PDA

View Full Version : motordiefstal



Aletta
06-11-2014, 09:09 PM
550

presies hier is die heining geknip om n bussie te steel. Die foto is van die binnekant geneem.

Lukas
06-12-2014, 01:37 AM
Ek vermoed dat hulle op hierdie plek in is en nie uit is nie.

As hulle daar in is, is dit die Aan/af skakelaar.
As hulle daar uit is, sou die draad waarskynlik op tee plekke gemerk gewees het.

Vertel ons meer.

Unregistered
06-12-2014, 10:17 AM
Lukas ek het eintlik nou so lekker geglimlag want dit is soos jy gese het, hulle het hier die draad geknip en toe ingegaan maar met die uitkomslag het hulle so 2m weg n groot gat geknip waar hulle met die bussie uit is. Die bussie het n ratslot en satelietopsporing in. Dit is weg en nooit weer gekry nie.

Lukas
06-12-2014, 12:24 PM
Was die satelliet satellietopsporing maatskappy se data lyne ook af gewees toe hulle vir hulp gevra was?

Of het julle dit eers te laat agtergekom dat die bussie gesteel is ?

Unregistered
06-12-2014, 01:45 PM
Lukas volgens die mense by die ouetehuis in Hennenman het niemand eers geweet die bussie is gesteel totdat die oumense die volgende oggend reg was om te ry nie. Sie satelietmense tel glo geen sein op nie en hulle vertel nou dat mens by die Chinese n eletroniese ding kan koop wat dan alle seine blokeer. Of dit waar is en of dit net n storie van n werknemer is, weet ek nie.
Alet

Lukas
06-12-2014, 04:58 PM
Ek vermoed dat dit n storie is. Wanneer die voertuig se sein nie uitgaan nie, sien die opsporings maatskappy dit dadelik en hulle sal onder normale omstandighede jou dadelik laat weet.

Wanneer die diewe met die opsporingsmaatskappy ooreenkom, word die stelsel vir n tyd lank afgeskakel sodat die diewe wat dan al vÍr weg is, n kans kan kry om die sisteem te ontkoppel.

Kan jy uitvind wie hulle verskaffer is ?

Unregistered
06-13-2014, 02:15 PM
Lukas dit is blybaar Tracker maar ek verstaan daar is klomp pakette en die oumense het die goedkoop een gevat en die pakket bepaal dat jy dan self moet bel en aanmeld dat jou voertuig gesteel is. Die voertuig is oor die Lesothogrens en teen die tyd wat die oumense agtergekom het die bus is weg, was dit reeds oor die grens.

Unregistered
06-13-2014, 08:24 PM
In ons dorp is n bakkie (onder andere :-) gesteel en die saps het hom binne in Lesotho gaan haal. BW.