PDA

View Full Version : Is hierdie SA se veiligste plaas?



Unregistered
07-13-2014, 09:57 AM
2014-07-12 22:30
SHARE:
Claudi Mailovich

http://www.rapport.co.za/Nuus/Nuus/Is-hierdie-SA-se-veiligste-plaas-20140712

http://cdn.24.co.za/files/Cms/General/d/2780/d354de3dc1a44aa89f934d490fbf3dad.png


n Vrystaatse boer het meer as n miljoen rand bestee om sy plaaswerf een van die veiligste in Suid-Afrika te maak.

Met amper militre beplanning het di bees- en graanboer die veiligheidstrukture rondom sy plaashuis so ingerig dat hy tyd kan wen wanneer booswigte sou toeslaan.


Enige werf in di gebied was in n stadium so oop dat jy tot by die voordeur kon ry, s Hennie du Plessis*.


Rapport het met Du Plessis gaan gesels n n onlangse brief in die koerant van n Namibiese leser wat ges het baie Suid-Afrikaanse boere is sitting ducks omdat hulle nie plase ordentlik beveilig nie.


Di aantyging maak hom vies.


Ds n absolute leuen. Boere is nie sitting ducks nie. Ja, jy is blootgestel weens die omgewing waarin jy werk. Maar om dt te s, is net so goed jy s n mynwerker stel hom bloot onder die grond.


My hel, man, dis sy werk!


Du Plessis s elke boer wat hy ken doen alles binne sy finansile vermo om sy plaaswerf te beveilig.

Die verdedigingslinies wat hy ingerig het, is verstommend:


* Dubbele omheining verwelkom jou wanneer jy by die grondpad opry. Dit strek oor altesame 1,9 km en het hom sowat R560 000 uit die sak gejaag. Die eerste is n gelektrifiseerde heining wat 8 000 volt deur jou lyf kan stuur. Die volgende een het lemmetjiesdraad om die oorklimslag te bemoeilik;

* Merkers aan die draad word deur die infrarooiligte in nagsigverkykers gemonitor. As iemand aan die draad vat, dit knip of selfs met n voertuig of trekker sou omry, gaan n alarm af.

Dis eenvoudig n vroe waarskuwingstelsel, s hy.

* Sou betreders deur die eerste linie kom, het Du Plessis honde buite die huis wat alarm kan maak;

* Kragtige sekuriteitsligte rondom vorm ng n verdedigingslinie. Sien jy hoe lyk dit nou rondom die huis (dit is 12:00)? Net so sal dit vanaand lyk.


Sou n booswig daarin slaag om in die huis te kom, verby die diefwering en elektriese veiligheidshek, sal hy alles moontlik probeer doen voordat hy met skerppunt-ammunisie sou skiet, s Du Plessis.

Sy alternatief is n verfbalgeweer met pepersproei-patrone. Daarna sal hy soliede koels gemaak van n nylonveselmengsel met di geweer vuur, vertel hy oor n koppie koffie met Cremora.


Om n regte vuurwapen te gryp, is die laaste stap.

Ons is nie moordenaars nie, ons is boere. But if you step over the line ... ek moet my familie beskerm.

Hy en sy gesin volg nooit dieselfde roetine nie.


Soos n mens saam met hom deur die gebied ry, wys hy die deeglike beskerming op verskillende plase uit: gelektrifiseerde heinings, honde, kameras, alarms.

Om te boer, om kos aan die land te verskaf, is in sy aard. Ds wie hy is.

Dis net dat hy nou soos n veiligheidswag ook moet dink en besoekers selfs afsprake moet maak om by sy huis in te kom.

Jy wat in Johannesburg woon, weet ook die moontlikheid is daar dat iets is met jou kan gebeur, s Du Plessis.

Die verskil is net dat jou buurman 100 m van jou af is, Mne is 3 km ver.

* Skuilnaam

Aletta
07-13-2014, 10:44 AM
Du Plessis kan so kwaad word soos hy wil, Vrystaatse boere is meestal roekeloos met hul veiligheid en ek is dikwels verbaas hoe min eintlik vermoor word. Ek kan op n Sondagmiddag tot in my bejaarde oom se slaapkamer stap. Sy vrou gaan hoeveel keer na donker na haar hoenderboerdery en hulle is geen uitsondering nie. Al hierdie sekuriteit van die boer is wonderlik maar as hy nie by al die reels van Afrika hou nie kan hy steeds by sy hek n kopskoot kry. Dis ongelukkig hoe dit is.

Lukas
07-13-2014, 01:04 PM
Buite Jouberton naby Klerksdorp was daar ook so n boer. Hy is vandag dood omdat hy gedink het dat ons aanbevelings te maklik klink en hy het sy plek net so toegespan.

Die kriminele het toe onderdeur die elektriese heining n gat gegrawe, een van sy varke geslag en die vark se kop vir hom voor sy agter deur gelos.

Hy het verder gegaan en gewapende wagte ook op sy werf geplaas net om seker te maak dat die moeilikheid nie weer gaan gebeur nie. Een nag het hulle ’n insident buite sy werf in die veld geskep waar hy toe doodgeskiet is.

Jou veiligheid gaan nie oor wat jy het nie, maar oor wat jy weet.

Jannie
07-13-2014, 08:03 PM
So lyk die skematiese voorstelling van die plaas


http://cdn.24.co.za/files/Cms/General/d/2780/d354de3dc1a44aa89f934d490fbf3dad.png

B52212345
07-14-2014, 07:59 AM
Jou veiligheid gaan nie oor wat jy het nie, maar oor wat jy weet.

Ek stem Lukas, die hele afere klink na my na meer moeilikheid as enige iets anders. Die eerste ding wat ek hier sien is dat die man baie, baie BAIE geld het!

Die tweede ding wat ek sien as dat een of ander maatskapy sommer baie geld hieruit gemaak het!

Is die Boer meer veilig of weerbaar, meer as ander maar hy het n hele stel nuwe probleme geskep daar. Miskien moet hy n brandweer stasie opsit!

Jannie
07-14-2014, 08:21 AM
Flippit, sou 'n rivier met baie nyl krokodille rondom die plaas nie goedkoper gewees het nie. ((Joke)) Ek mag verkeerd wees, maar as 'n skelm wil ingaan sal hy! Deur meer paraat te wees en kennis oor al die moontlike tekens en metodes / gebruike, sal miskien op die ou einde meer help. Nie dat die veiligheids aspekte onnodig is nie maar dit is staties.

Lukas
07-14-2014, 10:15 AM
Daar is n paar probleme wat ek in die sisteem sien.

1. Die eerste is vertroue.


’n boer moet sy werkers kan vertrou. Mielieboere kan maklik dertig of meer werkers h en om vir elkeen wat wil inkom om te kom werk, die hel self oop te maak, is net nie moontlik nie. Deur die dag werk die werkers oral en hulle kom byvoorbeeld op ongereelde tye om diesel te gooi, ander implemente te kom hak, iets in die die stoor reg te maak.

Die bediendes kom ook op gereelde tye in en wanneer die vrou dorp toe gaan bly die bediendes agter. Maar omdat die vrou soms laat terugkom, moet die bediendes kan huis toe gaan. Hie gaan hulle dit regkry as hulle binne toegesluit is.

Vakansies moet n werker toegang tot die huis kry sodat die honde kan kos kry en die werker moet ook kyk dat die yskaste werk sodat al die goed binne die yskas nie vrot wanneer die krag afskop nie.

Dit is ook vir die boer self amper onmoontlik om die hele dag by sy huis te sit. ’n Boer is redelik besig om toe te sien dat al die fasette van sy bedryf loop en vir hom om by die huis te sit, is nie so maklik nie.

’n boer moet sy werkers kan vertrou omdat hulle afgesonderd is en omdat hulle op mekaar aangewese is.

Hoe bestuur n mens so veiligheid sisteem en kry dit terselfdertyd reg om te werk ?

2. Sand;


Die grootste deel van die Vrystaat waar n boer dalk soveel geld los kan kry om aan veiligheid te spandeer, is sand wreld. Dit beteken dat n mens baie maklik gate in die sand kan grawe.

Dit is daarom goed om n sement fondasie onder die veiligheidsheining te gooi, sodat jou diere nie onderdeur grawe nie. Maar n mens is vindingryker en hulle kan dieper grawe om die grond onderdeur die draad los te maak, sodat hulle kan deurkruip.

Die boer en sy vrou is nie elke dag by die huis nie en daar is genoeg tyd om tonnels te grawe. Om videobeelde terug te speel is tydrowend en baie vervelig. Binne drie maande word die beelde net teruggespeel wanneer daar iets verdags gebeur het. Anders gaan die tyd verby en stoorkapasiteit van die kameras word so vol dat ou beelde self uitgevee word.

Ons weet dat n huisroof en ’n plaasaanval oor maande beplan word. Dit beteken dat die skelms hierdie maand alles rustig kan hou sodat die tonnel gegrawe kan word. Wanneer die tyd aanbreek is dit vinnig om deur te kom.

3. Ligte.

Buiteligte wat nooit afskakel nie, help kriminele baie. Die ligte skep vaste skadukolle en hulle kan dit tot hulle voordeel gebruik. Terselfdertyd skep ligte n valse gevoel van sekuriteit en is mense waar die buiteligte deur die brand, meet weerloos as waar ligte net aangeskakel word wanneer iets buite skeefloop.

4. Honde.

Honde moet gevoer word en omdat n mens nie altyd tyd het nie, is daar altyd n werker wat na die werkie kan omsien wanneer die eienaar nie by de huis is nie.

’n Mens kan gevaarlike honde gedurende die dag in kampies toemaak sodat hulle van ander mense gedurende die dag gesoleer kan wees. Maar honde in kampies moet uitgehaal word. Die tyd tussen tjailatyd en wanneer die honde losgemaak word, is n mens redelik weerloos. Heelwat boere was al in daardie tydgleuf aangeval.

Honde is ook manipuleerbaar. Honde kan bedags maklik deur werkers aangeval word sodat die hond wanneer die werker in die nag die huis nader, eerder sal gaan wegkruip voor hy blaf.

Aanvallers:


Aanvallers is nie ’n mag van buite wat jou en jou werkers kom aanval nie. In die meeste gevalle is die probleem tussen die werkers wat jy moet vertrou. Een of meer werker wat n aanval teen jou organiseer, sal dan vir die aanvallers al jou swak plekke in jou verdediging uitwys, sodat jy maklik aangeval kan word.

Skaak.

Die boer het homself met al sy beveiliging in n swakker posisie geplaas as wat hy dalk voorheen was. Die mense wat die aanvallers toegang tot hom sal gee, werk vir hom en omdat hy sy werkers moet vertrou, is dit onmoontlik om nie aand ie werkers ook toegang tot die werkarea te gee nie.

Hy is nog blootgestel maar het nou meer probleme as voorheen. Probleme omdat hy sy sekuriteit sisteem ten volle moet bestuur om in beheer te bly.
Probleme omdat hy vir sy werkers wys dat hy bang is en hy in dei toekoms moontlik gentimideer kan word.

Probleme omdat misdadigers hom in die toekoms as voorbeeld kan gebruik waarmee hulle ander biere bang kan maak.

My vermoede.

As hierdie boer baie ongelukkig is, gee ek hom een jaar voor ons weer van hom sal hoor.

B52212345
07-16-2014, 01:25 PM
Baie mense, veral vandag besef nie regtig waaroor paraatheid gaan nie. Die grootste gedeelte hiervan behels kennis en die toepassing daarvan.

Daar is twee gedeeltes wat paraatheid aanbetref. Fisiese paraatheid wat met jou kop en ligaam bestuur word en geestelike paraatheid deur jou geloof en vertroue in vermo.

Dit is baie moontlik dat hierdie hele stelsel gaan ly na n valse gevoel van veiligheid, wat soos jy s ander gevare gaan bring!

A508
07-17-2014, 08:00 AM
Hierdie storie laat my so baie dink aan een wat 'n ouma my baie jare terug vertel het. In die goeie ou dae was daar ook maar verkragtngs en diefstal.
So het 'n ou tannie wat ook alleen op haar plaas geboer het, een aand so net na sononder rustig op haar stoep gesit. Toe sy glo weer sien staan 'n vreemde swartman voor haar en vra waar is al die mense van die huis. Haar antwoord was net: "Vandat ek dood is bly hier niemand meer nie"

Ek sou ook twee keer gedink het voordat ek 'n tree verder sou waag. Dit wys jou net weer dat as die kop reg is .....................
Trudie.

456
07-18-2014, 09:12 AM
n Alleenloperboer van Vredefort se forthuis, sy gewelddadige dood en wat daarop gevolg het, is iets wat nie maklik vergeet word nie. Andries Hendricks bly die Vredeforters by. JENS FRIIS vertel
DIE eksentrieke alleenloperboer Andries Hendricks (71) van die plaas Kruispad, Vredefort, het n doodse vrees gehad dat hy vermoor sou word.
Daarom het hy byna al sy spaargeld gebruik om n betonfort met skietgate te bou waarin hy veilig sou voel.
Hy het die plasie waarop hy geboer het, verkoop en net n smal deurgang na die grootpad vir hom uitgehou. Hier het hy die betonfort opgerig.
Die drieverdiepinggebou het bestaan uit gegote beton met staalversterkings.
S sterk was dit, dat jy wonder of selfs n mortier veel skade aan die gebou sal aanrig.
Buiten die motorhuis had die huis slegs n buitedeur. Maar in elke vertrek (selfs die toilet) was daar tw deure sodat jy nie vasgekeer kon word nie.
Elke vertrek het glo ook drie ligskakelaars gehad. Vir elkeen was daar n afsonderlike kragbron sodat die huis nooit in donker gehul sou wees nie.
Hy het n kragopwekker in die huis se kelder laat aanbring en het glo altyd gespog dat niemand hom uit sy fort sou kon verdryf nie. (Het hy maar geweet ...)
Op die boonste verdieping het Andries n betonkluis met skietgate ingerig met die deur van n ou bankkluis as ingang. Di staalkluisdeur het n 7 ton geweeg.
En in die huis was daar altyd hope geblikte kos waarop jy vir n baie lang tyd sou kon oorleef.
Vredeforters vertel dat die Hendricks-huis se deure altyd gesluit was selfs as hy in sy tuintjie gewerk het. Bure was bang dat hy dalk in die huis sou sterf en dat niemand hom dan daaruit sou kon kry nie.
En hul vrese was nie sonder rede nie ...
Toe gebeur dit
Andries is gebore met n boggelrug. Nietemin kon hy taamlik goed rondbeweeg.
Benewens dat hy geboer het, het hy ook by die Vredefortse meule gehelp.
Een dag het aanvallers hom ingewag toe hy tuis kom van di meule en n n worsteling is hy met n handbyltjie doodgekap.
Ondanks sy sterke forthuis is Andries vermoor en wel deur sy eie huishulp en haar meelopers.
Die moordenaars het geneem wat hul wou onder meer n muntversameling wat hul gedog het baie waardevol is.
Maar sulke munte sit jy nie sommer om elke hoek en draai van die hand nie. En dit het hulle op die ou einde weinig in die sak gebring.
Die moordenaars is later aangekeer in die oud-Bophuthatswana.
Eers het niemand onraad gemerk nie, want Henricks was sonder kind of kraai.
Hy was slegs n paar maande lank getroud, maar dit het nie uitgewerk nie.
Vriende het mettertyd gedog dis uiters stil by die Hendricks-huis en ondersoek gaan instel.
Lyk en rinkhals
Dit was duidelik: hier is fout. Hulle het die polisie laat kom, maar Andries (se lyk) was skoonveld.
Dit het later geblyk dat sy aanvallers hom in n betonrioolgat gegooi het.
Om die lyk daar uit te haal, was n ander storie, want di poging is byna gefnuik deur n groot swart rinkhals van byna twee meter.
Die bevelvoerder van die veediefstaleenheid van die Parys-polisie is aan sy bene laat afsak om die lyk uit die put te trek.
Hy was reeds met hierdie grieselrige taak besig toe omstanders n lang slang in die water langs die lyk sien wriemel.
Die polisieman het toe so vinnig moontlik met sy taak klaargespeel en die lyk is deur die opening van die put getrek.
Grafsteen en witblits
Maar dis nie die einde van hierdie rare verhaal nie. Andries se grafsteen het in 1981 n allemintige R77000 gekos. Twee weke n Andries is iemand in die Vredefortse begraafplaas ter ruste gel. Sy grafsteen het n skrale R77 gekos.
Vandag sou di pronkstuk uit Italiaanse marmer hom maklik meer as n driekwartmiljoen rand uit die sak kon jaag.
Die grafsteen troon bo alle grafte uit in die Vredefortse begraafplaas. As jy daarna wil gaan kyk, is dit onmoontlik om dit nie raak te sien nie.
Op n vendusie van Andries se goed was daar n handvol konkas gevul met n vloeistof. Volgens die afslaers was dit remvloeistof, maar die kopers het beter geweet en hierdie remvloeistof het hemelho pryse gehaal.
Di voggies was toe al die tyd witblits. Andries het dit skelmpies gestook.
Dis onseker of die afslaers geweet het wat werklik in die dromme was. n Afslaer mag nie alkohol opveil nie, tensy hy daartoe gemagtig is.
Uitgebreide testament
Die eksentrieke Andries het n uitgebreide testament gehad.
Hierin is onder meer gestipuleer dat elke familielid wat die begrafnis bywoon R10 moes ontvang.
Slegs een familielid was op sy begrafnis en die R10 is aan haar uitbetaal toe die boedel afgehandel is.
n Verdere testamentbepaling was dat daar weekliks vars blomme op sy graf gesit moet word.
Dit word egter al jare lank nie meer gedoen nie. Die geld wat Andries nagelaat het hiervoor is reeds uitgeput.
Op sy imposante grafsteen staan daar: Andries Petrus Hendricks, 3/10/1910 12/5/1981, Gone & Forgotten.
Andries Petrus Hendricks is lank reeds aan die ander kant, maar die Vredeforters onthou hom steeds. Hy was immers te eksentriek om sommerso te vergeet.

http://archive.today/eXQ5J#selection-781.1-971.151
http://www.mullersgazette.co.za/Vredefort.html

Unregistered
07-20-2014, 08:50 AM
Wie het die plaas gekoop?