PDA

View Full Version : Wenke vir die nuwe forum.



Tom
11-16-2012, 02:47 PM
Baie geluk AKSKA, met die nuwe sagteware. Ek dink dit gaan sommer baie beter werk. Dit is net jammer ons kan nie ons poste 'edit' nie. Dit was een van die frustrasies op die ou forum. Om te 'edit' is baie handig as jy n spelfout gemaak het of iets kom nie uit soos jy dit wou gehad het nie.

Plaas julle wenke vir die nuwe forum. Baie mense is bekend met vBuletin en kan ons in n japtrap slim maak.

My wenk vir n 'Bookmark' is die volgende. Dit neem jou reguit na die anonieme forum, jy kan die jongste plasings sien en n nuwe draad vandaar begin. Goeie wegspringplek.

http://www.akskagroep.com/forumdisplay.php?5-Forum-vir-Anonieme-Besoekers

Tom

Unregistered
11-16-2012, 02:58 PM
http://www.akskagroep.com/forumdisplay.php?5-Forum-vir-Anonieme-Besoekers

Tom

U sal sien daar is ... in die skakel hierbo. Dit beteken hy is afgekort. U kan dus nie die lyn verhelder en kopieer nie, want dit gaan nie die volle kode insluit nie. Jy moet regs klik op die skakel en s 'copy link'. Dan 'paste jy die skakel in jou 'bookmark' of waar ookal jy dit wil gebruik.

Ek sien ook poste wys nie dadelik nie. Dit beteken dat jy as anoniem se poste eers gemodureer moet word en goedkeuring kry, voordat dit sal wys. Dit wys dus nie dadelik soos op die ou forum nie. Geregistreerde lede met n wagwoord se poste behoort egter dadelik te wys. Dit kompliseer an ook die 'edit' funksie, want daar is n verstryk periode daaraan verbonde en teen die tyd wat die pos goedgekeur is, het daardie tyd moontlik reeds verstryk. Maak nie nou saak nie, want ons kan in elk geval nie 'edit' nie.

Tom

PS. Ek het nie nou weer die titel van die draad ingesit nie en wil kyk of dit automaties herhaal.

PPS. Onthou om die 'Random Question' te voltooi, anders gaan jou pos nie deur nie en kry jy die boodskap.

The following errors occurred with your submission
The answer given for the random question was incorrect.

Unregistered
11-16-2012, 03:34 PM
Hi Tom

Geregistreerde lede wat inteken kan Edit, maar nie anonieme persone nie.

Groete

Tom
11-16-2012, 08:14 PM
Sal almal wat wil nou kan registreer, of steeds net AKSKA lede? AKSKA lede kan mos steeds n privaat agterkant h, met spesiale toegang waar gewone geregistreerde lede nie toegang het nie.

Lukas
11-17-2012, 05:17 AM
Daar is baie wat ek en Baardman nog op hierdie blad moet leer. Baardman en Root verstaan hoe belangrik dit is dat Anonieme lede soos in die verlede, die keuse moet h om totaal anoniem te bly wanneer hulle dit so verkies. Dit is waarom ons alreeds sonder om in te teken, plasings op die anonieme blad kan maak.

Maar ek weet nog nie hoe om die registrasies te doen nie. Ek weet ook nie of ek die ou AKSKA lede se kodes net kan oorplaas en of ek nuwe kodes moet genereer nie. Selfs die ou AKSKA lede se identiteit was op die ou blad beskerm en ek sal dit graag ook op hierdie platform so wil doen.

Ek dink net dat ons hierdie keer die hantering van die blad so ietwat moet aanpas. Ek weet nog nie hoe ek dit kan doen en of dit gedoen kan word nie. Ek sal graag vyf vlakke van registrasies wil sien.

1. Geen registrasie vir nuwe anonieme lede wat slegs oppervlakkige besprekings kan sien wat ons nie in met die eerste oogopslag die moeilikheid kan bring nie.(Mense wat dan die blad ontdek, sal dan net die oop plasings kan sien.

2. Die volgende vlak moet registreer. Maat hulle kan byname en fiktiewe epos adresse gebruik, om hulle identiteit te beskerm. ( wat hulle plaas sal nie op die oop forum gesien kan word nie.)

3. Die derde vlak is dan vir AKSKA lede en wat hulle plaas kan dan net deur ander lede gesien word.

4. Die vierde vlak is vir my en die ander moderators sodat ons ongewenste gemors kan verwyder en waar ons sekere mense net kan blok wanneer dit nodig word.

5. Die vyfde vlak is vir Root en Baardman wat toegang binne die platform se brein kan kry om belangrike vertellings aan die blad te maak. ( Die vyfde vlak is baie belangrik sodat ek of een van die ander moderators nie uit onkunde skade aan die struktuur kan aanrig nie.)

Ek dink dat die eerste drie blaaie moontlik uit drie forums sal bestaan.

A. n Anonieme forum soos die een wat reeds bestaan.

B. n Vriende van AKSKA waar jy met byname kan registreer. Vriende van AKSKA moet hulle besonderhede vir my stuur, sodat ek dit by my persoonlik oplos hardeskywe kan stoor, sodat ons ook mekaar kan ken. Maar ek moet die vriende van AKSKA registrasies self op die blad moet kan inlees, sodat hulle identiteit vir hackers beskerm kan bly.

Vriende wat dan inteken kan die vriende forum en die anonieme forum sien wanneer hulle ingeteken is. Hulle kan op al twee forums skry, maar wanneer hulle op die vriende forum skryf, sal die anonieme lesers dit nie kan sien nie.

C. Die AKSKA forum is dan vir AKSKA lede waar ons sensitiewe inligting oor tekens en politieke aangeleenthede met mekaar kan deel. Wanneer AKSKA lede ingeteken is, kan hulle al die forums lees en op enige forum plasings maak. Maar dit wat hulle op die AKSKA forum skryf kan net deur AKSKA lede gesien word.

Ek dink ook dat ons moet probeer om nie warm debatte op die Anonieme forum toe te laat nie. Debatte oor die Israel beweging gaan baie beperk word. Ons sal byvoorbeeld op die lede forum n dokument bou wat ons buite op die voorblad van die webblad kan plaas. Wanneer mense dan vir ons op die oop forum wil vertel swart mense diere is en nie gered kan word nie, kan ons hulle na ons standpunt op die voorblad verwys en op die manier die onderwerp afsluit voor dit weer in maande se debatte ontaard.

Maar dit beteken nie dat ons nie geestelike besprekings op die anonieme forum sal hou nie. Ons sal dit nog altyd daar kan doen. Ons gaan net nie oor dogmas en denominasies onderhandel wat n slegte smaak op die blad los nie.

Lukas

Tom
11-17-2012, 07:24 AM
Klink vir my heeltemal doenbaar, Lukas. Ek hou baie daarvan. Dit word 'privileges' genoem. Vlak 1 het dan die minste voorregte en kan net sien wat in vlak een drade geskryf staan, maar enigeen kan op daardie vlak skryf en lees. Dan vlak 2 wat bietjie meer voorregte geniet en kan vlak 2 drade en laer lees en so aan. Presies soos jy verduidelik.

Voorspoed, ek hoop julle kry dit binnekort reg.

Dit gaan baie interessant wees om na n ruk te sien waar die vlak 2 mense gaan verkies om te skryf. Daar waar die hele wreld dit kan lees, of eerder waar net geregistreerdes, al is dit onder n skuilnaam, kan lees. Sal seker maar van die onderwerp afhang.

haha, ons gaan jou nou weer 'nag' vir AKSKA registrasies. Ons is mos maar net mens en wil sien wat praat julle!

Dit is n eerste wat ek hoor dat mens nie iemand se vlak kan sien nie, of dat dit verkies word om dit nie te wys nie, maar ek glo dit is doenbaar. Gewoonlik op ander forums is dit n 'Prestige' om op n hor vlak te wees en word met luide gejuig uitbasuin! Dit is dan ook waarom mense skuilname gebruik. Die bestuur weet deur die registrasie wie die persoon is, maar die buitewerld kan dit nie sien nie. Net bestuur en mense aan wie jy jouself bekend maak, weet wie jy is, wanneer jy n skuilnaam gebruik. Waarom sou AKSKA lede nie wil h ander moet weet hulle is AKSKA lede nie? Dit is mos nie n geheime organisasie of iets om voor skaam te wees nie?

Ek self kan nie wag om te registreer nie, sodat ek nie meer Kodes en goed hoef in te tik om te kan pos nie.

Lukas
11-17-2012, 05:26 PM
Goeie dag Tom.

Vlak 1 soos jy dit noem is oorspronklik vir mense geskep wat binne die staatsdiens werk en dan aan ons sekere inligting kan meedeel sonder om in die moeilikheid te kom. So kon ons ook die vrou wat saam met die wit terroriste gewerk het, later ook oortuig om haar identiteit aan die polisie bekend te maak nadat sy besef het dat dit nie swart mense was wat haar wou vermoor nie, maar haar eie kommandant.

Vlak 3 wat dan vir AKSKA lede is, se lede inligting is nie op die net beskikbaar nie. Ek verkies dit so en het hoofsaaklik twee redes daarvoor. Wanneer ander lede wat nie AKSKA lede is nie, die AKSKA lede in hulle dorp herken, misbruik hulle gewoonlik die AKSKA lede vir hulle kennis en dit skep probleme. AKSKA lede is lede omdat hulle nie net meer van die politiek en kultuur wil verstaan nie. Hulle is lede omdat hulle hulleself met kennis wil bemagtig sodat hulle hul eie huise ’n veiliger plek kan maak. Hulle wil nie die verantwoordelikheid vir ander mense se veiligheid dra nie. Hulle wil net hulle eie gesinslede en vriende veiliger laat leef.

AKSKA is ook voortdurend met navorsing besig en dit kos geld. AKSKA lede dra dan ook op ’n maandelikse basis finansieel by sodat ons die voertuie en mense wat vir ons werk, kan onderhou.

Die tweede rede waarom ons ons lede en AKSKA lede se regte inligting nie op die net hou nie is omdat ons van tyd tot tyd deur die regering as ’n probleemkind ervaar word wat nie soet in die hoek met sy oogklappe op wil bly sit nie. Ons krap soms onderduimse sameswerings oop en dit maak ons van tyd tot tyd ongewild. Dit is ook die rede waarom ons webblad en Adriana Stjuit se Blog in Nederland van tyd tot tyd gesaboteer word, maar dan kom daar weer tye dat dieselfde regering weer by ons inligting soek of bevestig vir hulle informasie soek wat hulle weer tot die land se voordeel kan gebruik.

Omdat AKSKA se verhouding met die polisie en NIA ’n wipplank verhouding is, hou ek die lede se name uit die spervuur vir die tye wanneer ons ongewild raak. Goed wat ons byvoorbeeld ongewild maak, is wanneer ons byvoorbeeld geweldsmisdaad per maand monitor en weergee sodat ons die klimaat kan meet. Ander goed wat ons ongewild maak is wanneer ons vertroulike polisie statistieke openbaar maak. Ses maande voor die DSM in die land bekend geword het, het ons reeds teen die DSM gewaarsku en verduidelik waar hulle in die nuwe wreld orde inpas. Dit het ons baie ongewild gemaak tot die DSM hulleself in die media bekend gemaak het. Daarna was ons weer die goeie ouens.

Tom
11-19-2012, 07:39 PM
Sodra ons mag registreer en daarmee saam 'edit' voorregte kry, sal ek meer wenke plaas. Dit is te moeilik om nou te doen, want goed kan snaaks uitkom en dan ek ek dit nie regstel nie.

Lukas
11-21-2012, 11:41 PM
Dit is tyd vir gereelde gebruikers om te registreer

Die webblad gaan van nou af so bietjie anders werk. Van die drade wat nou voorop die blad is, gaan binnekort na vlak 2 skuif. Wat die politiek betref en wat sommige tekens betref, sal ons dit voortaan op vlak 2 bespreek. Vlak 3 wat net vir AKSKA lede is, sal die plek wees waar ons meestal net die tekens en die nuwe tekens wat ons ontdek het, sal bespreek.

Die opsommings en gevolgtrekkings wat ons op vlak twee beredeneer, sal later op vlak 1 verskyn.

Die mense wat op vlak 2 wil registreer, moet vir n epos stuur en ook hulle skuilnaam gee, sodat ek hulle op vlak 2 kan registreer.

AKSKA lede wat nog nie op hulle ou kodes kan inteken nie, moet my ook kontak sodat ek die fout kan regmaak. Dit gebeur soms dat ek die spesifieke toegang knoppie mis druk, wanneer ek die registrasies doen.

Tom
11-22-2012, 11:12 AM
Dankie Lukas, ek maak so. Ek sal nou nie omgee as jy die verkeerde knoppie druk en ek op vlak 3 beland nie! haha

Lukas
11-22-2012, 07:52 PM
Tom jou droom het waar geword. Julle is nou op vlak 3 tot ek kan uitvind hoe om julle op vlak twee te kry. Intussen is die slegte nuus dat ek nog nie iets op vlak drie geplaas het nie. Maar dit sal seker ook nie te lank neem voor dit gaan gebeur nie.

Tom
11-22-2012, 08:31 PM
Tom jou droom het waar geword. Julle is nou op vlak 3 tot ek kan uitvind hoe om julle op vlak twee te kry. Intussen is die slegte nuus dat ek nog nie iets op vlak drie geplaas het nie. Maar dit sal seker ook nie te lank neem voor dit gaan gebeur nie.

Eish, ek soek hom die ou goed op vlak 3, ek kry hom, hy es nie daar nie!:confused:

Ek is aangeteken, maar moet steeds die 'random question' voltooi? Groei pyne...

akskaadmin
11-23-2012, 10:38 AM
<!--[if gte mso 9]><xml> <w:WordDocument> <w:View>Normal</w:View> <w:Zoom>0</w:Zoom> <w:TrackMoves/> <w:TrackFormatting/> <w:PunctuationKerning/> <w:ValidateAgainstSchemas/> <w:SaveIfXMLInvalid>false</w:SaveIfXMLInvalid> <w:IgnoreMixedContent>false</w:IgnoreMixedContent> <w:AlwaysShowPlaceholderText>false</w:AlwaysShowPlaceholderText> <w:DoNotPromoteQF/> <w:LidThemeOther>EN-ZA</w:LidThemeOther> <w:LidThemeAsian>X-NONE</w:LidThemeAsian> <w:LidThemeComplexScript>X-NONE</w:LidThemeComplexScript> <w:Compatibility> <w:BreakWrappedTables/> <w:SnapToGridInCell/> <w:WrapTextWithPunct/> <w:UseAsianBreakRules/> <w:DontGrowAutofit/> <w:SplitPgBreakAndParaMark/> <w:DontVertAlignCellWithSp/> <w:DontBreakConstrainedForcedTables/> <w:DontVertAlignInTxbx/> <w:Word11KerningPairs/> <w:CachedColBalance/> </w:Compatibility> <w:BrowserLevel>MicrosoftInternetExplorer4</w:BrowserLevel> <m:mathPr> <m:mathFont m:val="Cambria Math"/> <m:brkBin m:val="before"/> <m:brkBinSub m:val="--"/> <m:smallFrac m:val="off"/> <m:dispDef/> <m:lMargin m:val="0"/> <m:rMargin m:val="0"/> <m:defJc m:val="centerGroup"/> <m:wrapIndent m:val="1440"/> <m:intLim m:val="subSup"/> <m:naryLim m:val="undOvr"/> </m:mathPr></w:WordDocument> </xml><![endif]--> Ek hoor dat my epos vol was. Ek het die sakie op die server reggemaak en julle kan maar weer laat waai. Omdat die nuwe vlak 2 lede voorlopig alles sal sien wat die akska lede sal sien, is dit vir my belangrik om eers julle selfoon nommers te kry voor ek julle kan registreer. Stuur die asb. vir my.

Ek sukkel vandag om iets geplaas te kry. Ek kry elke keer n boodskap dat ek te veel woorde of te veel gesiggies inlas. Ons sal seker nog so rukkie met die goed sukkel. Maar hou uit en vertel vir ons waarmee jy sukkel sodat die slim mense na die probleem kan kyk.

Unregistered
11-28-2012, 08:54 AM
Hello Lukas,
Dit lyk vir jou epos bus is weer vol.
Lo

Unregistered
11-28-2012, 10:40 AM
Wat dit sal behels sal ons sien. Die wyse waarop dit aanvaar is, is ook omstrede talle opposisie LP 's het uit die vergadering geloop. Demoonkrasie van die regering gaan nou sy donker werke probeer toesmeer.

Tom
12-05-2012, 06:10 PM
Ag nee! Nou moet jy alweer 'image verification' doen al is jy ingeboek! Regtig?

Lukas
12-06-2012, 12:19 PM
Haha Tom. Jy vergeet ook maar gou. Onthou jy gedurende 2006 of was dit 2008 voor ons met die tipe sekuriteit begin het hoe ons webblad deur pornografie links besmet was. Ons het later uitgevind dat dit rekenaar programme was wat dit op die webblaaie waarvan die sekuriteit swak was, gelaai het. As ek reg onthou was jy baie ontsteld en het iets van ouers en kinders wat die blad lees ges en dat dit n groot probleem vir AKSKA se naam skep omdat dit n gesinsblad is en die kinders ook lees.

Jy was toe nog nie lank op AKSKA nie. Byt maar vas. Hierdie syfers is beter as die eerstes wat ons gehad het en ek sien dat ons nie hoofletters hoef te gebruik nie. Tik net in wat jy sien. Groete.

Tom
12-06-2012, 07:50 PM
Lukas, alhoewel ek niks onthou van wat jy van my vertel nie, stem ek saam dat dit nodig is. Vir nie-lede. Ons as lede log in met n sekuriteits wagwoord en hoef dus nie dit te doen nie, want n robot kan nie my gebruikers naam en wagwoord raai nie. Maar ek sal geduldig wag.

Is jy seker van die hoofletters dat alles as klein letters gebruik kan word. Ek gaan dit nou probeer.

Ramkat, dit het gewerk!

Tom
12-06-2012, 08:33 PM
Julle ander lede wat ingeboek is en niks skryf nie, laat my soos n praatsieke ou man voel. Waarom se julle niks? Ek sien daar is sommer baie lede ingeboek! Ek gaan nou stilstuipe kry!

Lukas
12-07-2012, 08:03 AM
Tom jy het seker n punt beet. Ek sal vir Baardman en vir Root vra of n mens dit kan verander. Maar dit klink vir my of jy ook die platform goed ken. Miskien kan jy vir ons n paar wenke ook die sekuriteit gee.

Wat die pratery betref moet ons nog so bietjie kans gee. Dit sal binnikort regkom.

Tom
12-07-2012, 08:44 AM
Ek ken maar net as gebruiker. Hoe die verstellings gedoen word is bo my vuurmaak plek. Maar Google weet alles!

424
12-23-2012, 02:20 PM
Hallo Lukas ek sukkel om plasings te maak en hoop die een is op die regte plek. Ek sien nou net die oop forum en vlak 2 maar kan nog nie op vlak 2 ingaan nie ek moet 'n kode kry. Die Akskalede forum het verdwyn. Groete