PDA

View Full Version : Beurtkrag 2014



Tom
03-06-2014, 08:06 PM
Beurtkrag 2014.

Lyk my dit het vandag afgeskop. Die heeldag gerugte gehoor. Centurion was vir 3 ure af, Roodepoort en Krugersdorp het deur geloop. Klerksdorp het vannaand 18h09 afgesit en ons wag nog. As dit ook 3 ure gaan wees, behoort die krag net na 9 pm aan te kom. En dit is nie n paar uitbreidings op n slag soos laas nie. Dit is die hele Klerksdorp op een slag.

So wie het vandag nog deurgeloop? Wat is die vooruitsigte? Is dit nou n ding tot na die winter? Of selfs langer?

Tom
03-06-2014, 08:57 PM
Klink of dit gister in Durban begin het. Vandag het JHB ook n kans gehad, klink my net twee ure. Malmesbury Wes Kaap het het vanmiddag 5h00 begin.

En klink of Eskom dit ontken en op die reen blameer.

caholt
03-06-2014, 09:04 PM
Pretoria Persequor Park vanoggend deurgeloop.
Queenswood vanmiddag van so 3 uur tot vermoedend 5 uur.

Dan is daar ook n kaart lyk dit my...
http://www.news24.com/SouthAfrica/News/Your-load-shedding-map-20140306

caholt

v

Tom
03-06-2014, 09:13 PM
Ja nee, beslis beurtkrag. Twitter gaan mal. Oscar kom nou maar 4de op die lys vam mees bespreekte onderwerp.

Eyewitness News sÍ Eskom het dit vanmiddag 4 uur aangekondig.
http://ewn.co.za/Media/2014/03/06/140306LoadShedding

Hierdie tweeter sÍ
Eskom starts #loadshedding (https://twitter.com/search?q=%23loadshedding&src=hash) 62 days before a general election. Almost as if the ruling party is confident or something.

En dan die spot prente. Daar is n ou gesegde, van lekker lag kom lekker huil.

https://pbs.twimg.com/media/BiD-NXaCAAANfV3.jpg:large

Tom
03-06-2014, 11:05 PM
Wel, ons krag het 6h09 af gegaan en 9h50 weer aangekom. Blykbaar is dit nou ons voorland op Dinsdae, Dnderdae en Saterdae. Die inligting kom van die myne af. Maar dit behoort van 18h00 tot 23h00 te wees, so ons het lig daarvan afgekom vandag. Dit was net 3 uur 41 minute, ipv 5 ure!

Tom
03-06-2014, 11:25 PM
Hierdie is interessant.

My factories in Nuffield, Springs were out from 9-11. Best part was no cell phone comms, Towers also went down.

Aletta
03-07-2014, 09:31 AM
Gaan kyk op Eskom se webblad daar is baie presiese tabelle oor woongebiede ens en die tye. Mens behoort daar te kan sien of ESKOM by die skedule hou.

Tom
03-07-2014, 09:35 AM
Eskom het vanoggend op twitter aangekondig dat die noodtoestand opgehef is en dat daar nie vandag onderbrekings sal wees nie. Ons beurt is weer Saterdag, sal maar moet sien.

Urgent Notice #Eskom (https://twitter.com/search?q=%23Eskom&src=hash) lifted the power emergency at 22h00. Power has been restored in all areas..

ah, nee wag....

Eskom says the power situation remains serious & blackouts will continue. They will only confirm #LoadShedding (https://twitter.com/search?q=%23LoadShedding&src=hash) schedule after final planning

Tom
03-07-2014, 10:00 AM
Gaan kyk op Eskom se webblad daar is baie presiese tabelle oor woongebiede ens en die tye. Mens behoort daar te kan sien of ESKOM by die skedule hou.

Nee, op hulle web blad gee hulle net tabelle vir hul eie kliente. Ons word deur die munisipaliteit voorsien en die munisipaliteit is die klient. Hulle sal byvoorbeeld se Klerksdorp, Wilkoppies, Maandag tot Saterdag, 0600 to 2300. So dit is niks werd nie.

Mens moet blykbaar op jou munisipaliteit se web blad gaan kyk, maar lyk my Matlosana het nog nie n skedule uitgewerk nie en sit maar af soos hulle nodig het. Tog het hulle vir die myne n tipe van skedule gegee. So, hulle sukkel seker maar om dit op hul web blad te kry.

Nou n DA raadslid gebel en die het ook nog geen inligting nie. Eskom het blykbaar vanoggend 11h00 n vergadering en hulle, die DA, hoop om meer inligting daar te kry.

Moet nou nie dink ek is n DA ondersteuner nie. hehe

Aletta
03-08-2014, 10:40 AM
Tom ek verstaan nie jou probleem nie want by ons word dit aangedui dat n sekere woongebied gaan af wees. Bv Welkom of Rbkstd of Hennenman. As jy in Klerksdorp is en die klient gaan sonder krag wees dan weet jy mos dit sluit jou in.

v

Aletta
03-08-2014, 10:41 AM
Hierdie is vir my baie interessant en ek dink die swak wisselkoers speel n groot rol dat uitvoere nou ons kragverskaffing bedreig.

Eskom word steenkooloorblyfsels gevoerKommentaar (3)
07/03/14
∑ Redaksie Ditsem Nuus

Engineering News berig dat volgens prof. Rosemary Falcon, steenkoolnavorser van die Universiteit van die Witwatersrand, word Eskom die oorblyfsels gevoer word nadat steenkool gewas is vir uitvoer na IndiŽ. ďDit is die rede waarom doeltreffendheid so laag was en instandhouding 'n probleem geword het. Eskom-kragstasies word nou voorsien van 'n verskeidenheid van steenkool, insluitend die laagste moontlike graad van steenkool ter wÍreld." Falcon het ook haar kommer uitgespreek oor die plan om steenkool van die Waterberg na Eskom se kragstasies in Mpumalanga te bring, omdat die kwaliteit baie verskillend is. "Kennis van steenkool en hoe om dit aan te wend, is noodsaaklik om te weet watter proses om te gebruik om doeltreffendheid te verhoog. Dit is die eintlike boodskap wat ek probeer oorbring," sÍ Falcon, wat betrokke was by steenkool- en koolstofnavorsing vir meer as 35 jaar en gekies is as voorsitter van Clean Coal Technology in 2007.

v

Unregistered
03-08-2014, 09:50 PM
Tom, Klerksdorp se skedule is daar. Ek het Stilfontein gesoek en dit gekry onder Klerksdorp.

Tom
03-08-2014, 10:13 PM
Tom, Klerksdorp se skedule is daar. Ek het Stilfontein gesoek en dit gekry onder Klerksdorp.

Waar? Ek hoop nie jy verwys na die een wat se Maandag tot Vrydag, 06h00 tot 23h00 nie.

Tom
03-09-2014, 10:24 AM
Kom ek verduideklik in prentjies wat ek bedoel.

Wanneer jy na Eskom se site toe gaan vir die skedules, kom jy hier uit. Jy kan per Provinsie, dan Dorp en dan uitbreiding soek. Let egter daarop dat in die blok wat Groen skrif in het, onderaan staan, 'For municipality customers click here'

http://i1115.photobucket.com/albums/k548/TomK59/Loadshedding/search.gif

Wanneer jy die soek funksie gebruik van Provinsie ensovoorts, kom jy op n soortgelyke blad soos die volgende prentjie af. Let op die rooi skrif onder. Let ook op dat die skedule wat wel gewys word, niks werd is nie. Lees dit met aandag. Die rooi skrif se vir jou, jou soektog was n mislukking.

http://i1115.photobucket.com/albums/k548/TomK59/Loadshedding/regret.gif

Wanneer jy op die vorige prentjie se 'For municipality customers click here' klik, kom jy by die volgende uit. Hier gee hulle n lys van munisipaliteite wie wel n skedule geplaas het. let op hoe kort die lys is. Matlosana is nie daar nie.

http://i1115.photobucket.com/albums/k548/TomK59/Loadshedding/municipal.gif

Gaan jy nou direk na Matlosana se web blad, sien jy dat daar ook niks van Loadshedding of skedules is nie.


http://i1115.photobucket.com/albums/k548/TomK59/Loadshedding/matlosana.gif


As julle dan nou van n ander manier weet, vertel my gerus.

Aletta
03-09-2014, 07:08 PM
Tom as jy net na die groter gebied gaan of een wat teen joune is ni, gaan dit nie vir jou aandui nie? Al die woonbuurte is nie noodwendig gelys nie maar as jy na die groter gebied gaan. Ons het bv 8 woonbuurte maar die hele dorp word gesamnetlik gedoen.

v

417
03-09-2014, 07:55 PM
Aletta,
Dis niks nuuts nie. Werk al die jare so. Letabo kragstasie (die grootte by Vereeniging) is bv spesiaal ontwerp om BAIE swak steenkool te brand. Die asinhoud daar beloop tot 40%. Die ketels is langer, groter lugspasies tussen pype ens, ens. Sy bynaam is die asfabriek vd wereld. Vir n tannie wat soveel jare in die steenkool bedryf is dink ek sy is moedswillig.
Sy is reg, ons brand ons swak steenkool self en voer die bestes uit. Sy versuim egter om te se dit werk al jare so, dis misleidend.
Eet ons ons beste lemoene, of voer ons hulle uit?

Aletta
03-09-2014, 09:17 PM
ek weet nie genoeg om met jou hieroor te stry nie maar wat ek wel weet is dat uitvoere drasties meer is as lankal.

v

Tom
03-09-2014, 10:13 PM
Aletta, dit is eintlik baie eenvoudig. Eskom wys skedules vir sy direkte kliente. Matlosana is in Klerksdorp se geval die direkte klient. So Eskom gee vir Matlosana n skedule, waarin Matlosana n sekere hoeveelheid krag mag gebruik, afhangende van fase 1, 2 of 3. Matlosana moet nou kyk hoe hy dit gaan versprei en dan daarvolgens sy eie rooster bekend maak, soos die ander munisipaliteite doen.

Stilfontein, wat ook deur Matlosana bedien word, het wel n Eskom tabel, maar dit is net van toepassing op mense wat hul rekening direk aan Eskom betaal en nie op die wat aan die munisipaliteit betaal nie. Daar is nie so n tabel vir Klerksdorp nie, behalwe vir die buitewyke van Klerksdorp waar mense nog direk aan Eskom betaal. n Vriend van my wat net buite Klerksdorp n plot/plaas het, oorkant die dam, betaal direk aan Eskom. Hulle was toevallig Donderdag saam met Klerksdorp af gesny. Maar hulle het hul eie rooster op die Eskom web blad. Klerksdorp Outlying - West. Hulle was nie skeduleer om Donderdag afgesit te word nie. Dit wys net hoe groot die krisis Donderdag was! Ek dink nie ons besef hoe naby aan n algehele ineenstorting die land gekom het nie. Daar is die wat vertel dat as so n ineenstorting gebeur, dit maande sal neem om die kragstasies weer aan lyn te kry. Die politiek dwing Eskom om baie, baie naby daardie punt eers op te tree. Dit kan maklik gebeur dat die 'point of no return' oorskry word.

Die naweek was daar nou geen onderbrekings nie. Ons sal more sien wat gebeur. My vriend se area is op die skedule om more afgesit te word. 14h00 - 18h30 en Vrydag dieselfde, indien daar nie na fase 2 of drie oorgegaan word nie. Intussen hoor ons maar so deur die 'grape vine' dat ons in Klerksdorp se beurt Dins, Don en Sat is.

Unregistered
03-10-2014, 08:44 AM
Tom ons is nie direkte ESKOM kliente nie en ons skedule is duidelik daar te vind. Stilfontein se inwoners betaal ook nie direk aan ESKOM nie en hulle skedule is daar. Ek dink julle moet net uitvind onder watter subkatagorie jul val om jul skedule te vind. Op die oomblik is daar blykbaar nerens beurtkrag nie.

Tom
03-10-2014, 10:36 AM
Ek sal nog een keer probeer en dit dan maar daar laat.

Eskom sÍ duidelik dat munisipale kliente se skedules nie daar is nie. 'For municipal customers click here'

Wanneer jy daar klik, word die munisipaliteite aangedui en as jy op een klik, wys dit .pdf blaaie van al daardie munisipaliteite se buurte, met hul skedules.

Wat Stilfontein betref, daar is mense, nie noodwendig in die dorp nie, maar in die weier Stilfontein area, wat nie aan die munisipaliteit betaal nie, maar direk aan Eskom. Die skedule wat daar gewys word is nie van toepassing op die dorp nie, maar die weier Stilfontein area. Dit mag egter dieselfde wees, omdat dit vir die munisipaliteit maklik is om dit net so te hou. So ook vir ander klein munisipaliteite. Waarom sal hulle die moeite doen om nog n skedule te gaan uitwerk as die oorhoofse een voldoende vir hul area is? Matlosana is egter anders, want baie groter. Veral in fase een en twee, kan hulle rondspeel en verskillende areas afsit en ander aan los, om die gewenste besparing te verkry. Ek is seker dit is nie net Matlosana nie. Die lys wat gewys word is baie kort en ek is skeker daar kort heelwat munisipaliteite.

Dit lyk egter of dit nie meer n krisis is nie en daarom sal daardie munisipaliteite seker nie die moeite doen om hul skedules uit te werk voor die volstruis nie weer die windpomp tref nie.

Unregistered
03-10-2014, 10:51 AM
Tom van die areas binne in Klerksorp word gelys en dit is areas wat ek vir n feit weet NIE direk by Eskom krag kry nie. Onder julle stadsraad is daar skedules vir Doringkruin, Dupperspos, Frischgewaagd, Gemsbok, Goedevooruitzicht, Kanana ens wat beurtkragtye aandui. Ok Klerksodrp x 1 dink ek het n skedule. Julle val onder een van die wat n skedule het, jy moet uitwerk watter een naby jou is. Jy moenie onder die ander afdeling kyk nie want dit het niks met jou te doen nie

Tom
03-10-2014, 11:02 AM
Beurtkrag aan Rand

VANIA VAN DER HEEVER
Maandag 10 Maart 2014







Beurtkrag is Maandagoggend van 06:00 af in verskeie woonbuurte aan die Rand toegepas.
City Power, wat Johannesburg se kragvoorsiening bestuur, sÍ beurtkrag word tussen 06:00 en 10:00 in sekere gebiede toegepas omdat Eskom se kragnetwerke nog onder geweldige druk is.
Van die gebiede wat hierdeur geraak is, is Auckland Park, Fourways, Melrose, Honeydew, Northriding, Parktown en Brakpan.














2 kommentare

http://redactor-assets-live.s3.amazonaws.com/webapp/e3ecaab1/img/profile.png (http://www.beeld.com/nuus/2014-03-10-beurtkrag-aan-rand#!/@kommentaar:b40bd7e6a65bb3659717d802b3dc53aa)Wille m Opperman 2h a2
Die goeie nuus is dat die useless anc duisende stemme verloor met elke beurtkrag. Hulle moet maar voortgaan, hulle gaan nog die verkiesing in Gauteng verloor.




http://redactor-assets-live.s3.amazonaws.com/webapp/e3ecaab1/img/profile.png (http://www.beeld.com/nuus/2014-03-10-beurtkrag-aan-rand#!/@kommentaar:380ea8ac33d668af92d9dfc9d926b59b)natie beukes 2h a1
Wie lieg nou vir wie?Eskom het dan n verklaring uitgeryk dat hulle onder druk is maar beurtkrag is nie meer nodig nie.


http://www.beeld.com/nuus/2014-03-10-beurtkrag-aan-rand

Unregistered
03-10-2014, 01:05 PM
Dagse,

Het iemand al gedink, MISKIEN IS DIT WAT DIE "NWO" JUIS WIL HE, EN DIT WAT HUL WIL DRYF...., dat die anc se tyd nou verby is, dis dalk tyd vir die eff om te regeer. As jy wil bly regeer, sal jy mos jou kiesers gelukkig hou...., maar hul doen nie...

Maar hoekom worry ons dan so: God stel regerings aan en stel hulle af, Moenie worry nie, God kyk na Sy kinders.

Groetnis, Hein

caholt
03-10-2014, 02:12 PM
Hierdie mag dalk n bietjie van topic af gaan, jammer...

Hein,
Dit is n ding wat ek nognie regtig kan kleinkry nie.
Meeste van die lande is dit duidelik wat aan die gang is met die NWO se inmenging maar ek kan nogsteeds nie sien wat hulle invloed in SA is nie.
Ek vermoed dit is omdat, as iets gebeur is n mens nie seker of dit die incompetence is van die anc en of dit hulle streke is nie.

caholt.

v

417
03-10-2014, 08:28 PM
Hi Aletta,

In 2006 het ons 66,36 miljoen ton steenkool deur Richardsbaai steenkool terminaal uitgevoer. In 2013 was dit 70,23 miljoen ton. n Saamgestelde groei in uitvoer van 0,81% per jaar. Data van www.rbct.co.za.
As mens nou tannie wiki (http://en.wikipedia.org/wiki/Coal_in_South_Africa) kan glo lyk dit of meeste steenkool hierlangs uitgaan. Hier sien mens n lekker grafiek wat ons steenkool produksie wys. In 1990 het ons 175Mton produseer en 50Mton uitgevoer (30%). Vandag produseer ons 260Mton en voer 70Mton uit (26%). Volgens energy.gov.za voer ons 21% uit.

Die punt van my argument is dat dit nie ďsteenkool uitvoerĒ se skuld is dat Eskom net die ďoorblyfselsĒ kry nie. Dis Eskom se skuld. As grootste steenkool gebruiker in SA en een van die grootste ďsteam coalĒ gebruikers in die wereld het die maatskappy tog geweldige bedingingsmag, of hoe? As die aankoop kontrak reg is en Eskom hou die verskaffers daarby kan uitvoere mos maak wat hulle wil, die kwaliteit wat Eskom ontvang bly onveranderd.

Ons het nie beurtkrag omdat ons ons "goeie steenkool" uitvoer nie. Ons het beurtkrag omdat ons Eskom het.

Unregistered
03-10-2014, 08:42 PM
Hein jy maak my worry oor jou. Het ons nie al die "God stel regerings aan" mite deurgetrap nie? God het nie eers gestem nie! Kyk hier: http://www.akskagroep.com/showthread.php?436-Roemeine-13

Unregistered
03-10-2014, 10:11 PM
Hein jy maak my worry oor jou. Het ons nie al die "God stel regerings aan" mite deurgetrap nie? God het nie eers gestem nie! Kyk hier: http://www.akskagroep.com/showthread.php?436-Roemeine-13

Hein jy is reg volgens my. Die een wat se dis n miete hang n humanistiese teologie aan.

Unregistered
03-10-2014, 10:14 PM
Het Siener nie gese dit gaan nog so donker raak dat jy nie jou hand voor jou gesig sal kan sien nie, of was dit Gustaf?

Tom
03-10-2014, 11:51 PM
Dit was Siener.

Hy het die vergelyking gemaak met die Boere oorlog waar dit so donker was dat jy nie jou perd se maanhare kon sien nie. Die slag sal dit so donker word dat jy nie jou hand voor jou oŽ sal kan sien nie. Ons weet egter nie na watter tyd hy verwys het nie. Persoonlik dink ek dit lÍ nog n end vÍr in die toekoms, wanneer WWIII al uitgebreek en algemene kennis is.

Dit is natuurlik beeldspraak en het niks met Eskom te doen nie.

Unregistered
03-11-2014, 06:34 AM
Hein jy is reg volgens my. Die een wat se dis n miete hang n humanistiese teologie aan.

Hein, hier is jou kans om 'n verskil te maak.

412
03-11-2014, 07:10 AM
Moet ASB tog nou net nie weer die draad in 'n geestelike oorlog omskakel nie!

Unregistered
03-11-2014, 10:24 AM
Nee ek wil nie die hele ding draai na 'n geestelike gesprek toe nie.
Ek wil ook nie ou gesprekke oopkloof nie, dis "done and dusted"

Al wat ek wil se is: God sorg vir Sy kinders, PUNT!..., dus bly maar aan die Wenner se kant, en bly ver van satan se verloorkant af

Groetnis.

Unregistered
03-11-2014, 10:45 AM
Die krag was amper n krisis en toe ure later was daar nie meer n probleem nie. Hier by ons was ook tye uitgeroep wat beurtkrag betref, maar dit was toe nooit toegepas nie. Ek meen jy het n probleem of jy het nie. Die steenkool het natgereen, is van die boodskappe wat rondgegaan het, maar is dit regtig n probleem vir steenkool. Eskom word as n politieke gereedskap gebruik, dit is al wat sin maak. Dit lyk my iemand wil vir iemand n boodskap stuur. Staan vas

Jannie in die TRONK
03-11-2014, 01:06 PM
Die krag was amper n krisis en toe ure later was daar nie meer n probleem nie. Hier by ons was ook tye uitgeroep wat beurtkrag betref, maar dit was toe nooit toegepas nie. Ek meen jy het n probleem of jy het nie. Die steenkool het natgereen, is van die boodskappe wat rondgegaan het, maar is dit regtig n probleem vir steenkool. Eskom word as n politieke gereedskap gebruik, dit is al wat sin maak. Dit lyk my iemand wil vir iemand n boodskap stuur. Staan vas

Verdomp, ek moet nog steeds uit-log om enige sin te kan maak!

Ek dink nie dit is so seer die steenkool wat nat is as die lae graad gemors wat hulle by BEE koop nie. Die vyn steenkool vorm steenkool-modder op die vervoerbande en daarin lÍ die probleem (d.w.s. as dit dan so is dat daar enigsins 'n probleem is). Daar word nou hard geskree dat myne hulle beter qualiteit uitvoer maar nie aan Eksdom wil lewer nie. Soos ons weet is die land reeds kommunisties en geld vryemark reels gladnie. Dus moet myne nou verplig word om hulle goeie kwaliteit aan Eksdom te verkoop teen minder as wat hulle op die ope mark kan kry. Ek dink dis 'n bollie storie om die aandag weg tekeer van die werklike probleem van kleinskaal "operators" wat hoŽ pryse kry vir lae kwaliteit. Sien onlangs 'n BEE met twee 5 ton trokke wat een hengse kontrak gekry het om kole aan te ry. Daars meer vleis om die been as wat gewys word.

Tom
03-11-2014, 02:50 PM
Hoeveel waarheid is daarin dat nat steenkool beter werk in die oonde as droŽ steenkool? Ook word die steenkool 'poeier' met hoŽdruk lug in die oonde in geblaas, wat maak dat selfs nat, modder poeier egalig versprei soos dit in die oond ingeblaas word. Is dit waar?

417
03-11-2014, 08:10 PM
ReŽn is nie iets wat die ANC uitgedink het nie. Die 1996 vloede in Mpumalanga het nie tot groot kragtekorte gelei nie. Om te sÍ daar is nie krag nie want die kole is nat is n patetiese erkenning van 'n onvermoŽ om te beplan. Glo mense die tipe verskonings? Waar is die ondersoekende joernalistiek wat vra hoe dit is dat reŽn nou jaarliks onverwagse teenspoed bring?

Ja, die stenkool word fyn gemaal en met waaiers in die ketels ingeblaas. 'n Kragstasie gebruik tussen 5-10% van sy opwekvermoŽ self om water te pomp, steenkool te maal, lug deur die ketels te waai ens.

Van SA se 2011 steenkool produksie van 255Mt steenkool het Eskom 124,7 Mt (48,9%!) gebruik.
http://en.wikipedia.org/wiki/Coal_in_South_Africa
http://www.eskomfactor.co.za/eskom-factor-environmental.php
Eskom is nie 'n klein, armsalige jannie jammergat wat tevrede moet wees met die nat modderige oorblyfsels van die dorp se steenkool werf nie. Hy is 'n monster wat die helfte vd werf se voorraad opvreet. Hy is nie uitgelewer aan myners om te vat wat hulle uit lojaliteit vir die saak aan hom wil afstaan nie. Eskom is 'n reus van 'n maatskappy wat self steenkool se kwaliteit kan bepaal. Eskom het baie bedingingsmag omdat die myne hoop om die helfte van hul produksie aan hom te verkoop. Daarom is hy in 'n sterk posisie om waterdigte kontrakte te kan beding. Die kontrak kan alles wat te meet is van die steenkool insluit: hittewaarde, vog, swael, asinhoud ens, ens. En Eskom het goeie laboratoriums waar hierdie waardes self gemeet kan word.

Dat Eskom met steenkool sukkel is nie 'n steenkool probleem nie...

Aletta
03-11-2014, 09:26 PM
Koeberg se een deel is gesluit vir instandhouding ek wonder hoeveel invloed dit het?

v

Unregistered
03-11-2014, 09:49 PM
Die mense by Eskom spot somtyds dat hulle nie steenkool brand nie maar Real Estate. Hulle bedoel eintlik die graad van steenkool wat hulle nodig het is net bietjie ryker as grond. Beter grade steenkool soos antrasiet sal eenvoudig nie werk nie en al sou dit sou dit te duur gewees het. Eskom gebruik steenkool wat andersins onbruikbaar sou wees.

Toe ons laas 'n beurtkrag probleem gehad het was die probleem nie nat steenkool soos daar gese is nie maar die vervoer daarvan in nat omstandighede. Die groote van die steenkool "stockpile" by kragstasies was op daai tyd ook 'n probleem gewees. Eskom het 'n kwota stelsel vir aankope wat beteken aankopers mag nie meer as 'n sekere persentasie aankope by verskaffers wat nie "Black Owned" is nie spandeer. Eskom se aankopers sukkel regtig om besigheid gedoen te kry omdat hulle byna niks by wit besighede mag koop nie veral nie 'n groot kommoditeit soos steenkool nie. Laas toe ons in die situasie was is die probleem gedeeltelik veroorsaak deur Eskom se Black Owned verskaffers se onvermoe om in die nat omstandighede die "Stockpile" gevoer te hou.

Of dit weer die geval is weet ek nie.

Unregistered
03-11-2014, 10:17 PM
Ek is so op die kant doenig met steenkool - julle wil nie weet van al die hoepels waardeur ons moet spring nie!

Erens in 'n koerant verlede week was daar 'n berig oor Eskom wat van nou af net by myne mag koop wat 51% swart aandeelhouding het...

Unregistered
03-11-2014, 10:21 PM
O ja, en huidiglik wil hulle net 'n hoer graad kole koop - sekerlik om met die laer gehalte kole te meng om die gemors so half bruikbaar te maak.

So nou en dan kom daar transaksies verby(sodra hulle diep in die poef is) wat alle reels en regulasies kan verbreek, d.i niks se BEE myne of die dokument of daai klousule nie - jy moet net die regte kole NOU kan lewer!

Unregistered
11-21-2014, 06:14 PM
Wanneer begin die beurtkrag vir Nov 2014 in Klerksdorp - La Hoff & Wilkoppies area?

Unregistered
11-21-2014, 08:50 PM
Die krag is af in die Kaap. Ek hoop net omdat die curriebeker in die Kaap staan hulle ons more tydens die bokke se game sal spaar en die bloubulle daar bo se krag sal afsit. Groetnis, WP jou lekke deng!

Nov16
11-21-2014, 09:27 PM
Almal is op die kragwa, ons suidakrikaaners is mos dinamies, elke mens moet nou op n kenetiese gragopwekker begin speel fiets met inverter, almal word fiks vir die toekoms en almal maak efektief krag vir sy eie gebruik, sal maar n paar battery in koppel om te stoor indien julle moeg word

Unregistered
11-21-2014, 09:58 PM
Dit kan nogal werk om so krag te trap, onthou net die staat sal die helfte wil he om nkandla te verlig.

Nov16
11-21-2014, 11:06 PM
Nee man vir hulle moet ons n ding bou wat met pens mis bio elektrisiteit kan opwek

Tom1
11-23-2014, 08:27 PM
19h50, 23 November 2014: Please note that the Eskom Power System has stabilised. The previous Key Alert (Stage 1/2 for Key Industrial Customers and Stage 2 for Municipalities) is now invalid. Load shedding has been terminated. Thank you for your assistance.
Regards Elbie Honiball