pad, teen die spoed van lig! ) Jy kan ook nie donker in die lig inbring nie! Hoe doen jy dit? Bring vir my n kol donker in die lig in waar die lig dan wyk? Dit bestaan nie.

Al hoe die donker kan oorwin, is om die lig af te skakel. Wanneer ons na God kyk as die lig, wie gaan Hom afskakel?

Dan is daar ook die moontlikheid om uit die lig te beweeg. n Lig het n radius, dit skyn net s vr. Dus kan jy kies, bly jy in die lig, of beweeg jy uit die lig. Die keuse is joune. Dit is glad nie rocket science nie, maar tog het dit my die heel week geneem om op n Geestelike vlak hierdie basiese beginsel onder die knie te kry.

En toe die 'cherry on top' die kersie op die koek vir my. Soos ek genoem het verlede week, my seun het toe Sondag die 26ste getrou. En die teks wat die dominee aan hulle gegee het vir die huwelik, is toe Johannes 1 vers 5 en die preek het dit verduidelik ! Wat n bevestiging, verassing, blydskap was dit nie vir my nie! ( Ek glo nie aan 'toevaligheid' nie )

Lukas
01-28-2014, 09:32 AM
Dit is baie interessant Tom. Om in die lig te wees is amper soos misdaadvoorkoming. Jy moet iets doen. Jy moet die lig aanskakel anders is jy in die donker. Jy moet in die lig in beweeg, anders is jy in die donker. Jy moet in die lig bly, anders word dit donker.

Dit is veel makliker om in die donker te wees as in die lig. Om in die donker te wees, hoef jy niks te doen nie. Maar om in die lig te wees, verg n aksie.

Maar om in die donker te wees, stamp jy jou tone, loop in goed vas en val jy in gate en in slote. Dit is baie beter om in die lig te wees

454
01-28-2014, 08:40 PM
Jesus is die Lig van die wereld. Wanneer ons Jesus aanvaar as verlosser en saligmaker kom woon Hy in ons en ons is in Hom.

Joh 14:20 In di dag sal julle weet dat Ek in my Vader is, en julle in My, en Ek in julle.

Jesus gee ons Sy Lig, solank ons Hom volg is Sy lig in ons.

Joh_8:12 Op 'n ander keer het Jesus vir die mense ges: Ek is die lig vir die wreld. Wie My volg, sal nooit in die duisternis lewe nie, maar sal die lig h wat lewe gee.

Ons word die lig vir die wereld. Ons verteenwoordig God op aarde. Ons maak die lig deur Christus in ons. Sonder kinders van God word die wereld donker.

Mat 5:14 Julle is die lig van die wreld. n Stad wat bo-op n berg l, kan nie weggesteek word nie;
Mat 5:15 en n mens steek ook nie n lamp op en sit dit onder die maatemmer nie, maar op die staander, en dit skyn vir almal wat in die huis is.
Mat 5:16 Laat julle lig s skyn voor die mense, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemele is, verheerlik.

Tom
01-29-2014, 12:30 PM
Nog interessanthede om aan te dink.

As daar n voorwerp tussen jou en die lig is, is jy in die skaduwee en nie in die lig nie. Dit is nog lig om jou, maar jy is nie ten volle in die lig nie. Wat kan hierdie 'voorwerpe' wees? (Retories)

Jy gooi ook n skadu. MAW, indien iemand agter jou en die lig staan, staan hy in jou skadu en is nie ten volle in die lig nie.

Tom
01-29-2014, 12:33 PM
454, ek het gedink ek het n opmerking gemaak, maar blykbaar net in my gedagtes.

Wat ek wou s, is dat jou pos my laat dink aan Tesla se 'wireless transfer of elect. power'. Ons is dan soos liggies wat skyn, wat nie direk met die kragbron verbind is nie, maar tog skyn ons die die lig wat van Jesus afkomstig is. Hierdie 'wireless transfer' is dan ook baie delikaat en ons optrede kan maklik die verbinding beskadig.

454
01-29-2014, 02:07 PM
Dis amper so iets Tom, die verskil is dat die Kragbron binne in ons bly. Daar kan niks tussen ons en die Kragbron kom nie, geen skaduwee nie, geen donker nie. Net ons wil kan die Kragbron toegang tot ons weier. So as dit donker is, is dit ons eie keuse.