PDA

View Full Version : Uhuru weer trg volgend berig in Beeld



Unregistered
07-15-2014, 03:23 PM
Hi Almal,

Die berig laat dit bleik as of SA n uhuru in die o staar, kan ons asb vra vir opjetiewe trgvoer van die "vloer" i v d? Vir my skep dit die indruk dat dit wit op swart gaan wees maar ek voel deesdae is die wittes heel uit die voorfront uit en voel ek sal die ongelukkigheid onder die swart groepe n beter kans om vlam te vat.
Dit voel soms vir my assof dit n dooie is wat hulle die heetyd probeer wakker skud.

"Du Preez - Wat vyf jaar gelede nog moontlik was, is vandag heeltemal buite die kwessie en wat toe onmoontlik was, is vandag waarskynlik." sien volledige berig hier - http://www.beeld.com/bylae/2014-07-05-uhuru-terug-op-agenda?vc=a4906ef75e4282e0965d8e1df6d0957e

BW

Unregistered
07-15-2014, 08:25 PM
Dagse,

Miskien as so iets gebeur kan dit dalk net die wittes laat wakker skrik.... miskien net..... oo nee ek het mos vergeet , hulle is te besig om hulle gode te dien nl, die god van geld, die god van drank, die god van sport en die god van wellus. Moet ook nie hulle god Mandela vergeet nie.......

Groetnis
Kasper

Aletta
07-15-2014, 10:37 PM
Du Preez skryf n hele paar waarhede in die rubriek. Hoewel ek nie met alles saamstem nie, is sekere standpunte baie naby aan die waarheid.
Veral hierdie is baie na aan die waarheid as ek sien; luister en oplet watter swartes nou so rewolusioner is:
"Die mense wat nou groot emosie opsweep oor grondhervorming is nie die mense wat wil gaan boer of net ’n stukkie grond wil h nie, dis middelklas-stedelinge. Dis betekenisvol dat di opswepers nie veel oor die hervorming van ons stedelike woonruimtes of selfs swart onderwys te s het nie. Dit gaan nie oor grond of landbou nie, dit gaan oor die simboliese, sielkundige bevryding van swart mense, met ’n skootjie rasse-jaloesie en wraaksug daarby ingemeng."

Lukas
07-16-2014, 12:11 AM
Ek het my destyds in die laat tagtig en voe 90s, aan hierdie analiste verwonder. Toe was die sosio-ekonomiese weerstand van die mense as verskoning gebruik om die rewolusie te verstaan.

Dit is presies wat die rewolusie doen. Dit werk volgens n plan en het vaste doelwitte. As Max meer wou verstaan wat hy nou beskryf, sou ek dink dat hy na Kenia se geskiedenis vanaf 1960 tot 1964 gaan kyk. Toe was daar ook soos dit nou hier by ons is, baie swart miljoenrs.

Die apie wat met hom gepraat en eerder n volledige rewolusie begeer het, is ook oningelig. Die 1994 verkiesing en wat dit voorafgegaan het, was n volledige rewolusie en het eintlik pragtig volgens die boek geskiet. Dit wat die knapie begeer kom eers met die tweede rewolusie.

Ek dink dat Max die simptome mooi raaksien maar ongelukkig nog nie die werking verstaan nie. As n ou soos Max die werking kon verstaan en die plan dan verduidelik het, sou hy die meeste Suid-Afrikaners wakker kon maak, maar wanneer mense so onverwags wakker skrik, is hulle geneig om te hardloop. Miskien is dit beter dat hulle maar soos die padda stadig in die pot warm word.


Dis maar my eie opinie.

Jannie
07-16-2014, 05:47 AM
Max is 'n groot "spanner" in die werke en hy en 'n paar ander word baie goed "bestuur" deur die agter die skerms. Mense maak dikwels die fout om die "soldate" se intelligensie te oordeel en min van ons weet van die hanteerder wat agter die pion sit.

Unregistered
07-16-2014, 08:59 AM
Ek dink dit is presies die probleem met Max en kie. Daardie ou storie van as jy net die halwe prentjie sien en niks is so gevaarlik soos n leuen wat sy wortels in die waarheid het nie. Dit is ook soos sy stelling vroeer in die rubriek dat witmense so vreeslik ryk sou word in die Nuwe SA. Ek hoor dit gereeld by ekonome en daar steek ook waarheid in maar weereens is dit net die halwe prentjie. Die wittes wat so vreeslik ryk geword het is waar maar die res van die bevolking, die pensioenarisse, hande-arbeiders en wit ongeskooldes het verarm.

Dit bly interessant hoe daar al meer skrywes opduik wat ons eintlik "voorberei" vir n rewolusie. Dit is ook opvallend hoe Ramaphosa al meer in die openbare oog beweeg en van die take wat n president normaalweg sou doen oorneem. Ek dink almal word stadig maar seker gewoond gemaak aan dit wat kom.

Alet

Unregistered
07-16-2014, 09:03 AM
Dagse almal,

Ek het gisteraand so bietjie le en dink oor hierdie ding, my gevolgtrekking is as volg:

Hierdie is net my leke denke oor die saak, ek is seker dat die boffins soos Lukas en kie dit beter sal kan verduidelik, of miskien my kan reghelp.
Ons almal weet dat Max bestuur en betaal word deur die anc, Hyself het dan so 4 of 5 jaar terug geskryf hoe agterlik die "regses" is om te dink dat daar ooit 'n Uhuru sal wees, siende die sterk konstutisie en die feit dat geen swarte blankes wil vermoor nie. (onthou dit was toe die suidlanders ens begin brom het oor die moontlikheid van Uhuru)

Die afgelope jaar en 'n half ploeter die anc rond van die een fiasko na die ander (Tol Paaie, Nkandla, Moordenaars wat aangestel word in top posisies, mense sonder kwalifikasie wat aangestel word en dan uitgevang word, Kabinet ministers wat diere mishandel , korrupsie skandaale ens).
Hulle "image " op die staduim is baie sleg die wereld oor. So dis tyd vir "damage control"- Hoe doen jy dit?

Wel bring vir iemand soos ou Max in, gebruik hom om die "rumor" te versprei dat daar moontlik weer 'n Uhuru oppad kan wees. Die gevolg is die boere en veral die "regses" begin regop sit en begin planne maak vir die aanslag. (opstock van wapens en ammunisie). Dan wanneer hierdie ding lekker warm geraak het stuur jy die polisie in om hierdie "regse groepe en lands verraaiers" te vang. Maak een moerse ophef daarvan in die media, en skielik vergeet almal van die anc se gerond ploeter, want nou is alle aandag op hierdie "rasistiese regse terroriste en land verraaiers", en siedaar damage control is gedoen en die anc lyk weer "goed" in die wereld se oe. En as meevaller word die rassehaat en haat vir wittes weer aangeblaas- dis mos presies wat hulle wil he.

Wel dis maar my siening oor hierdie hele saak....

Groetnis
Kasper

greengroen
07-16-2014, 09:46 PM
Nee wat dit gan meer as max vat om die probleeme in die land te verduidelik die swartes in die land het baie groot probleeme dit is ongelukkig die harde werklikheid

Lukas
07-17-2014, 01:33 AM
Nee, Kasper. Ek dink dat Max so slim vir homself is dat hy eintlik dom geword het. Ek dink dat hy maar net n uitgesproke intellektuele snob is, wat homself met mense soos van Zyl Slabbert wil vergelyk, maar in die proses slaan hy sy eie naam meer en meer, met dieselfde plank.

Ongelukkig is daar baie mense wat vir sy arrogansie val. Daar is mos ‘n Engelse gesegde daarvoor. “Bullshit baffles brains”

Daar is regtig nog mense soos hy. Hulle noem hulleself die verligtes maar uiteindelik is hulle so vekramp dat hulle die woord verkramp na n onderwaardasie laat klink.

In die verlede het hy, omdat hy homself as die intellektuele reus beskou, sy eie naam so skade gedoen dat selfs die ANC hom gedegradeer het. Waar hy nou weer uit die kas kom, bly vir my nog vreemd. Ek dink regtig dat hy maar net te stupid is om die impak van sy eie woorde te verstaan.

Greengroen verduidelik Max se uitsprake baie beter met baie minder woorde.

Unregistered
07-17-2014, 09:00 PM
Interessant dat AgriSA hom deesdae graag as spreker na landbougeleentede soos NAMPO nooi;

Lukas
07-17-2014, 11:54 PM
Dit laat my oor baie dinge diep wonder.

Jannie
07-18-2014, 06:09 AM
Interessant dat AgriSA hom deesdae graag as spreker na landbougeleentede soos NAMPO nooi;

Miskien hoop hulle heimlik dat daar iewers 'n weghol trekker sal wees...;)

Stem, Lukas dit laat mens wonder hoe en hoekom sommige ratjies by mekaar pas en hoe die hele masjien nou eintlik draai. Ek sien gereeld agter op minibus taxis die "waarheid" geplak - "Keep your friends close and your enemies even closer"

B52212345
07-18-2014, 07:56 AM
Hulle het ook nou al mooi geleer dat die woord UHURU n klomp mense met vrees beweeg!