PDA

View Full Version : Moorreesburg onluste 2014



Unregistered
06-09-2014, 04:18 PM
549

Hallo Lukas, ek weet nie of ek op die regte manier kontak maak met jou nie, maar : My suster woon op 'n plaas net buite Moorreesburg. Dit is so 30km vanaf Malmesbury waar daar verlede week groot onluste was. Blykbaar was daar busse vreemde Swartes van ander plekke af ingery.

Gister oggend het sy hierdie panga en stok net buite haar kombuisvenster gekry (foto aangeheg). Die panga is kommerwekkend, aangesien die spesifieke panga nie in Suid Afrikaanse kooperasies te koop is nie. Let op na die 'blood grooves' daarop. Die stok het 5 kepies in - hulle is 5 huisbewoners, waarvan 3 kinders is onder 12.

Kan jy dalk iets 'lees' hieruit, Lukas? Hulle is nie plaaseienaars nie, maar huur slegs die woning. Sou jy hulle aanbeveel om te trek? Baie dankie by voorbaat.

Lukas
06-09-2014, 04:21 PM
Die masjete en die stok is in die vorm gepak wat ons n kontak teken noem. Dit beteken dat hulle beplan om fisies met iemand kontak te maak.

Die voorwerpe is verseker n dreigement en terselfdertyd wil hulle ook kyk of julle iets van tekens weet. Wanneer julle aggressief of bang raak, beteken dit vir die persoon wat die goed daar neergesit het, dat julle intimideerbaar is. Dit sal dan nie meer lekker wees om daar te woon nie.

Dit is moontlik dat die vyf kepe in die stok beteken wat julle dink dit beteken maar dit kan ook beteken dat hulle julle sekuriteit gaan pak gee. Dit is nou wanneer julle in die moeilike tyd, wagte by julle huis gehad het.

LAAT WEET MY ASB. OF DAAR WAGTE IS, OF WAS. Jou suster is nie veronderstel om die goed te ken nie en dit is amper onmoontlik dat dit daar gesit is sodat sy dit moet herken. Dit kan dalk daar gesit wees sodat die werkers dit moet kan sien.

Voorstel.

Vat die masjete vir jou. n Mens kry nie altyd so mooi panga in die hande nie en dit is altyd n handige ding om te h.

Ek sal nie s dat julle moet trek nie. Maar dit is duidelik dat daar van die werkers is wat op die werf mag kom, wat nie lekker is nie. Moenie verder enige iets wat julle sien wegvat nie. Want as julle dit wegvat of ietwat anders neersit as wat dit neergesit was, verander dit die storie en kan ons nie help nie.

AKSKA het iemand daar naby wat kan gaan kyk as dit moet. Laat weet my by 0722495196 of ek iemand kan stuur om daar te gaan kyk.

456
06-09-2014, 07:17 PM
Lukas, is dit nie 2 kontak tekens nie? Dit wat bo die knopkierie en panga le, kan dit nie ook n kontak wees nie? Dit lyk vir my soos n strook plastiek en n ronde yster wat kruis. Dit lyk amper of die yster se punt skerp gemaak kan wees. Langs die panga se steel lyk of daar n vars takkie le. Die blare is nog groen.

Lukas
06-10-2014, 12:03 AM
Nee jy sal dit nooit van hierdie foto kan sien nie. Dit kan n wapen teken, stoor teken of selfs n man teken wees. Ons sien te min van daardie goed om daaroor te spekuleer. Ons weet ook nie hoeveel gemors op die werf rond le nie. Dit is onmoontlik om reg te raai.

Die feit is dat die witmense nie veronderstel is om te weet wat dit beteken nie en ek glo nie dat dit daar geplaas is om die witmense bang te maak nie.

Indien dit op die witmense gerig is, is dit net om te sien of hulle die tekens ken. In daardie geval kan hulle vrese die kennis bevestig en sal hulle kwaai intimidasie ervaar.

Ek dink dat die kanse dalk beter is dat hulle vir die ander werkers kan wys wat hulle graag by daardie huis wil doen. Maar ons weet dat n begeerte een ding is en dat die daad n totale ander ding is.

http://i1295.photobucket.com/albums/b628/Lukas0001/Moorreesburg-20140608-00892_zpsf3490636.jpg

Unregistered
06-11-2014, 10:23 AM
Hallo Lukas, VREESLIK dankie vir jou antwoord. Ek slaap vannag hier by my sus om te help wag staan in die nag en ek het bietjie 'sekuriteit' saamgebring. Hulle het geen sekuriteit soos diefwering of alarms nie, ook nie wagte nie. Dis 'n gewone ou plaashuis waar daar nooit probleme was nie.

Hier is we'll 'n ou tuinjong (kleurling) en een maal per week 'n kleurling bediende in die huis. Haar man het die polisie geskakel om na die 'uitstalling' te kyk. Hulle het die panga en stok gevat (ek's bitter spyt daaroor). Hulle was ook so pas hier met 'n voertuig om patrollie te ry - hou so bietjie dop.

Gedurende die onluste verlede week was hier nie wagte nie. Terloops, die plaaseienaar kom daagliks op die plaas met van sy werkers om werk te doen in die stoor. My sus ken hulle nie en maak nie kontak met hulle nie. Mens weet nooit wie betrokke is nie.

Groete!


http://i1295.photobucket.com/albums/b628/Lukas0001/IMG-20140608-008941_zpsb56d3228.jpg

Lukas
06-11-2014, 10:42 AM
Ja, dit is vir my baie vreemd. Dit is moontlik dat jou suster se lewe bedreig word maar ek is nie heeltemal so oortuig nie. Ek sal eers n klompie ander vrae wil vra voor ek meer sekerheid sal h.

1. Was daar vriende of enige ander besoekers in die tyd wat die onluste daar was ?
2. Hoe lank bly jou suster al op die plaas
3. Hoe goed is hulle verhouding met die eienaar
4. Was ie bediende op die plaas voor die panga verskyn het.
5. Waar woon die bediende ?
6. Dra die bediende n ligte groen T-hemp
7. Gebruik die bediende n rooi kopdoek ?
8. Het jou suster vriende wat op die plaas kom kuier
9. Is daar van die vriende wat al uitgevra het oor die huur en aangedui het dat hulle ook so plek soek?

Ek het op die foto twee pyle gemaak wat na die verskillende hoeke van die huis wys
10. Kan jy vir my s na watter vertrek pyl een wys ?
11. Kan jy vir my s na watter vertrek pyl twee wys ?


Dit is baie vrae maar dit is die enigste manier hoe ons dalk meer kan leer sonder dat ek nodig het om daarheen te ry.

Lukas
http://i1295.photobucket.com/albums/b628/Lukas0001/Vertrekkeopdiehoeke_zps23a036ee.jpg


Ek het nog n vraag. As jy staan waar julle gestaan het toe die foto geneem was en jy mik oor die kruispunt van die panga en die stok, deur die boom na die huis. Na watter vertrek sal jy dan kyk ?

En as dit n slaapkamer is.

Sal die bed dan in die regter hoek van die vertrek staan.
Of is daar n venster in die regter hoek wat nie kan toemaak nie?

http://i1295.photobucket.com/albums/b628/Lukas0001/Pangaserigting_zpsc8312e29.jpg

Unregistered
06-11-2014, 04:29 PM
Hallo Lukas,

Ek het jou vrae hieronder beantwoord. My sussie is huidiglik op die vliegtuig oppad na ander familie sodat hulle vir 'n maand of wat darem die kinders ook weg het. Haar man bly alleen agter. Ek sal die kleur van die bediende se hemp en hoed vir jou laat weet sodra ek met haar kan praat.


Jy sal nie glo nie, maar presies daar, ander kant die boom, is 'n skuifdeur wat jy maklik kan uithak as jy wil inkom! Hy sluit maklik, geen probleem, maar hak sommer tjoef-tjaf uit. Jy weet seker hoe maak hulle skuifdeure oop.

Maklike toegang.


> 1. Was daar vriende of enige ander besoekers in die tyd wat die
> onluste daar was ?
Nee, hulle het geen besoekers gehad nie.

> 2. Hoe lank bly jou suster al op die plaas
Hulle bly so 2 jaar daar.

> 3. Hoe goed is hulle verhouding met die eienaar
Nie 'n baie goeie verhouding nie.

> 4. Was die bediende op die plaas voor die panga verskyn het.
Ja, daar was 'n tuinjong in die tuin. My swaer praat dat hy
tatoeermerke op sy kneukels het. (Bende?)

> 5. Waar woon die bediende ?
Die bediende woon in die kleurlinglokasie op Moorreesburg.

> 6. Dra die bediende ’n ligte groen T-hemp
Sal dit moet uitvind!

> 7. Gebruik die bediende ’n rooi kopdoek ?
Sal dit uitvind!

> 8. Het jou suster vriende wat op die plaas kom kuier
Sy self het nie, maar haar man se vriende wat saam golf speel kuier soms daar.

> 9. Is daar van die vriende wat al uitgevra het oor die huur en aangedui het
> dat hulle ook so plek soek?
Nee gladnie, niemand wil daar bly nie. Daar is geen vars water in die
somer nie, net sout boorgatwater. In die winter het hulle vars water
van tenks (dakwater). Kry baie swaar sonder water en kry nie die
probleem opgelos met die eienaar nie - vandaar die swak verhouding.
>
> Ek het op die foto twee pyle gemaak wat na die verskillende hoeke van die huis wys

> 10. Kan jy vir my s na watter vertrek pyl een wys ?
'n Slaapkamer waar die 2 seuns slaap ( nog klein - oudste 12 jaar)

> 11. Kan jy vir my s na watter vertrek pyl twee wys ?
Die kombuis se waskamer. Daar is ook 'n dubbel deur wat na die huis
lui. Dit is ver van die slaapkamers en sal nie maklik gehoor word
nie.


Groete

Lukas
06-12-2014, 02:28 AM
Ek het eers gewonder of dit nie dalk wit mense is wat die tekens daar geplaas het nie. Maar nou is ek nie meer so seker nie.

Iemand het moontlik iets teen jou swaer of jou suster en daardie iemand is waarskynlik nie wit nie. Of as die persoon wit is, maak die persoon van kriminele gebruik om jou familie skade te doen.

Die feit dat sy in die eerste plek die polisie daar gekry het, help in die sin dat die misdadigers weet dat julle van hulle bewus is. As die misdadigers nie self agter kom nie, is daar n goeie kans dat die polisie hulle self sal laat weet.

Die voordeel is dat hulle nou nie meer seker is of hulle die verrassing het nie. Die nadeel is dat dit nie jou suster se huis is nie en dat die eienaar waarskynlik nie sal toelaat dat hulle sekuriteitsverbeterings kan aanbring nie.

Het jou suster honde ?

Unregistered
06-14-2014, 11:45 PM
Lukas, die slot is aan die linkerkant. Hy skuif oop van links na regs.

Ja - daar is 2 honde. Hulle is baie mak teenoor wit en swart. My suster het gister gevlieg met haar kinders. Die man bly alleen agter. Dis maar net om hulle veilig te hou ingeval dit ernstige waarskuwings is.

Lukas
06-14-2014, 11:47 PM
Ek dink jou suster moet die boek Oorwin Plaasaanvalle bestel. DIt sal hulle baie help.

Unregistered
06-14-2014, 11:53 PM
Hier aangeheg is nuwe foto's wat my swaer gistermiddag geneem het. Die geskryf is op die bordjie by die indraaipad na die huis. Ons weet werklik nie hoe oud dit is nie. Dis egter nog nie geroes nie.

Die skoene was gevind by die huis se omheining (vibacrete muur) en dit was nie daar vroeer nie en die stokke in 'n kruis is ook vreemd omdat dit vergelyk met die panga by die huis.

Wat die huiswerkers se kleredrag betref, nie een van hulle het 'n liggroen top of rooi hoed of topstorey aangehad nie. Daar was egter 'n kleurling so 2 weke gelede in die dorp wat my Swaer se motor se ruit uitgegooi het (totale vreemdeling) en hy het 'n rooi hoed op sy kop gehad. Groete.

http://i1366.photobucket.com/albums/r767/akska1/4bec6c13-17f3-4e48-9e42-7dbfa2573cfe_zps20820ad9.jpg?t=1402759196

http://i1366.photobucket.com/albums/r767/akska1/ac523ced-5d43-4957-a53a-41785b87c237_zps6097815b.jpg?t=1402758967

http://i1366.photobucket.com/albums/r767/akska1/db8f3e22-42ca-4e6b-b308-74df388695cc_zps66f81469.jpg?t=1402758885\\

Lukas
06-15-2014, 12:06 AM
Die goeie nuus is dat die bedreiging gewoonlik n begeerte is. Maar hier is te veel goed wat n gewone mens wat een of ander tyd n gewone kursus bygewoon het nie sal weet nie. Ek het jare gelede n kursus namens die weermag in Malmesbury aangebied maar die mense wat daardie kursus bygewoon het, sou nie die goed kon gebruik wat julle raaksien nie.

Daarom kan ek met redelike gemak, wit mense in hierdie saak uitskakel. Ek kan iemand daarheen stuur maar dit gaan jou swaer n paar rand kos. Die naaste AKSKA lid wat die tekens kan gaan lees is ongeveer 300km van julle af en ons vra R2.30 per Km. n Konsultasie is n minimum van R2500.00 en jou swaer moet besluit of dit vir hom die moeite werd sal wees.

Verder wil ek voorstel dat hy die boek oor tekens ook bestel. As hy die boek het, kan hy vir ons aanlyn kursus inskryf sodat ons hom op die internet verder kan leer en ondersteun.

Laat hy maar daaroor dink. As hy belangstel kan hy my bel by 0722495196

Groete
Lukas

Unregistered
06-18-2014, 01:44 PM
Lukas ek wil ook n paar vrae hier vra. Op die bord staan iets uitgekrap van " Toere van die Piket (Piketberg ander kant julle) 27 sonop". 27 Dra gewoonlik iets rooi soos n hoed of sokkies, skaaf of iets want hulle kyk bloed. Die persoon met die rooi hoed wat die motor se ruit uitgegooi het, is moontlik die knaap van Piketberg en Toere is sy skuilnaam waaraan almal in bende geledere hom sal ken ( sy "stella"). Weet jy dalk hoekom hy die ruit uitgegooi het was daar woorde of iets? Ek vind dit net opmerklik die man met die rooi hoed die insident en die "Hollander 27" wat sy merk daar kom maak op die bord na julle huis. Nou verskyn daar die tekens. Hy het miskien sy mes uit vir die ander nommer wat by julle in die tuin werk. Die tuinjong met die tatoos sal dalk weet wie is Toere. Dalk is die twee gekoppel en kan ek vra of daar dalk n insident ook met die tuinjong was? Staan vas

Lukas
06-18-2014, 04:34 PM
Staan vas. Ek dink nie dat ons antwoorde sal kry voor ons op die toneel is nie. Maar nou het ek vir jou ook n paar vrae.

Wie gebruik 27 om sonop aan te dui ?

Waarom se jy dat rooi beteken om bloed te kyk ?

Unregistered
06-18-2014, 08:16 PM
Lukas ek wil nie n boek hier skryf nie, maar verstaan nie hoekom jy my die vrae vra nie. Holland kyk bloed as n lyn die ander het ook hulle lyne. Net 28 is sonaf.

Lukas
06-18-2014, 10:11 PM
Jammer Staan vas, maar ek dink jy oorskat my spoed. Ek is nie regtig so vinnig as wat jy dink nie. Ek het weer na die foto gekyk en ek sien die volgende

553

Ek stem saam dat ons op hierdie stadium mie met sekerheid kan se dat dit deur die misdadigers aangebring is nie. Ons kan ook nie met oortuiging se dat Toere die bendelid se naam is nie. Dit is wel baie moontlik maar tog kan ons nie op grond van die tekens teen die bord aanneem dat dit iets met die insidentge op die plaas te doen het nie.


Maar kom ons veronderstel dit is. Dan is ek nog altyd te stadig om die bloed kyk raak te sien. Kan jy my daarmee reghelp ?

499
06-19-2014, 06:25 AM
Hi oom

N hollander is n geweldadige persoon of iemand wat bloed kyk ( sy werk is om iemand se bloed te trek) as ek reg verstaan bedoel/ vra staanvas of die lid se stella of stalalla wat alias beteken toere is en of bekend is as toere vanaf Piketberg

As die syfers deel is stel die lid dat hy n lid is van die nommer bende

>

Lukas
06-19-2014, 07:07 AM
Dit is baie interessant. Ek sou nooit kon dink dat n Hollander met iets bloeddorstig vergelyk kon word nie. Kan dit dan wees dat daar na die 26 bendes as Hollanders verwys kan word ?

Toere kan moontlik die lid se bende naam wees. Die Khid teken by die huis kan moontlik aandui dat die Khid wel as Toere bekend staan. Dit is moontlik. Maar ek dink dat ons meer sou leer as ons self daar kon wees.

Ek sou dit nogal waardeer het as Staan vas en S412 saam na die plek kon gaan kyk, al is dit net om ons eie kennis uit te bou. Staan vas ken die bendes baie goed en hy kan ons baie oor die bendes leer. Hy ken ook ons tekens en S412 het baie ondervinding met tekens. As hulle saam kon gaan sou ons dalk groot voordele uit die besoek kon kry.

Unregistered
06-19-2014, 08:39 AM
More Lukas. Ek is bereid om daar te gaan kyk op my eie onkostes, om te kyk waar ons die mense kan help. Soos jy se in die proses kan ons ook leer. Dankie 499 bly dat jy ook kan bydra, partkeer op die net sukkel n mens om jou reg uit te druk of n boodskap reg oor te dra. Lukas soos 499 se dis sy bende naam en wie hy is, ons kan dit grootliks so aanvaar. Net 27 is n Hollander die ander sorteer onder ander name.

Lukas
06-19-2014, 12:45 PM
Beteken dit dat ek 27 by die syferkodes, as Hollander kan inskryf ?

Unregistered
06-20-2014, 07:47 AM
Jy kan maar in die bende verband en 28 is Nongalose (sonaf) en 26 is Skielikijan (sonop).