PDA

View Full Version : Die prys van (vir) tegnologie / vooruitgang?



Jannie
07-24-2014, 12:02 PM
Soms wonder ek, miskien omdat ek oud genoeg is om te kan onthou. Ek dink aan vakansie tye op die plaas, Nuwe Jaar etes, sondag se kuier van ander Boere na kerk ens. Is al die nuwe goetrjassies wat ons mee saam lewe werklik vooruitgang? Die antwoord is onomwonde ja, maar dit het 'n prys! Dink maar net aan die slim-loopfone (smart cellular phone) wat ons almal deesdae het. Shoe, dis darem maar baie maklik om nou met iemand kontak te maak. Wie onthou nog ons slinger-telefoon op 'n deel lyn, 'n telegram of telex. Nou is dit sommer SMS, WhatsApp ens.. O, so gemaklik maar wat is die prys? Ons menslik / persoonlike verhoudings is besig om heel te verdwyn en selfs die kinders word onbeskof met hulle neuse aljimmers in 'n stuk elektronika gedruk. Mense se sosiale vaardighede word gemeet aan bakkies boek of toeter en hoe meer "skape" jy het wat jou volg hoe beter is jou "vaardighede". Ek dink ons verloor meer as wat ons wen.
Soldate gaan nog eendag sterf as gevolg van die masjienerie, dit is verseker. Jy kan nie oorlog maak en jou sosiale profiel op datum hou nie..

Kyk bietjie HIER (http://themetapicture.com/people-kept-complaining-this-restaurant-sucked-look-what-they-found-out/)na die verskil in net 10 jaar in een restourant se "diens" en hoe dit ondermyn word..

Lukas
07-24-2014, 05:47 PM
1910 was dinge ook stadiger by die kospotte. So vertel my oupa my eendag die grappie. Hy s dit het by Setlagole wat nou in Noordwes is gebeur. Een van die seuns van Setlagole het goed gevaar en sy ouers kon dit bekostig om hom na Stellenbosch universiteit te stuur. Na n jaar op universiteit kom die seun vir Desember huis toe. Die Sondag is dit nagmaal en die hele Setlagole trek op vir die nagmaal. Na die diens span hulle die waens in en die hele gemeente kom toe op die plaas byeen waar die seun se ouers woon.

Almal wou weet wat hy daar in die verte gesien het, hoe dit daar lyk en of die mense daar ook maar soos hulle is. Die tannies wil weet hoe die vroue se rokke lyk en die mans wou van die ren en die tipe boerderye meer weet en hoe bly so n klomp jong mans in vrede bymekaar?

Maar toe skok die seun die gemeenskap. Hy vertel vir hulle dat daar by die universiteit nie buite toilette is nie. Alles is binne die koshuis. Maar die toilet lyk anders en bo die toilet hang n bak met water. Wanneer jy klaar is, trek jy aan n ketting en die water spoel alles weg. Waarheen dit spoel weet hy nie maar die toilette is skoon en daar is geen reuke nie.

Die vroue is later kombuis toer om die kos voort te berei. Die mans sit onder die doringbome hulle aan die uitvindings en verwonder. Toe vra n oom of die seun die longdrop ook in so n tipe spoeltoilet sal kan verander. Die seun reken toe dat dit seker moontlik sal wees maar n mens sal die gat eers skoon moet kry, of jy sal die hele huisie moet verskuif.

Om die gat skoon te kry, was makliker wan Gert Breedt het dinamiet op sy wa en met n ligte lading sal hulle die gat sommer voor ete reeds skoon h. Dit was nie lank nie of Gert het die dinamiet indie gat laat sak en mooi onder op die boom vasgestamp. Die veiligheidslont was lank en die mans kon rustig onder die boom gaan sit, terwyl die dinamiet die werk sou doen.

So al geselsende kan hulle nie hulle o van die brandende lont afhou, wat stadig maar seker al nader aan dei huisie brand nie. Maar toe gebeur n ding. Net toe die lont onder die huisie se muur wegraak, storm tant Bettie met haar groot lyf op die huisie af. Van onder die boom skree die mans benoud Hw Hw hokaai! En so is tant Bettie die huisie in. Die mans weet nie wat om te doen nie en terwyl hulle verbysterd na mekaar kyk, is daar n dowwe ontploffing in die huisie.

Tant Bettie kom net so verdwaas uit gestrompel. Sy het glo nie goed gelyk nie. Die bloomer op die voete. Die hare soos iemand wat in n modderbad geval het. Haar eens wit rok lyk soos haar velkleur maar die lyk ook nie meer soos tant Bettie nie.

Die sug van verligting van onder die doringbome trek tant Bettie se aandag en reeds baie verontwaardig begin sy op die mans skrou. “ En julle hw hw vir my ? Julle kan dem bly wees ek het nie daardie wind in die kombuis gelos nie!

Sorry Jannie. Ek het geen idee waarom jou storie, my aan hierdie storie van my oupa laat dink het nie. Miskien was dit die invloed van tegnologie op die mens.

Aletta
07-24-2014, 08:36 PM
Goeie storie!