PDA

View Full Version : Ons Manne en Manninne in Blou



SA419
08-17-2014, 09:00 AM
Die volgende statistiek het onder my aandag gekom vanoggend en ek was 'n bietjie geskok.
Aanvalle op lede, 01 April 2013 tot 30 Junie 2013 vergelyk met 01 April 2014 tot 30 Junie 20144.
'N verhoging van 23.5% by die aan diens en 41.5% by die van diens, totaal 'n 26.8% verhoging.

Ek het verder gelees en die Moord syfers ook gekry.
Dit wys my 'n 42.8% verhoging in lede aan diens.

Die lede sneuwel ook maar daar buite?

524
08-17-2014, 12:44 PM
Die volgende statistiek het onder my aandag gekom vanoggend en ek was 'n bietjie geskok.
Aanvalle op lede, 01 April 2013 tot 30 Junie 2013 vergelyk met 01 April 2014 tot 30 Junie 20144.
'N verhoging van 23.5% by die aan diens en 41.5% by die van diens, totaal 'n 26.8% verhoging.

Ek het verder gelees en die Moord syfers ook gekry.
Dit wys my 'n 42.8% verhoging in lede aan diens.

Die lede sneuwel ook maar daar buite?

Daar is geen twyfel dat hulle 'n groot teiken op hulle geverf het nie. Ek deel redelik met die manne van SAPS en het maandeliks 'n vergadering met BO en sy "sector managers / commanders" en oor die algemmen ervaar ek net behulpsaamheid. Ja, daar is die een of twee wat so effe attitude het maar ek behandel almal die selfde en op die ou einde verdwyn die snaakse gesindheid ook maar. Dit is maar my beskei mening maar die aanvalle word aangehelp deur die afgewaterde opleiding, die swak keuring prosess en dan het ons nog die gedrag van die manne as hulle van diens af is. Wat ook bydra is die areas waar baie van hulle bly en die verhouding wat hulle met die lokale bende leiers het want dit kan baie gou jou doodsvonnis word. Ek dink nie die manne is altyd baie paraat nie, daar is etlike voorbeelde hiervan op die Internet.

Eerlike gevoel - Ek wil nie vandag in enige uniform daar buite in die straat gesien word nie.


http://3.bp.blogspot.com/-oDUWttlqEVM/TZ8Ezvcr_UI/AAAAAAAAAU8/A84FncGrzT8/s1600/cop_sleeping_on_job.jpg http://cl.jroo.me/z3/w/2/a/a/a.aaa.jpg http://i71.photobucket.com/albums/i158/Benbliksem/ANC5_zps2b91865a.jpg (http://s71.photobucket.com/user/Benbliksem/media/ANC5_zps2b91865a.jpg.html)

Hoe paraat is die een?

http://i71.photobucket.com/albums/i158/Benbliksem/ANC2_zps54db0972.jpg (http://s71.photobucket.com/user/Benbliksem/media/ANC2_zps54db0972.jpg.html)



Gelukkig is die ouens en vrouens in die minderheid.

Aletta
08-17-2014, 03:15 PM
ek dink net een van die foto's hierbo is die SAPD

524
08-17-2014, 04:55 PM
Twee - die een met die pistool en die vettie - die ander twee is Amerikaans net om te wys ons is nie uniek nie.