PDA

View Full Version : Plaasaanval buite Baberton



Tom
04-22-2014, 07:24 PM
Sunette Bridges berig:

Inligting oor die Plaasaaval buite Baberton... Sx
Jacques Jordaan (41) is in die hosorg-waakeenheid in 'n stabiele toestand nadat hy gisteraand deur BARBARE geskiet is.
*********************************************
Die 41-jarige Jacques Jordaan is Maandagaand deur drie BARBARE met n haelgeweer geskiet. Jordaan se plaas is reg oorkant die pad van Loveley Jubley op die R40 gele. Sy vrou, Jeanetta (41) het Dinsdagoggend met Barberton Times gepraat.
Omstreeks 20:45, terwyl ek al n geruime tyd geslaap het, het ek wakker geword van my 17-jarige dogter, Jean-Cherie, wat vir my skree Mamma, hulle is hier, kruip weg!.
Volgens haar het sy holderstebolder in die gang afgestorm waar sy dadelik die mans opgemerk het en gesien het dat haar man gewond was. Sy het teruggehardloop kamer toe en die windbuks, al waarop sy vinnig genoeg haar hande kon l, gaan haal.
Daar was drie swart mans. Die een het onophoudelik daarop aangedring I want guns! I want guns! Ek het vir hulle geskree, Ek skiet julle morsdood!
Blykbaar kon hulle die haelgeweer waarmee hulle Jacques geskiet het, nie weer gelaai kry nie en het op die vlug geslaan.
Een het n rooi hemp aangehad, een n groen hemp en die derde n geel hemp. Die man met die groen een was die lengte van n gemiddelde vrou en die een met die geel hemp was besonder lank, het Jeanetta vertel.
Jacques het vertel dat terwyl hy nog televisie gekyk het, het die deur skielik oopgevlieg. Hy het van die bank af opgespring, maar daar is onmiddellik op hom geskiet en hy is in sy regterskouer getref.
Jacques is dadelik na Mediclinic Nelspruit geneem.
Slegs drie aande voordat Jacques geskiet is, het die gesin onraad vermoed toe daar n harde geluid by hul stoor was. Jacques het gaan ondersoek instel en op al hulle gereedskap, netjies uitgepak, net reg om weg te dra afgekom. Die diewe moes geskrik het en op die vlug geslaan het. Niks is tydens een van die voorvalle gesteel nie. Dinsdagoggend was Jacques nog in die hosorg-waakeenheid. Sy toestand was stabiel.

https://www.facebook.com/permalink.php?story_fbid=659263147475956&id=625786784156926

Unregistered
05-25-2014, 09:49 AM
Suksesvolle plaas stort ineen n wrede moord op egpaar
2014-05-24 23:17
Artikelopsies Deel Kry Rapport op
Jaco Nel
Die plaas Graigmont, tuiste van Andrew en *Loryn Monakane (albei 39), staan nou leeg en verlate in die genadelose koue van die Vrystaatse winter.

Di opkomende boere is *vroer vandeesmaand in n gruwelnag op hul plaas tussen Dewetsdorp en Botshabelo (naby Thaba Nchu en die Lesotho-grens) aangeval en geskiet.

Andrew is op die toneel dood, maar Loryn het geveg om haar lewe in n Bloemfonteinse hospitaal nadat die inbrekers haar verkrag en in die gesig geskiet het.

Sy het verlede naweek, n dag nadat sy ontslaan is, in die plaashuis inmekaargesak en is s onder dieselfde dak as haar man dood.

Ismael Mafosi (35), Teboho Frans Khoantle (31) en Johannes Pitseng (32) van Botshabelo is weens die moorde in hegtenis geneem. Die Monakanes se plasma-TV, n pistool, DVD-speler en dubbelkajuitbakkie is by hulle gevind.

Die hofverrigtinge is tot 29 Mei uitgestel.

Familielede van die Monakanes het n die aanval die huisware verwyder uit vrees dat dit geplunder kan word.

Al wat in die le plaashuisie agtergebly het, is n honger babakatjie, bloedkolle teen die muur en n vergete briefie van hul 11-jarige dogter, Mami, wat lui:

Dear Mama, I just want to say hello to you because I know I love you. Mama, I love you so much.

Mami woon sedert die aanval by haar ouma in Botshabelo.

Volgens sers. Yanga Ngcukana, polisiewoordvoerder, was sy gelukkig nie die aand van die aanval tuis nie.

Ek soek nou ander werk, s Josias Mololekwa, die Monakanes se beeswagter. Ek kry nou niks meer geld nie.

Dinge op di eens suksesvolle plaas gaan nou vinnig agteruit.

Op die werf is twee plaasbrakke sonder kos en water aan *bome vasgeketting waarskynlik gelos vir dood.

Nie eens Mololekwa weet wie nou na die diere moet omsien nie, want die getraumatiseerde familielede het die huis so vinnig ontruim dat hulle nie relings kon tref nie.

Die varkhokke staan dolleeg en nugter alleen weet waarheen die skape en die hoenders verdwyn het.

Ek pas net die beeste op, s Mololekwa. Ek gee hulle kos.

Die Monakanes is deel van n groep swart boere wat n grond*hervormingseise n plasie in die Dewetsdorp-distrik ontvang het.

Di boere is besig om stelselmatig n sukses te maak met die geringe kapasiteit wat hulle tot hul beskikking het.

Johannes Lemphane, een van die Monakanes se buurmanne op die plaas Kilmanok, is ook een van di boere.

Ons doen groot sake hier, al is ons grond klein, s hy.

Maar hierdie mense maak my skrik. Mre skiet hulle sommer vir my ook.

Ek het Andrew goed geken.

Die boere in di omgewing is mos almal tjommies. Die wit boere is k ons tjommies. As daar moeilikheid is, dan help hulle ons.

Andrew was n goeie man, s Willie Lombard, voorsitter van die boerevereniging op *Dewetsdorp.

Hy was beslis n aanwins. Hy het deelgeneem aan al die boerebyeenkomste en vergaderings wat ons hier gerel het. Hy was baie betrokke.

Unregistered
05-25-2014, 09:55 AM
Laat mens wonder oor die vrou met die baie gewese mans se uitsprake.

Aletta
05-25-2014, 12:01 PM
waaroor wonder jy dan nou?

Lukas
05-31-2014, 12:09 PM
Na wie verwys nommer 3 ?

Aletta
05-31-2014, 01:52 PM
Na Sunette Bridges, dink ek. Lei ek af. Ek maak die gevolgtrekking dat hy redeneer Bridges is verkeerd oor die wit volksmoord siende dat n swart egpaar ook nou vermoor is. Maar hy het net n stelling gemaak en nooit weer terugekom nie. Mens noem sulke mense op die internet glo trolle.

Unregistered
05-31-2014, 05:03 PM
Is TROLLE nie dalk 'n spelfout nie.....? D!

Jannie
05-31-2014, 06:25 PM
So, een swaeltjie maak 'n somer? Nommer 3, jy is gou om jou opinie te lig maar wat het jy gedoen om die plaasmoorde of enige ander kriminele daad aan die kaak te stel? Dit sou goed wees as jy jou initiatiewe met die res van ons deel dan kan ons mos almal daaruit baat vind.