PDA

View Full Version : 54 moordenaars en 37 verkragters is lede van SAPD



Unregistered
07-23-2014, 07:38 PM
54 moordenaars en 37 verkragters is lede van SAPD

KAAPSTAD. – Altesaam 54 veroordeelde moordenaars en 37 verkragters is aktiewe lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD).

Nóg 1 357 polisielede is voorheen skuldig bevind aan poging tot moord, strafbare manslag, diefstal, korrupsie en ander oortredings.

Nie een van die 1 448 polisielede met ’n misdaadgeskiedenis is uit die polisie ontslaan nie.

Talle beklee selfs senior poste. Onder hulle is ’n generaal-majoor, tien brigadiers, 21 kolonels en tien majore. Die meeste van dié lede werk in Gauteng en in die Oos-Kaap.

Nathi Nhleko, minister van polisie, het dié inligting gister in antwoord op ’n parlementêre vraag van Dianne Kohler Barnard, DA-LP, bekend gemaak.

Die minister het gesê 1 064 polisielede met ’n misdaadgeskiedenis het voor die polisie se geskiktheidsraad verskyn, waarna 1 017 ontslaan sou word.

In ’n saak tussen die polisievakbond Popcru en die minister van polisie en die nasionale polisiekommissaris het die arbeidshof verlede maand bevind die werkswyse van die geskiktheidsraad is onwettig, ongeldig en sonder regskrag.

Ná dié beslissing is die werksaamhede van die geskiktheidsrade gestaak.

Nou sit Nhleko en genl. Riah Phiyega, nasionale polisiekommissaris, met hul hande in hul hare oor hoe om ontslae te raak van die meer as duisend polisielede wat nooit tot die polisie toegelaat moes word nie.

Volgens lt.genl. *Solomon Makgale, nasionale polisiewoordvoerder, wag die polisie nou op regsadvies voor hy besluit wat sy volgende skuif gaan wees.

Nhleko het eergister in sy begrotingsrede gesê nuwe maat*reëls is ingestel om te verhoed dat kandidate met ’n misdaadgeskiedenis tot die polisie toegelaat word.

Volgens Makgale is die polisielede met ’n misdaadgeskiedenis aangestel in ’n tydperk toe daar nie behoorlike prosesse gevolg is om veroordeelde misdadigers uit die polisie te hou nie.

Hoewel die Polisiewet bepaal ’n polisielid wat skuldig bevind en gevonnis is sonder die opsie van ’n boete kan outomaties ontslaan word, het die arbeidshof volgens Makgale bepaal die polisie moet elkeen van die 1 448 polisielede se sake individueel oorweeg pleks van om hulle deur die bank aan ’n geskiktheidsraad te onderwerp.

“Ons kan nie die sondes van die verlede oornag regstel nie,” het hy gesê. “As iemand vandag veroordeel word, kan ons hom onmiddellik ontslaan, maar ons kan dit nie doen met oortreders van jare gelede nie.

“Die nasionale kommissaris het dit baie duidelik gemaak dat sy dié kwessie wil uitsorteer. Ons is besig met ’n proses om te bepaal wat ons gaan doen.”

Kohler Barnard het gesê dit is “bisar” dat daar veroordeelde moordenaars in die polisie is.

“Stel jou voor jy kom by ’n polisiekantoor aan en ’n veroordeelde moordenaar met ’n vuurwapen is die polisielid agter die toonbank wat jou moet help.”

Sy het gesê Nhleko en Phiyega moet dringend optree en Suid-Afrikaners se veiligheid eerste stel.

http://www.dieburger.com/nuus/2014-07-23-sapd-se-moordenaars

Unregistered
08-14-2014, 02:56 PM
By Mike Smith
12th of August 2014
Damn right they are!
Third farm attack suspect arrested
This brings the total arrested for a farm attack on an 80 year old woman in the Ladysmith area to three…of which two are SANDF soldiers.
I and many others are convinced that these farm attacks are well planned military exercises. Terrorist attacks in fact. This is not “ordinary crime” like the lying ANC trash is trying to convince us of.
The ANC’s Marxist terrorist scum has simply never stopped doing what they have always done. Farm attacks and the accompanying terror are old terrorist tricks we have seen from Rhodesia to South West Africa. The only thing that has changed is that it is now taking place inside our borders. When the stupid liberals voted “Yes” in 1992, they simply voted to move the “Kaplyn” from SWA to within our own borders. The Marxist terrorists are now on our doorsteps.
And the sheeple? What will they do when the next farmer gets killed? They will go and knock another white cross in the ground on the Ysterberg hill near the N1 by Potgietersrus (Mokopane). They will remember the farmer. They will have an annual pilgrimage on the 2nd of June...in short the sheeple will BAAA and bleat a bit every time the wolves snatches one away. Then it quiets down until the next is snatched away...more BAAA-ing and bleating, but NOTHING will get done.
When will they realise that the only way to stop these attacks is to shoot the damn wolf?

Lukas
08-14-2014, 05:33 PM
Die Wolf kan geskiet word. Maar soos met enige jagpermit is daar voorwaardes. Dit moet byvoorbeeld jagseisoen wees. Die ander moontlikheid is wanneer die wolf as n pes gedierte verklaar kan word.

Wanneer die wolf n pes gedierte word, kan hy reg deur die jaar gejag word. Ons sit net met een probleem. Die regering sal nooit vir wolf as n pes verklaar nie. Ons moet self ons eie advokate kry wat dit moet doen.

Wat is dit wat die advokate moet doen ? Hulle net soos wat hulle die gewelddadige stakings, as dade van terrorisme bewys het, ook die geweldsmisdaad as terrorisme bewys. Wanneer dit gebeur sal aan ons meer magte gegee word om met die jag van die wolf te help. En wanneer ons n wolf sou skiet, sal ons nie so maklik in die tronk land soos wat dit nou die geval is nie.

Hierdie geweldsmisdade op die plasie en in die stede voldoen aan die meeste eienskappe van terrorisme. Ons moet die staat net daarvan oortuig, soos wat hulle by Bloemhof se staking oortuig was.