PDA

View Full Version : Huisroof



432
07-01-2014, 07:59 AM
Vriende van my is onlangs aangeval en beroof terwyl hulle op 'n visvang ekskursie was by een se vakansiehuis. Wat my opgeval het is dat die aanvallers 'n vuurwapen wat nie daar was nie gesoek het. Hulle het tot een ou se bril opgesit om die sleutels van die kluis te kry.

Mens wonder hoekom hulle 'n vuurwapen gesoek het? Dit het nou uitgekom dat daar by die braaiplek twee ou patroon doppies gele het. Daar is al by die huis ingebreek. Twee jaar terug het inbrekers ook net ingestap en hulle besteel terwyl hulle geslaap het op die eerste aand van die vakansie. Hierdie keer was dit die laaste aand. Hulle gaan elke jaar dieselfde week, en trek die boot uit die dag voor hulle ry. Dis maw maklik om te weet wat die laaste aand is.

Dis ook nie duidelk hoe die rowers van die kluis geweet het nie. Dalk het hulle reeds twee jaar terug daarvan uitgevind en gewag tot die man wat die vuurwapen het weer in die huis slaap.

Verder was die alarm nie geaktiveer nie en het die skuifdeur oopgestaan. Ek weet nie of daar 'n traliehek in die gang is nie?

Ek het iets geleer van die patroon doppies. Hoeveel bakkies het ou doppies wat iewers rondle nie. Hoeveel doppies le nie in ons huise rond selfs van mense wat nie eers vuurwapens besit nie?

Dat iets soos twee klein patroon doppies by 'n braaiplek 'n aanval tot gevolg kan he is ongelooflik. Ek dink ons moet meer aandag gee aan detail. Vuurwapen higiene.