PDA

View Full Version : VVK E pos in omloop



Tom
04-08-2014, 04:56 PM
Ek plaas die maar op vlak 2. Lukas wil dit dalk nie te opsigtelik he nie. Ek beplan nie om deel te neem nie, wys maar net vir kennisname.


Volkskermis 31 Mei.
Doelwit: R1miljoen.

Die organiseerders van die volkskermis op 31 Mei by die Willie Maraissentrum in Pretoria, is aangename verras deur die entoesiastiese en positiewe reaksie op die bekendmaking van die funksie.

Die doelwit is om op die dag R1 miljoen in te samel, waarvoor die grootste deel aan die VVK sal gaan om te help met die kostes verbonde aan die verkiesing in September vanjaar. Ander verdienstelike volksorganisasies sal ook hierby kan baat.

Die voorbereiding vir die regsondersoek na die 1994-verraad waarin FW de Klerk en sy handlangers versoek sal word om hulle optrede aan die volk te verdedig, is reeds ver gevorder.

Die organisasies wat hulle steun tot dusver aan die dag gegee het, is:
Boere-Afrikaner Volksraad (BAV)
Verkenners
Republikeinse Vroue-Beweging (RVB)
Oranje Sake Instituut en Sakekamers (OSI)
Oranje Nywerheidsontwikkelings Kamer (Onok)
Kommandokorps
Radio Vryheid
Herstigte Nasionale Party (HNP)
Die Afrikaner koerant
AWB
Kasfin
Projek 2010
Eendracht Radio Bellville,
Sege,
Aksie Vrouekrag

Daar is ook reeds 'n aantal stalletjies bespreek en enigeen wat belangstel om sy produkte daardie dag te bemark is, kan ons kontak.

Ons bedank ook die boere wat reeds vleisskenkings gemaak het. Ons sal bly wees as ons 'n aanduiding kan kry van hoeveel vleis die dag te koop gaan wees, sodat ons betyds vir vries- en yskaste kan rel. Baie dankie ook aan elkeen wat meehelp en meewerk, selfs deur net die boodskap te versprei, en bewys dat ons kan saamwerk en saamstaan ter bereiking van ons ideaal van volksvryheid.

Vir verdere navrae kontak: Bets Botha.
0793531997
[email protected]

Lukas
04-09-2014, 08:59 AM
Tom. Kan jy asb hierdie pos na die geestelike draad skuif ?

Niemand reageer hier nie en dit gaan weer n debat oor wie die volk is, uitlok. Hierdie bewegings is na my mening politiek en alle politiek, wreld wyd, word net toegelaat wanneer die nuwe wreld orde daarmee saamstem. Waarom word hierdie politiek dan toegelaat? Daarom dink ek dat dit iets is om op die geestelike draad te plaas.