PDA

View Full Version : Platinum stakings



marais
02-04-2014, 09:13 AM
Ek het n interesante artikel gelees oor die platinum prys wat nie versterk a.g.v. die stakings nie.

Volgens die ekonomiese ontleder baat die drie myne wat 60% van wereld produksie uitsit by die staking
want hulle spaar so $8 mil. per dag in lone en die wereld reserwes is groot genoeg om nog 68 dae te hou voor die prys sal klim en dan is daar nog oor genoeg reserwes vir die mark.
Hy las ook by dat die betrokke myne al lank voor berei het en self ook reserwes van meer as 200 000 onse op gebou het.

So hoe langer die staking uitrek , hoe hoer sal die prys wees wanneer hulle weer begin produseer.

Dit laat my maar net wonder wie regtig agter die aksie sit en wie baat die meeste met die staking.

Marais

v

Gert
02-04-2014, 02:02 PM
Marais dit is interesant, Ek sit aan die ontvang kant of liewers die weerhoudings kant ek verloor verkope in my besigheid . Hoe langer die mense staak hoe meer verloor ons wat besighede het in die direkte omgewing van die myne. Die stakers kan niks meer koop nie so ons inkomste word minder en beinvloed so die voortbestaan van baie van die kleiner besighede.

v

Jannie in die TRONK
02-04-2014, 02:29 PM
Dit laat my maar net wonder wie regtig agter die aksie sit en wie baat die meeste met die staking.

Handel, soos ons seker maar almal op skool geleer het (en later op varsity) word baie vereenvoudig deur die simpel prinsiep van vraag en aanbod. As ek en tien ander mense 'n produk het wat een ou wil hÍ dan lÍ die mag mos maar by hom en kan hy sekerlik die prys beinvloed. Maar as die teendeel waar is dan het die enkele voorsiener die "luxury" om die prys te kan bepaal want die vraag is groter as die aanbod. Simpel?

Ek veronderstel dat daar baie sulke gevalle in die geskiedenis is waar 'n produk soos platinum / platina kunsmatig aangehelp word deur onderduims op te tree. Dit is veral ook 'n metode wat in die poletiek gebruik word. Al die huidige industrieŽle-vastrap aksies wat oor diens lewering gaan is in baie / meeste gevalle juis so gedoen om dan die helpende-hand te kan uitsteek net so voor die verkiesing. Vir die gepeupel beteken dit geweldig baie as hy/sy net 'n kran kan kry wat water voorsien of elekrisiteit (wat ons die koste van borg) ens. So, watter beter manier vir die ANC om stemme te werf. amper soos in die weermag - breek hom af, bou hom op en hy's lojaal.
Ons vriend Cyril is mos hoeka 'n aandeel houer van Lonmin?

En dan is staker se kind ook nie van die skerpste messe in die laai nie: Kom ons sÍ die staker verdien 10K per maand, dit is so rofweg 333.33 per dag (Om dit maklik te maak werk ons sommer maar op 30 dae). Nou staak die perd vir ses weke m.a.w. 42 dae. In die tydperk word hy nie betaal nie en verloor dus 14K in inkomste oor die tydperk. Uieinelik stem hule ooreen en 'n 10% verhooging word toegestaan. Pragtig, in ons voorbeeld kry hy nou net mooi een duisend rand meer, maar - dit gaan hom 14 maande neem net om op te vang wat hy verloorhet. Maar in die werklike lewe is dit nog erger want soos sy salaris opgaan gaan die belasting ook op en sy "subs" wat hy die unie moet betaal gaan ook op want dit is aan die salaris-groep gekoppel.

In die stakings is die enigste wenners die aandeelhouers (as dit 'n produk soos platinum is) en altyd die unie se "fat-cats" hulle verloor vetmooinokkol in die proses.

Ja Tom, dit is makliker om so te pos as om in geteken te wees!

Lukas
02-05-2014, 01:02 AM
Jannie! toets asb gou die tronk se deur

432
02-05-2014, 11:48 AM
Daar is twee belangrike goed omtrent die Platinum stakings wat ek wil uitlig:

1. Hoekom 'n staking in die Platinum bedryf en nie die Goud bedryf nie?

Platinum myne is baie vlak en word minimaal deur seismiese bewegings geraak soos Goud myne. 'n Platinum myn kan onbepaald "leeg" staan en weer produksie hervat sonder dat die myn "onmynbaar" raak. Goudmyne moet inteenstelling heeltyd in produksie bly al is die inkomste marginaal om mynbaar te bly.

Stakings in die Platinum bedryf sal nie die langtermyn potensiaal van die myne beinvloed nie. Goudmyne in teenstelling raak gevaarlik, val toe, aardplate beweeg ens omdat hulle so diep is wat Platinum myne nie doen nie. Goudmyne het dus daagliks onderhoud nodig ander gaan dit verlore vir ewig.

Gevolgtrekking:

Daar is 'n rede hoekom platinum myne geraak word en nie Goud myne. Die rede is hulle kan produksie hervat sodra die stakings en onrus verby is wat nie waar is vir ander myne nie. Indien dieselfde in die Goudbedryf gebeur sal dit katasrofies wees omdat sulke myne vir ewig onmynbaar sal wees. Dis asof die Unies ingelig is waar hulle mag staak en waar nie sodat die ekonomie op 'n langer termyn nie die inkomste potensiaal verloor nie.

2. Platinum myne maak meer geld met minder kostes in tye van lae produksie.

'n Paar jaar gelede het Kumba Recourses die prys van Yster Erts met meer as 50% opgesit. Ter selftertyd het Mittal sy produksie met meer as 50% verlaag. Almal wat Macsteel, Baldwins, Trident ens insluit is 'n kwota gegee en kon nie meer as dit koop nie. Daar is ook lank gewag vir staal om geproduseer te word deur Mittal wat 'n kettingreaksie veroorsaak het.

Deur die prys met meer as 50% te verhoog en produksie met meer as 50% in te perk het Mittal minder staal vir baie meer geld verkoop met minder koste en in die proses baie meer geld gemaak.

Platum myne kan op dieselfde manier baie meer geld maak uit minder Platinum met minder kostes indien hulle die produksie kunsmatig kan inperk om die prys so op te jaag dat dit kompenseer vir swakker produksie.

Die staat gaan steeds eweveel belasting geld inkry, dit gaan ook beteken ons handelstekort met die buiteland gaan nie toeneem as gevolg van die staking nie. Dit beteken verder dat die land fundamenteel nie finansieel swakker as gevolg van die stakings is nie en dat die enigste ding wat die wisselkoers af druk emosionele sentiment aan beleggers se kant is.

Jannie
02-05-2014, 01:14 PM
Jannie! toets asb gou die tronk se deur

Stamp! Stamp!..Skop! Skop! en ruk-en-pluk..

Jannie in die TRONK
02-05-2014, 01:16 PM
Jannie! toets asb gou die tronk se deur

Nee o vrek ek't gestamp, skop en ruk-en-pluk ma' die ding is dig!

Chris1
02-05-2014, 04:27 PM
Jy moet blaas Swaer!Onthou die drie varrkies

v

Unregistered
02-06-2014, 07:40 AM
432 Dankie, dit maak alles sin. Nou kan n ou verder gaan en se dat die stakers op die ou end n verhoging moet kry wat baie keer buitensporig is. Die verhoogde koste aan arbeid is n negatiewe vir die base, of word dit geabsorbeer in die prys styging. Le die venootskap dalk tussen die unies en die geldbase, dat die staking tot so n mate uitgerek moet word, sodat die onbetaalde verlof die verhoging absorbeer, en die verhoogde prys opmaak soos jy stel vir negatiewe produksie. Maw al wie eindlik wen is die uniebase en myn geldbase wat kop in eem mus is. Negatiewe sentiment van beleggers, word dalk oorskadu deur beleggers vertroue in die produk, dat daar wel n korreksie in prys/aanbod/reserwes bestaan. Hierdie stakings is n jaarlikse instelling ek wil amper se die mark maak hom reg daarvoor (gekondisioneer). Wat n bedreiging sal wees is om beleggers vertroue te skaad, maw om beheer oor unies te verloor en die onvermoe om voldoende krag te voorsien. Hoe naby is ons aan daardie afgrond? Staan vas

Jannie
02-06-2014, 01:11 PM
Jy moet blaas Swaer!Onthou die drie varrkies

v

Ek het! Ek dink my gekerm het arme Lukas slaapelose nagte besorg. http://www.sherv.net/cm/emo/funny/1/devil.gif