PDA

View Full Version : Kariba Dam



Tom
03-27-2014, 07:29 PM
Ek kon sweer ek het n draad al hier op AKSKA gesien oor die dam wat kan ingee, maar lyk my nie of dit hier was nie. Ek het dit in elk geval baie plekke gesien en die media gaan so te kere daaroor en dat soveel Afrika lande gaan oorstroom, dat ek bietjie op GE gaan kyk het. Ja, Zambia, Zimbabwe en Mosambiek sal sekerlik almal daaronder lei, maar sal beslis nie van die 'map' verdwyn nie.

Hier is hoe ek dit sien. En ek dink ek oordryf. Daai dam is baie kleiner as die area.

http://i1115.photobucket.com/albums/k548/TomK59/kariba.jpg

Jannie_
03-27-2014, 09:46 PM
@Tom

Daar's heel party klein dorpies wat oral langs die rivier geleŽ is dus sal 'n hele paar gemeenskappe vinnig by die see uitkom, maar miskien nie so heel nie. Dan het jy nog die vinnig vloeiende massa wat die Cahora Bassa gaan tref en nugter weet wat die impak daar sal wees. Maar,..... dit is nie so kritiek soos die media dit maak nie. 'n Paar ingeneurs reken dat hulle nog sowat twee tot drie jaar het voor dit regtig ernstig gaan raak. Dit natuurlik is gebaseer op die huidige reen-val ens. Sou daar egter meer reen val (soos hier by ons in die begin van Maart) dan verander die prentjie drasties.

Tyd sal leer....

Tom
03-27-2014, 10:18 PM
Jip. Miljoene mense sal getref word, maar die media laat dit klink of dit drie of meer lande gaan totaal wegspoel. Zim en Zambia het maar redelikke klein areas in die gebied. Lyk of Mosambiek die swaarste getref sal word. Maar kyk ook hoe klein is die Kariba dam se oppervlak teenoor die geied wat in die gevaar sone lÍ. Maar stormwater is seker net verwoestend in beperkte area op n slag en bedek nie die heeltyd die hele rooi area nie. Seker soos n orkaan, hy kom en gaan. Dit in sy spoor wat hy agterlaat is verwoes en die wat voorle gaan nog verwoes word.

Soos jy sÍ, is dit nie so groot krisis op die oomblik soos die media dit uitmaak nie. Moontlik poog hulle om iemand wakker te skud en iets betyds te doen om dit te verhoed. Maar gaan dit help?

Unregistered
03-28-2014, 08:28 AM
Ai dit sal jammer wees,het daar gespeel en vis gevang as klein mannetjie.
Ons het nie ver van die dam af geboer nie.

Water is een van die sterkste natuur magte.As ek reg onthou het die gegalieerdes 'n dam in Duitsland opgeblaas en die het weer die damme onder hulle meegesleur.As die Kariba en Cahora breek sal dit 'n geweldage magdom water loslaat.Hierdie is geweldige groot damme ek was al by beide en ken die Kariba baie goed.In my opinie dink ek dit sal katastrofiese gevolge inhou veral in Mosambiek.

Chris1

Lukas
03-29-2014, 12:39 AM
Jannie. Ek het weer gehoor dat daar in die dam se wal groot pype is waardeur hulle sement kan inpomp om onderhoud te doen. Maar op die oomblik spuit die sement net so vinnig onder uit die dam uit was wat hulle dit bo inpomp. EK het ook gehoor dat die Ingenieur wat die dam gebou het, nege ander damme in die wÍreld gebou het en dat die Kariba die enigste wal is wat nog staan.

Tom ek dink die rooi lyn is te wyd. My vermoede is dat n mens die lyn, 15 km weerskante van die rivier kan trek. Dit kan dalk meer akkuraat wees.

Chris 1. Ek was by die skeur in die grond by die Katsedam se wal in Lesotho. Die skeur gaan baie diep onder die aarde in en ek is redelik seker dat daardie skeur eendag die oorsaak sal wees dat daardie dam ook meegee. Ek kan nie meer mooi onthou nie maar hulle het gereken dat die water van die Katsedam binne n baie kort tydjie, Aliwal-Noord sal tref. Soos die Kariba sal dit ook n volgende dam tref. As die Gariep op daardie tyd redelik vol is, beteken dit dat die Katsedam se water bo-oor die Gariep se walle sal stroom. Die kolk agter die wal sal daardie wal ook saamvat en dan lÍ Upington voor.

Wanneer die Kariba breek en daardie massa water tref n vol Cahora, kan ek nie sien hoe daardie wal dit gaan oorleef nie. Breek daardie wal, sal n hengse groot klomp mense nie net teen n rekordtyd by die see uitkom nie, Eskom wat sloer om Medupi klaar te maak en wat onlangs met n 1% reserve krag oorleef het, loop dan ook die risiko om totaal te knak.

Jannie_
03-29-2014, 05:14 PM
Jannie. Ek het weer gehoor dat daar in die dam se wal groot pype is waardeur hulle sement kan inpomp om onderhoud te doen. Maar op die oomblik spuit die sement net so vinnig onder uit die dam uit was wat hulle dit bo inpomp. EK het ook gehoor dat die Ingenieur wat die dam gebou het, nege ander damme in die wÍreld gebou het en dat die Kariba die enigste wal is wat nog staan.

Shoe! Ek't nie geweet van die ou se "track-record" nie. Dit klink verdoemend.

Dit is nie net die water nie, ek dink die groter probleem is die opdrifsels en gemors wat die water saam neem in sy tog wat baie skade kan aan rig.

Dit teken 'n ernstige prentjie..

Tom
03-30-2014, 10:32 AM
Rapport gee n goeie artikel vandag oor die saak. Jy is reg Lukas, my lyne is hopeloos te breed getrek. Ek het maar min hoop dat die skade betyds reg gemaak gaan word. Al daardie geld gaan maar net weer in diep sakke verdwyn en 6 jaar sal seker 12 jaar of meer word. Klink nie of die dam so lank sal hou nie. Hulle praat van drie jaar (kom ons maak dit vyf) voor hy ingee. Hulle gaan bly verduidelik dit is nie so dringend nie. Dit is soos om te verduidelik jou voertuig kan nog ver ry met die 'reserve' petrol. Die omstanders sal dit dalk glo, maar die voertuig steur hom nie daaraan nie, jy kan hom nie oorreed nie, en hy sal gaan staan.

Miskien moet hulle maar die slegte witman se dam laat leegloop en sien en kom klaar sonder hom. Hulle kan mos n klomp grondwalle al in die rivier af bou, dan het meer mense damme en hulle word vinniger vol wanneer dit reen...

Ja, dit raak al hoe duideliker. Daar kom n tyd wat daar n alghele ineenstorting van elektriesiteit voorsiening kom. Besef ons hoe ernstig dit is? Dit sal wees soos n oombliklikke terug verval na die tyd van Jan van Riebeeck. Geen krag beteken geen water, brandstof, kos, riool, winkels, hospitale, kommunikasie, jy verloor jou werk en het geen inkomste, wet en orde verval ensovoorts. Net mooi alles kom tot stilstand. Ek dink nie mens kan nou begryp hoe ernstig dit is as die elektrisiteit netwerk ingee nie. Dit sal erger as Jan se tyd wees. Nou sit ons met 40-60 miljoen mense wat almal gaan veg vir oorlewing. n Lewe sal absoluut nikswerd wees nie.

http://www.rapport.co.za/Wereld/Nuus/n-Plan-beraam-om-Karibadam-te-red-20140329

n Plan beraam om Karibadam te red

2014-03-29 22:54




Elise Tempelhoff en Fanie van Rooyen

Kenners uit Malawi, Mosambiek, Zimbabwe en ZambiŽ sit oormŰre in Harare koppe bymekaar oor ’n noodplan om ’n grootskaalse ramp af te weer, sou die Karibadam se wal meegee.

Restourasie van die damwal, wat in 1958 voltooi is en 128 m hoog is, is ’n uiters uitdagende projek wat sowat R2,7 miljard gaan kos.

Die onmiddellike gevaar is die wegkalwing van die damwal se fondament.

Watererosie in die dompelpoel aan die onderkant van die damwal is die grootste probleem, sÍ dr. Chris Herold, adjunk-president van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Siviele Ingenieurs *(SAICE).

Die dompelpoel is die diep poel waarin die dam se massa water beland wanneer die sluise oopgemaak word. Op plekke is dit al tot 90 m diep weggekalwe.

Soos die poelwand erodeer, sny dit tot in die fondament van die damwal. Dit maak die struktuur onstabiel.

Dit kan daartoe lei dat die wal uiteindelik meegee, sÍ Herold.

Krake in die struktuur is al in 2010 opgemerk, sÍ Elizabeth *Karonga, kommunikasiebestuurder van die Zambezirivier-owerheid.
Dit is vermoedelik veroorsaak deur ’n alkaliese reaksie wat die damwal laat swel. Sy sÍ Franse ingenieurs inspekteer die damwal elke vyf jaar.

Herold meen ’n “kofferdam” (tydelike dam) stroomaf van die dompelpoel sal gebou moet word om die water tydelik te verplaas sodat die dele wat herstel moet word, drooggelÍ kan word.

Karonga sÍ die restourasiewerk sal minstens ses jaar duur – ’n jaar vir elke sluis. Ingenieurs bou tans modelle daarvoor.

“Ons is baie bekommerd,” het Josť Matola, ’n spesialis-hidroloog van die Cahora Bassadam in Mosambiek, die afgelope *Donderdag aan Rapport gesÍ. Diť dam is laer af in die Zam*bezirivier.

“As daar nie vinnig opgetree word nie, gaan die damwal *binne drie jaar breek en Cahora Bassa sal deur ’n reusagtige brander getref word waarteen ons gťťn kans sal hÍ nie.”

Gee die damwal mee, word die lewe van 3,5 miljoen mense stroomaf bedreig. Ook die kragtoevoer na groot dele van *Suider-Afrika sal in die gedrang wees. Suid-Afrika kry 1 500 MW se krag van Cahora Bassa en twee hidro-elektriese skemas by Kariba (wat altesame 3 200 MW lewer).

Alle partye is dit eens restourasiewerk moet in September begin. ’n Opvolgvergadering word in Junie gehou met die WÍreldbank, die Europese Unie (EU) en die Afrika-Ontwikkelingsbank oor finansiering.

Die EU het glo onderneem om in Julie tussen $85 miljoen en $100 miljoen (sowat R890 miljoen – R1,05 miljard) beskikbaar te stel en die Ontwikkelingsbank probeer $75 miljoen (sowat R792 miljoen) daarvoor bymekaar kry.

Die aangrypende verhaal van die Karibadam, een van die grootste mensgemaakte damme ter wÍreld, word vertel in die boek Hold My Hand I’m Dying (1967).

John Gordon Davis beskryf hoe 57 000 mense, hoofsaaklik Batonga-boere, in die 1950’s verskuif is om vir “die dam van die wit mense” in die vrugbare Zambezivallei plek te maak. Van die boere het hulle hewig verset.

Volgens oorlewering is ’n vloek oor die dam uitgespreek toe ’n “heilige” rots, Kariva, die tuiste van die riviergod Nyaminyami, onder die water verdwyn het.

In die artikel “Whites and Water: How Euro-Africans Made Nature at Kariba Dam” beskryf David McDermott Hughes diť dam as ’n “industriŽle niemandsland” wat in die naam van vooruitgang die hele ekologie van een van die mooiste valleie ter wÍreld vir ewig verander het.

Dit was die inisiatief van die Britse Federasie: Suid- en Noord-RhodesiŽ (ZambiŽ en Zimbabwe) en Nyasaland (Malawi).

http://cdn.24.co.za/files/Cms/General/d/2687/2000ced43dd24b96b2ea453f0347a472.png

Lukas
03-30-2014, 11:45 PM
September ? Ek glo nie dat hulle daardie dam gered gaan kry nie. Wat sal met Koeberg gebeur wanneer daardie damme breek en Suid-Afrika se krag trip ? Ander kragstasies sal stop maar wat gebeur in so geval met n kernkragsentrale ?

wouterf164
04-08-2014, 09:42 AM
http://redactor-images-live.s3.amazonaws.com/5342eac4af9bb81a03000006.JPG
Die erg beskadigde drukketel van Duvha se eenheid 3 wat op 30 Maart ontplof het. Diť foto is twee dae nŠ die ontploffing met ín lang lens geneem en wys die los plate van die ontploffing wat nog op die dak van die kragstasie rondlÍ. Die dak is sowat ses verdiepings hoog. Is dit die regte rede vir die krag tekort?

v

Tom
04-08-2014, 10:55 AM
Hoeveel kragsentrales is in die land? Hoeveel werk nog? Hoeveel is op die punt om in te gee? Wat is die 'critical mass' soos die Engelsman sÍ voor alles inmekaar stort en die kragsentrales te min geword het om die las te dra?

Ek wil nie aan die goed dink nie, want dit maak my onsaglik negatief, maar kan mens net kop in die grond druk en maak of niks fout is en alles sal maar net bly loop?

Wat gebeur as die sentrales te min word en alle krag val inmekaar?

"en die malers die werk staak omdat hulle te min geword het"

Ek verstaan daar is so n punt wat bereik kan word. Dan het ons geen krag, geen pomp werk, geen water, geen brandstof.

Geen brandstof beteken geen vervoer wat beteken geen winkels, geen kos.

Geen kommunikasie, Telefoon, Selfoon, TV, radio

Geen krag in hospitale, geen generators want geen brandstof.

Dit sal wees soos om in een oomblik terug te val na die aankoms van die voortrekkers in die binneland, maar sonder ossewaens, sonder wild en sonder water, want alles is besoedel.

Anargie gaan heers, moord en doodslag, survival of the fittest. Ek sal seker so maand of wat hou sonder medikasie voor my organe ingee.

Daarom, druk maar jou kop in die sand, want wat kan ek tog nou daaraan doen? Trek kan ek nie. Die Here het my hierheen gebring, sekerlik nie sonder rede nie, want ek wou nie hier wees nie. Tog is dit die beste plek waar ek kan wees, waarheen sal ek dan tog nou trek? Ek kan net glo God sal voorsien.

Lukas
04-08-2014, 05:50 PM
Tom. Eskom het n sisteem waarmee hulle sekere sektore kan afskakel wanneer die kragtoevoer te min word. Wanneer n katastrofiese ding gebeur, sal n semipermanente beurtkrag sisteem inwerking tree. Met ander woorde wanneer die vraag na krag meer word as wat die sentrales kan voorsien, sal dele van die land om die beurt vir n tydperk van die dag, nie krag hÍ nie.

Maar dit verg n redelike beplanning van Eskom se kant en as daar n foutjie insluip, sal die een na die ander sentrale soos Duvha onklaar raak. Maar wanneer die Karibadam voor Duvha herstel is breek, sal ons seker al om die ander dag krag kry.

Ek het n vermoede dat Duvha soos die vorige keer, juis as gevolg van hierdie fyn beplanning, iets nie betyds gedoen het nie.

Tom
04-08-2014, 07:00 PM
Lukas, so die vrees dat die hele land vir maande of selfs jare sonder enige krag kan sit, is ongegrond?

Oeps, weer daai woordjie 'vrees'. Dit word nie bedoel soos 'ek vrees iets nie', ek vrees net God. Noem dit dan n verwagting as jy wil, voor ons nou weer n debat oor 'vrees' begin.

Lukas
04-09-2014, 08:34 AM
Tom. As die ongegrond was, sou Duvha nie vir n tweede keer in drie jaar opgeblaas het nie.

Jannie
06-12-2014, 02:01 PM
Elke nou en dan steek die ding weer kop uit, lyk vir my waar daar 'n rokie trek..... http://link.brightcove.com/services/player/bcpid1638546175001?bckey=AQ~~,AAAAmtVJIFk~,TVGOQ5Z TwJZhmi7steBjnvKikk1S5nut&bctid=3597193546001