PDA

View Full Version : Die jaarlikse akska vyfdag kursus:



Lukas
03-21-2014, 05:47 PM
Die jaarlikse akska vyfdag kursus:
Die jaarlikse AKSKA vyfdag kursus word vanjaar weer by Toms Place Bloemfontein vanaf 30 Junie aangebied. Tydens hierdie kursus kry die lede weer ’n kans om op te skerp en ons deel weer die nuwe ontdekkings wat ons hierdie jaar bygeleer het, met die lede.

DIE JAARLIKSE AKSKA VYFDAG KURSUS:


Tydens hierdie kursus word nie lede ook toegelaat. Nie lede kan ook na die afloop van die kursus besluit of hulle AKSKA lede wil word of nie. AKSKA lidmaatskap kos R200 per maand. Met hierdie bydra help hulle om die navorsing te finansier. AKSKA lede mag al die kursusse wat aangebied word, gratis bywoon. Wanneer ons in hulle areas konsultasies doen, word hulle ook uitgenooi om dit by te woon en selfs te help om ondervinding op te doen. AKSKA lede wat tydens die praktiese konsultasies n ho vlak van akkuraatheid bereik, word ook later toegelaat om self konsultasies te doen, waar hulle deur AKSKA vir hulle dienste betaal word.

AKSKA lede kry ook gratis, AKSKA telefoon konsultasies en tydens fisiese konsultasies betaal hulle net die brandstofkoste. (Soms nie eers nie)

Vir al die lede wat nie gedurende die jaar die geleentheid gekry het om hulle lidmaatskap terug te maak nie, bied ons vir hulle n verdere geleentheid om een keer per jaar die vyfdag kursus, gratis by te woon.

Vanjaar se vyfdag kursus begin 23 Junie tot 27 Junie 2014 Tierpoort dam Buite Bloemfontein. Mense wat die kursus bywoon mag reeds die 22ste aanmeld. Daar sal die aand van die 22ste, reeds ‘n ete voorsien word

Die koste vir nie lede is R1250.00 per uittanding stuk + R350 per persoon per dag.= R2650.00 ( Sluit verblyf en etes in ) Wanneer jou vrou saamkom, betaal sy net die R350 per dag.

Vir die lede wat bywoon, bly die kursus en uithandigingstukke gratis en vra ons net, ‘n nie verpligte donasie van R300 per dag om met die kos en verblyf te help.

Belangstellendes kan reeds Registreer deur vir my n epos na [email protected] te stuur. Ek sal dan vir julle die rekening nommer gee waar julle solank die inbetalings kan doen.

Sluitingsdatum vir die registrasie is 17 Junie 2014, sodat ek genoeg tyd kan h om die uithandigingstukke en finale relings betyds kan finaliseer.


DIENSTE WAT AKSKA LEWER.
Hierdie pryse is vir nie lede.

Kostes, Telefoon konsultasies waar ons jou oor die foon help om te meet en die datums vir jou bereken R600.00
Persoonlike konsultasies vir bedreigings op die huis. R 2500.00 + R2.50 per km
Persoonlike konsultasies vir besighede R 12 000.00 + R2.50 per km
Persoonlike konsultasies vir ‘n woonbuurt R 12 000.00 per dag + R2.50 per km
Misdaad kartering per perseel R 6000.00 + R 2.50 per km
Inligting verwerking en analise, R 87 000.00 per 500 lede

Gemeenskap praatjies en Kursusse
Gemeenskap Praatjie/seminaar 2,5 tot 3uur R5000.00 + R2.50 per Km
Kursus 2 dae R1250.00 per uithandiging stuk = R1250.00 + R300 per persoon per dag
Kursus 3 dae R1250.00 per uithandiging stuk + R300 per persoon per dag. ( Sluit n brunch en n ligte middagete in )

Lukas
03-31-2014, 10:55 AM
Ons sal die datum vir hierdie vyfdag kursus n week moet aanskuif. Die probleem is dat die skole eers 28 Junie sluit en dit maak dat baie mense wat die kursus wil bywoon, dit moeilik vind om te doen.

Die nuwe datum vir die kursus is dan van 30 Junie tot 4 Julie. Mense wat bespreek, kan reeds die middag van die 29ste Junie aanmeld en daar sal die aand vir hulle iets wees om te eet.


Julle kan ook voor die tyd begin om elke maand n diposito oor te betaal sodat dit nie op een dag n groot skok is nie. Stuur die aansoeke na [email protected] sodat ek vir julle die rekeningbesonderhede kan stuur.

Unregistered
04-04-2014, 12:19 PM
Sewe gesinne het tot op hede bespreek. Dit help om voor die tyd n aanduiding te kry sodat ons die behuising, kos en admin beplannings kan doen

Tom
05-06-2014, 10:38 AM
[email protected]

Ek hoop daai posbus werk en het nog spasie. :-)

Lukas
05-06-2014, 10:16 PM
Tom. die [email protected] posbus is baie groter en sal niks mis nie.

Tom
05-06-2014, 10:26 PM
Dankie Lukas. Ek het gister se epos nou ook na jou Swartberg bus gestuur.

Lukas
06-03-2014, 02:20 PM
Tom het my gevra om n paar goed duideliker te stel.

Kyk weer na die pryse vir die kursus.

Daar is mense wat net vir drie dae sal wil bly en daar is mense wat nie lede is nie, wat welkom is om al vyf dae, deel van ons kursus te wees.

Met ander woorde as jy nie by AKSKA gaan aansluit nie, kan jy al die dae bywoon. Daar is twee tipe uithandigingstukke. Een vir mense wat nie aansluit nie en twee vir die mense wat later wel by AKSKA aansluit.

Die tweede uithandigingstuk is deel van ons navorsing om meer gevorderde tekens te verstaan en ons hoop om dit ook hierdie jaar volledig te kry.

Volgende jaar sal ons probeer om huistekens ook so volledig as moontlik te kry. Huistekens is die voorwerpe wat werkers by hulle huise aanbring om hulle posisie binne die misdaadstruktuur te verduidelik.

Die kostes hierdie jaar vir mense wat nie lede is nie.
R350 per dag wat kos en slaapplek insluit. (Die kos is baie lekker )
R1250.00 per gesin vir n uithandigingstuk wat ook die kursus insluit.

Mense wat vir minder dae kom, kan net op die R350.00 per persoon per dag bespaar.

Ek moet syfers gee sodat die die Toms Place oord vroegtydig hulle besprekings en resepte kan vasmaak. Mense wat my nog nie gekontak het nie, kan vir my by [email protected] laat weet of hulle kom.

Johann S. Ek het hou epos gekry en ek hoop dat die plasing duidelik genoeg is. Laat weet of daar nog vrae is.

( Wat van mense wat uitslaap ?)

Omdat AKSKA en Toms place die kursus subsidieer, gaan dit geen verskil aan die prys maak nie. Of jy nou inslaap of nie, die dag koste bly R350.00 per kop.

Omdat daar saans baie om die kampvuur gebeur en baie onbeantwoorde vrae om die kampvuur bespreek word, is dit baie beter om maar in te slaap.

Ons is langs n dam. Verlede jaar het ons baie lekker weer gehad en ons bid dat dit vanjaar weer so sal wees. Maar die is die Vrystaat en dit is slim om iets warms saam te bring.

Wat van Swartberg lede ?

Swartberg lede sal soos AKSKA lede n groot besparing op die uithandigstukke kry. Dieselfde wat vir AKSKA lede op daardie kursus geld, sal ook vir die Swartberg ledegeld. Swartberg lede sal ook die eerste uithandigingstuk gratis kry en die boek sal teen n spesiale prys vir hulle aangebied word.

Swartberg lede wat by AKSKA aansluit se Swartberg betalings sal gestaak word en hulle eerste AKSKA gelde sal eers teen die end van Julie geneem word. Swartberg lede wat dan AKSKA lede word sal ook outomaties Swartberg lede bly.

DIE SWARTBERG WEBBLAD

Die Swartberg webblad sal seker in Julieweer begin werk. Ons gaan ons eie aanlyn winkel by die blad in werk waar ons unieke konsepte gaan bemark.

Die Swartberg forums sal outomaties deel van die AKSKA forums word.

Tom
06-03-2014, 04:52 PM
Vir die lede wat bywoon, bly die kursus en uithandigingstukke gratis en vra ons net, ‘n nie verpligte donasie van R300 per dag om met die kos en verblyf te help.




Wat van Swartberg lede ?

Swartberg lede sal soos AKSKA lede n groot besparing op die uithandigstukke kry. Dieselfde wat vir AKSKA lede op daardie kursus geld, sal ook vir die Swartberg ledegeld. Swartberg lede sal ook die eerste uithandigingstuk gratis kry en die boek sal teen n spesiale prys vir hulle aangebied word.

Lukas, ek is maar dom, want ek is steeds nie seker wat vir Swartberg lede geld nie. Wat gaan n Swartberg lid nou vir die 5 dag kursus betaal? Soos ek die lees, is dit R1500, albei uithandiging stukke, kursus, kos, verblyf ingesluit?

Wat my deurmekaar maak is
Swartberg lede sal soos AKSKA lede n groot besparing op die uithandigstukke kry.

Uithandiging stukke in die meervoud, wat impliseer beide is nie gratis nie.

en

Swartberg lede sal ook die eerste uithandigingstuk gratis kry
Impliseer daar is n koste aan die tweede stuk.

My vraag is, volgens die eerste aanhaling kry AKSKA lede dit alles gratis, maar nou klink dit of die eerste uithandiging stuk gratis is en die tweede net n afslag op is? Wat is die prys op die tweede uithandiging stuk, voor en na, afslag?

Dan die boek se prys. Ek het n bedrag van R1300 gesien, wat dit heeltemal uit my bereik neem, selfs met afslag. Ek is gewoond n redelik dik boek kos so R300-R400 in boekwinkels. Wat verstaan ek nie?

Lukas
06-04-2014, 07:00 PM
Tom. Jou eerste vraag.

Swartberg lede geniet dieselfde voordeel wat AKSKA lede het, is dat ons ondersoeke en navrae teen presies dieselfde pryse vir hulle bied as wat ons dit vir AKSKA lede bied.

Swartberg lede betaal ’n R100.00 per maand en AKSKA lede betaal R200.00 Sal dit regverdig teenoor hulle wees as ek dit vir jou teen presies dieselfde prys gee as wat hulle dit kry? Indien jy voel dat ek jou onregverdig behandel, moet jy liewers nie van jou hart ’n moordkuil maak nie.

Ek het reeds n fout gemaak met die een prys. Ek het vergeet dat die prys wat beding was R350 per dag is en nie R300 per dag soos ek jou ges het nie. Met ander woorde net om jou daar te h betaal ek al weer n ekstra R50 per kop uit my sak om nie op my woord terug te gaan nie.

Vergelyk gou pryse:
Swartberg lede se pryse vir die kursus.


’n Tweedag kursus in jou dorp gaan jou R1500.00 kos As jy jou vrou saambring, R1750.00

’n Vyfdag kursus waar jou verblyf, kos en uithandigingstuk ingesluit is, kos jou vir die vyf dae se kennis, R1700.00 waarvan ek uit my sak R250 betaal omdat jy nie in die eerste plek die eerste plasings gelees het nie.

Met ander woorde vir n Swartberg lid kos die kursus hom nou net R300 per dag. Die kursus materiaal kom uit my sak. Die tyd en die kennis kom gratis.

Vir nuwe lede wat nie deel van Swartberg is nie. Kos die kursus R2600.00 vir die vyf dae. Met ander woorde R433 per dag, wat die verblyf, kursus, kursus materiaal en my tyd insluit.

Waarom is Swartberg lede soveel goedkoper. Eenvoudig omdat dit my eie keuse is om vir hulle soos wat ek dit vir die AKSKA lede doen, dit moontlik maak, aan die einde van elke jaar iets inruil vir hulle bydrae weer terug te gee.

Eerste gevolgtrekking:

As dit nie genoeg gebuig is, is ek jammer om van jou hartseer te hoor.

DIE BOEK SE PRYS:

Jy is reg Tom. Die boek is duur en jy is nie verplig om dit te koop nie. Dit is nie n storieboek nie maar die resultaat van 23jaar se navorsing. Daar is 'n paar redes waarom die boek so duur is, maar wanneer jy dit as n belegging op jou veiligheid sien, is die boek goedkoper as ‘n alarm en 10 keer meer effektief as n alarm, Veiligheidsheining, diefwering en gewapende wagte om die huis, gekombineer.

Die boek is ook nie baie dik nie. Dit het min of meer 260 illustrasie waarvan baie in kleur is. Maar soos Oorwin plaasaanvalle, bly die boek op die punt en word daar nie vir bladsye gegorrel om die boek dikker te maak nie.

’n Gedeelte van die boek se geld gaan direk in bronne se rekenings in, omdat ek die inligting wat ek tot op hede vasgemaak het, nie uit my eie kon bekom nie. Die navorsing tot op hede kos my persoonlik ver oor die R2 miljoen rand en die kennis is nie gratis nie.

Om die boek tot hier te kry is ’n baie groter opoffering as wat jy dink. Ek het n streekbestuurder pos van die Rembrandt groep in Londen en n streek bestuurders pos van SA brouerye in Londen van die hand gewys om as ‘n arme sukkelaar, dag vir dag te oorleef om die werk voltooi te kry.

Die navorsing is nie iets wat in boeke is nie. Daar was niks om as verwysing te gebruik soos wat navorsers vandag doen nie. Daar was geen hulp nie en tot ek vir Muti verkoop was, geen mens met wie ek kon praat nie. Hierdie boek gaan die persoon wat dit koop, verseker iets kos, omdat dit my, my lewe gekos het om sy lewe veiliger te maak.

Jy is onder geen verpligting om die boek te koop nie en die boek is ook nie veronderstel om my ryk te maak nie. Die boek moet my help op die laaste deel van die navorsing waarvan sekere geheime dokumente direk uit die georganiseerde misdaad se strukture kom, te koop.

Moenie die boek koop nie. Want dan gaan jy dalk lus word om die opvolg boek oor twee jaar te koop en dit gaan duur wees. Of jy kyk na die boek as ’n belegging in kennis of jy meet die boek aan sy voorblad. As jy die tweede doen, sal ek bly wees as jy dit nie koop nie.

Tweede gevolgtrekking:

Ek skuld niemand niks en ek het nie nodig om die boek se prys te verdedig nie. Die Boek is sy prys werd en die boek is waarde vir geld en dit voeg waarde by lewens.

Johann S
06-05-2014, 09:10 AM
Dankie vir die werk Lukas, in die besigheid van veiligheid en sekuriteit gaan baie meer in as wat mense besef.

Ek stem saam met jou uitgangs punt, mens wil dit maklik en goedkoop maak vir almal maar selfs met jou beste intensie kan jy net sover! Die kan n paar maande se DSTV wees, sny op drank of sigarette as dit moet.

Opoffering het n prys. . . . . . . . . . . .

510
06-05-2014, 07:00 PM
Ons wat al lank saam met Lukas kom weet waarom hy so heftig reageer. Dit sal moeilik wees om in min woorde te probeer verduidelik wat alles al opgeoffer en prysgegee is. Lukas hoef niks met ons te deel nie. Hy kon sy kennis en ervaring op ander maniere gebruik het en dan was hy vandag 'n geziljoenr. Maar hy het nie... Die boek is glad nie so duur nie. Dis min of meer wat 'n universiteitshandboek kos as jy 'n ordentelike rigting studeer. Dis nou as jy gelukkig is want ek het handboeke wat R5000 gekos het en dit was al 'n hele ruk terug. Vandag sal daardie selfde boek maklik R10 000.00 kos. Die kursus is ook volgens my so te s gratis. Jy sal nooit in der ewigheid enige sinvolle kursus, vir so baie dae, met etes en verblyf, en nog aangebied deur die naam agter die storie vir so min geld iewers kry nie. As ek Lukas was het ek nou sommer uit asprisgeid by al my bedrae 'n ekstra nul gevoeg en basta met die res. :cool:

456
06-05-2014, 07:40 PM
510 ek stem 100 % saam met jou. Dit is gewoonlik mense wat oor sulke pryse kla, maar dan het hulle volle DSTV en gaan eet gereeld uit.

Johann S
06-06-2014, 09:11 AM
Nou waar is die 'like' knoppies hier.

Jannie
06-06-2014, 10:15 AM
Nou waar is die 'like' knoppies hier.


Dit is nogal lekker om dit te h. PING LUKAS: Die funksie kan maklik aangeskakel word in die "User Control Panel" onder die opsie "User Reputation Permissions". Oppas net as julle daar karing en verkeerde opsies kies kan ons ou probleem weer kop uitsteek!

Lukas
06-06-2014, 02:11 PM
EK sien wanneer n mens 'n draad oopmaak, kan die een wat die draad oopmaak, self kies om 'n "Pole" te skep.

Heel onder aan die eerste venster van die nuwe blad is daar so 'n opsie wat n mens moet kies.

Wanneer ek of enige iemand n nuwe draad oopmaak, kan ons dit toets sodat ons kan sien wat volgende gebeur

Jannie
06-06-2014, 02:42 PM
EK sien wanneer n mens 'n draad oopmaak, kan die een wat die draad oopmaak, self kies om 'n "Pole" te skep.

Heel onder aan die eerste venster van die nuwe blad is daar so 'n opsie wat n mens moet kies.

Wanneer ek of enige iemand n nuwe draad oopmaak, kan ons dit toets sodat ons kan sien wat volgende gebeur

Dit werk nogal lekker, ons gebruik dit baie op die sport forum. Beste is om so 'n toets lopie te doen. Die hele draad kan dan later verwyder word as jy gelukkig is met die resultaat.

Lukas
06-11-2014, 04:53 PM
Daar is nog sewe plekke vir die kursus oop.

Julle moet gou besluit want Vrydag sluit ons die besprekings. Die onderste deel van die oord is nou omtrent vol.

Dink gou mooi en diep oor die geleentheid.

Julle hoef nie voor die tyd te betaal nie. Julle kan betaal wanneer julle daar is. Bespreek net nou.


Dankie
Lukas

A508
06-12-2014, 07:21 PM
Lukas ek sien jou persoonlike inbox is vol. Peet van Tonder en Jason Whitehead wil ook bespreek vir kursus asb.
Trudie

Unregistered
06-12-2014, 10:49 PM
Baie dankie, ek het hulle name opgesit

P. Adonis
06-13-2014, 03:25 PM
Lukas jou inbox nog steeds vol. My vriend wil ook die kursus bywoon.

Lukas
06-13-2014, 04:06 PM
Ek is jammer, maar ek het die mailbox op die server skoongemaak.

Julle kan nou pos

Lukas
06-14-2014, 12:20 AM
Adonis. EK het die plek reeds bespreek. Laat weet my watter naam ek by die bespreking kan sit.

Unregistered
06-15-2014, 12:45 AM
EK het geen idee waar die probleem ingesluip het nie. Michelle bel my vanaand en vertel vir my dat die laaste Sondag van die Maand nie die 30ste is nie maar die 29ste.

Dit beteken dat ons die aand van die 29st alreeds by Toms place moet slaap. Die kursus begin dan die Maandag 30 Junie, 1 Julie, 2 Julie 3Julie en dan maak ons die oggend van die 4de Julie klaar.

Ek is jammer dat ek hierdie jaar so deurmekaar is.

Dit gaan n baie groot kursus wees.

Dag 1 sal ons weer die weerbaarheid hanteer.

Dag 2 : Praktiese tekenlees

Dag 3: Tekenlees en praktiese voertuig roetes

Dag 4: Syfer en ander kodes. Weer praktiese voetganger en voertuig reekse.

Dag 5. Hanteer vrae wat nie beantwoord is nie en vertrek terug huis toe.

DIE PLEK:

Die plek waar die kursus aangebied word, is Toms Place. Dit is ongeveer 35Km Noord van Bloemfontein op die N1.

Die oord is langs die Tierpoort dam en wanneer jy van Bloemfontein kom, is daar padwerke. Die ompad vat jou oor die brug, waarop jy dan links moet draai om by die oord uit te kom. Daar is n Shell vulstasie en die bord waarvoor jy op die uitkyk moet wees, is op die foto.

Ek was n rukkie gelede daar en n goeie aanduiding is wanneer die verkeer regs gekanaliseer word om langs die pad herbouing te beweeg.

Hier is n foto hoe dit gelyk het voor daar aan die pad gewerk was.

http://i1366.photobucket.com/albums/r767/akska1/Tomsplace_zps252299b6.jpg

Lukas
06-15-2014, 10:06 PM
Ek sien ek het nie my naam by die vorige pos geplaas nie.

Ek dink nou oor nog iets wat ons dalk die eerste drie dae kan doen en ek wil graag julle mening daaroor kry. Moet ons dagbesoekers vir die eerste drie dae toelaat ?

Dag 1 hanteer ons weerbaarheid en enige mens kan dit bywoon.

Maar om dag 3 by te woon, sal dit verpligtend wees om dag 2 ook onder die knie te kry. Mense wat dag 2 nie bywoon nie, kan die ander dae ook nie bywoon nie, want dit sal vir hulle onmoontlik wees om die ander dae te verstaan as hulle nie dag 2 gedoen het nie.

Met ander woorde. Dagbesoekers kan dag 1 en 2 afsonderlik of saam bywoon. Maar mense wat nie dag 2 daar is nie sal nie dag 3 en 4 kan bywoon nie.

Wat dink julle ?

Johann S
06-18-2014, 08:55 AM
Lukas,

Ek sien waarnatoe jy beweeg en wil saam met jou stem. Mense wat hierdie kursus bywoon word bloodgestel aan n stelsel wat alreeds baie negatiewe implikasies in die gemeenskappe bring. Hiermee bedoel ek die wanpresepsies, intreperterings, verwyderings en die teken lees deskundiges daar buite.

Mense gebruik die inligting tot hulle voordeel en dit is so dat hulle ander gaan wil help of tekens wil gaan lees. Ons weet dit werk mos maar so. Hoe suksesvol hulle is, is nie die vraag nie.

Hoe onsuksesvol hulle is, half voorbereid met die kursus ens kan die probleem raak en die algemene gemeenskap of mense hieraan bloodgestel verder verwar. Ons kan nou maar eerlik wees hieroor - hierdie is gelykstaande aan deskundig werk wat baie detail en fyn kyk benodig.

Ek dink dit is baie posetief om dit so om te doen sodat hulle n goeie grondslag fase of opdatering kry. Ek doen dieselfde, mense moet eers een kursus doen voordat hulle die volgende kan bywoon - as dit nie gebeur nie verloor hulle waardevolle inligting wat n groot verskil kan maak. Ek laat dit nie toe nie want ek deel die kennis uit.

Wat se verkil kan n klein dingetjie in die kriptografie wereld maak? GROOT in my opinie. Van my uitkyk stem ek dat dit wat jy voorstel posetief is. Of dsit so gaan werk weet ek nie.

Lukas
06-18-2014, 05:31 PM
Dankie Johann

A516
06-20-2014, 10:35 AM
Lukas, kan ek net gou by jou hoor hoeveel huise is in die onderste kamp en dalk net 'n gemiddelde aantal persone per huis? Ek wil graag help met koffie, suiker, tee en melk in elke huis. Ek wil net 'n aanduiding kry asseblief.
Dankie Gerda

Lukas
06-21-2014, 08:03 PM
Gerda daar is 11 huisies en als tesaam 45 monde wat eet, wanneer ons die kinders insluit. 6 Huisies is vir die man-vrou-spanne en die 5 huisies word met die enkellopendes gevul.

Trudie bring glo die koffie en suiker en Michelle het ges as julle iets wil saambring, koekies of beskuit, wat die mense in die oggende kan eet, welkom sal wees.

Unregistered
06-22-2014, 07:36 PM
Dankie Lukas.
Ons het reeds koffie goeters aan gekoop, ek gaan dit in elk geval saambring.
Kannie skade doen nie, Bloemies is koud...
Groete Gerda

Lukas
06-28-2014, 09:02 AM
Jaarlikse AKSKA vyfdag kursus, DAG 1, is ’n opedag !

Die voorbereiding vir die vyfdag kursus is gewoonlik maar wild op my. Ek moet al die nuwe goed wat ons deur die jaar uitgevind het, weer orals gaan uitkrap en opsoek om dit iewers in te werk. Hierdie jaar was die konsentrasie ernstig op syferkodes. Met die nuwe boek wat nou uitgekom het, glo ek dat ons die misdadigers gaan dwing om meer van syferkodes gebruik te maak.

Wat interessant was, was dat ek die laaste tyd uitgevind het dat die afstande tussen bevestigers ook Syferkodes kan wees. Ons sal dit op hierdie kursus bevestig of dit wel so is en hoe dit gebruik kan word.

Waaroor ek nogal opgewonde is, is ons SATM plan. Die regering se nuwe grondhervormingsplan roep daarna en dit lyk of hulle ons nou wil dwing om met die SATM plan te begin. Verlede maand het Gerrit Henning my aan ’n swart man, Sam Thuntubele voorgestel. Sam is n invloedryke sakeman wat al in die ou Suid-Afrika baie suksesvol en onsuksesvol, in besigheid was.

Sam het toe vir my presies die SATM plan verduidelik, soos wat ek dit vir Zuma verduidelik het.

Maandag is ’n Opedag by die vyfdag Kursus en almal is welkom om dit by te woon. Maandag gaan ek ook vir Sam ’n spreekbeurt gee en dan gaan ek vir hom ook n geleentheid gee om vir Hendrik en Manini te ontmoet.

Hierdie plan van ons gaan werk en dit lyk of ons die grondhervormingsplan soos die regering dit nou op die tafel sit, totaal in ons guns kan omkeer. Ek hoop regtig dat mense met poeier van TLU en van Agri ook Maandag kan bywoon, sodat ons die 50% plan van die regering kan stop.

Maandag se program:
Onderwerpe wat bespreek sal word.

1. Geskiedenis van politiek en die invloed wat dit op misdaad het en wat misdaad op politiek het.
2. Die misdaad struktuur soos wat ons dit nou verstaan en hoe dit by geldwassery, mafia’s en vryheidsvegters inskakel.
3. Ubuntu en die negatiewe invloed van n rewolusie op Ubuntu. Hoe ons onkunde van Ubuntu ons onnodig ook kan laat seerkry. Hoe ons Ubuntu vir ons kan laat werk.
4. SATM (Suid-Afrika teen misdaad) Die plan hoe ons grond vervreemding kan stopsit
5. Sam Tuntubela verduidelik van sy kant hoe tradisionele leiers en die regering, hierdie plan van ons sien en verataan.
6. Persoonlike Weerbaarheid. Hoe Aanvalle en rowe, net met kennis, vroegtydig ontmoedig kan word, sodat dit nooit gebeur nie
7. Gevegsaanduidings (Doktrine van die misdadiger.)
8. Teenplanne waar ons leer om die misdaad doktrine teen die misdadigers te gebruik, sonder dat ons ooit nodig het om vuurwapens te gebruik.

Maandag is ’n vol dag en dit gaan baie interessant wees. Julle is welkom om dit by te woon. Ek vra die dagbesoekers vir Maandag nie geld nie, maar wel donasies vir die etes om die dag vir die dagbesoekers lekker te maak, sal wel welkom wees.

Dankie

412
06-29-2014, 09:42 PM
Ag wens ek kon daar wees!!:(

SA419
07-04-2014, 08:53 PM
Dankie vir n heerlike leersame week.
Welkom aan die nuwe lede.

Unregistered
07-05-2014, 06:15 PM
Lukas. Net weereens 'n groot dankie vir die week. Dit is van onskatbare waarde. Nie net die kursus nie, maar ook die saamwees en lekker gesels om die vure.
Sien al klaar uit na volgende jaar.
Richard.

Johann S
07-06-2014, 02:03 PM
Groetnis,

Dit is nou my tweede kursus wat ek by julle gedoen het, baie dankie vir die inligting en leersame sessies, veral die prakties! Mens besef eers wat die waarde van prakties is tot jy dit self daarbuite gaan doen.

Dit is ook baie lekker om meer van UBUNTU te leer en die besigheid beter te verstaan. Ek dink dat dit baie belangerik is om die kennis, in spesifiek te verkry en verstaan.

Spesiale dank aan Lukas vir die lang ure wat jy insit met die aanbiedinge, dit is harde werk om so met mense te praat en verduidelik die heeldag lank. Dit word baie waardeur! Vir dia ander ouer en ervare AKSKA lede wat ook hulle hande gewys het, raad gegee het en so mooi verduidelik het, baie dankie, julle het baie gehelp en nog meer vir ons bygeleer.

Dankie vir al die vreindelikheid en deel van kennis, dit was baie lekker gewees. Ons sien mekaar dan weer by die groot boom!

Unregistered
07-06-2014, 10:13 PM
Lukas, van my kant af ook 'n groot dankie vir die harde werk wat jy insit (en almal wat meegehelp het) om die kursus werklikheid te maak. Die kennis en ook die geleentheid om prakties te oefen saam met meer ervare lede is van onskatbare waarde. Ek waardeer dit opreg. Groete
Fanie

A516
07-07-2014, 02:07 PM
Lukas, Baie dankie weereens vir die kursus. Elke keer is dit 'n belewenis wat mens nooit vergeet nie.
Die nuwe uithandigingstuk is baie goed uiteen gesit, baie dankie daarvoor.
Die nuwe Boek oortref natuurlik alle verwagtinge, dis propvol inligting. Die illustrasies en die uiteensetting is profesioneel en goed georganiseerd. Baie dankie vir die werk wat daarin gegaan het.
Ons sien uit na volgende jaar se 5 dae.

Groetnis

Lukas
07-11-2014, 04:31 PM
Dit is ek wat moet dankie s. Die groep mense wat hierdie jaar weer bymekaar was, was so n warm groep, dat die hele Vrystaat juis in daardie week sommer warm geword het.

Ek was hierdie jaar weer gesend met elkeen wat daar was en ek vermoed dat die misdadigers reg deur die land teen hierdie tyd ook redelik ontsteld is. Ons Vader was vir ons goed met die warm weer en Michelle se kos was weereens iets wat ons volgende jaar weer daarheen sal lok.

Ek is gelukkig nie een van die mense wat maklik op n skaal klim nie maar ek was nogal geskok toe ek my boepens in die spiel gesien het. Michelle is nou in New Zeeland, maar ek glo sy sien die boodskap.

S419 het ekstra klasse gekry en ek het vir hom n vraag na aanleiding van tekens wat ek gister moes gaan lees. EK sal vir jou die foto by die lede deel plaas.

Dan wil ek ook die nuwe lede verwelkom. Dit is wat elke jaar vir my die vreemdste is. Elke jaar se nuwe lede, pas elke keer by die groep in asof hulle familie is. Baie welkom.

Ek wil nie name noem nie maar ek wil vir elkeen dankie s wat my met die op en afpak gehelp het. Die wat die geldsake en die boeke hanteer het. Die wat met die bind van die uithandigingstukke gehelp het. Die wat vir die koekies, beskuit en koffie gesorg het. En ook vir die die wat die lekker stories langs die vuur vertel het. Julle het almal gehelp om die week n sukses te maak, en dit sal regtig lekker wees om julle volgende jaar weer daar te sien.