PDA

View Full Version : Hoe gaan dit in Balad



Lukas
06-22-2014, 11:38 PM
Hoe gaan dit in Balad. Ek dink dat die mense heeltemal te bang is vir die Suni moslems. Die Sunie behoort nie vir hulle n probleem in te hou nie en die Suni is ook nie so radikaal soos die Shiad nie.

Die verskil tussen die twee groepe het glo na Mohammed se dood gekom. Daar het n debat ontstaan oor wie die nuwe leier van die geloof moet word en die Shiad het gesÍ dat die opvolger van Mohammed ’n direkte afstammeling van Mohammed moet wees, terwyl die Suni gesÍ het dat die opvolger, ‘n man moet wees wat Mohammed se leering die naaste nastreef.

Daarom is die Suni vandag die mees gematigde moslems en leef hulle vir eeue saam met die Ortodokse christene. Hulle leef so vreedsaam saam dat hulle selfs met mekaar trou.

EK dink dat die ouens in Balad verniet te bang is. Die Amerikaanse regering los hulle moontlik daar, in die hoop dat die Suni moslems hulle moet aanval en vermoor, sodat die Amerikaners ‘n verskoning kan kry om hulle weermag weer daar in te stoot.

Die Suni volg die riglyne van die Koran en die Shiad se leier skryf self nuwe reŽls by, omdat hy kwansuis ‘n afstammeling van Mohammed is en daarom die reg het om aanpassings te maak.

Die Suni se oorlog is nie teen die mense in die basis nie. Hulle aksie is teen die Shiad regering wat op hulle neersien en teen die Amerikaanse soldate wat die Amerikaanse regering verteenwoordig.

Ek sal sÍ dat ‘n Suid-Afrikaner na die rebelle moet oorloop en vir hulle, op hulle eie Koran se hoofstuk twee wys. [2.62] Surely those who believe, and those who are Jews, and the Christians, and the Sabians, whoever believes in Allah and the Last day and does good, they shall have their reward from their Lord, and there is no fear for them, nor shall they grieve. (Allah is die Almagtige God en die laaste dag is die oordeelsdag)

Volgens die Koran mag die Suni nie teen die mense veg terwyl hulle in God en die oordeelsdag glo, en goeddoen nie.

Die lid wat met die rebelle moet gaan praat moet vir hulle verduidelik dat hulle siviele mense is wat net ‘n werk soek om kos vir hulle huise te koop. En dat die Amerikaners hulle vermoedelik as aas daar gelos het, om die Suni uit te lok, sodat die Amerikaners weer betrokke kan raak.

Vra die Suni leier om julle te help om uit die land te kom sodat julle die Suni se saak in die buiteland kan gaan stel.

Ek dink om met die mense in gevegte betrokke te raak, gaan nie werk nie. ’n Suid-Afrikaner sal die beste onderhandelings vermoŽ hÍ omdat hy nie n Amerikaner is nie.

As die mense nog in Balad vasgekeer is en hulle kan aan die Suni bewys dat hulle uit vrees opgetree het en dat hulle nie iets teen die Suni het nie, sal hulle kans om veilig uit die land te kom, die beste wees.

Maar as hulle veilig na Amerikaanse lyne vlug, kan die Amerikaners of die Irakese regering hulle moontlik self doodskiet en die skuld op die Suni rebelle plaas. As julle nog in Balad vasgekeer sit, is dit is dalk belangrik om sonder Amerikaanse hulp uit die land te kom.

Lukas
06-27-2014, 12:19 AM
Ek het geen rede om te glo dat hulle nie wreed kan wees nie. Daar was in die verlede baie wreedhede teen hulle gedoen en hulle is onversoenbaar met hulle mede Arabiere wat Shia is. Hulle ywer om die Quran te versprei wanneer hulle ín plek oorneem, vertel vir my dat hulle tog n tipe vrede soek wat die Amerikaners nie nou kan toelaat nie.

Die goeie nuus is dat ons mense staande gebly het en daarom nog salarisse ontvang. Dit help. Vir die Amerikaners is dit belangrik dat die Shia wat indie minderheid is, in beheer bly, omdat dit die vlam lewendig sal hou.

Hoe die besigheid in die midde Ooste gaan uitspeel, sal net tyd ons leer.