PDA

View Full Version : n Geestelike draad



Lukas
11-19-2012, 01:14 AM
Dit is nou wanneer toeval net te toevallig word.




http://www.youtube.com/watch?v=SqK3jWgY81o&feature=g-logo-xit

Tom
11-19-2012, 08:32 AM
Die video wys nie duidelik nie. Baie donker. Kyk op YouTube direk.

http://www.youtube.com/watch?v=SqK3jWgY81o

Unregistered
11-19-2012, 09:57 AM
Kan julle vir ons verduidelik wat in die video te siene is, asb. My konnekise is baie stadig en ek sukkel om die video oop te maak

Tom
11-19-2012, 10:17 AM
Opsomming van die video op die YouTube blad.

What you see in this video is a modern day Miracle! ' Feast of Tabernacles 2012.
After Angus read Acts 2:1-4 in Ein Gedi desert, there was a "MIGHTY RUSHING WIND!" Everyone agreed that they had never experienced anything like that before! The stage crew pulled everyone off and away. Angus stayed on stage and called upon the Holy Spirit, and every time he said "Thank you Lord" the rush became even stronger. It hasn't rained in that region over this time in over 18 years... The rain came down! At the end, everyone was talking and singing in tongues! HOLY GHOST CHAOS!

Die video wys nie hierdie nie. Die wind en reŽn druppels was wel sigbaar.

At the end, everyone was talking and singing in tongues!

Unregistered
11-29-2012, 10:22 AM
The Holy Spirit doesnt work like that (in chaos) He works with a definitive plan and in perfect order. Satan works in chaos.

Lukas
11-30-2012, 12:02 PM
Dit het glad nie vir my na chaos gelyk nie.

Unregistered
12-09-2012, 10:23 PM
As ek so lees van die lafhartige moorde en aanslae dan kan ek net pleit dat God ons sal bewaar en met wysheid en insig sal skenk en die terroriste met die banvloek sal tref. Hoekom hou die wereld hom blind en doof vir die aanslag teen n volk wat fisies, ekonomies en sigies gevuur word? Ek dink die dit is om ons te laat vrees, so laat ons broers en susters dit nooit toelaat nie, maar volhard in die geloof wat die Vader ons skenk in Jesus ons Verlosser! Die banvloek wag vir die wat teen God en Sy kinders ongeregtigheid bewerk.

Unregistered
12-12-2012, 09:45 PM
The Holy Spirit doesnt work like that (in chaos) He works with a definitive plan and in perfect order. Satan works in chaos.

I agree with #5 . listen on the video the second Amen Buchan uttered ,it does not come from his mouth. It sounds like a voice from the dark. Why does the severe wind only sweeps on the stage and stangely the women in the red dress were experiencing the wind effect before the wind started to blow. The power of the lie and the power of the dark are extremely deceiving.Listening to this video, did not let me feel anything divinely or spiritual, it was unorderly and intended to sweep up emotions.

Unregistered
12-20-2012, 11:04 AM
I agree with #5 . listen on the video the second Amen Buchan uttered ,it does not come from his mouth. It sounds like a voice from the dark. Why does the severe wind only sweeps on the stage and stangely the women in the red dress were experiencing the wind effect before the wind started to blow. The power of the lie and the power of the dark are extremely deceiving.Listening to this video, did not let me feel anything divinely or spiritual, it was unorderly and intended to sweep up emotions.

Jy is so reg. Angus is 'n vrymesselaar. Ons is tans in 'n geesteswoestyn en daar is baie valse profete daarbuite.

Unregistered
12-21-2012, 10:16 PM
Op grond waarvan sÍ jy is Angus n vrymesselaar?

Unregistered
12-22-2012, 10:04 AM
Op grond waarvan sÍ jy is Angus n vrymesselaar?

Geestelike boodskap/pe. Hy (Angus) is hier om die Boere in die NWO in te lei. Daar is bitter min heilige mense tans en die hande op mekaar lÍ is nie goed nie. Evangeliste soos bv Noel Oesteen, Joyce Meyers, ens. oor die algemeen is valse profete.

Unregistered
12-23-2012, 09:55 PM
Vertel bietjie meer oor die geestelike boodskappe van Angus wat help om boere in die NWO in te lei.

Unregistered
12-25-2012, 07:23 AM
If that bit of rain and are classified as chaos we are experiencing chaos in Free State thunderstorms daily... To me this was normal strong wind (caused by the downpour) prior to the rain starting.

Wat nogal cool is vir my is om te sien hoefeel verskillende nasies daar was en geleentheid gekry het om die boodskap van Jesus te hoor.

Unregistered
12-25-2012, 07:28 AM
Aan almal, geseende Kersdag. Hoop julle spandeer die tyd saam met geliefdes in die dankbare gesindheid van liefde vir mekaar wat ons in Jesus het. Enjoy!!!

Black Wattle

potato
12-25-2012, 09:08 AM
Dis juis die probleem. Al die verskillende nasies. Jesus het opdrag gegee dat die evangelie net aan die nasies verkondig moet word wat uit Jakob (Israel) gebore is. Daar sal NIKS van angus se gebrabbel kom nie. Geen beterskap of vooruitgang nie. Hy gaan maar net verdwyn terwyl die geestelike trifle op die vloer le

Unregistered
12-25-2012, 10:19 PM
A potto has four choises in life. Chip, salad, mash or moer. HIer is weer n moer wat dink dat hy die beste aartappel in die land is.

Unregistered
12-27-2012, 06:15 AM
Ok so die nou dat ons gewone mense nou weet dis net die israeliete wat hemel toe gaan en dat die man "GEEN" verskil gaan maak nerens terwyl hy net die Boere aan die neus kom lei in die NWO se vryemesselary lokval in...

...Terwyl jou maag nog vol is van die skaapboud en pampoen...

Watse geld eenheid gebruik jy om handel te dryf en te sorg vir die vir wie jy omgee? ........

Unregistered
12-29-2012, 03:18 PM
Hoe gaan ons onderskei tussen die vals profete en die waarheid?

Lukas
12-29-2012, 04:57 PM
Die profeet se woord word aan die Bybel gemeet en kan nie van die Bybel afwyk nie.

ín Persoon wat in ons Vader se Naam profiteer, kan nie 99% reg wees nie. Sy profesieŽ sal 100% moet wees en niks minder nie.

Wanneer die persoon 100% volgens die Woord is en sy profesieŽ ook 100% is en bly en jy het ín onrustigheid in jou eie gees omtrent die profesieŽ en die woord, is die fout moontlik by jou.

Wanneer die Profeet net oor materiŽle voorspoed kan praat en jou gees is onrustig, is dit moontlik dat hy die enigste god dien wat deur on Vader as teenstander gesien word.

Mat_6:24 Niemand kan twee here dien nie; want Úf hy sal die een haat en die ander liefhÍ, Úf hy sal die een aanhang en die ander verag. Julle kan nie God ťn Mammon dien nie!
Luk_16:9 En Ek sÍ vir julle: Maak vir julle vriende deur die onregverdige Mammon, sodat wanneer julle die lewe verlaat, hulle jul in die ewige tente kan ontvang.
Luk_16:11 As julle dan nie getrou was in die onregverdige Mammon nie, wie sal julle die ware goed toevertrou?
Luk_16:13 Geen huiskneg kan twee here dien nie; want hy sal Úf die een haat en die ander een liefhÍ, Úf die een aanhang en die ander een verag. Julle kan nie God ťn Mammon dien nie.

Unregistered
12-29-2012, 08:17 PM
Luk_16:13 Geen huiskneg kan twee here dien nie; want hy sal Úf die een haat en die ander een liefhÍ, Úf die een aanhang en die ander een verag. Julle kan nie God ťn Mammon dien nie.

Meeste van ons werk om geld te verdien sodat ons kan lewe. M.a.w ons werk vir mammon? Dien ons mammon as ons vir geld werk?

Lukas
12-29-2012, 11:53 PM
Jou vraag is seker die maklikste vraag om te antwoord en die moeilikste vraag om te verstaan.

Die kort antwoord is motief. Jou hart se motief bepaal of jy reg of verkeerd is.

Die lang antwoord kan jy die maklikste verstaan wanneer jy jou werk verloor, of wanneer jy jou pensioen oorleef. ín Mens se geldwaarde halveer ongeveer elke vyf jaar. Die rentes wat jy kry is nooit bo die inflasie koers nie, wat beteken dat jou geld behalwe vir die feit dat dit elke vyf jaar halveer, ook nog depresieer omdat die inflasie dit opeet. Die slegste gevoel is wanneer jy vyf en sewentig jaar oud word en besef dat jy jou neseier oorleef het. Dit is dan wanneer jy regtig die verskil tussen goeie en die slegte mammon verstaan.

ín Mens besef nie hoe afhanklik ín mens aan die sekuriteit van geld word nie. Die realiteit in jou lewe word dit wat jy kan sien. Jou inkomste en uitgawes. Jou aandele en jou spaargeld in die bank en jou bates wat jy in tye van nood, in geld kan omgeskakel om jou lewenstandaard te bly handhaaf.

Ons waarde in die lewe word aan ons materiŽle bates gemeet. Ek stap in die week by ín plek in waar daar ín televisie onderhoud met ín Jannie Mouton op TV gevoer word. Hy is glo die baas van baie besighede en Riaan vra hom hoeveel hy werd is. Mouton sÍ vir Riaan dat wanneer ín mens eendag daardie sommetjie kan maak, jy nie veel werd is nie. Ons word gereeld daaraan herinner dat ons finansieel nie veel werd is nie. Ons lewe word daardeur beÔnvloed en ons persoonlikhede word daarvolgens gevorm.

SŲren Kierkegaard het eendag verduidelik dat angs die emosie is wat ontstaan wanneer ín mens gewoond is om sy eie lewe en gewoontes te beplan en te bestuur en dan in ín situasie beland waar al sy planne misluk en hy beheer verloor oor hoe hy sy lewe beplan. Angs is dan ook ín normale uitvloei van gebeure wanneer jy jou werk verloor, jou pensioen oorleef of wanneer jy alles wat jy in die lewe bymekaargemaak het, verloor en jy kan daaraan niks verander nie.

Ons wÍreld is so materialisties afhanklik van materiŽle bates dat wanneer ín mens dit verloor, hy as te ware ook sy lewe verloor. In 1929, 1930 was daar ín insident waar die wÍreld markte in duie gestort het. Aandele beurse het tot ín val gekom en die ryk mense se geld het oornag in niks verander. Elf van daardie beleggers en makelaars het selfmoord gepleeg. Teen 1933 was die syfer van selfmoord moontlik in die duisende. Vir hulle was die einde van hulle materiŽle bates ook die einde van hulle lewens.

WAT IS DIE ALTERNATIEF ?

Die alternatief is om ongeag jou finansiŽle toestand, jou vertroue op God te plaas en nie op jou materiŽle bates nie. Dit is nie verkeerd om materiŽle en finansiŽle bates te hÍ nie. Wat verkeerd is is om dit as jou sekuriteit te aanvaar. In die wÍreld is dit logies om geld en bates as sekuriteit te beleef. As kinders van die lewend God is Hy ons sekuriteit. Ons lewe is tot eer van Hom en ons doel op aarde is om Hom te verheerlik. Hy is ons enigste sekuriteit en ongeag of jy baie of min het en of die baie wat jy het skielik in niks verander nie. Is ons vertroue in Hom en nie in die bank nie.

WAT IS RYKDOM en WAT IS MAMMON:

Rykdom is seŽninge van God.

1Ch 29:12 En die rykdom en die eer kom van U, en U heers oor alles; en in u hand is krag en mag, en in u hand is dit om alles groot en sterk te maak.
1Ch 29:13 En nou, onse God, ons loof U, en ons prys u heerlike Naam.
1Ch 29:14 Want wie is ek tog, en wat is my volk, dat ons in staat sou wees om sulke vrywillige gawes te skenk? Want dit kom alles van U, en uit u hand het ons dit aan U gegee.

Mammon is wanneer jy ín Godgegewe gawe losmaak van God en dit jou eie maak. Jou voorspoed en jou rykdom is ín genade van God. Jou materiŽle welvaart is ín gawe van God. Maar wanneer jy God se gawe ontken en die materiŽle welvaart jou eie maak wat los van God staan, word dit mammon.

Uiteindelik is dit ons motief in ons hart wat bepaal wie ons God is. As jy vandag opreg soos Habakuk 3:17 en 18 kan getuig kan jy weet dat jou hart reg is. Maar wanneer jy eendag sien hoe jy alles wat jy in die lewe bymekaargemaak het gaan verloor en dan nog altyd met blydskap hierdie verse kan getuig, weet jy dat jou hart voorwaar op die regte plek is.

Hab 3:17 Alhoewel die vyeboom nie sal bloei en aan die wingerdstokke geen vrug sal wees nie, die drag van die olyfboom sal teleurstel en die saailande geen voedsel oplewer nie, die kleinvee uit die kraal verdwyn en geen beeste in die stalle sal wees nieó
Hab 3:18 nogtans sal ek jubel in die HERE, ek sal juig in die God van my heil.
Hab 3:19 Die HERE Here is my sterkte, en Hy maak my voete soos diť van herte, en Hy laat my tree op my hoogtes. Vir die musiekleier op snaarinstrumente.

Rykdom en eer en sterkte is die seŽn van ons Vader. Maar wanneer ons Hom ontken en die gawe word ons sterkte en sekuriteit, maak ons Sy gawe aan ons, los van Hom en ontken ons hom as ons God en word Sy gawe aan ons, ons god.

Wanneer wanhoop en angs jou beetpak omdat jy jou bates verloor en bankrotskap in die gesig staar, het jy die goeie gawes van God aan jou, heel waarskynlik lankal reeds van God vervreem en dit in jou lewe mammon gemaak.

Unregistered 777
12-30-2012, 11:14 AM
Vertel bietjie meer oor die geestelike boodskappe van Angus wat help om boere in die NWO in te lei.

In 2010 wou ek na die MM van Angus gaan. Ek vra in gebed en kry onmiddelik die kort reguit antwoord "Bly weg". En dan...

Geestelike boodskappe van Judith de Beer

Openbaring 1016
ʼn Heimwee verhaal.
Sondag 14 Maart 2010 10:00

So klink die heimwee verhaal van die eens trots nou gevalle Boer.
In die naklank daarvan kom oor die velde ʼn luidrugtige rumoer.
Nie so lank gelede nie staan daar eens die trotse stoere Boer.
Maar die Boer word met ʼn enorme liberale leuen gevoer.
Sy visie strek toe net so ver soos ʼn rugbyveld se kontoer.
Ook vanuit hul kerk kom die vals gelispel soos ʼn duif se gekoer.
Alles word hul toe ontneem, ook in die selfverdediging die roer.

In grondonteiening word laat weet; die Boer is nou uitgeboer.
Gretig word daar ook nou in die rigting van wit woonbuurte geloer.
Die massas sing en dans terwyl hul vra na groot oproer.
So terloops word ʼn ou haatkwessie weer maklik aangeroer.
Luidrugtig kom hul lied: kom skiet, ja, kom skiet ʼn Boer.
In ʼn verswakte toestand is hul magteloos, hul het nie eens ʼn roer.
So sing hul: kom skiet ʼn Boer, vir hierdie taak het ons te lank gesloer.
Vinnig versprei die boodskap nou van swart broer tot broer.

In haat en nyd word onderlangs na die wŪt man geloer.
Groot en klein staan slaggereed vir die groot oproer.
Die massas roep en vra na die bloed van elke Boer.
Nie lank gelede was daar nog ʼn Boervolk trots en stoer.
Maar in geheel hul erfenis is hul totaal nou uitgeboer.
In hul vrees wil hul steeds nie ʼn opregte rede voor hul God aanvoer.
Maar hul staan nader en sÍ; ons het ʼn geloofstaak om te volvoer.

Biddend trek hul laer en staan op hul knieŽ voor ʼn aartappelmoer.
ʼn Vrymesselaarorde het vir hul ʼn biskop uit eie midde ingevoer.
Diť gaan glo die Boervolk as voorloper na God en hemel aanvoer.
Maar die vyand lag en sing; skiet ʼn Boer ja dood die Boer.
So klink die heimwee verhaal van ʼn gevalle eens trotse Boer.


Openbaring 1772
'n Aartappelboer en 'n gruwelbeker.
Dinsdag 9 Oktober 2012 07:45
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Nog 'n gruwel word ingeskink, so- luister na die glase wat weer in
Vrymesselaar-kringe klink terwyl die rykes so hoopvol saam Ďn
wyntjie drink en so daal die hel neer met vuur en swael wat stink,
ja, met 'n ou aartappelboer wat weer vir almal moet dink en so
staan die bokryers se yster bokke gechroom en blink terwyl die
wapad vanuit elke windrigting wink. Maar watter planne die ou
spul ook al saam met die kerke bedink- die wipplank-ekonomie
gaan op die einde net al hoe dieper wegsink.

Nog 'n gruwel word ingeskink en 'n reŽnboognasie lÍ op die einde
vermoor en vermink maar 'n ou aartappelmoer moet sy kant vir sy
meesters bring en so word moontlike oplossings desperaat bedink
terwyl die woordjie versoening alweer oral opklink en so staan die
ysterbokke gereed, gechroom en blink- terwyl die wapad van die
Kaap tot en met Rustenburg wink.

Nog 'n gruwel word ingeskink en nuwe ooreenkoms-kontrakte lÍ
nat in die ink terwyl die Jode se oŽ opnuut gierig begin blink en
so staan daar 'n groot vrymesselaar met 'n rooi das en 'n pinkie-
ring maar 'n aartsengel lag terwyl hy vir die bokpootgerub 'n nuwe
probleem nader bring en dit is 'n pikswart verbrande akkerblaar
wat die koningin van Skeba en Rut verskrik uitmekaar uit laat
spring.

En so word 'n gruwelbeker weer ingeskink en 'n selfvernietigende
plan word in die kamer van mynwese uitgedink en die hel daal
neer met vuur en swael wat stink en die Ooste reageer paraat en
flink en so lÍ 'n koningshuis se planne binnekort vermorsel en
vermink- terwyl probleme globaal begin uitkring- want waar pous
en evangelis wil dink, daar het satan laggend rond gerinkink.

Unregistered
12-30-2012, 11:47 AM
Nou moet jy my reghelp. Jy praat van openbaring maar die boek lyk nie vir my na iets wat in die Bybel is nie. Onmiddellik onthou ek weer die openbarings van die mense wat op www.siener.co.za geplaas was toe Mandela die eerste keer dood gegaan het.

Dit was verstommend om die gesigte en visioene te lees wat glad nie met die visioene en die Bybel ooreengestem het nie. En wat meer was. Nie een van daardie visioene het waar geword nie. Die uiteinde was so negatief dat die webblad moes toemaak omdat die vals profete op daardie blad nie eers een ding kom raak voorspel nie.

Lees ek jou openbarings en vergelyk ek dit met die Bybel wat my enigste riglyn is, kry ek die idee dat jy moontlik een van die siener webblad se oorlewendes is.

Ek is jammer om jou mee te deel. Noem ons nou maar eng of noem ons maar verkramp. Maar as jy nie n vers in die Bybel het wat direk aan jou visien gekoppel kan word nie, moet jy nie weer jou vrees drome hier plaas nie.

Ns. Openbaring 17 het net 18 verse.

Unregistered 777
12-30-2012, 04:18 PM
Nou moet jy my reghelp. Jy praat van openbaring maar die boek lyk nie vir my na iets wat in die Bybel is nie. Onmiddellik onthou ek weer die openbarings van die mense wat op www.siener.co.za geplaas was toe Mandela die eerste keer dood gegaan het.

Dit was verstommend om die gesigte en visioene te lees wat glad nie met die visioene en die Bybel ooreengestem het nie. En wat meer was. Nie een van daardie visioene het waar geword nie. Die uiteinde was so negatief dat die webblad moes toemaak omdat die vals profete op daardie blad nie eers een ding kom raak voorspel nie.

Lees ek jou openbarings en vergelyk ek dit met die Bybel wat my enigste riglyn is, kry ek die idee dat jy moontlik een van die siener webblad se oorlewendes is.

Ek is jammer om jou mee te deel. Noem ons nou maar eng of noem ons maar verkramp. Maar as jy nie n vers in die Bybel het wat direk aan jou visien gekoppel kan word nie, moet jy nie weer jou vrees drome hier plaas nie.

Ns. Openbaring 17 het net 18 verse.

Ek het nie 'n benul waarvan jy praat nie en dit lyk my jy sit die pot heeltemal mis hier. Judith se openbaringe soos in die gees ontvang het niks met die Bybel se openbaringe te doen nie behalwe dat dit ook oor die eindtyd gaan - waarskuwings.

Watter vrees drome praat jy van?

Unregistered
12-30-2012, 06:45 PM
Ek sal maar versigtig wees om alles te glo wat die dogter skryf.

Judith de Beer is `n enkellopende dame van Ottoshoop in Suid-Afrika. Na jarelange blootstelling aan die gesuiwerde Woord van God via die Boek van Herinnering, sowel as die Nuwe Openbaring van Jesus aan Sy profete, Lorber, Dudde en Engel, het Judith dit vervolmaak waarna elke kind van God na streef, naamlik om Sy stem binne-in jou innerlike wese te hoor.

Hierdie boodskappe het begin op die 30ste Mei 2007 en is tot nou toe feitlik daagliks deurgegee. Hierdie boodskappe spreek direk tot Sy Sionskinders regoor die wÍreld, maar veral tot die HART van Sion, naamlik die Boerevolk in Suid-Afrika.

Unregistered
12-30-2012, 07:27 PM
777

Kom ons hou maar liewer by die Bybel.

001

Unregistered 777
12-30-2012, 09:47 PM
777

Kom ons hou maar liewer by die Bybel.

001

Ons is tans in 'n geesteswoestyn en as jy nie seker is van jou vermoeŽ om inligting reg te kan sif nie, dan is dit beter om die Bybel as jou enigste bron tot geestelike groei te gebruik; net asb nie die NKJ Bybel nie. Daar is regtig baie goeie inligting daarbuite wat 'n groot positiewe invloed op ons geestelike ontwikkeling kan hÍ as jy vra vir Salomo se wysheid en God die Vader se leiding.

Unregistered
12-30-2012, 09:58 PM
Is die Afrikaner deel van die Boerevolk?

Unregistered
12-31-2012, 06:42 AM
Ons is tans in 'n geesteswoestyn en as jy nie seker is van jou vermoeŽ om inligting reg te kan sif nie, dan is dit beter om die Bybel as jou enigste bron tot geestelike groei te gebruik; net asb nie die NKJ Bybel nie. Daar is regtig baie goeie inligting daarbuite wat 'n groot positiewe invloed op ons geestelike ontwikkeling kan hÍ as jy vra vir Salomo se wysheid en God die Vader se leiding.

777. Maar jy haal dan nou 'n vrou aan wat duidelik nie die Bybel ken of gebruik om haar "profesiee" te toets nie?

001

Lukas
12-31-2012, 09:25 AM
Judith de Beer is n vals profeet en ek het dit vir jou in n PDF verduidelik.

Ek hoop dat jy alles sal deur lees voor jy enigsins sal reageer. EK gaan jou ook net een kans gee om te reageer. Daarna wil ek nooit weer van haar op hierdie blad hoor nie. Sy is nie van God nie en sy probeer God se kinders mislei en verly

Sy het niks vervolmaak nie. God leer al sy kinders wat Sy seun as verlosser erken om Sy stem te hoor. Hy leer ons om nie in ons brein te hoor nie maar Hy leer ons om in ons gees te hoor en te luister.

91

Unregistered
12-31-2012, 12:27 PM
Dankie Lukas. So eenvoudig soos dit. Ons glo wat in die Woord staan.

Unregistered 777
12-31-2012, 01:22 PM
Judith de Beer is n vals profeet en ek het dit vir jou in n PDF verduidelik.

Ek hoop dat jy alles sal deur lees voor jy enigsins sal reageer. EK gaan jou ook net een kans gee om te reageer. Daarna wil ek nooit weer van haar op hierdie blad hoor nie. Sy is nie van God nie en sy probeer God se kinders mislei en verly

Sy het niks vervolmaak nie. God leer al sy kinders wat Sy seun as verlosser erken om Sy stem te hoor. Hy leer ons om nie in ons brein te hoor nie maar Hy leer ons om in ons gees te hoor en te luister.

91

Lukas,
Die 'link' laat my nie toe om die PDF dokument te sien nie. Kan jy dit asb hier plaas. Kom al die 'geestelike' boodskappe van Judith dan van satan? Daar is NET 2 tipes geeste - heilig en boos, God die Vader en satan. Dit is jammer dat jy my net 1 kans wil gee om te reageer aangesien ek graag 'n sinvolle debat hieroor wou voer. Miskien is jou siening verkeerd, wie weet!

454
12-31-2012, 02:14 PM
Elke mens is 'n gees, daar is dus nie net 2 geeste wat mense kan lei of mislei nie.

Unregistered
12-31-2012, 04:05 PM
Elke mens is 'n gees. Daar is nie net twee tipes geeste nie. 'n Mens kan 'n opsettelike bose gees wees, hy kan 'n goeie gees wees wat mislei en misbruik word, 'n goeie of bose gees wat deur God gebruik word, ens.

Unregistered
12-31-2012, 08:50 PM
777, jou gesprekke is leeg. Dit is werklik nie so n groot effort om met die Here te praat soos wat die dame dit uit maak nie. Lukas ht die komunikasie pad mooi opgesom.

Ek voel Ons is vir te lank aan ons neuse rond gelei (oor verskeie aspekte). Daar is "power hungry wolwe" daar buite wat n men's "inferior" probeer laat voel en dan een of ander doktrine jou bagasie maak.
Ek voel ook dit is nie nodig om elke liewe dag te wag vir n boodskap of woord van die Here nie, ons bou mos ervaring op en die "Arend" HERE sal jou vang voor jy die grond tref!! Nee man, bid, vra en sweet n bietjie. Sterkte! BW

Unregistered
01-01-2013, 08:21 AM
BW. Ek stem saam met jou. Die organisasies wat christene aanhang verwar ons deur die geskrewe Woord van God te verdraai soos dit elkeen pas. Dit is waarom daar geen eenheid in die kerk is nie ten spyte daarvan dat die Woord anders se. Ons het nodig om terug te keer na die beginsels wat deur God vir ons gegee is in Sy Woord. In teenstelling daarmee wil mense wat nou nog nie eers die grondbeginsels onder die knie het nie hulle voorgee as profete van die Almagtige. 001

Unregistered 777
01-01-2013, 04:25 PM
777, jou gesprekke is leeg. Dit is werklik nie so n groot effort om met die Here te praat soos wat die dame dit uit maak nie. Lukas ht die komunikasie pad mooi opgesom.

Ek voel Ons is vir te lank aan ons neuse rond gelei (oor verskeie aspekte). Daar is "power hungry wolwe" daar buite wat n men's "inferior" probeer laat voel en dan een of ander doktrine jou bagasie maak.
Ek voel ook dit is nie nodig om elke liewe dag te wag vir n boodskap of woord van die Here nie, ons bou mos ervaring op en die "Arend" HERE sal jou vang voor jy die grond tref!! Nee man, bid, vra en sweet n bietjie. Sterkte! BW

1) Wie het gesÍ dat dit groot inspanning (effort) is om met God die Vader te praat? Die punt is dat sy (Judith) nie net Vader se stem hard en duidelik hoor nie, maar ook gehoorsaam is aan Hom desondanks die baie tyd en moeite wat die openbarings van haar vereis. Dit is meer as wat enige van ons kan sÍ. 2) Hoor jy Sy stem? 3) Kan jy slegs een so 'n openbaring hier plaas? Dit neem haar sowat 3-5 minute per diktaat / openbaring. Die openbarings isnie vir almal bedoel nie - daar is geestesvlakke. Die waarheid is baie anders as wat die kerke / tradisionele christenskapsleer verkondig daarom sal menigte mense nie die waarheid eens erken as hulle dit teenkom nie. Antwoord asb vrae 1-3 reguit en eerlik.

Unregistered
01-02-2013, 12:12 AM
Dit is juis wat ek NIE se nie 777, Jesus ken elke een van ons beter as wat ons ons self ken, HY praat met jou soos wat jy Hom sal verstaan en die openbarings / leiding wat Hy aan verskillende persone bied het be trekking tot daai persoon en hy/sy sal dit Verstaan in sy/haar persoonlikke omgewing in die eenvoudige stil stem van die Heilige Gees! Maak net die deur oop as HY klop. BW

Lukas
01-02-2013, 01:18 AM
Ek het verstaan dat jy nie die PDF dokument kon lees nie. Ek kan nou nie vir jou die notas wys wat ek op die PDF ingelas het nie. Maar nou kan ek vir jou twee versies bygee wat my punt gaan staaf. Dink mooi wanneer jy hierdie versies lees.

Matheus 5:18 Want voorwaar Ek sÍ vir julle, voordat die hemel en die aarde verbygaan, sal nie een jota of een titteltjie van die wet ooit verbygaan totdat alles gebeur het nie.

Openbaring 22:19 En as iemand iets van die woorde van die boek van hierdie profesie wegneem, dan sal God sy deel wegneem uit die boek van die lewe en uit die heilige stad en uit die dinge waarvan in hierdie boek geskrywe is.

Jong ek het na die Judith de Beerse gediggies gekyk en ek dink dat sy íngoeie digter is wat amper so
goed soos ET kan wees. Maar wat Judith de Beeras profeet betref is ek bevrees.
Jy praat van ínboek van herinneringeenek praat van ínBoek wat die volmaakte Woord van God is.
Die boek van herinneringe praat seker van ínsoete verlede wat nooit weer kan wees nie. Die Woord
van God kan deur ínongeredde mens beskryf word as ínhistoriese boek wat deur beeldspraakín
baie goeie weergawe van die wÍreldgeskiedenis weergee. Vir die geredde persoon is die Woord
van God ínwonderwerk en ínGeestelike skat en rykdom waardeur die die Heilige Gees die Skatte
van die Woord aan die verloste as wonderlike geskenke openbaar. Die Woord van God praat nie oor
die verlede in die vorm van herhinneringe nie maar van die ede en raak ons in ons alledaagse lewe
aan en gee oplossings vir ons daaglikse kwessies.
Jy praat van ínnuwe Openbaring van Jesus aan Sy profete, Lorber, Dudde en Engel. Dit is volgens
wat ek weet onmoontlik. Daar kan nienuwe openbaring wees nie. Die Bybelis oor Duisende jare
klaar geskryf en die Bybelse self dat niksis wat nie reeds klaar gewees het nie. Die Bybelis reeds
volmaak wanneer die Heilige Gees dit openbaar en geen mens kan iets by die Bybelbyvoeg wat nuut
is nie. Die Bybelis duisende jare gelede klaar geskryf en sy profesieŽ sluit tot vandagons huidige
wÍreld politiek in en beskryfselfs wat ons nog te wagtekan wees.
God het dit so gedoen om aan satan Sy Godheid te bewys en satan kan ten spyte van die feit dat God
alles tot aan die einde reeds geopenbaar het, niks aan God se woord en wil verander nie. God het sy
plan in die Bybelbekend gemaak sodat ons dit kan verstaan en al het Hy dit gedoen, kan satan nog
altyd niks daaraan doen nie. God is volmaak, alwetend en almagtig. Hy slaap nie of sluimer nie. Hy is
al pm teenwoordig en Hy vergeet slegs die sonde van die wat Hom as God aanneem en hulle sonde
bely, omdat Hy die dit nie teen ons wil hou nie.
God kan nie vergeet nie en daarom kan Hy nie skielik onthou dat Hy ietsie vergeet het en dan vir
Lorber, Dudde ,Engelen Judith inspan om gou die laaste deel wat hy vergeet het om te noem gou in
die Woord laat inskryf nie. Dit kan nie gebeur nie omdat Hy reeds in Matt.24. Jy moet veral na vers
28 kyk. Maar ek weetnie of jy dit gaan verstaan nie.
Mat 24:23As iemand dŠn vir julle sÍ: Kyk, hier is die Christus! of: Daar! ómoet dit nie glo nie.
Mat 24:24Want daar sal valse christusse en valse profete opstaan, en hulle sal groot tekens en
wonders doen om, as dit moontlik was, ook die uitverkorenes te mislei.
Mat 24:25Kyk, Ek het dit vir julle vooruit gesÍ.
Mat 24:26As hulle dan vir julle sÍ: Kyk, Hy is in die woestynómoenie uitgaan nie; kyk, Hy is in die
binnekamerómoet dit nie glo nie.
Mat 24:27Want soos die weerlig uit die ooste uitslaan en tot in die weste skyn, so sal ook die koms
van die Seun van die mens wees.
Mat 24:28Want oral waar die dooie liggaam lÍ, daar sal die aasvoŽls saamkom.
Maar God is nie die enigste Geestelike wese nie! Die new age het wat hulle noem, spiritual guides.
Ek het op youtube gesien hoe die mense verduidelik hoe mooi die mans is wat hulle gidse is. Die
mans waarvan hulle praat is soos engele wat aan hulle verskyn en verdwyn. Dan is daar ook goed
soos waarsÍer geeste. Dit is goed soos waarmee die heks van Endor gepraat het en wat veroorsaak
het dat Soal sy pos as koning verloor het omdat hy die heks gevra het om Samuelse gees te laat
oproep omdat hy gou vir Samuel Ďvragie wou vra.
(Na jare lange blootstelling aan die gesuiwerde Woord van God via die Boek van Herinnering,)sowel
as die, het Judith dit vervolmaak waarna elke kind van God na streef, naamlik om Sy stem binne-in
jou innerlike wese te hoor.)
Hier is my eerste aanduiding dat Judith íín valse profeet is. Daar is omdat daar net een Woord van
God is. En die feit dat die Woord deur die boek van herinneringe verduidelik word, word God se
Gees ontken om self die Woord aan Sy kinders te openbaar. Die waarheid wat dan uit die boek van
herinneringe kom, kan glad nie van God kom nie. Daar is vandag derduisende geestelike boeke oor
die Bybel. Dit is kinders wat die waarheid ten opsigte van die aspek in die lewe verstaan, wat dan die
goeie nuus wat hulle ontdek het, met almal wil deel.
Die grootste aankopers en verspreiders van geestelike boeke in die wÍreld is ook nie gelowiges nie.
Dit is new age en sataniste wat waarhede wat uit die Bybel kom, aangryp omdat hulle dit nie self in
die Bybel kan vind nie. Hulle gebruik dit ook om God se seŽninge te steel. Hulle maak god se
seŽninge Mammon omdat hulle God uit die seŽninge haal en dit aan hulle eie mag toeskryf. Hulle
praat byvoorbeeld van ďThe SecretĒ. Dit is ín boek wat Bybelse waarhede vir sukses vat en die mens
leer om daardie suksesse te kry sonder om God daarvoor die eer te gee.
Maar die Bybel verduidelik vir ons verder waarom LobÍr, Dudde ,Engelen Judith valse profete is.


Lees die volgende stuk baie mooi deur.
1Jn 4:1Geliefdes, glo nie elke gees nie, maar stel die geeste op die proef of hulle uit God is, want
baie valse profete het in die wÍreld uitgegaan.
1Jn 4:2Hieraan ken julle die Gees van God: elke gees wat bely dat Jesus Christus in die vlees gekom
het, is uit God;
1Jn 4:3en elke gees wat nie bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het nie, is nie uit God nie; en
dit is die gees van die Antichris waarvan julle gehoor het dat hy kom, en hy is nou al in die wÍreld.

Unregistered
01-02-2013, 08:25 AM
More Lukas

Ek wil net iets duidelik maak. Die Bybel leer ons dat baie mislei sal word. Baie is reeds mislei deur instansies en mense se verduideliking van die Bybel te aanvaar sonder om dit self op die proef te stel.
Geen kind van God sal mislei word deur iemand wat hom voordoen as Christus nie. Ons ken God en ons weet wat om te verwag. Ons word egter mislei deur mense wat bely dat Jesus God is en selfs in Jesus se naam na ons toe kom. Lees weer Matt 24 met dit ingedagte dan word dit duidelik waarteen Jesus ons eintlik waarsku.

Mat 24:4 En Jesus antwoord en sÍ vir hulle: Pas op dat niemand julle mislei nie.
Mat 24:5 Want baie sal onder my Naam kom en sÍ: Ek is die Christus! en hulle sal baie mense mislei.

Elkeen kan maar net terugdink in ons eie lewens hoe ons deur mense wat Jesus bely, mislei en gevang is.

Jesus gaan selfs verder in vers 24.

Mat 24:24 Want daar sal valse christusse en valse profete opstaan, en hulle sal groot tekens en wonders doen om, as dit moontlik was, ook die uitverkorenes te mislei.

Niemand kan 'n valse christus wees sonder om Christus te bely nie.

Mat 24:27 Want soos die weerlig uit die ooste uitslaan en tot in die weste skyn, so sal ook die koms van die Seun van die mens wees.

Die waarskuwings is dus nie teen mense wat se hulle is Jesus of die Christus nie, hulle kan nie dit wat Jesus bo leer namaak nie. Die waarskuwing is teen mense wat Jesus ken en Christus bely. Dit is hoekom die verleiers al die regte dinge kan se en doen en die kinders van God wat nie 'n persoonlike verhouding het nie sal mislei.

Mooibly
Chris

Lukas
01-02-2013, 04:17 PM
Ek stem saam met jou Chris en jy stel dit baie mooi.

Unregistered 777
01-02-2013, 04:25 PM
Openbaring 443
Sekeres ontsien selfs nie die heilige geskrifte.
Maandag 29 September 2008 14:30

Deur baie duisende jare heen, was daar in verskillende tye, deur verskillende geslagte heen, gereelde hekse jagtogte, op verskillende geloofsgroepe uitgevoer, waardeur daar gepoog was om fisies heeltemal ontslae te raak van groepe, wat deur middel van hul geloof, ʼn bedreiging vir die outoriteitsordes van daardie tydvakke was. Veral was daar gepoog om ontslae te raak van enige geskrewe oorblyfsel van hierdie meestal vrydenkende mense.

Baie van hierdie ou boekrolle en geskrifte was daarom so goed versteek, dat sommiges van dit, tot en met nou, sporadies nog hulle verskyning, selfs tot in hierdie moderne tydvak maak. Huidiglik sit jy met ʼn kwelvraagstuk omtrent die vernietiging van sekere geestelike geskrifte onder julle waar ondermeer, spesifiek, die Lorber geskrifte en vertalings van voorkom en wat onder die hand van die meer radikale gelowiges onder julle, tot as verbrand is. Ek antwoord jou dat die mens slegs deur middel van herkenning, iets begrypliks vanuit enigiets, hetsy dit nou ʼn materiŽle voorwerp, ʼn begrip of ʼn leerstelling is, tevoorskyn kan bring, indien die inhoud daarvan reeds aanwesig, in die soeker of ontleder se wese is. Dus is dit maar net weer ʼn bewys dat diegene, wat nie net namens hulle self nie, maar ook ander besluit het, dat hierdie wonderlike inligting, kwansuis deur middel van 'bose influisterings en geeste' sou geskied.

Ja, hierdies het nie die nodige onderskeidingsgees binne hulself gehuisves, om dit wat hulle aanvanklik met soveel oorgawe geglo het, op ʼn meer permanente basis, in hulself te kon stoor, vir latere naslaan werk, deur middel van hulle gees nie. Helaas was dit maar weer die betreurenswaardige saadjies, wat met soveel blydskap, tevergeefs op die rotse geval het, waar dit tevergeefs vir die dood ontkiem het. Ja, op onvrugbare rots het dit geval, om maar net weer onder die harde son, van materiŽle 'realiteit' sonder die goeie ondergrond van die Gees, tot niks te verdor en te vergaan. Ook is dit opmerklik dat dit meeste van die tyd mense is, wat nie net hierdie geskrifte nie, maar ook sommige ou boekrolle, aanvanklik met groot geesdrif aangegryp het, terwyl hulle terselfdertyd net so geesdriftig agter enige ander valse geskrif en valse profete aan hardloop, om wanneer hul tot hul skaamte, hulle foute agterkom, summier die skuld op dit wat hulle nooit werklik kon verstaan het nie, as die sondebok te kan afskuif, om sodoende hulself, oor hul eie dom foute, voor die mense te kan verontskuldig. In alle geskrifte en dit sluit die Bybel in, is daar waardevolle inligting sowel as onsuiwerhede en onwaarhede.

Moet sommiges onder die mense, daarom die Bybel namens almal gaan verbrand, of sou dit miskien nie meer wys wees, indien elkeen in opregte gebed, om die leidingsgees van onderskeid vra nie, sodat elkeen volgens sy eie persoonlikheid en aard, die regte leiding deur die Gees kon ontvang nie. Die hele probleem van ons volk lÍ in die feit dat daar onder die laaste opregte kinders van God ʼn geweldige magsstryd heers, veral onder die manlikes van hierdie volk, wat tog so bang is, dat sy naaste dalk oor hom gaan koning kraai, en hierdie heerssug en naywer geskied in ʼn krisis uur, terwyl hierdie volkie besig is om die laaste doodsnikke, van sy lieflike volksidentiteit te gee. Daarom is die sogenaamde manlike leiers onder hierdie Volk niks beter as ʼn klomp breinlose reunhonde, wat rondhardloop om op enigiets, wat na ʼn moontlike domein kan lyk, met druppeltjies nuttelose urine, ʼn gebied, vir hulself te kan afbaken.

Daar is nie een in hierdie volk waarna daar opgekyk kan word, as ʼn moontlike sterk leier nie, omdat ʼn opregte leier nie die heeltyd bekommerd is oor die een of ander leierstatus nie, maar werklik bekommerd is oor die welsyn rakende sy hele volk. ʼn Ware leier is gefokus op die behoefte van elkeen van sy volksgenote, ryk of arm, wetsgehoorsaam of nie, ja, elkeen word in ʼn volk ingebore en nie ingekeur, deur sommige, sogenaamde, "weet dit alles mense" nie. Met My lewe op hierdie aarde het Ek nie versuim om besoek aan die sondaar en die tollenaar te bring nie en selfs die mees betreurenswaardige hoer is nie deur My oor die hoof gesien nie. Deur middel van My onderrig het Ek dit baie pertinent op die hart van die mens gedruk, dat Ek ʼn persoonlike besoek aan elk van julle sal bring in die vorm van die wat honger of dors het, ja, ook in die wat naak, of in die gevangenis sit.

Nooit het Ek laat blyk dat daar aan die een in die gevangenis gevra moet word, waarom hy daar sit nie. Soos wat sake huidiglik in ʼn haglik geestelike toestand onder julle blyk te wees, is dit vir julle baie beter om tot die slotsom te kom, om liewer julle oŽ en hoop, op My, julle enigste Verlosser en Leidsman, in hierdie verskriklike komende tye te hou, in plaas daarvan om tot sulke uiterste drastiese stappe te gaan, wat selfs nie die heilige geskrifte ontsien nie.

Unregistered 777
01-02-2013, 04:30 PM
Is een van julle bereid om die vrae te antwoord?
1) Is die openbaringe soos deur Judith ontvang in die gees, van satan (bose geeste) afkomstig?
2) Kan jy so 'n gediggie skryf in minute, 'n week of selfs 'n maand?
3) Het jy al verborge inligting ontvang van God die Vader?

Unregistered 777
01-02-2013, 04:46 PM
Ons moet mooi alles lees wat Vader ons leer oor profete. 'n Profeet is nie klaar 'n foutlose engel nie, hulle kan ook steeds in swakheid na 'n verkeerde gees se influistering luister en dit nie besef in hul swakheid nie. Daarom sÍ die Woord: "Ondersoek alles en behou die goeie."

Vader verwag van sy volgelinge om geen openbaring blindelings te glo nie, maar elke openbaring te ondersoek en te meet. As mens nou een valsheid of 2 of drie sou kry in 'n duisend ware, maak dit nou alles vals? Nee. Wat vals is is vals en wat waar is is waar.

Bileam het 'n swakheid vir gewin gehad en wou Israel vloek om die loon te ontvang. Maar toe kon hy net seŽn uitspreek soos die Gees hom gee. Was die seŽn dan nou vals omdat sy bedoeling vals was? Nee.

Ons is nie een as regter aangestel om valse profete uit te wys en so te bestempel nie. Ons kan slegs mekaar wys op die dele wat nie waarheid is nie. Kan ons in al Judith se openbaringe valsheid uitwys? Nee. Meeste is waar en goed. Dit sou vir my lastering teen die Gees wees om sommer als wat sy ontvang as van die bose te bestempel.

Pasop dus, dat ons nie self val om swaar te oordeel (waarmee onself gemeet sal word) as ons nie weet uit watter gees elke openbaring kom nie.

Die hooffeit kom vir my daarop dat niemand vir 'n ander kan sÍ dat hy/sy uit homself praat nie as die persoon 'n stem hoor wat hy/sy in goeie geloof glo is van die Gees afkomstig, want dan maak mens nie net die getuie as leuenaar uit nie, maar kan selfs die Gees van valsheid beskuldig.

Vader verwag nie van ons om blindelings te glo nie, maar ook geensins te te veroordeeel nie.
Self het Hy as Jahshua in die vlees bevestig:
Mat 28:18 En Jesus het nader gekom en met hulle gespreek en gesÍ: Aan My is gegee alle mag in die hemel en op aarde.
en....
Joh 8:15 Julle oordeel volgens die vlees. Ek oordeel niemand nie.
Joh 8:16 En al oordeel Ek, my oordeel is waar, omdat Ek nie alleen is nie, maar Ek en die Vader wat My gestuur het.

Wat Vader van ons verlang is om dit wat vir ons nie helder of duidelik mag wees nie na Hom te neem en Hom alleen te vra vir opklaring ..... en dan te wag op Sy antwoord. (maw hou die negatiewe of verdenkte siening op ys tot Vader vorentoe uitklaring gee, want dit mag dalk van Hom kom vir 'n rede wat mens eers later begryp as Hy die sluier lig en dit lig word in jou. Dan het/hoef mens ook nie teen die Gees te sondig of te laster nie.)

Lukas
01-02-2013, 11:49 PM
43.

VRAAG 2.

Langenhoven het een mŰre by ín kafee op die dorp ontbyt geŽet. Saam met die ontbyt het hy twee bottels wyn gedrink. Twee boere wat ook daar geŽet het, sÍ toe hard sodat Langenhoven dit moet hoor. ďGawe man die Langenhoven, net jammer hy suip soĒ

Langenhoven het die twee etikette van die bottels gehaal en vir elke boer n eie gediggie agter op die papiertjies geskryf. Hy sit toe die papiere agterstevoor op die bottels terug en toe hy loop, sit hy twee bottels met twee gediggies voor die twee boere neer en sÍ. ďDit kan Langenhoven doen wanneer hy dronk is. Dit kan julle nie eers doen wanneer julle nugter is nieĒ.
Het Langenhoven se gawe van hom ín profeet gemaak ?

Ek is nie ín digter maar iewers is daar ín lig wat flikker.
Wanneer is dik te dik en wanneer is dit dikker as ín daler ?
Is die maler wat nie meer wil maal, regtig oor die meul of is dit die meel?
Sag streel die reŽlmaat van die digter die geheue van die skugter.
Tog is die digter met sy eie geskrifte, ver verwyder van die Heilige Skrifte.

Maak dit van my nou ook ín profeet ?

Vraag 3: Ja, God openbaar aan my goed wanneer ek die Bybel lees.

God gee ook aan my drome. Maar ek het ook ín bewys dat die duiwel ook drome en gesigte gee.

VRAAG 1. Wat ek gesien het, is Judith de Beer net so vÍr van die pad soos Johanna Brand.

Jy praat maklik om een keer uit ín duisend keer verkeerd te wees ? Kan jy vir my een voorspelling gee waar Judith de Beer reg was ?

Ek het haar visioene op siener.co.za gesien en nie een van haar openbaringe was reg nie. Nie een nie. Nie een van visioene was in die kol nie. Nie een nie.

Julle is vÍr van die lig en julle dwaal deur die Bybel te wil vervang. Julle nuwe openbaringe het geen gewig nie en ek verwerp dit in totaliteit.

Akska is ook nie ín platform waar julle mense mag kom om te verlei nie. Skep weer vir julle julle eie webblad wat met leuens tot niet sal gaan. Ons het nog ín lang pad om te gaan en gaan ons nie deur julle leuens laat kelder nie.

Bekeer julle tot die ware lig. Vergeet die gelispel van die slange. Dit is nie ín gelispel van die duiwe soos Judith skryf nie. Sy is die slang wat sag in jou hart pik tot jy blind vir die lig in duisternis verstik.

Unregistered
01-03-2013, 06:37 AM
Dankie #46 nou kan almal sien wat is in julle Judith dissipels se harte. Aan julle vrugte ken ons julle.

Unregistered 777
01-03-2013, 11:43 AM
Lukas,

Openbaring 572
Donker tye vir die vermaakbedryf.
Saterdag 31 Januarie 2009 13:00

In ʼn gesig sien ek skielik iemand wat net soos die afgestorwe popster John Lennon lyk en hy wys met sy wysvinger na iemand, ek kyk en sien die sanger Michael Jackson wie se gesig skielik in ʼn kopbeen verander en iemand sÍ: "Die donker en baie moeilike tye het ook nou vir die vermaakbedryf gekom". Direk na hierdie gesig ondervind ek ʼn geweldige negatiewe aanslag vanuit die onderwÍreld en dit verskrik my sů dat ek vir ʼn oomblik huiwer om hierdie gesig neer te skryf.

"On June 25, 2009, American singer Michael Jackson died after he suffered cardiac arrest at his home in the Holmby Hills neighborhood in Los Angeles, ..."


Dit is altyd baie belangrik om eers jou huiswerk te doen voordat jy valse aantuigings maak. Jy beweer daar is nie eens een'voorspelling' wat waar geword het nie, nou ja! Volgende gaan jy sÍ, ja maar dit en ja maar dat; die punt is dat jy uit is om iemand te 'ontbloot' oor iets wat jy self nie mooi verstaan nie. Ek glo dat jy jouself is so mislei dat jy nie die waarheid sal erken nie. So is ons ou volkie maar, elkeen wil op sy eie mishoop sit en koning kraai want hy wil sy eie persoonlike waarheid verkondig as die heilige waarheid. Daar is tans nie 'n enkele persoon wat die suiwere waarheid het nie, so moenie te angstig wees om jou mede adamiete / jou naastes so te verguis nie. Weet jy wat dit beteken om die Heilge Gees te bedroef? - wees baie versigtig aangesien jy hier beweer dat dit satan se bose geeste is wat Judith lei.

Jou gediggie skiet ver te kort...

3) Watse verborge inligting was aan jou deur God die Vader gegee? Deel dit asb met ons.

Lukas
01-04-2013, 11:41 AM
Baie dankie dat jy die voorspelling geplaas het. Ek vind dit baie snaaks en dit bewys presies wat ek sÍ, maar jy moet nou jou stoel vashou en my storie enduit lees.

Jy kan seker van n vorige plasing wat ek gemaak het, ook onthou dat ek gesÍ het dat die satan ook drome en gesigte kan gee ? In die lig hiervan wil ek jou net eers ín vraag gee om oor te dink. Wat het hierdie gesig van Michal Jacson nou eintlik met die Koninkryk van God te doen ? En as daar in daardie kringe ín donker tyd oor die musiekbedryf gekom het, wat sal jy reken watter geestelike magte sou dit as ín donker tyd beskou het ?

Daar is baie bewyse van mense wat drome van iemand gedroom het wat in ín ongeluk sal doodgaan en dan het dit so gebeur. Ons het grootgeword met mense wat met die helm gebore was. Dit is een of ander vlies wat oor die kop vassit met geboorte. Onverklaarbaar kan mense wat met die helm gebore is, ook voorafkennis van rampe en dood kry. Ek weet net nie van ín geval waar daardie mense hulle voorafkennis gebruik het om geld te wen nie.

Hier is my storie.

1978 was ek tydens my grensdiens gewond. Eers word ek na Grootfontein afgevoer waar ek vir ín paar dae behandel is. Terwyl ek daar is, daag die militÍre polisie by my ouers se huis op met die boodskap dat ek doodgeskiet is. Onbewus van die gebeure maak ek op ín dag ín plan om gou my ouers te gaan bel. Ek haak die drups wat op ín stander hang aan ín stander met wiele en so glip ek met die tros goed die gange af tot ek ín foon kry van waar ek my ouers kan bel. Dit was na ek gebel het wat die polisie toe by hulle opgedaag het en kon my pa-hulle toe verseker dat hulle nie die regte inligting het nie. (So het God my pa toe van ín groot skok gered)

Ek word toe van daar na die ou 1 Mil in Pretoria afgevoer en kom die nag baie na aan middernag in die hospitaal aan. Dit is toe wat die sports begin het. Oorkant my was ín ou wat in die maag geskiet was. Daar was ín tipe van ín raam wat oor sy maag gestaan het en hy kon nie sy voete of die bed oorkant die paadjie sien waar ek gelÍ het nie. 04:30 Word ons wakker gemaak en al die siekes en lammes moet hulle eie beddens opmaak voor die nuwe skof verpleegsters opdaag.

Toe ek opstaan roep die ou wat oorkant my lÍ. Hy kon nie opstaan nie. Hy is doodsbleek en dit lyk vir my of hy die dood sien. Hy sÍ vir my. ďEk ken jou nie. Ek het laas nag van jou gedroom dat jy geskiet word en dat jy teruggaan grens toe en dat dat jy dan doodgeskiet gaan wordĒ Hy was baie geskok en kon nie glo dat hy die mens waarvan hy gedroom het, in lewende lywe voor hom sien staan nie.

Toe die skof ruil, kom een van die nuwe verpleegsters geskok voor my staan. Sy is doodsbleek en vra of ek staande mag is. Sy vertel my dat sy my nie ken nie maar dat sy die vorige nag van my gedroom het en presies soos wat die ou oorkant my gedroom het, het sy identies dieselfde droom gehad.

Voor ek bos toe is, het ek by ín Elna Nel gekuier. Sy weet toe nog nie dat ek geskiet was nie en skryf ín brief aan my ouers van die verskriklike droom wat sy gehad het dat ek gaan teruggaan grens toe om doodgeskiet te word.

Iewers in daardie week kom Arnold Botha van Viljoenskroon by besoek. Sy suster het presies dieselfde droom gehad en Arnold vra my om nie weer terug grens toe te gaan nie.

ín Paar weke later loop ek en McArthur in die gange rond. Dit is amper tyd vir my om op herstelverlof te gaan. Mc se oog was uitgeskiet en hy het al sy donker, donkerbril gekry. Hy wag toe nog vir sy glasoog maar omdat die bril so donker is, vra hy my of ek nie saam met hom tydens besoektyd in die gange wil gaan stap nie. Hy loop met sy hande uitgestrek voor hom en wanneer daar ín mooi meisie verbykom, vat hy haar per ongeluk so bietjie hoog raak sodat sy hom wil klap. Ek keer haar dan en verduidelik dat Mc blind is, maar nog vir sy wit kierie wag om te kom. Intussen moet hy leer om tussen mense te beweeg en dit is nou waar die probleem gekom het. Mc sal dan groot om verskoning vra en dan die meisie op haar stem komplimenteer en vra of hy nie kan sien hoe sy lyk nie. Hy was dan toegelaat om te vat waar geen siende man ooit kon vat nie.

Die speletjie het baie mooi gewerk tot ons by die mal-saal instap. Die suster aan diens, sien wat Mc doen en storm toe verwoed op ons af. Maar voor sy op hom soos ín donderstorm kon neerdaal, sien sy my en word doodsbleek. Sy vra my wie ek is. Sy vertel my die identiese droom soos wat vier ander mense voor haar ook gedroom het.

Vyf uit vyf. Vyf mense wat mekaar nie geken het nie en waarvan drie my in hulle lewe nog nooit gesien het nie, droom een dieselfde droom. Moet ek dit glo ? Is dit nie ín bietjie te veel keer wat dieselfde droom deur verskillende mense gedroom word nie ?

Na my herstelverlof, groet ek my ouers en my pa vra vir my waarom ek hulle hierdie keer so snaaks groet. Ek voel toe dat ek hom ten minste hierdie keer iets moet sÍ en ek en hy gaan praat in sy studeerkamer. Ek vertel hom van die vyf drome wat mense wat my nog nooit eers gesien het nie, gedroom het. Wat dink hy moet ek daarvan dink. As dit drie mense was, sou ek dit nog as snaaks beskou het. Maar vyf mense het presies dieselfde gesig gesien.

Dit is toe wat hy vir my iets vertel wat nie net my lewe gered het nie maar wat vandag, ook jou lewe kan red. My pa vertel vir my dat dit vir die duiwel ook moontlik is om drome en gesigte aan mense te gee. Maar die doel van die drome is om suggesties te plant en al wat jy moet doen om dit waar te maak, is om dit te glo. Maar vertel my pa my, as ek wil doodgaan is dit maklik. Ek moet net glo dat die vyf drome die waarheid vir my einde is en dit sal so wees. Of ek verwerp dit in die Naam van Jesus en daar sal met my niks gebeur nie.

Om ín baie lang storie kort te maak. Dit is vandag 2013. Vier en dertig jaar en amper twee maande later en ek is gesond en wel. Na daardie hospital trip was daar nog baie op my geskiet maar ek was tot vandag toe nog nooit weer raak geskiet nie.

Gevolgtrekking:

Die Bybel is menslik gesproke ín feilbare verpakking waarbinne die volmaakte Woord van God verpak is. Jesus het altyd met gelykenisse gepraat en so is die hele Bybel, ín ver vatting van die WÍreld se geskiedenis met God se hand daarin, asít ware met beeldspraak weergee sodat God se Heilige Gees aan ons, Sy Skatte kan openbaar wanneer ons die Woord van God lees. So kan God elke dag wanneer jy die Bybel soekend in Sy Gees lees, vir jou ín antwoord of bemoediging vir elke probleem gee wat jy daagliks ervaar.

Die hele wÍreld se hele geskiedenis van die grondlegging tot en met die koms van ín nuwe Hemel en ín Nuwe aarde is reeds in die Bybel vasgemaak en geen mens kan enige iets daaraan verander nie. ProfesieŽ en gesigte wat mense van God kry, sal op hulleself van toepassing wees en God sal hulle daardeur bemoedig en versterk om op Sy koers te bly. Michael Jacson was net so ín klein wurmpie soos wat Elvis Presley was. Hulle lewe of sterwe kon nie jou toekoms beÔnvloed nie. Kon niks aan wÍreldvrede doen nie en hou vir jou geen ewigheidswaarde in nie.

Maar vir die waarsÍer geeste is dit belangrik. Want daardeur kan hulle groot wonders en tekens doen om die mens te beÔndruk soos wat jy deur Michael Jacson se dood beÔndruk was. Maar die voorspelling is nie van God nie. Dit hou geen verband met die Bybel nie en hou vir jou geen ewigheidswaarde in nie.

Binne die Gipsy gemeenskap is daar baie waarsÍers en hulle is baie keer reg. Daar is ,mense wat handpalms lees en baie keer is hulle reg, maar hulle is nie van God nie. Hulle gebruik dieselfde geeste as wat die heks van Endor gebruik het. En die heks van Endor was ín gruwel in die Oog van God.

Jy sal moet kies. Kies jy die pad van die lewende God en probeer jy Sy wil soek, sal jy met hierdie goed moet breek. God se profete se voorspellings het ín ewigheidswaarde. WaarsÍers geeste se voorspellings het ín vermaaklikheidswaarde.

Unregistered 777
01-04-2013, 03:05 PM
Lukas,
Jou hele storie het niks, maar niks met Judith uit te waai nie en ek het verniet my stoel vasgehou. Jy probeer hard om my te vertel dat ek deur die bose geeste gelei word maar jy is sooo verkeerd. Onthou, elkeen van ons se geestelike padtjie is anders. Jy het gevra vir net EEN visioen wat waar geword het. Erken dat jy verkeerd was; kom wees 'n man. Antwoord asb net van my vrae sodat ons by die punt kan bly en debatteer.

1) Drome en visioene is totaal verskillend. Verstaan jy die verskil? Het jy al 'n visioen gehad.
2) Was daar al verborge inligting aan jou geopenbaar? ...en indien 'ja', vertel my asb daarvan.

Ek verdedig nie vir Judith nie, sy is 'n doodgewone mens wat nog meer as die gemiddelde wereldse persoon deur die duiwel aangeval word; Ek verdedig die godheid in die openbarings wat jy nog nie kan raaksien nie en met alle mag afskiet omdat jy dit nog nie verstaan en/of dit nie vir jou bedoel is nie.

Ek ken satan en sy bose geeste beter as wat jy ooit sal vermoed, en nie omdat hy my meester is nie, hy haat my omdat ek hom reeds baie skade berokken het. As ons langer praat sal ek van die inligting met jou deel as jy natuurlik belangstel. Ek het inderdaad 'n indiepte kennis van ons geestelike vyande omdat ek op 'n baie ongewone pad gelei is deur God die Vader. Hoe weet ek dit was vanaf God gewees; ek het die geeste getoets soos wat die Bybel ons vertel om te doen.

Terloops, ek was in 78/79 in valskermbataljon gewees - lekker tye. Ek is dankbaar dat jy deur die situasie gelei is en vandag nog oor dit kan praat.

Lukas
01-04-2013, 06:19 PM
Ek glo nie dat ek en jy oor die saak gaan saamstem nie. Daar is baie mense wat in ons kerke sit en wat aanvoer dat hulle profete is maar niks anders as waarsÍ geeste najaag nie. Dit gee aan hulle die mag dat mense daardeur verstom word en na hulle sogenaamde profesieŽ wil luister. Maar hulle profesieŽ het nie ’n ewigheidswaarde nie.

Johanna Brand se eerste vier profesieŽ en die van Siener van Rensburg is vir my persoonlik so bietjie anders. Johanna brand se vyfde professie is volgens my nie deur haar geskryf nie. Sy het die pad glo later totaal byster geraak en glo in Oosterse gelowe vervalle geraak. Hoe haar laaste dae op aarde daaruit gesien het weet ek nie. Siener het twee soorte goed beleef. Die wat hy vir gnl de la Rey gegee het om veilig te wees en dit wat hy van God omtrent die laaste dae gevra het. Die tweede gedeelte is wat mense vandag so probeer ontrafel omdat hulle nie die moeite wil doen om dit by God self te hoor nie.

Ek het vir jou ’n voorbeeld gevra. En die voorbeeld wat jy gegee het, het aan my gees die wete gegee dat haar voorspelling, visioen of gesig, van ’n waarsÍ gees gekom het. Ek het die verskil aan jou probeer verduidelik en jou gees was daarvoor toe. Ek kan jou nie tot ander insigte oortuig nie en ek voel jammer daaroor. Chris het dit vir jou baie mooi verduidelik dat die mense jou nie kan mislei as hulle buite die kerk is nie. Die wolf in skaapsklere het geen impak as hy nie tussen die skape is nie.

Ons het aan jou die waarheid vertel en dit hang nou van jou af wat jy daarmee gaan maak. Maar op hierdie blad sal ons nie die juffrou of se gesigte as van God erken en plaas nie.

Doctor Samual Doctorian leef vandag nog. Hy is amper soos ou siener. Sy profesieŽ handel oor die laaste dae en wat ons kan verwag. Wat hy kwytraak is dramaties en hy vertel byvoorbeeld hoe AustraliŽ in twee gaan skeur. Ek het dit gelees. Ons het dit op die webblad geplaas en ons wag om te sien hoe dit gaan gebeur. Siener het vertel hoe Brittanje gaan sink. Ds Marais het vertel hoe die skiereiland met water van die kontinent geskei gaan word. Wat ook al gebeur hulle sal nooit vir jou vertel dat Mandela oor n week en veertien dae sal doodgaan nie. Dit het nie ewigheidswaarde nie en Mandela se dood het niks met die tekens van die tye te doen nie.

Wat ons van profete hoor, stem ooreen met wat ons in die Bybel lees en al weet ons nie wanneer ons Verlosser op die wolke gaan kom nie, gee Hy aan ons die aanduidings dat dit nie meer vÍr is nie. Maar of dit oor ’n 100 jaar en of dit vandag gaan wees maak nie saak nie. Die dag wat jy jou laaste asem uitblaas, kom Hy vir jou op die wolke. Dan was al jou kanse om te kies reeds gedoen. Omdraai is daar nie meer nie. Die einde het dan vir jou aangebreek.

Ja. Ek het ook al visioene, gesigte en drome gehad. Een visioene was terwyl ek in die stort was. Dit was alles in wit en swart en baie vinnig oor. Dit was elke keer op my eie lewe van toepassing. Ek het ook een keer in my lewe ’n ondervinding gehad waar ek God se stem soos in surround sound gehoor het soos wat ek vir geen mens kan beskryf nie. Dan was daar n keer wat Hy met weerlig soos ’n sweepslag, wat meer as een keer ongeveer 150 meter voor my op dieselfde plek geslaan het, my gekeer het om nie in my dood in te stap nie. Op ’n dag het die Vader my gedruk m iemand te bel met wie jare gelede gepraat het. Dit was baie dringend en ek het dit gedoen. Toe ek deurkom was die persoon op die punt om selfmoord te pleeg. Om die waarheid te sÍ, het ek die persoon in die proses onderbreek. Ek hoor God se stem en ek het geleer wat die sagte stem is waarvan die ou mense altyd gepraat het.

Ek is dankbaar dat jy jou lewe vir God beskikbaar stel om die bose teen te staan. Maar doen dit in gehoorsaamheid aan God en nie uit gehoorsaamheid aan mense wie sÍ dat hulle Sy stem gehoor het nie. Wanneer profete in die kerk saam met jou sit en en oor jou profiteer, is daar iets waaraan jy hulle kan toets. Die Engelse noem dit ’n check in die gees. Wanneer jou gees enigsins roer, is dit nie van God nie. Maar wanneer jy ’n vrede oor jou kry wat jy nie kan beskryf nie, kan jy maar luister. Dit is wanneer jou gees totaal sonder enige sweempie saamstem met wat jy hoor.

God praat nie met jou in jou gedagtes nie. Hy praat met jou in jou gees wat diep van binnekom en wat jou verstand eensklaps met helderheid en kennis verlig. Soek eerder daarna en vergeet om agter profete aan te hardloop.

Wat die tannie van die Kalahari betref het ons haar nou klaar bespreek. Ek hoop dat sy ook hier lees en dat sy ook die waarheid sal najaag. Hierdie blad sal verseker ook nie vir haar as advertensieveldtog beskikbaar wees nie. Ek hoop dat jy sal verstaan.

Groetnis

Unregistered
01-04-2013, 08:38 PM
Ons is tans in 'n geesteswoestyn en as jy nie seker is van jou vermoeŽ om inligting reg te kan sif nie, dan is dit beter om die Bybel as jou enigste bron tot geestelike groei te gebruik; net asb nie die NKJ Bybel nie. Daar is regtig baie goeie inligting daarbuite wat 'n groot positiewe invloed op ons geestelike ontwikkeling kan hÍ as jy vra vir Salomo se wysheid en God die Vader se leiding.

777. Al hoe jy uit die geesteswoestyn kom is om self by God te hoor.

001

Leo
01-10-2013, 09:07 PM
Hier is iets moois en positiefs wat ek op 'n facebook blad gekry het :

Manne, hier is tien dinge wat jy van God moet vra, in Sy wil, vir jou vrou:
1. God, wees haar God Ė wees haar alle-bevredigende skat in alles. Maak haar jaloers vir U eksklusiewe oppergesag bo al haar hartstogte (Psalm 73:24-25).
2. Verhoog haar geloof - gee haar 'n rots vaste vertroue dat U onvergelykbare krag altyd ingeweef is vir haar absolute beste in Christus (Romeine 8:28-30).
3. Verskerp haar vreugde - 'n vreugde in U wat alles laat vaar na die rykdom van U genade in Jesus en dit sÍ beslis, helder en duidelik: "ek enige plek sal gaan en enige iets kan doen as U daar is" (Eksodus 33:14-15) .
4. Versag haar hart - red haar van sinisme en maak haar teer vir U teenwoordigheid in die mees ingewikkelde besonderhede van vuil doeke en 'n menigte van ander behoeftes wat U haar voor geroep het om aan te voldoen (HebreŽrs 1:03).
5. Maak haar om U kerk te koester - bou verhoudings in haar lewe, en bemoedig haar om die uitdagings van die lewe aan te vat met die waarheid van die evangelie, en laat haar korporatiewe byeenkomste, die Here se tafel, en die alledaagse lewe van die liggaam van Christus lief te hÍ (Mark 3 : 35).
6. Gee haar die wysheid - maak haar dimensies van die werklikheid sien wat ek miskyk en wees saam met haar met 'n sagte, stil gees waarin sy veilig en gevierd voel (1 Petrus 3:4).
7. Handhaaf haar gesondheid Ė laat ons nie ophou om U genade van gesondheid te waardeer nie, en weerhou ons om dit as vanselfsprekend te aanvaar, maar dat ons altyd sal besef dat dit deur die bloed-gekoopte genade van Jesus Christus is (Psalm 139:14).
8. Vermenigvuldig haar invloed Ė bemoedig en verdiep die impak wat sy op ons kinders het. Gee haar soet indrukke van U. Stort U liefde in haar uit teenoor ons bure en vriende. (Johannes 12:24).
9. Maak haar U stem hoor - die Bybel te lees en dit te aanvaar soos dit werklik is, U woord ... U woord vir haar, waar sy woon, vol van genade en krag en alles wat sy nodig het met betrekking tot die lewe en godsvrug (2 Petrus 1:03).
10. Beklee haar met Jesus - dat sy met Hom verenig sal wees, dat sy 'n nuwe skepsel in Hom sal wees, sodat sy U dogter in Jesus sal wees. . . Nie meer in Adam nie, maar dood vir die sonde, nou in Christus en lewendig vir U, vir ewig (Romeine 6:11).
En dan 'n duisend ander dinge.