PDA

View Full Version : Omgekeerde rasisme



Tom
08-16-2014, 12:07 PM
Ek hoor vanoggend n storie wat ek bitter swaar sluk. n Gas vertel my hy woon in Mafeking. Daar is twee hospitale. n Staats hospitaal en n privaat hospitaal. Die privaat hospitaal word 100% besit deur swart aandeel houers. Geen blanke dokter mag n pasient in hierdie privaat hospitaal behandel nie. Indien n blanke dokter n pasient in die privaat hospitaal laat opneem, moet die pasient dadelik aan n swart dokter oorhandig word en die blanke dokter moet ontrek.

Eerstens wil ek weet, is dit die waarheid, of is dit bietjie verdraai? Dit kan ook wees dat dit nie offisieele beleid is nie, maar wel wat in die praktyk gebeur.

Dan wil ek ook weet, indien waar, hoe kom hierdie hospitaal weg daarmee. Dink maar net wat sal gebeur as dit andersom moet toegepas word en net blanke dokters word in n hospitaal toegelaat om pasiente te behandel. Daardie hospitaal sal seker binne n week gesluit word...

En dan laastens, indien waar, waarom hang geen media dit aan die groot klok nie en waarom skop niemand n bohaai op nie?

Lukas
08-16-2014, 11:24 PM
Tom as jy wil. sal ek AKSKA lede in daardie omgewing vra. Maar of hulle verkeerd is en of ek verkeerd is, sal niemand seker weet nie. Ek is ook skuldig aan iets. Ek vertrou glad nie n swart vlienier of n swart dokter nie. En as hulle so oor n wit dokter voel soos wat ek oor n swart dokter voel, kan ek geen vinger wys nie. Met hierdie onderwerp moet ek dus uit sit. .

524
08-17-2014, 06:21 AM
Hoe ek voel of nie is seker nie relevant nie. In 2010 val ek 7 meter en my been raak verstrengel en buig (soos volstruis-kind) 90 grade in die verkeerde rigting. Voor dit gebeur is my knie die eerste ding wat die impak vat. Die gevolg is dat die patella in vier stukke breek. Ek gaan na 'n privaat hospitaal en die "dokter" aan diens kry sy maatjie om my te "behandel" Die behandeling was so goed dat ek vir 12 maande nie my been kon buig nie, dit neem vier ander operasies om my 80% van my been se gebruik terug te kry. Met moeite en baie oefening kan ek amper s ek's "as good as new" behalwe vir die spykers in my knie.. Baie het gevra hoekom ek nie 'n saak maak nie, twee goeie mediese prokerowers het duidelik ges dat jy nie maklik so saak sal wen nie - in meeste gevalle kan jy sleg tweede kom. Dit is bleikbaar baie moeilik om ander spesialiste te kry om vir jou te getuig omdat dit duidelik 'n "career limiting" ding is.

Die media vandag sal nie waag om hierdie omgekeerde rasisme te dek soos hulle enige ander klaarbleiklike rasistiese voorval dek nie. Kyk maar na die verslaggewing met kriminele dade, as die krimineel wit is word dit pertinent ges maar andersom word dit mooitjies verswyg. Lees mooi wat doen hulle. Negatiewe publisiteit oor Johannesburg is altyd Jozi - dit verwar die internationale leser. Negatief is altyd Pretoria - dit laat daardie apartheid smakie in die mond. Media beriggewing gaan beslis nie oor om die nuus te lewer nie maar is gemik op sensasie en om die soort nuus te versprei op so 'n manier dat die adverteerders en borge nie aanstoot neem nie.

Al wat daardie hospitaal kort is een of ander pasient wat 'n helse issue maak van die "feit" - sosiale media mag dalk 'n oplossing wees, probleem is as jy so siek of "incapacitated" is dan gee jy nie eintlik om nie jy wil net die die pyn weg h.

Tom
08-17-2014, 08:00 PM
Ja wel, niemand skop n bohaai op nie en ry maar eerder Klerksdorp toe om in n ordentlike hospitaal opgeneem te word.

Ek het ook bietjie oor die ding gedink en sal bietjie uitvind. Hier by ons het ek nog nie swart dokters gesien nie, maar ek kom nie gereeld daar nie. Waar jy opgeneem word, word ook grootliks bepaal deur waar die verwysende dokter aandele het en dit is dan ook waar hy sy hospitaal besoeke sal doen. Hy sal jou nie na n ander hospitaal verwys nie. So miskien is dit maar net geld wat praat en nie soseer rasisme nie. Die aandeelhouers in ons hospitale is seker maar almal blank, weet net nie hoe kom hulle by BEE verby nie. Ons het wel baie swart pasiente.

Ek sal bietjie uitvind hoe die mes in die hef steek hier by ons.

SA419
08-17-2014, 08:07 PM
Wel hier by ons in die Oos Kaap is "blanke" en "swart" dokters, die keuse is joune.
Die blankes is nie naweke op bystand nie, dus nie beskikbaar nie.
Soms is hulle diagnose verkeerd, en hulle is ou dokters.
Die swart dokters gee goeie diens en hulle gee nie om oor watter kleur jou vel is is nie, jou geld is dieselfde kleur.