PDA

View Full Version : Vier goed wat ek in die koue doen.



Unregistered
06-22-2014, 10:30 AM
Ek en Xander het Vrydagaand na die praatjie op Mooirivier, by die Midmar dam gaan slaap. Die temperature was laag, die huisie waar ons geslaap het, was koud, sonder ‘n verwarmer en die beddens het daardie dik wit koue staats lakens en ‘n lappie wat soos n deken moet lyk, oorgehad.

Dit is nou al baie jare wat ek so rondry en in die winters toer ek ook deur die hele land. Van die Noorde waar dit lekker warm is tot in die Oos-Kaap waar die temperature soms baie ver onder -10̊ daal. Tog is daar vir my niks so koud soos Noor-wes en die Kalahari se dro koue nie. Die sonnetjie kom nie oor 6 volt nie en die winde is lui. Dit gaan nie om jou nie maar reguit deur jou murg.

Terwyl ek in die Oos-kaap gewoon het, was die aanpassings nie so erg nie, maar nou dat ek in die Bosveld woon, is die koue nogal ‘n aanpassing.

Ek weet nooit waar ek sal slaap nie en soms slaap ek in die kar. Met tyd het ek vier gewoontes aangekweek wat die lewe vir my so bietjie meer draaglik maak.

1. Daar is altyd n ekstra baadjie in my kar wat teen ren, sneeu en koue winde kan help.
2. Wanneer ek iewers heen ry, vat ek altyd n slaapsak saam en wanneer iemand saam met my ry, vat ek twee slaapsakke saam.
3. In die oggende vat ek n warm bad of stort om my liggaamstemperatuur op te jaag voor ek uitgaan.
4. Al die mense is nie dieselfde nie. Party mense moet hulle ore warm hou, ander moet net hulle voete warm hou. In my geval help dit om my nek warm te hou. Ek gee nie om wat mense dink of s nie. In die oggende voor dit warmer word, draai ek n ding soos n serp of n lap om my nek om die koue uit my ruggraat te hou.

Ons weet nie of daar in die week weer n koue front by Bloemfontein sal verbykom nie. Wat ons weet is dat ons redelik naby aan die dam is en dat die temperature daar, gewoonlik 4 kouer as Bloemfontein kan wees.

Ek noem dit maar omdat baie van die kursusgangers uit dele van die land kom waar die winters meer gematig is. Verlede jaar was ons gelukkig om die kursus tussen tee koue fronte te kry. Ons hoop maar dat dit hierdie jaar weer so wees.

As julle nog wenke het om die koue so bietjie meer draaglik te maak, moet julle maar vir ons vertel.

Lukas

Phoenix
06-22-2014, 01:03 PM
Ek het ook die oortuiging dat hitte op jou nek 'n baie groot verskil maak. Daar is selfs 'personal climate control' aparate beskikbaar op die mark wat basies 'n klein verwarmer is wat soos 'n vliegtuig kussing om jou nek pas en met batterye werk. Dit is glo baie effektief.

Jannie
06-22-2014, 01:43 PM
Warm lug styg op- feit! Hou jou nek en kop warm, vir my is dit belangrik om my kop warm te hou want die natuurlike karros is lankal fort. Dra 'n hoed of een van daai "Beanies".

Unregistered
06-22-2014, 02:23 PM
Vat net genoeg OBS saam....

Unregistered
06-22-2014, 07:22 PM
Ek het my basiese opleiding in die vloot in die winter op Saldanha basis gehad. Om jou gewoont te maak aan die koue was die showers dikwels sonder warm water. Die see is ysig, koud en om in die oggend met n telefoonpaal te swem leer jy gou wat koue is, gelukkig het jy eers n paar kilometer vasbyt voor die tyd, maar daai water bly blerie koud. Die ander ding wat ek geleer het is dat die meeste hitte uit jou kop ontsnap, so kry maar iets warms vir die hoof, dit sal help. Staan vas

412
06-23-2014, 08:01 AM
My voette en my sitvlak moet warm wees dankie! So dubbel paar sokkies en "long johns " hier kom ons!;)

A508
06-23-2014, 08:38 AM
Soos die vorige kursusgangers weet, ek vat ook 'n los kombers saam na die lesingsaal. En 'n warmwatersak! Die stilsit laat 'n mens nogal vries. Veral ek wat so maklik doodryp!!

Unregistered
06-23-2014, 01:04 PM
Ek het gevind sodra mens nie genoeg voedsame kos eet nie, jy baie honger word.

Lukas
06-23-2014, 08:08 PM
Kos by die kursus is nou een ding waaroor jy nie bekommer hoef te wees nie. Maar dit klink nie of jy kursus toe gaan nie.

Aletta
06-23-2014, 08:56 PM
Nee Lukas ek sou so graag wou maar ek werk op die oomblik redelik vas. Dit is eintlik so naby aan my, ek kan nie glo dit is die 2de jaar hier en ek kan nie gaan nie.

Lukas
06-23-2014, 11:50 PM
Ja Aletta. Ons vrek van die koue om dit vir jou makliker te maak. Jy moet maar bid dat ons nie te koud kry nie, As dit nie te koud is nie, kan ons dit nog een keer probeer, maar dan moet jy maar verder ry.

Omtrent al die mense vra my of jy hierdie jaar daar gaan wees want hulle wil graag die vrou met die oopkop ontmoet. Maar nee! So klap ons tande nog n jaar verniet. Miskien kan jy net een dag vir ons kom kuier ?

Maandag is n oop dag vir almal om by te woon, maar jy is welkom om Dinsdag of Woensdag ook te kom inloer.

Unregistered
06-24-2014, 09:54 AM
Ek is bly ek is nie jou vrou nie, ek kan sien jy is iemand wat weet hoe om n vrou skuldig te laat voel. :)

Lukas
06-26-2014, 12:15 AM
hahaha. Ek sal dit nooit met my vrou waag nie ! EK moet een of ander tyd gaan slaap en daardie swart gietyster panne is baie hard. Ek sal nie graag so wil wakker word nie.

Janna
06-28-2014, 10:39 AM
Ek het vir julle 'n goeie wenk vat 'n paar 2 Liter coke bottels maak dit vol warm water (nie kook water nie) sit dit in die bed so 'n uur voor slaaptyd WHalla alla warm kombers. Maak net seker die prop is goed toe anders swem jy.

Lukas
06-28-2014, 06:20 PM
Die goeie nuus is dat Michelle vir die getroude pare en die die vroue by die kursus, elektriese komberse in hulle kamers gesit het.

Daar is lakens en daar is komberse in die huisies. Nou kan julle net aan iets dink om die bene in stoor so bietjie warm te hou.

Die mans kry nie elektriese kombersies nie. Hulle moet maar OBS vat voor hulle gaan slaap.

Ek glo dat ons hierdie jaar weer so lekker week sal h soos wat ons verlede jaar gehad het.

Aletta
06-29-2014, 08:51 PM
Sover lyk die weer in die Vrystaat heel gaaf,

412
06-29-2014, 09:39 PM
Ag shame, die getroude pare kan mekaar mos warm hou! Nou moet die arme enkel mans alleen suffer.... soos tant Stienie sou se. Te veel OBS gaan hulle nog onnodig in die middel van die nag uitjaag ook in die koue.:p

Unregistered
06-30-2014, 01:22 PM
Vat ook genoeg kontand saam, my oom se toe hy daar by die atm wou geld trek toe wys dit "accounts frozen". Staan vas

Unregistered
06-30-2014, 09:22 PM
Ag wil ma net s, ons mis julle... BW.