PDA

View Full Version : Eiendomsreg word al meer bedreig, heropening van grondeise net nog n kopseer.



Aletta
02-26-2014, 11:25 AM
Vryheidsfront Plus / Freedom Front Plus
Adv. Anton Alberts oor die Wetsontwerp op Bevordering en Beskerming van Beleggers:

Instituut vir Rasseverhoudinge stem met VF Plus saam dat geen eiendom in Suid-Afrika meer veilig is nie.

Die tyd het aangebreek vir Suid-Afrikaners om die onheilspellende werklikheid raak te sien van ‘n fyn beplande ANC-strategie om op ‘n oënskynlik wettige wyse alleenreg te verkry op alle eiendom in Suid-Afrika sonder vergoeding, sê adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor handel en nywerheid.

Adv. Alberts sê die VF Plus het einde verlede jaar met die publisering van die Wetsontwerp op die Bevordering en Beskerming van Beleggers in die staatskoerant reeds ernstig gewaarsku teen die gevare verbonde aan die wetsontwerp.

“Die Instituut vir Rasseverhoudinge bevestig nou ons vertolking. Veral saamgelees met die beoogde wetgewing wat grondeise weer wil heropen, is geen eiendom veilig nie. Die VF Plus het verlede jaar gewaarsku hierteen en gesê dit is kritiek en daar is kommer om grondige redes.

“Ons doen weer ‘n beroep op alle regdenkende Suid-Afrikaners om hiervan kennis te neem en om saam met die VF Plus op elke vlak te organiseer om dit teë te staan.

“Ons is die enigste party wat teen grondhervorming in sy huidige vorm gekant is aangesien dit teenproduktief is, daar onomwonde bewys is dit misluk (9 uit 10 plase) en daar nie geld is vir die stroom nuwe eise wat verwag word nie. Dan moet bestaande eise ook afgehandel word.

“In die jongste beleidstuk van die Instituut vir Rasseverhoudinge word daarop gewys dat die publiek nie na behore oor die uitwerking van die wetsontwerpe ingelig is nie en dat die gevare daaraan verbonde byna ‘ongesiens’ verbygegaan het.

“Die instituut waarsku ook dat die Wetsontwerp op die Bevordering en Beskerming van Beleggers allermins die beskerming van beleggers of eiendom ten doel het en daar is verskeie goed verskuilde klousules wat die staat die reg gee om beslag te lê op enigiets in privaatbesit. Van myne, banke en plase tot jou hond of kat.

“Die deur hiervoor is oopgemaak met ‘n uitspraak in die Grondwethof verlede jaar waar eiendom (‘n myn) met mineraleregte genasionaliseer is. Die hof het bepaal dat die staat die voog (custodian) van die eiendom is en nie daarvoor hoef te betaal nie

“Een van die verskuilde klousules bepaal in hierdie geval dat die staat wel blote voogdyskap van eiendom kan neem. Die Grondwethof se uitspraak het dus wetlike begronding ten aansien van die klousule verskaf.

“Die staat mag dus op enige eiendom beslag lê, en dit net in ‘voogskap’ hou om later tot sy voordeel oor te dra aan wie hy wil.

“Die Instituut meld dit is moontlik dat die duisende plase en ander eiendom wat deur die nuwe grondeise in gedrang kan kom, op hierdie manier ‘wettiglik’ deur die staat in ‘voogskap’ geplaas kan word voordat dit aan grondeisers oorhandig word.

“Almal het reeds gesien waartoe die ANC in staat is. Almal in die sake- en landbousektor moet nou hieroor besin en met die VF Plus hande vat om te keer dat die planne in werking gestel word,” sê adv. Alberts. Die VF Plus sal in die parlementêre portefeuljekomitee oor handel en nywerheid sterk kapsie maak teen die inhoud van hierdie wetsontwerp

v

Johann S
02-27-2014, 09:21 AM
Hier is ek so bietjie uit my diepte uit! Sou die staat byvoorbeeld my huis onder sy "voogskap"neem en later besluit dat n "minder bevooregte familie"daar moet kom woon, wie is verantwoordelik vir die huisverband?

v

Unregistered
02-27-2014, 09:08 PM
Daar word nou gevra om hande met die vf te vat om die saak aan te spreek. My vraag is al vat ons hoeveel hande watter mag gaan en kan die vf uitoefen. Sy mag sal moet realiseer in die hoogste hof. Ons weet daar word gepoog om regslui in hoe poste te plaas om drakoniese wette goedgekeur te kry, sodoende polities korrek volgens hulle geldbase te kan staan. Staan vas

Unregistered
02-27-2014, 10:11 PM
Daar word nou gevra om hande met die vf te vat om die saak aan te spreek. My vraag is al vat ons hoeveel hande watter mag gaan en kan die vf uitoefen. Sy mag sal moet realiseer in die hoogste hof. Ons weet daar word gepoog om regslui in hoe poste te plaas om drakoniese wette goedgekeur te kry, sodoende polities korrek volgens hulle geldbase te kan staan. Staan vas

Staan vas
Ek het hierdie gedig van I.D. du Plessis nou onlangs weer raakgelees en wil dit graag met julle en Staan vas in besonder deel.Ek dink dit is van toepassing op ons toekoms indien enige.Ek wil graag net byvoeg dat dit op niemand anders gemik is as myself nie,aangesien ek apaties die afgelope jare oor ons as volk begin raak het.

deur ID du Plessis

Jy sê die stryd is verlore,
Ons nasie te arm en klein,
Ons taal uit 'n drang gebore
Wat een van die dae verdwyn?
My broer, dit mag heeltemal waar wees.
Wie weet wat die toekoms gaan baar?
Miskien moet ons oormôre klaar wees.
Om weer hierdie droom te laat vaar;
Maar as ons net altyd moet strewe
Na wat tot oorwinning gaan lei,
Wat baat dan die stryd van die lewe
Waarin ons onseker moet bly?
Solank jou bedoelings maar goed is,
Gaan jy jou oor neerlae kwel?
Solank jy volhard en vol moed is -
Dis tog die probeerslag wat tel!
Nee, soet is die stryd vir die stryer,
Al moet hy uiteindelik verloor;
Maar die man wat sy deelname weier,
Is die man wat sy nasie vermoor.

Groetnis Chris1

Jannie in die TRONK
02-28-2014, 08:34 AM
Hier is ek so bietjie uit my diepte uit! Sou die staat byvoorbeeld my huis onder sy "voogskap"neem en later besluit dat n "minder bevooregte familie"daar moet kom woon, wie is verantwoordelik vir die huisverband?


Dit is nogal 'n tamaletjie, maar die eiendom is tog die waarborg vir die lenening of hoe? As die lening nie betaal word nie dan kan die instansie aan wie die geld geskuld word mos die eiendom opeis. so, as die staat jou eiendom onder sy "voogdyskap" neem dan is hy (die staat) verantwoordelik en wetlik aanspreeklik vir die vereffening van skuld aan die instansie. So, lyk my ek moet maar een moeviese verband uitneem en hoop Jakop van Nkandla soek my huis. LOL



Ek wonder of Pienk Frikkie geweet het wat hy doen "when he danced with the devil in the pale moonlight" die parra. Die wette is almal gemaak en word nog steeds gemaak om totaal ontslae te raak van die wit man in die land. Die grootste kraak in al die dinge is dat hulle nie werklik aan die langtermyn nagevolge dink nie. 'n Ope vraag:"Wat sou van Afrika word, as dit nie was vir die bodemlose put van geld wat aanhoudend in stroom van Wes en Oos nie, Sou die lande werklik vir hulle self kon sor?" Dit is tog so ironies dat al die Afrika leiers sonder uitsondering die witman blameer vir sy verval en onvermoë en to is dit die eerste rigting waarin hy sy bedel-blikkie wys. Ek't 'n filisofie m.b.t. die bedelaars by die verkeersligte: As ek vir een gee, dan moet ek vir almal gee en as ek vir almal gee dan staan ek by die volgende verkeerslig ook sonder geld. Maklike oplossing, ek gee vir niemand! Die Engelse sê dit baie mooi: "Charity begins at home."

Die lewe in die land gaan moilik en interessant raak dit is verseker!

Unregistered
03-02-2014, 05:02 PM
Staan vas
Ek het hierdie gedig van I.D. du Plessis nou onlangs weer raakgelees en wil dit graag met julle en Staan vas in besonder deel.Ek dink dit is van toepassing op ons toekoms indien enige.Ek wil graag net byvoeg dat dit op niemand anders gemik is as myself nie,aangesien ek apaties die afgelope jare oor ons as volk begin raak het.

deur ID du Plessis

Jy sê die stryd is verlore,
Ons nasie te arm en klein,
Ons taal uit 'n drang gebore
Wat een van die dae verdwyn?
My broer, dit mag heeltemal waar wees.
Wie weet wat die toekoms gaan baar?
Miskien moet ons oormôre klaar wees.
Om weer hierdie droom te laat vaar;
Maar as ons net altyd moet strewe
Na wat tot oorwinning gaan lei,
Wat baat dan die stryd van die lewe
Waarin ons onseker moet bly?
Solank jou bedoelings maar goed is,
Gaan jy jou oor neerlae kwel?
Solank jy volhard en vol moed is -
Dis tog die probeerslag wat tel!
Nee, soet is die stryd vir die stryer,
Al moet hy uiteindelik verloor;
Maar die man wat sy deelname weier,
Is die man wat sy nasie vermoor.

Groetnis Chris1

Dankie vir die gedig, dit het my weer laat dink aan die wat so hartstogtelik en blindelings deel was van die veraderlike oorgang na die vandag se nuwe SA. Die vf se ontstaan was ook n valsvlag, so wanneer ek deelname op sekere gebiede bevraagteken, is dit nie te se dat ek niks wil doen in volksverband nie. Dis beter om niks te doen as om n mede werker te wees om jou volk te ondergrawe. Goeie dade is beter as goeie bedoelings. Staan vas

Unregistered
03-03-2014, 09:46 AM
Dankie vir die gedig, dit het my weer laat dink aan die wat so hartstogtelik en blindelings deel was van die veraderlike oorgang na die vandag se nuwe SA. Die vf se ontstaan was ook n valsvlag, so wanneer ek deelname op sekere gebiede bevraagteken, is dit nie te se dat ek niks wil doen in volksverband nie. Dis beter om niks te doen as om n mede werker te wees om jou volk te ondergrawe. Goeie dade is beter as goeie bedoelings. Staan vas

Staan Vas.
Die gedig is ‘n plesier.

Netso .ek kan nie meer met jou saamstem nie.Die probleem is ons moet betrokke wees of minstens ons stem laat hoor.Hoe en waar is egter ‘n groot probleem.Jy sien die grondkwessie gaan ‘n problem wees en ( raak nie almal nou nie) ons het nie almal plase nie maar kan wel in die toekoms ook ‘n probleem kry.
Wat die storie oor die politiek aanbetref.Dit is maar ‘n vuil wereld en ek dink ons moet maar die ondersteun die naaste aan ons .Ons is verseker aan die neus gelei en word nog gelei.Die DA kom hier eerste vir my op. Moet ons nou nie stem nie of moet ons maar gaan, dis ook ‘n tammaletjie.
Groete chris 1