PDA

View Full Version : Waarom dra Rebelle leiers donkerbrille ?



Lukas
08-05-2014, 09:09 AM
EK sien dat n draad wat n grappie is, in iets anders kan verander. Maar die feit dat rebelle leiers donkerbrille dra is n goeie waarneming en n baie interessante ding. Waarom sal julle dink doen die mense dit ?

524
08-05-2014, 11:03 AM
@Lukas

Vanuit 'n sielkundige - ligaams taal oogpunt is dit vir my persoonlik nogal belangrik. Ek verpes dit as iemand met my praat en ek kan nie sy oŽ sien nie. Daar word gesÍ die oŽ is die skakel of venster tot die siel en dit is nogal waar. Wanneer mense praat en jy kan hulle direk in die oŽ kyk is dit maklik om te sien as hulle pupille groter word - dit dui natuurlik op belangstelling in die onderwerp of ander persoon. Die rigting van die oŽ is ook baie belangrik wanneer jy vrae vra en die persoon antwoord. Soms maak mense onwillekeurig hulle oŽ toe voordat hulle jou vraag antwoord, raai hoeveel waarde jy aan daardie antwoord kan heg.

OŽ na links meen die ou probeer onthou, maar na regs is die perd besig om aan 'n gelapte weergawe van die warheid te dink (dit verskil natuurlik as die ou links is) OŽ wat afwaards neig voor dat die persoon reageer is duidelik dat 'n blatante leun volg. Wasterse mense het so tussen 50% en 80% van 'n (gemaklike) gesprek oog-kontak. Daar is natuurlik van ons maters wat jou stip kan kyk maar as jy in sy oŽ kyk is dit soos 'n "screensaver" op 'n rekenaar.

In Kort - hulle dra donker brille om hulle emosies, vrese en haat te verbloem. 'n Mens is ook maar soos 'n hond, as hy droog gemaak het dan sukkel hy om jou in die oŽ te kyk en dan is so 'n donker bril 'n goeie "wapen"!

Lukas
08-05-2014, 04:49 PM
524 Jy is doodreg en ek raak net so geÔtereerd wanneer n man met sy donkerbril op, met my praat. Oogbeweging is ook baie interessant en wanneer jy kort vrae vra, is die beweging voor die antwoord baie belangrik. Maar ek het nog n teorie wat by joue aansluit.

Afrika is meester intimideerders en ek vergelyk dit baie met aasvoŽls. AasvoŽls wat reeds by n karkas sit, word deur die wat in die lug hang, geÔntimideer. Wanneer die wat in die lug is, kom land, vlieg die wat by die karkas uit vrees op. Maar sodra hulle in die lug is, is dit die wat kom land het wat weer geÔntimideer voel.

Die swart stamme van Afrika is presies dieselfde. Hulle is meester intimideerders, maar word self net so maklik geÔntimideer. Anders as die aasvoŽl is dit nie die posisie van die opponent wat die die ander geÔntimideer laat voel nie, maar die oŽ.

Die oog verklap vrees en die opponent reageer op vrees. In Afrika is dit die sterkste bul wat lei. Maar hy is net so sterk was wat hy vreesloos is. Die oomblik wat sy onderdane vrees in sy oŽ bespeur, word hulle magtig en voel hy geÔntimideer.

Gevolgtrekking.

Die oomblik wat Malema donkerbrille begin dra, beteken dit net een ding. Daar is goed wat hom bang maak en om sy posisie te behou, moet hy sy oŽ wegsteek. En so word donker Afrika vir hom ook donker.

greengroen
08-05-2014, 08:59 PM
Toe ek so ruk terug in Mozambiek was by pomene het hulle ook met donkerbrille en bakkies mense na vergaderings gery het hulle in die nag op die paaie gesien dit was nie lank voordat renamo weer begin moeilikheid afdreig nie