PDA

View Full Version : Opgewonde



Tom
08-16-2014, 01:06 PM
"In August falls a soft rain
then the grass start to grow again"

Opgewonde vertel ek vanoggend aan iemand, hoe op sy tyd elke ding hierdie jaar gebeur. Eers het ons n baie koue winter. Toe kom die Agustus winde op sy tyd en nou die lekker sagte reŽn. Ek is so opgewonde vir die boere, wat so vuisvoos geslaan is. Lyk of hulle n baie goeie seisoen gaan hÍ.

Dit is toe wat die persoon bo-staande reels met my deel. Sy pa het as tjokker die seisoene so geleer in die kleuterskool en daardie jare was dit normaal. Ek het wel geweet van die Agustus winde, maar die sagte reŽn in Agustus is vir my nuus. Maar as ons voorsate selfs n rympie daaroor gemaak het, moet dit die norm gewees het.

Dus, darem goeie nuus met die belofte van n goeie seisoen. Nou wonder ek net, is dit net hier by ons in die Wes Transvaal, of deel ons dit met die hele land?

Lukas
08-16-2014, 08:00 PM
Tom hier by my was dit vandag ook bewolk. Daar het druppels geval maar nie so dat jy dit op die paaie kon sien nie

524
08-16-2014, 08:03 PM
Waar is "hier" Lukas. Moloto se kant toe? - Loftus het amper weg gespoel vandag.

Lukas
08-16-2014, 11:16 PM
Hahah dis anderkant die rantjie en ek gaan nooit so diep in die stad in nie. StormvoŽl is die verste van my kant af wat ek onder dwang regs van die N1 suid afdraai. Zambiese alias Safako Macaco is die naaste wat ek aan die stad kom en daar het vandag net n paar druppels geval, terwyl ek daar was

524
08-17-2014, 06:26 AM
Ek vra, want ek't in daardie omgewing groot geword. Ry met die Cullinan pad verby die ou meule, draai by Tweefontein se slaghuis - Riekert (weet nie of dit nog so is nie) regs en ry so ongeveer 15 kilometer draai dan regs uit die Moloto pad - De Tweede Spruit. Ry tot by die Elands revier en daar het ek groot geword..

Lukas
08-17-2014, 06:32 PM
Dit is 'n mooi wÍreld en nie ver van my af nie.

412
08-19-2014, 04:48 PM
Hier by ons in Kameeldrift het dit ook net amper gereen Saterdag, terwyl ons moes kyk hoe swem die Bulle op Loftus! My man was 'n kameraman tydens die wedstryd en al wat hy terug gebring het was 'n lekker verkoue...