PDA

View Full Version : Slagoffers se identiteit



Aletta
07-21-2014, 09:30 PM
Ek werk redelik gereeld as vryskutjoernalis en tans ook voltyds as een. Misdaadslagoffers wil soms nie met mens praat nie of indien wel dring hulle daarop aan om anoniem te bly. Stories van anonieme mense dra nou een maal nie veel gewig nie. My gevoel is dat jou veiligheid nie veel meer of minder bedreig sal word omdat jou naam in n koerant verskyn nie. Hier praat ek nou nie van bedrog, politieke stories en mense wat praat oor tenders nie maar meer huis-en plaasrowe, inbrake en kapings. Sal die praat van slagoffers oor so insident enigsins sy risiko verhoog om weer deeur te loop? Ek voel so half eerder dien teendeel.

Lukas
07-21-2014, 10:59 PM
Ek sit vanaand met n geval wat jou dalk kan help. 'n Paar jaar gelede is n man vermoor. 'n Familielid het ons in gekry om leidrade te soek omdat die polisie op daardie stadium nie leidrade gehad het nie. Die ondersoek het ons toe op n bende gesit wat in n ander dorp aktief is. Een van die aanvallers se vorige werkplek is ook opgespoor en n familielid van die man wat vermoor is, het toe n afspraak met die vorige werkgewer gemaak om meer oor die saak te gesels en om meer inligting oor die verdagte te kry.

Die ontmoeting het in n totaal ander dorp plaasgevind en niemand iets daarvan gedink nie. Terug by die huis was die vorige werkgewer glo redelik uitgesproke oor die ontmoeting en hy het glo redelik openlik oor die gesprek gesels.

Vanoggend, meer as n jaar later is daar by hom ingebreek en van sy vuurwapens gesteel. Die persoon wat dit gerel het, was sy eie huisbediende wat ontsteld was oor alles wat hy van die aanvaller kwyt geraak het. Sy het besluit om hom te laat vermoor. Die inbrekers in in haar huis gearresteer maar die vuurwapens was reeds versteek.

Die plan om die man te vermoor omdat hy uitgepraat het gaan nog voort en dit gaan so bietjie voetwerk van die polisie verg om die moord te voorkom.

Ek moet jou s dat ek nogal redelik verbaas was oor die insident en daarom vind ek jou vraag net so interessant.

In die verlede, nader aan die ou Suid-Afrika, sou dit seker nie n verskil gemaak het om oor jou aanvallers te praat nie. Maar hoe vrder ons in donker Afrika ingaan, hoe meer verander die omgewing om ons.

Ek het nie vir jou 'n antwoord nie

Gert
07-22-2014, 07:50 AM
Ek is redelik betrokke by spoorsny op misdaad tonele. Wat ek ondervind is dat die gemeenskaps lede ook glad nie inligting gee as hulle sigbaar is vir ander lede van die gemeenskap nie. Informate is ook baie bang en moet met die grootste versigtigheid handteer word. Hulle en hulle families se lewens is nikswerd as daar net n vermoede is dat een van hulle gepraat het.

Lukas
07-22-2014, 09:39 AM
Dankie, Gert. Aletta, Ek het nou laas nag oor die ding gedink. Onthou dat alles in n swart man se lewe wat met hom gebeur, gebeur omdat iemand anders dit oor om in die geestelike realm veroorsaak het. Maar dit is nie net swart mense wat so glo nie. In die Engelse taal praat hulle van Jinkx ( Hy het iemand ge jinx, of uit vrees dat hy die saak gaan jinx, wil hy eerder nie iets s nie. In Afrikaans is ons nog so bietjie onsensitief vir die besigheid maar soms hoor jy dat iemand s dat hy nie iets negatiefs oor n onderwerp wil uitspreek nie.
Ek dink dat daar vir n slagoffer n veilige tyd is om oor n onderwerp te gesels en daar is n tyd wat dit vir so n slagoffer nie veilig is om daaroor te praat nie. Wanneer n slagoffer voor die kriminele gevang is, openlik oor die onderwerp met ander mense wat nie polisie is nie, gesels en die kriminele word later gevang, is dit volgens die kriminele die slagoffer se skuld, dat die ongeluk of bad luck hulle familie getref het.

Swart mense dink in baie gevalle so bietjie anders oor misdaad as wat ons dink. Eendag na n gewapende roof waar n rower tydens n roof doodgeskiet is, vra ek n wag by die besigheid se hek wat hy dink.

Die wag was baie geskok oor die insident. Hy s toe dat dit baie sleg is dat mense so gevaarlike werk moet doen, waar hulle doodgeskiet kan word. Vir die wag was die rower nie iets boos nie maar iemand wat n gevaarlike werk gehad het. Nie alle swart mense dink so nie maar die wat deur die rewolusie gekorrupteer is, is die wat die lewe so ervaar.

In die lig van die agtergrond en wat Gert ges het, kan ek dink dat daar meriete in die slagoffer se vrese is. Wanneer die slagoffer sy storie met die polisie deel, is dit skynbaar anders. Maar wanneer die slagoffer sy storie aan ander mense vertel en dit lei tot die arrestasie van die krimineel, is dit vir die misdadiger n ander storie en kan hulle soms teen die een wat uit sy beurt gepraat het, wraak neem.

Ek kon nooit verstaan waarom die Amerikaners sulke bangbroeke is wanneer dit by, getuie sake kom nie. Vandag soos wat misdaad by die dag in Suid-Afrika sterker word, begin dit vir my meer en meer sin maak.

Tot gister toe, was wat ek ges het, meer van toepassing op swart mense. Maar wat nou gebeur waar die moord op n wit man beplan word, is tans n uitsondering maar ons moet dit maat mooi dophou om te sien of dit nie meer kere gaan voorkom nie.

Wraak aanvalle sal ook nie dadelik gebeur nie. Dit sal een of twee jaar na die insident geberu sodat n mens dit nie kan terug spoor nie.

Unregistered
07-22-2014, 06:53 PM
Slagoffers wat in sake moet getuig sal ek se dra meer risiko as een wat van sy aanval wil praat. Ek dink as jy stil bly wys dit juis dat jy vrees, en sodoende kan jy eerder weer geteiken word. Ek sal nie die mentaliteid verstaan van iemand wat anoniem wil bly as slagoffer nie, waar jy eerder n verskil kan maak en mense inlig oor wat gebeur. Waar jou lewe direk bedreig word deur openbaarmaking, kan jy miskien eerder anoniem jou storie vertel, anders moet jy jou stem dik maak. Alles hang af van die meriete van die saak, in sekere gevalle is dit wel lewens gevaarlik, en verstaanbaar, maar inligting kan dan op ander maniere gegee en verwerk word. Soos Lukas se sal daar seker n tyd wees om stil te bly ook, weeg maar die saak, maar jy kan miskien wanneer jy geen risiko in die saak sien nie, en daaroor wil berig, vir die slogoffer verduidelik, die waarde van sy getuienis. Staan vas