PDA

View Full Version : AKSKA Agtergrond: Waar ons vandaan kom en waarheen ons gaan



Lukas
07-12-2014, 11:14 AM
Om mense met hierdie kennis te bereik is nie maklik nie en ek moet gedurig aanpassings maak om nuwe modelle te toets. Ons kursusse gaan nou verander, en omdat 'n boerevereniging 'n kwotasie wil h, het ek sommer alles op een slag probeer verduidelik.

Die eerste keer toe ek in 1987 my vermoede gelig het, dat kriminele deur middel van merkers of tekens met mekaar kommunikeer, het die meeste mense gedink dat ek sielkundige hulp nodig het.

Teen 1995 toe ek die eerste keer kursusse begin gee het, het ’n paar mense die moed bymekaargeskraap om te kom luister. Die res van die gemeenskap was deur die veiligheidspolisie en Nasionale intelligensie gewaarsku om eerder weg te bly, as hulle nie as regs gebrandmerk wil word nie.

Teen 1998 was ek twee keer gewaarsku dat Nasionale intelligensie my met geweld gaan stilmaak as ek nie my bek gaan hou nie. Voor dit kon gebeur trek Generaal Ferreira my by Hoof gesamentlike operasies in, en skielik was ek weer onder die beskerming van die weermag, met die opdrag om die kennis aan al die kommando’s en geveg eenhede bekend te maak.

Teen 2003 was die seminare se effek teen plaasaanvalle merkwaardig en kon ek uit die weermag kom om my eerste boek Oorwin Plaasaanvalle bekend te stel. Baie mense was nuuskierig en die boek verkoop tot vandag toe nog baie goed. Tog wil die mense nog altyd h dat iemand anders namens hulle vir hulle eie veiligheid verantwoordelikheid aanvaar.

Sedert 2003 tot 2009 hou ek vol om mense van tekens en gevegsaanduidings te leer. Met daardie kennis kan hulle in ’n land van chaos veilig leef. 2009 begin ons Swartberg ISS pty Ltd om die tegnieke in die kommersile mark te bewys. Met 9 opgeleide personeel bring ek n 7 miljoen per maand misdaad sindikaat tot n val. Laat Somaliese seerowers, sonder wapens van plan verander en hou vir 18 maande 17400 gewelddadige werkers in toom.

2012 spandeer ek amper 700 duisend Rand om ’n wettige gemeenskap organisasie in Rhodes op die been te bring. Die organisasie is n sukses maar vir my besigheid ’n groot gemors. Daar is geen manier wat ek ooit die geld wat ek spandeer het, weer gaan verhaal nie. 2013 hou ek vol om gemeenskap organisasies te promoveer, maar die gemeenskappe het een iets in gemeen. Nie een het die vermo om te verstaan waarom ons gemeenskap organisasie nodig het nie en die plaaslike sekuriteitsmaatskappye, is bang dat hulle besigheid in die proses gaan verloor. En die mense is nog altyd nie bereid om self vir hulle eie veiligheid verantwoordelikheid te aanvaar nie.

Lukas
07-12-2014, 11:15 AM
Swartberg ISS Pty ltd, sal in die toekoms meer in die buiteland by misdaadvoorkoming projekte betrokke raak. In Suid-Afrika sal Swartberg Intelligence support services Pty.Ltd statiese webblad bedryf, waar sekuriteit snellers en brandstof besparings sisteme bemark gaan word.

Binne Suid-Afrika sal Swartberg ISS sal slegs in misdaadvoorkoming betrokke raak, wanneer dit gemeenskappe kan beveilig. In ander Afrika lande sal ons by myne en groot projekte betrokke bly.

AKSKA (Afrika Kriminele en Sosiale Kode Analiste)
AKSKA gaan ook nie meer soos wat ons in die verlede dit gedoen het, konsentreer om konvensionele kursusse aan te bied nie. Daar is eenvoudig nie meer genoeg tyd om al die mense wat belangstel, betyds te bereik nie.

Mense wat nou, meer oor persoonlike veiligheid wil leer, gaan die kursusmateriaal moet koop, dit self deurlees en dan by ons gratis aanlyn kursus inskakel.

Kursusmateriaal:

Oorwin Plaasaanvalle R 250.00 ( Net so van toepassing vir mense in die stede)
Afrika Kriptografie DEEL 1 R 1250.00
AKSKA DVD oor tekens R 200.00

Die totaal is R 1700 .00 ( Mense wat reeds die DVD en Oorwin Plaasaanvalle reeds het, hoef dit nie weer te koop nie.

Elke lid sal dan voorlopig vir n maand lank, gratis toegang kry tot AKSKA se aanlyn kursus kry, by www.akskagroep.com AKSKA lede sal altyd toegang op die draad h.

Na die maand kan mense self besluit of hulle by AKSKA wil aansluit of nie.


Nuwe kursusse

Kursusse aan lede wat die proses voltooi het, sal dan uit praktiese kursusse bestaan, wat n nie AKSKA lid, teen R200 per dag kan bywoon. Hierdie praktiese kursusse sal tot 2015 aan alle AKSKA lede gratis verskaf word.

IS DIE KURSUS MATERIAAL TE DUUR ?

Jy hoef nie al die boeke op een slag te koop nie. Begin by die Oorwin Plaasaanvalle. Daarna die AKSKA DVD, en dan die Kriptografie boek. Leen geld as jy moet maar n beter belegging in jou gesin se veiligheid, sal jy nooit kan doen of bekostig nie.


Daar is oud werknemers van Swartberg ISS wat tans in hulle eie hoedanigheid praktiese kursusse aan gemeenskappe bied. Die lede is wel deur Swartberg opgelei en kan wel misdaad roetes redelik suksesvol volg. Hulle was vir die afgelope twee jaar nie deur AKSKA gevalueer nie en AKSKA kan nie meer hulle kennis waarborg nie.

Tog ontmoedig ons nie mense om daardie praktiese kursusse by te woon nie en vind ons dat daardie kursusse n goeie inleiding tot die AKSKA kursusse is. Sien dit as n voorskoolse opvoeding wat jou vir die groot skool voorberei.


GEMEENSKAP AKTIWITEITE:

Gemeenskappe kan hull self op twee maniere beveilig. 1. Die AKSKA se self-help plan, of 2. Om van Swartberg ISS pty ltd se dienste gebruik te maak.
DIE AKSKA OPSIE:

AKSKA se besigheid konsultasies beloop R12000 per dag. Ons weet dat boerderye besighede is, maar omdat ek dom is, sal ek aan boerderygemeenskappe n spesiale aanbod maak.

Plase;
Die modelle kan in die toekoms nog verander omdat ek nog na n manier soek om mense op plase te bereik. Na 23 jaar kom ek dit self, nog nie regkry nie. Die feit dat ek self geboer het en dit weer gaan doen, het niks aan die saak verander nie.

AKSKA Pakket 1:

n Volledige besigheidskonsultasie waar ons nie net misdaad bedreigings identifiseer nie, maar ook misdaadkartering doen waardeur ons die werkers wat in misdaad betrokke is, identifiseer en die boer adviseur om die bedreigings te elimineer.

n Volledige skriftelike verslag word dan gegee, wat die boer presies verduidelik wat sy probleem is, en ons gee voorstelle om die probleme op te los.


AKSKA Pakket 2:

Die boere koop die kursus materiaal aan en bemagtig hulleself in die kennis. Die vrouens kan dit lees en vir hulle vertel en daar is baie prentjies wat jou kan help om die goed op die grond te herken.

Wanneer die boer se gesin dan by AKSKA teen R200 per maand aansluit, kan ons vir hom n eerste volledige konsultasie doen, wat hom vir die eerste konsultasie op sy totale besigheid slegs R2500.00 + brandstof gaan kos.

n Eerste konsultasie wat net op sy huislike omstandighede gemik is, is gratis en hy sal net my brandstof koste van R2.50 per km betaal.

AKSKA Pakket 3

Nie Lede:

Nie lede is mense wat soos in pakket 2, hulleself bemagtig het, maar besluit het om nie by AKSKA in te skakel nie.
Wanneer so n lid dan n probleem op sy plaas identifiseer, doen ons die eerste volledige konsultasie op sy plaas teen R8500.00 brandstofkoste uitgesluit.

Opvolg konsultasies daarna, wat op bedreigings teen sy huis en huisgesin gemik is, sal dan teen R2500.00 per plaas geskied. Brandstofkoste uitgesluit.

AKSKA Pakket 4

Of die boere kan self hulle eie risiko monitor waarop hulle net n konsultasie fooi sal betaal wanneer dit eendag nodig word. Met ander woorde, hulle bemagtig hulleself om hulle eie omstandighede te bestuur maar wanneer hulle hulp nodig het, kan ons help.

__________________________________________________ __________________________________

SWARTBERG ISS Pty Ltd Oplossing :

Pakket 1.

Swartberg Intelligence Support Services Pty. Ltd is AKSKA se kommersile been wat tans vir groot projekte elders in Afrika beskikbaar is. Swartberg ISS Pty ltd is by alle instansies geaffilieer wat ons meer as net n suksesvolle sekuriteitsmaatskappy maak.

Anders as ander sekuriteitsmaatskappye het ons nie misdaad nodig om te bestaan nie. Met ander woorde ons hoef nie misdaad te stimuleer om ons kontrakte te vergroot nie. Ons is trots daarop om te s dat ons, onsself eerder uit kontrakte uitwerk, omdat ons misdaad met meer as 90% kan verminder.

Swartberg ISS pty ltd, kan n permanente span van twee lede vir 20 plase ontplooi. Vir n boerevereniging van 40 lede, sal ek dus twee spanne ontplooi. Dit sal elke boer ongeveer R3500 per maand kos.

Vir die geld ..
1. Besoek ons die plase.

2. Karteer die misdadigers,

3. Identifiseer die misdaadrisiko op die gesin

4. Identifiseer die misdaadrisiko by die werkplek.

5. Skakel met die polisie en plaaswagte om misdade te voorkom.

6. Doen ons eie misdaadvoorkoming,

7. Skep n inligting insamelings netwerk

8. Doen self die analise van inligting,

9. Identifiseer misdaad sindikate

10. Stel die polisie in staat om die sindikate aan te keer.

Ons waarborg n afname in misdaad binne die volgende ses maande en wanneer die afname bewys is, skryf ons n 2 twee jaar kontrak met die boerevereniging sodat ons kan aanhou om die misdaad sindikate lam te l.

Opmerking:

Ons het dit in die verlede baie keer gesien, dat die klint wanneer misdaad wegraak, aanneem dat misdaad verdwyn het. Dit was in al die jare wat ons, ons tegnieke bewys het, nog nooit die geval nie. Die misdadigers verdamp nie of kom ook nie tot ander insigte nie. Dit is eerder n geval dat ons hulle geleenthede van hulle ontneem om te steel nie en wanneer ons onttrek, neem dit hulle gewoonlik nie baie lank om weer aktief te raak nie.

Die tendens is nie omdat ons onsuksesvol is om misdaad te laat verdwyn nie. Dit is eerder n geval dat misdaad in Suid-Afrika so groot is, dat die verdwyning van misdaad n geweldige arbeidstekort in die land kan veroorsaak. Die misdadigers raak dus nie weg nie, ons l hulle net lam.

VRAAG ?

Is R3500 nie te veel geld nie ?

ANTWOORD:

Dit is gelyk aan twee ekstra werkers per maand, wat jou misdaadprobleem van jou wegneem. Die verskil is dat ons vir die geld van twee ekstra werkers, n diens lewer wat die polisie, plaaswag en die weermag saam, nie kan bied nie.

Swartberg ISS se sisteem is nie goedkoop nie. Ons werkers is die enigste in die wreld wat gespesialiseerd is op die gebied. Ons suksesse vertel ons geskiedenis en ons was nog nooit onsuksesvol teen misdaad nie.

Swartberg ISS vir dorpe en Stede;

Ek kan n permanente span vir elke 80 huise ontplooi, mits die huise in een of twee aangrensende blokke is. Dit beteken dat die huise ongeveer R875 per huis per maand gaan betaal.

Vir die geld bied ons dieselfde dienste aan die stedeling as wat ons aan die boere bied.


Naskrif.

Afhangend van hoe die modelle ontwikkel, kan dit moontlik in die toekoms nog aangepas word. Tog het Swartberg ISS genoeg tyd in Suid-Afrika spandeer en het dit nou vir die land se mense tyd geword om te besluit wat vir hulle belangrik is. AKSKA se kennis en die bewyse van sy suksesse in Swartberg ISS, het vir ons deure na die res van Afrika oopgemaak.

Vanuit n besigheids oogpunt moet Swartberg ISS n besluit neem en as ons eie gemeenskappe nie die potensiaal kan raaksien nie, sal ons hoofkantoor waarskynlik in die toekoms ietwat noord skuif waar die mense ons waarde raakgesien en erken.

520
07-12-2014, 08:51 PM
Netjies Lukas, duideliker kan jy dit nie stel nie. As dit reg is met jou, wil ek dit print en uithandig in my gemeenskap en vir die gpf gee.
Verder is my ondervinding van so dane, as enige persoon mm of aa moet eerder dood stil bly, want met my kennis en ondervinding leer en verstaan ek dit elke dag beter beter.
Ek dank die Vader dat hy jou op ons pad gesit het.:D

SA419
07-12-2014, 09:10 PM
Jy het my vote, ek staan by jou,
die ou wat omgee en wil leer sal so maak,
die ander ou moet maar sterk staan.

Lukas
07-13-2014, 01:13 PM
Dankie, 520. Ek dink dat almal wat kans sien hierdie draad se inligting te versprei dit vinnig moet doen. . Hoe vinniger ons hierdie boodskap uitkry hoe beter. Mense moet n keuse maak en die tyd om allerhande verskonings te soek om hier verby te kom, is nou verby.

Ons het bewys dat dit op die oomblik die enigste plan is wat teen misdaad werk en as ons vir die mense n keuse kan gee, het ons nie bloed op ons hande nie.

Ja, druk die draad uit en versprei dit. Jy kan dit selfs in verskillende dele verdeel om die lees daarvan minder te maak. Maar kry die boodskap uit.

Dankie, dat jy gevra het.