PDA

View Full Version : ‘Beste manier om Zuma só te vervang’



Janna
06-11-2014, 06:31 AM
‘Beste manier om Zuma só te vervang’
James-Brent Styan Dinsdag 10 Junie 2014
Pres. Jacob Zuma Kaapstad. – Pres. Jacob Zuma (72) se gesondheidsprobleme die laaste tyd het die tonge los oor wat presies sy kwaal kan wees.
’n Besoek in Januarie aan ’n kardioloog in Durban was blykbaar net vir ’n roetine-ondersoek.
Die president is die naweek skielik gehospitaliseer te midde van die eerste kabinetslekgotla van sy nuwe regering. Hy het tydens sy toespraak aan die nuwe kabinet van ’n pyn in sy nek gekla.
Sy toespraak is gestop en hy is hospitaal toe geneem. Hy is opgeneem en ’n senior staatsamptenaar het gesę ’n mens word nie net opgeneem vir pyn nie, die dokters moes oor iets bekommerd gewees het.
Zuma is eergister ontslaan en sterk by sy huis in Nkandla aan.
Mac Maharaj, presidensiële woordvoerder, sę egter daar is niks fout met die president nie.
“Hy is uitgeput. In die hospitaal is volledige toetse gedoen en die dokters was tevrede met die uitslag.”
Zuma sal nie meer deelneem aan landwye Jeugdagvierings op 16 Junie nie. Sy plek sal ingeneem word deur adj.pres. Cyril Ramaphosa.
Ramaphosa het ook namens Zuma verlede Vrydag die vakbond Nehawu toegespreek en neem tans waar as voorsitter in Zuma se plek op die kabinetslekgotla.
Iemand met insig van die binnewerkings van die ANC meen Ramaphosa se toenemende instaan in die plek van die president herinner aan die situasie toe Zuma vir oudpres. Thabo Mbeki dieselfde rol vervul het. “As die ANC ’n manier gesoek het om wel vir Zuma te vervang, sal die beste manier wat die minste skade sal berokken, die gesondheid-verskoning wees.”

http://www.beeld.com/nuus/2014-06-10-beste-manier-om-zuma-s-te-vervang

Jannie
06-11-2014, 07:22 AM
Vir ons is dit maar net die ruil van een gesiggie vir 'n ander. Die kollektiewe manier van die ANC maak van die posisie meestal (behalwe vir die nou-en-dan banale opmerking) een van "figurehead". Hopelik gaan hy rus en word hy aangekla.

Ek sien hulle wil nou 'n belasting op suiker ook sit.. Waar gaan ons eindig?