PDA

View Full Version : Doodskis om diewe te verdryf



Aletta
01-27-2014, 09:25 PM
27 January 2014 Christiaan Cloete - Heidelberg Heraut reports: Henk de Beer wat saam met sy vrou Melissa en skoonpa Jan van Zyl op die eiendom bly, s hulle loop die afgelope paar jaar erg onder diefstal deur.

Volgens hom steel die diewe alles, van verkoelers (radiators) van voertuie op die perseel tot draad waarmee die eiendom toegespan is. Diewe steel glo selfs die skape uit hul kraal.

Hulle kom nag n nag en steel ons heining stukkie vir stukkie af. Een aand het hulle gekom en sommer 17 skape op n slag gesteel, vertel hy.

Henk s verskeie sake is al by die polisie aanhangig gemaak, maar niks kom daarvan nie.

Jan, een van die oudste inwoners van die plaas, het aan HERAUT ges: as jy die k*k uit jou o uitvee is daar amper niks van jou goed oor nie.

n Paar maande terug het hulle gekom en die draad van die heining begin afsteel. Dit is Bonnox draad en kos omtrent R25 000 vir 25 meter. Ons het reeds die ysterpale met beton pale vervang omdat hulle dit alewig steel, s Jan.

Volgens Henk het die laaste strooi gekom toe diewe sowat n week gelede gekom het om die res van hul draad af te steel.

Die honde het begin blaf en my skoonpa het hulle agternagesit en twee waarskuwingskote afgevuur, s hy.

Dit is toe dat Henk, wat voorheen werksaam was as n doodskismaker, met die plan vorendag gekom het om die kis langs die geknipte draad buite hul perseel te plaas.

Jan s hy brand elke aand bande naby die kis sodat verbygangers moet dink die voorvadergeeste is kwaad. Volgens hom was daar sedertdien geen diefstal nie.

Jan s: Omtrent 80% van die Suid-Afrikaanse bevolking is bygelowig. As die doodskis daarin slaag om hulle af te skrik, is dit goed. Dit elimineer reeds n paar van die mense wat hier sou inkom en kom steel.

Diegene wat hulle nie aan die waarskuwing steur nie, sal die gevolge moet dra, waarsku hy.

Polisiewoordvoerder Kapt Thivhulawi Tshilate het aan HERAUT bevestig dat hulle verskeie klagtes oor die kis ontvang het en ondersoek ingestel het. Tshilate s geen misdaad word as sulks gepleeg deur die uitstal van die kis nie.

HERAUT het ook navrae aan Lesedi Plaaslike Munisipaliteit se munisipale bestuurder gerig, maar teen druktyd is dit nie beantwoord nie. https://www.facebook.com/photo.php?fbid=810656792294201&set=a.178568022169751.48293.116298045063416&type=1&theater

v

Unregistered
03-03-2014, 10:54 AM
slim....mens noem dit "horses for courses...."