PDA

View Full Version : 'n Tweede Koue Oorlog?



432
03-25-2014, 03:21 PM
Na aanleiding van wat Lukas geskyf het sal die volgende interesant wees.

Soos almal weet is die Weste en Rusland besig om vir mekaar te grom oor die Krim skiereiland in die Oekra´ene. Die sanksies en ander ekonomiese strafmaatreels wat die VSA op Rusland wil afdwing het dalk 'n groter doel.

Rusland onder Mnr Putin is besig om in 'n tyd wat die Weste en veral die VSA weg van tradisionele waardes beweeg die rol as die Wereld se beskermheer van tradisionele waardes in te neem. Rusland begeer al lank om 'n vastrap plek in Afrika en ander tradisioneel konserwatiewe lande soos die Midde Ooste en veral Moslem Afrika te kry. Om betrokke te raak by die konflikte in die Midde Ooste of om Al Qaeda te ondersteun sou die verkeerde perd gewees het om op te wed. Mnr Putin is slimmer as dit. Rusland is besig om 'n beleid ten gunste van streng tradisionele konserwatiewe famlie waardes te bevorder en op te tree teen enige iets wat hulle beskou in stryd daarmee. Dit sluit toenemende druk op gay regte ens in. Dit beteken nie hulle is pro Christenne nie, hulle bou aan gemeenskaplike grond met konserwatiewe lande soos die in Afrika en die Midde Ooste. 'n Tipe alliansie wat die Weste nie 'n oorlog voor kan uitdink nie.

Die potensiaal vir Rusland om saam te werk met lande wat skop teen die liberalistiese volksvreemde druk wat deur die Weste op hulle afgedwing word is enorm. Die hele Afrika en die Midde Ooste skop daarteen, dele van die nuwe Oos Europa en verskeie ander lande ook.

Hierdie kan vir Rusland 'n hele nuwe "game changer" wees!

Unregistered
03-25-2014, 09:19 PM
Putin was n kolonel in die KGB, jy sal hom met versigting moet benader. Hy wil wel die Russiese nasionalisme herstel en om oorlog te vermy sal lande/gebiede wat sy mense wil onderdruk, hulle voornemens mooi moet oorweeg om nie op sy tone te trap nie. Die wat hom wil aanvat sal ook hulle strategie moet oorweeg. Staan vas

Unregistered
03-26-2014, 06:48 AM
Hoekom is die pous en Putin so danig met mekaar?

Lukas
03-29-2014, 10:27 AM
Ek dink dat al die wŕreld leiers danig met die pous is. Dit is nie net Putin nie. Ek dink dat die pous en die wŕreld leiers iets weet wat ons wat in die strate loop nie weet nie.