PDA

View Full Version : Clive Derby-Lewis



Unregistered
07-14-2014, 03:05 PM
Sou Derby-Lewis nie lankal parool gekry het as sy familie so ietsie betaal het aan die weduwee Hani nie? Of verstaan ek nou Afrika se wette verkeerd? Bees Roux het losgekom omdat hy bereid was om n stewige som aan die spietkop se familie te betaal.

Unregistered
07-14-2014, 11:12 PM
Miskien was dit omdat Hani meer as R40 000 per maand, van ín mynbou groep onder die tafel gekry het.

Miskien was dit omdat my vriend Shames OíReilly, vermoor was toe hy bewys het dat die SAKP self saamgesweer het om Hani te vermoor.

Miskien is daar te veel geheime van die SAKP en die mynbou groep wat beskerm word, solank Derby-Lewis in die tronk bly.

Jannie
07-15-2014, 07:40 AM
Die hele Afrika gebruik wat nou hier gebruik word is 'n absolute klomp bollie. Vir my gaan dit nie oor Clive Derby-Lewis of Eugene de Kock of wie ook al nie, maar om die wetlike voorskrifte te omseil d.m.v. die strooi dat die "victims" en hulle familie die toestemming / vergifnis moet gee alvorens die gevangene sy reg kan gebruik is suiwer bollie! Die probleem is dat dit erg selektief toegepas word en daar geen gelykheid voor die reg is wat die twak aanbetref nie (Nie dat daar in elk geval erg gegee word aan gelykheid voor die reg nie) Byvoorbeeld, toe Selebi op vinnige mediese parool vrygelaat is, het enige iemand enige van die verontregtes gevra of hulle daarmee saam stem, nee! En so is daar seker honderde gevalle waar geen poging aangewend was om enige van die slagoffers van misdade eers intelig dat die oortreeder vrygelaat word nie, wat nog van 'n kans gee om daarteen te stem.

Dit is, in my opinie, juis die soort van optrede en dade wat in die land 'n al groter wig indryf tussen groepe en rasse. Midde in die hele debakel van ministers wat lenings vir plase kry (net om dit in diere konsentrasie kampe te omskep - @#$%^&) en ministers en hoofde wat blatant lieg oor hulle kwalifikasies, munisipaliteite wat bankrot gesteel is en wan bestuur en aanwending van fondse ens kan No1 nog steeds kom en sÍ "We have a good story to tell" Goeie genade ou perd as dit 'n goeie storie is, hou maar die kak een vir jouself!

Lukas
07-15-2014, 08:13 AM
Hahaha! Hene Jannie maar die klomp klonte kan jou omkrap. Bloedruk broer bloedruk, ons moet nog ver gaan. Ons fight is nog lank nie verby nie.

Unregistered
07-15-2014, 08:39 AM
Nie een van julle het my vraag beantwoord nie. Sou die mense dalk sukses behaal het as hulle minder geld aan regskostes bestee het en die Hani-familie geld aangebied het?

Jannie
07-15-2014, 08:45 AM
Nie een van julle het my vraag beantwoord nie. Sou die mense dalk sukses behaal het as hulle minder geld aan regskostes bestee het en die Hani-familie geld aangebied het?

Die moontlikheid bestaan wel. Maar, die Hani familie is baie meer welaf as die skelm-verkeersman en ook baie meer prominent. Ek dink meer dat dit die SAKP is en nie die familie self nie, m.a.w. hulle word half as pionne gebruik.



@Lukas! Nee my ou mater ek word nie kwaad nie ek verstom my net aan die absolute onvermoŽ van party van ons volksgenote om te sien wat eintlik hier gebeur. Elke moontlike ding word gebruik om die wig in te hamer en die skeiding groter te maak netsodat hulle dit late teen ander kan gebruik.. Al die ou kommunistiese leerstellings en metodes word afgestof om te kyk of dit tog nie maar die keer beter werk nie.

Lukas
07-15-2014, 11:45 AM
Jannie is reg in meer as een opsig. En soos wat ek die storie sien was jy geantwoord. Die mense sou nie genoeg geld gehad het om te betaal nie en 'n verskoning sou ook nie vir die politici gepas het nie.


Derby-Lewis was gewerf om die moord te pleeg, hy het met die verkenning 'n onbeplande moord gepleeg en daarna verdwaal tot hy gevang was.

Die rede waarom hy die moord gepleeg het, was omdat hy hom deur die politiek laat beÔnvloed het. Dit het homself beskikbaar gestel om misbruik te word. Hy het sy doel gedien en soos Jannie se sou die SAKP niks meer wou he nie.

Die regering van die dag bepaal die standaard en wat toe gegeld het, sal vandag nog geld. Derby-Lewis se vrou is baie bedrywig in die politiek en word deur die ANC gerespekteer. Maar nie eers haar goeie verhoudings kan iets verander nie. As sy dit nie regkry nie sal niemand anders dit ooit kan regkry nie. Dit sou nie toe gewerk het nie en dit sal ook nie vandag werk nie.


Die enigste wanneer die regering hom sal laat loop, is wanneer die regering deur n ander swart party bedreig word. Hulle sal hom dan genadig wees om jou stem en steun te kry. Dit is nou as jy nie in opdrag van die regering navra doen nie.

As jy onskuldig is. Die antwoord is; nee.

Aletta
07-15-2014, 10:29 PM
Lukas sover ek weet het hy nooit n moord gepleeg nie. Het hy nie net dien wapen aan Waluz verskaf nie of is daar n stukkie geskiedenis wat ek nie ken nie?

Jannie
07-16-2014, 05:41 AM
Lukas sover ek weet het hy nooit n moord gepleeg nie. Het hy nie net dien wapen aan Waluz verskaf nie of is daar n stukkie geskiedenis wat ek nie ken nie?

Dit is so, hy't nie die sneller getrek nie, maar "conspiracy to commit murder" is net so erg. Kyk maar hoe lank sit my tandarts al in die tronk en hy was nie eens op die toneel nie, maar in sy geval was daar hoŽ politieke invloed.