PDA

View Full Version : Nuuskommentaar: Grond en plaasaanvalle: Die boer se m*&r



Unregistered
04-07-2014, 08:32 PM
Nuuskommentaar: Grond en plaasaanvalle: Die boer se m*&r
Deur Herman Toerien op 7 April 2014
569 20 Share0
Argieffoto

Argieffoto

Vuishoue van alle kante reën weer op die landbou en landbouers neer. Aan die voorpunt van die aanslag is die, soos die rubriekskrywer van Die Burger haar eufemisties noem, onbeholpe minister van landbou, Tina Joemat-Pettersson. Sy word heel “bekwaam” bygestaan deur die minister van polisie, Nathi Mthethwa, wat weier om plaasaanvalle tot prioriteitsmisdaad te verklaar, en die minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming, G.E Nkwinti.

Nkinti se jongste verkiesingkwinkslag en wat groot ontsteltenis veroorsaak het, is ‘n dokument getiteld FINAL POLICY PROPOSALS ON “STRENGTHENING THE RELATIVE RIGHTS OF PEOPLE WORKING THE LAND”

In sy opsomming van die dokument lig Rapport die volgende uit:

 Moet kommersiële boere of “historiese eienaars” die helfte van hul plase aan hul werknemers oordra. Die staat betaal vir die 50% wat deur die werkers bekom word.

 Dié geld word egter nie aan die grondeienaar betaal nie, maar in ’n beleggings- en ontwikkelingsfonds of trust geplaas waarvan ál die aandeelhouers van die grond trustees is. Die geld word dan aangewend vir die verdere ontwikkeling van die plaas.
Die uitgangspunt is dat grondeienaars reeds voldoende bevoordeel is deur sogenaamde “uitbuitende lone” en bevoordeling in die verlede.
Die werkers kry aandele in ’n plaas na gelang van hul eie bydrae tot die ontwikkeling van die plaas, gemeet aan die aantal jare diens wat hulle agter die rug het.

Die dokument is 22 bladsye lank, en maak dit duidelik dat dit afgestem is op die bepaling in die vryheidsmanifes wat bepaal dat grond behoort aan diegene wat dit bewerk.

Die konteks is dat die dokument reeds 21 Februarie gedateer is, maar nou, ‘n maand voor die algemene verkiesing in die openbare domein beland. Dit is saam met uitnodigings van rolspelers (en dié is ‘n vreemde versameling) gestuur vir ‘n werkwinkel wat op 31 Maart plaasgevind het. Dit dra die titel van 2ND NATIONAL CONSULTATIVE WORKSHOP, en impliseer dat dit die tweede keer was wat dit met rolspelers bespreek is.

Tog skryf die adjunk-minister van landbou, dr. Pieter Mulder, in sy hoedanigheid as leier van die Vryheidsfront Plus: “Op die oomblik is die betrokke departement se voorstel ’n vlieër wat opgestuur word ten einde die reaksie van kommersiële landbou daaroor te toets. Ek is nie bewus daarvan dat die voorstel op enige regeringsforum of struktuur waarop ek dien, bespreek of goedgekeur is nie.”

Mulder skryf verder: “Suid-Afrika kort meer suksesvolle swart kommersiële boere. Dit gaan egter nie deur hierdie voorstel bewerkstellig word nie. Suksesvolle kommersiële landbouers met wie ek skakel is meer as bereid om as mentors op te tree en nuwe swart landbouers by te staan en te help om op sy eie grond suksesvol te boer.”

Geen wonder nie dat die georganiseerde landbou onthuts gereageer het nie. Die beskuldigings na die kant van die departement klink egter ontstellend baie soos ego’s van vorige kritiek selfs uit die begindae van, soos dit toe bekend gestaan het, departement van grondsake met die destydse adjunkminister aan die spits, wyle Dirk du Toit. Die kritiek kan kortliks opgesom word as amptenare wat ideologies vasgevang is en dadels van landbou weet, en die een lawwe, maar ontstellende plan na die ander opdis, en kort-kort die verhoudinge tussen georganiseerde landbou en die regering op ‘n breekspul (en uitstappery) laat afstuur.

Enigeen wat selfs die mees basiese begrip van landbou-ekonomie het, sal weet dat die voorstelle, sou dit ooit geïmplementeer word, ‘n kettingreaksie sal laat ontbrand wat nie net die landbou nie, maar die platteland se ekonomie sal vernietig, en die land se ekonomie en voedselsekerheid op die Zimbabwe-koers sal stuur. Die landbou se besware teen die planne bly dieselfde: grondwaarde verskaf die sekuriteit om produksiekapitaal te bekom om die boerderye voort te sit. Dit raak al moeiliker om die stygende produksiekoste te absorbeer, en plase neig daarom om groter te word om lewensvatbaar te wees, lynreg in stryd met die regering se idee dat welvaart deur kleiner lappies produksie-eenhede geskep kan word.

Die tydsberekening van die jongste verwikkelinge, met die werkwinkel wat ‘n maand voor die verkiesing plaasvind, laat dit verdag baie na ‘n verkiesingsfoefie klink. Die ANC het, in die woorde van Die Burger se hoofartikel, “slegte nuus oor die talle voorbeelde waar pres. Jacob Zuma se regering nie die mas opkom nie” minstens plek-plek probleme om sy “twintig jaar goeie nuus” aan die kiesers te verkwansel. Allerlei foefies word ingespan, soos die naweek wat die TV-nuus berig het oor onder meer ‘n brandweerstasie wat Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, aan ‘n gemeenskap oorhandig het. Dit was die ene ANC-T-hemde, en duidelik ‘n ANC-geleentheid (Mantashe beklee geen staatpos of –amp nie). Het die ANC werklik uit sy eie fondse die geboue opgerig, of is dit belastingbetalersgeld wat (al weer) gekaap is om vir die ANC op staatskoste verkiesingspunte te verdien? Oor dié gebruik het die Openbare Beskermer, toe nog die lamlendige Lauwrence Mushwana, al uitspraak gelewer toe Zuma self nog net ANC-president was, en amptelik saam met Julius Malema by die amptelike jeugdagvieringe die hoofspreker was. Die geleentheid toe Julius Malema, en liggies ge-ego deur Vavi, laat blyk het hulle sal sneuwel vir Zuma.

Die wanpraktyk word egter steeds voortgesit, bv. staatskospakkies wat kort voor tussenverkiesings juis in daardie wyke uitgedeel word, die oorhandiging van HOP-huise, die bekendstelling van nuwe universiteite, en vele meer. Trouens. Sondag het die SABC 2 se Afrikaanse TV-nuus voor dit beeldmateriaal getoon het waar pres. Jacob in sy hoedanigheid as regeringshoof HOP-huise oorhandig het, die ANC se logo gewys asof dit ‘n ANC-geleentheid was. Met die Engelse nuus op SABC 3 daarna, was dit egter reggestel.

Bloot vir die interessantheid, met die Nkandla-debakel ken die ANC skielik die onderskeid tussen die party en die regering.

Met die aanbreek van die nuwe bedeling het politieke wetenskaplikes gewys op ‘n tipiese patroon dat ‘n tipiese bevrydingsbeweging gewoonlik twee verkiesings het waar alles wat verkeerd loop op die vorige bedeling se brood gesmeer word. Omdat die tien jaar aan die einde van die tweede termyn kom, het so ‘n party gewoonlik met die derde verkiesing nog hierdie pyl in die koker en kan in effek vyftien jaar daarmee wegkom. Daarna wil die kiesers egter niks weet nie, en moet so ‘n party iets anders vind om die kiesers in gelid te hou. Gewoonlik gebeur iets soos die uitdeel van grond. Zimbabwe na Mugabe aan bewind gekom het, is as tipiese voorbeeld genoem.

Namate die ANC agterkom dat die skuld vir alles op apartheid te pak nie meer heeltemal werk nie, word na ander kwessies verskuif, en dit was lank reeds duidelik dat grond geteiken sal word. Hier word geteer op persepsies, soos peiling wat deur die meestersverhandeling van die Matie, Charl Swart, aan die lig gekom het wat toon dat ongeveer 85% swart mense glo dat blankes hul grond bekom het deur dit van swart mense te steel. Malema dryf in tipiese Mugabe-styl hierdie persepsie om steun te werf, behalwe wanneer hy bruin steun probeer werf en dan skielik onthou dat die KoiSan voor die swart mense in die land was.

Daar is egter ook ‘n kwessie wat ontbrand waarvan deeglik kennis geneem moet word, naamlik polarisasie. Uit briewe aan die media en in sosiale kommentare op die internet is dit duidelik dat die regering se gesindheid teenoor die boere, soos met plaasaanvalle, ‘n veel wyer impak het as net om die boere se moermeters die rooi in te jaag. Onlangs het vier van Maroela Media se gewildste artikels op die bepaalde dag oor plaasaanvalle gehandel, en lank nie al Maroela se lesers is landbouers nie. Die indruk word geskep van “raak aan ‘n boer en jy raak aan ‘n Boer.”

Terwyl die besprekingsdokument selfs die internasionale reg wil inspan om die regte van plaaswerkers en ander wat op plase woon (plak) uit te brei, is dit nie dalk tyd dat ook na die regte van landbouers as groep te kyk nie? Soos die reg om, soos die grondwet bepaal, hul eiendomsreg nie knaend uitgedaag te sien nie, hul reg op lewe soos plaasaanvalle met wrede marteling, en plaasmoorde wat pro rata ongeveer drie keer so veel is as die land se nasionale hemelhoë gemiddele moordkoers?

Dit is uit die reaksies baie duidelik dat die landbouers meestal ‘n deel van die Afrikaner-kultuurgemeenskap is, en as ‘n ledemaat seerkry, kry die hele liggaam seer.

Hoe gouer die jongste besprekingsdokument asblik toe gaan, hoe beter vir die land.


http://maroelamedia.co.za/blog/nuus-in-konteks/nuuskommentaar-grond-en-plaasaanvalle-die-boer-se-mr/

Unregistered
04-21-2014, 07:36 PM
This entry was posted by admin on April 19, 2014 at 6:52 pm
How much land is REALLY owned by South African state?

How much land is REALLY owned by the SA State? And how much land is REALLY owned by ‘Whites’?

“ We shall dismantle the apartheid-landscape: Jacob Zuma to SA parliament… “
” We shall dismantle the apartheid landscape, which dictated where people should live and work on the basis of the colour of their skin. To this day, we are still working to reverse this legacy, hence the review of the ‘willing buyer, willing seller’ principle in order to accelerate the equitable distribution of land. You will recall as well that the education system was also used as an instrument to ensure perpetual subjugation as stated by Hendrik Verwoerd…’

In February 2012, the ANC leaders again were claiming that ’80% of all the land still belongs to ‘the whites’. They claimed in 1994 that ‘more than 90% of all the land stil belongs to the whites’.

But they were always lying: 41% of the entire SA land surface used to belong to the black homelands: and now is State-owned land.
However – where does the ANC-regime get their ‘facts”? The SA land registries are in such a shambles that thus far, they have for instance not even incorporated the 41% of the SA land surface which were owned by the former independent homelands. Those all are State Lands where millions of black people continue to live and run subsistence-farms:

The 2011 Land Registry survey shows that 64,976 of the former 85,000 commercial (white) farms were already owned by the State by then…

According to a March 2011 land-registry survey summary to parliament, the SA State – even before incorporating the 41% of the land-surface from the homelands — already owned 64,976 of all the 85,000 (+) ‘white’ commercial farms by then.

Land Registry Records STILL do not include the 41% (1,2million+ square km) of the total SA land surface which used to be the tribal homelands

The bottom line is that the ANC-regime doesn’t know the exact extent of its own state-land holdings because its Land Registry Records still by October 2013, do not include the 41% of the total SA land surface of 1,214,470 sq km which used to be the independent tribal homelands.All this tribal land now is also officially owned by the State although not lodged in any land-registries…

South Africa Today – South Africa News

http://southafricatoday.net/south-africa-news/how-much-land-is-really-owned-by-south-african-state/

Jannie_
04-22-2014, 06:05 AM
@No2

Nee man, hulle is reg! Enigste probleem is dat hulle nou praat van produktiewe grond, maar nalaat om dit te noem. Jy sien die oomblik wat die staat die grond oor neem verloor dit die produktiewe status wat dit in die Boer se hand gehad het. Hier is die regering en JZ dood reg. 90% van die produktiewe grond is nog steeds in wit hande en dit sal so bly al vat hulle hoeveel daarvan. Die volume sal afneem maar die persentasie sal bly.

Probably one of the most flawed arguments in the current circulated bundle of lies perpetuated by the state in a futile effort to garner favour from/with the unenlightened people. They will continuously regurgitate skewed statistics because it suits their communistic agenda. Eventually South Africa will be in the same dire situation as is currently the situation in Rhodesia then this government too will blame the weather and the "West" for want of a better "explanation" of the rot with which they govern - if at all one can call it governing.

432
04-22-2014, 09:10 AM
Ons beste landbougrond is in die ou tuislande.

Lukas
04-22-2014, 09:46 AM
432. Daar is baie landbougrond in die Tuislande. Voor die tuislande geskep was, was dit kommersiële plase of soos hulle dit nou noem, produktiewe grond. Die grond was bewerk en het ’n produksie gelewer. Vandag lê daardie lande toegegroei met gras en dit is totaal onproduktief. Met ander woorde dit is nie meer produktiewe grond nie. Wanneer grond produktief is, lewer dit meer op as wat die boer en sy gesin self kan opeet. Bestaansboerderye is nie produktief nie, omdat dit net genoeg

Jy is reg dat daar baie potensiële produktiewe grond in die tuislande is. Om die waarheid te sê is daar amper 3 miljoen meer hektare wat vandag bar lê, as wat daar binne Suid-Afrika in die kommersiële boere se hande was, voor plaasaanvalle en grondhervorming die boerdery gemeenskap verminder het.

Unregistered
04-22-2014, 10:00 AM
Destyds toe die regering groot dele grond by wit boere gekoop het en aan die tuislande gegee het, was baie mense baie kwaad daaroor en het hulle gese van die beste grond is aan swart stamme gegee. Bv die Limburg- en Zebedielatrustgronde in Limpopo is baie beter landbougrond met ho-er reenval en nader aan markte as die Koedoesrandgebied wat verder noord is. Na die een mislukking na die ander het die staat ingegryp en jong wit boere en ook boer uit die ou Rhodesie weer op die plase gesit om dit reg te ruk. Dit was in die 80's. Alles het goed gegaan totdat die nuwe regering oorgeneem het en alles weer verval het.
Miskien is dit weer tyd dat wit boere n poging aanwend om die ou gronde in die hande te kry. Al werk mens vir n goeie salaris is dit steeds beter as om te verarm soos wat met baie mense nou gebeur. Ons kundigheid bly ons grootste bate mits ons dit kan aanwend sonder om jaloesie te skep

Alet

Unregistered
04-22-2014, 07:18 PM
Ja dit is waar Alet. Deesdae word voorgegee dat net swartes verskuif is om plek te maak vir wittes. In die Babenango area was bv baie grond destyds by blankes gekoop vir die swartes, en hulle moes skuif. Die hartseer daarvan was egter dat daardie boere nie betaal was in kontant nie. Hulle het regerings obligasies gekry as betaling, en toe hulle dit later wou omsit in geld, het hulle agtergekom dat die obligasies nie veel werd was nie.

My ma bv. het in Evaton groot geword, en nee, sy is nie swart nie, maar blank. Evaton was op daardie staduim 'n blanke woonbuurt. Hulle moes dit ontruim om vir die swartes plek te maak. Netso was dit die geval met Resedencia, wat ook 'n blanke woonbuurt was naby Vereeniging. Wat sy naam vandag is weet ek egter nie. My ma het baie stories vertel van daardie tyd en hoe lekker hulle daar gebly het. Haar hele familie het in daardie area gewoon voordat hulle verskuif was.

greengroen
04-22-2014, 08:54 PM
Die Vryheidsmanifes is tog duidelik oor wie die grond moet besit soos ek verstaan sien ek daars geskryf die grond behoort aan die wat dit bewerk swart mense werk nie grond nie hulle bewoon dit besit dit van n status oogpunt en besit as ware die meeste grond in Afrika snaaks die manifes praat ook van dat die grond aan die mense behoort hulle het net nie besef dat mense van suid afrika die blankes ook insluit of is ons nie mense van afrika die rede waarom politieke retroriek gebruik word is om alle grond in staatsbesit te kry.

Lukas
04-22-2014, 10:49 PM
Hier is n prentjie met baie woorde

404

Tom
04-22-2014, 11:08 PM
Daai 'by value' maak n groot verskil. Wat sal die grond van die 'African' se waarde wees sodra in blankes se besit? Maak die geel gedeelte net dubbel en kyk dan weer na die prentjie.

Tom
04-22-2014, 11:34 PM
Hierdie het my nou lus gemaak vir speel. Vat die persentasie waardes van bogemelde prentjie en se daardie persentasie is Rand waarde. Verdubbel dan die waarde van die African se grond en werk dit weer as n persentasie uit teenoor die res. Doen dit dan weer, maar maal dit die keer met drie. So lyk die nuwe prentjies.

405

Onthou, dit is slegs deur dieselfde grond se waarde te verhoog deur dit te begin bewerk. Geen ekstra grond word toegeken nie.

En as jy nou regtig wil, so lyk dit as hulle grond se waarde 4 maal verhoog.

406

Wat is realisties? Met hoeveel kan daardie grond se waarde verhoog word net deur dit intensief te begin bewerk?

Unregistered
04-23-2014, 06:23 AM
Ongeveer 25%.

Tom
04-23-2014, 10:01 AM
Ongeveer 25%.
Regtig? Net 25%? Die grond lê daar verwaarloos, geen op brengste. Geen bewerking. Sekerlik is dit baie minder werd as soort gelyke grond wat maksimaal bewerk word en rekord oeste inbring. Soos ek dit verstaan is hierdie grond ook in baie beter geografiese gebiede, beter klimaat en reenval. Dit moet sekerlik baie meer werd wees as dit wat nou in 'White hands' is?

Dit sal ook interessant wees om die waardasies te sien, waarop die eerste prentjie se syfers baseer is. Ek is seker daardie waardasies is gedoen om die prentjie te pas. Waarom die vergelyking op iets so manupuleerbaar soos 'value' doen teenoor iets baie meer konkreet soos oppervlak? Nee wat, ek ruik n agenda.

Jannie_
04-23-2014, 01:07 PM
Jy moet onthou Tom, dit gaan 'n klomp geld kos om die ontlasting en ander rommel te verwyder alvorens jy enige iets met daai grond kan doen. Dit het so lank brak gelê dat jou inset koste in die eerste jaar hel hoog gaan wees om enige noemenswaardige oes te kan produseer.

Om werklik 'n bruikbare analiese te doen sal mens na waarde, oppervlak, ligging en bewerkbaarheids-graad moet kyk.

Lukas
04-23-2014, 10:54 PM
Jannie. Ons kommersiële gronde is almal toksies omdat die kunsmismaatskappye die boere verneuk het, Die gronde in die Tuislande is vars grond en daarom sal die insetkoste tot R500.00 per hektaar minder wees as wat dit op die huidige kommersiële gronde is. baie van die lande in die tradisionele areas is met gras toegegroei en dit is relatief maklik omdat dit nie ontbos hoef te word nie. Die eerste jaar sal die trekkers moontlik 'n ekstra R45 per hektaar gebruik om die grond weer te bewerk. Maar die ekstra koste aan diesel sal die insetkoste nog goedkoper maak as wat dit tans in die republiek is.

Aletta
04-24-2014, 08:37 AM
Ek stem saam met Lukas, daardie grond sal fantasties wees en boere kan skoon begin sonder al die chemiese drek wat op ou gronde al ingewerk is nie. Eintlik is dit n kans van n leeftyd om met totale nuwe omgewingsvriendelike produkte te kan begin.

Tom
04-24-2014, 09:51 AM
Dit laat my dan weer die vraag vra. Met hoeveel kan waarde toegevoeg word tot die grond indien n bekwame party/persoon sou leiding neem en die grond begin verwerk?


Ek begin ook meer verstaan hoe blankes hulself onmisbaar kan maak. Hier is n baie goeie voorbeeld. Die blanke hoef nie die grond te besit nie. Hy kan vir n salaris en winsdeling daar gaan boer en so seker maak dat hulle weet alles sal maar weer net in duie stort indien hy sou weg gaan. Maar, is die Afrikaan in staat om dit te besef? Of gaan daar maar net weer gemoor en roof word sodra daar gedink word daar is iets om te roof en n geldjie te maak? Dit wil voorkom of die konsep van 'more' nie deel van hulle psige is nie.


Ek wil dink hoe dit sal moet werk is dat die blanke n pakket vir homself moet gaan beding en verduidelik hoe hulle voordeel daaruit kan trek. Dan moet die 'regering' van die gebied die kapitaal en insetkoste voorsien asook n 'kommando' om die gebied en sy mense te beskerm.

Maar dan dink ek ook weer aan wat in die Bybel staan m.b.t. aan dieselfde juk trek, dat dit nie so hoort nie. Maar wat het Daniel vir koning Nebukadnesar anders as dit gedoen? Miskien moet ek n bespreking hieroor in die geloof seksie begin. Gaan lewer daar u inset as u so voel.

Sekelbos
04-24-2014, 08:26 PM
Ja, dis baie waar dat die kommersiële grond baie verniel en vergiftig is, hoewel dit met die regte metodes weer herstel kan word.
Hoewel die kommunale gebiede se grond relatief skoon is, sal dit soos Alet sê op 'n omgewingsvriendelike benut moet word om nie dieselfde paadjie as die "blanke" dele te gaan nie. Verkeerde veldbenutting en erosie is in dele baie erg en sal aandag moet kry.