PDA

View Full Version : Iets gebeur by die Moslems



Lukas
08-23-2014, 05:31 PM
Dit word baie interessant.


https://www.youtube.com/watch?v=WjUXd4qW9mg

greengroen
08-23-2014, 09:06 PM
Uit genade word jy gered God kies jou nie jy vir hom baie goeie video

454
08-24-2014, 10:20 AM
Die moslem geloof is gebou op vrees en nie liefde nie. Jy kan nie iemand straf tot hy vir jou lief is nie.

Greengroen, wanneer het God ons uitverkies?

Tom
08-24-2014, 03:41 PM
Jesaja 49:6

6 he says:

“It is too small a thing for you to be my servant

to restore the tribes of Jacob

and bring back those of Israel I have kept.

I will also make you a light for the Gentiles,

that you may bring my salvation to the ends of the earth.”

greengroen
08-24-2014, 06:09 PM
454
God kies mense uit genade nie uit hul eie verdienste nie voor jy gebore word weet God dit al reeds n mens kies nie vir God nie God deur die werking van die Heilige Gees bring n mens tot die besef dat God jou as sy kind gekies het dan word Hy jou Vader en jy sy kind

Tom
08-24-2014, 08:21 PM
Ek wonder waarom moes hy nou val vir die katolieke? Dit laat my dink aan:

15Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle trek rond oor see en land om een bekeerling te maak; en as hy dit geword het, maak julle hom ’n kind van die hel, twee maal erger as julle self.

Hy is gered deur Jesus, maar dan aan die einde plaas hy sy vertroue in moeder Maria. So gryp Satan hom maar net weer terug. Miskien verstaan ek hom verkeerd?

Hoe dit ook al sy, ek ken nie alles nie en hy gee n baie kragtige getuienes onder sy mense. Die Heilige Gees is duidelik aan die werk daar en ek kan nie en mag nie Sy werk bevraagteken. Niemand kan iemand uit Sy Hand ruk nie.

greengroen
08-24-2014, 08:48 PM
Die video is interesant maar dit laat my tog wonder dit moet seker baie moslems omkrap

Lukas
08-24-2014, 11:14 PM
Tom. Dit is soos my pa altyd se. God slaan n reguit hou met n krom stok. Daar is katolieke wat gelowiges is en so is daar mense in die NG kerk wat ook gelowiges is. Albei kerke staan onder n verkeerde outoriteit en tog is daar mense wat binne daardie kerke tot bekering kom.

Ek het ook oor hierdie ding gewonder en dit is asof hy voorgesę is om die Katolieke so bietjie te boost. Soos dit vir my lyk was die katolieke daar toe hy gesoek het en as hy be enige ander sending organisasie uitgekom het, sou hy seker daarby gehou het.

Gee hom n kansie. God is nog besig met hom en mettertyd kan dit wees dat hy by die Katolieke gaan verby groei.

greengroen. Ek is oortuig dat dit baie moslems diep krap. So sal dit wees dat Jesus nie sal kom voor almal op hierdie aarde 'n kans gekry het om te hoor en n keuse te maak nie. Dit staan mos so geskryf. Nog n hou met n krom stok.

En ons het gedonk dat die Moslems nie bereikbaar is nie. En daar gebruik God hulle eie Koran om hulle van die waarheid te oortuig.

Hein
10-20-2014, 08:46 PM
Ja dinge is besig om te gerbeur in Moslem lande.

Net om te antwoord: Die nasies is al bereik in die hele wereld, so die einde is dan ook op hande, en ek glo nie meer so ver nie. Facebook, internet, DSTV, Twitter, rekenaars, dvd's, selfone, sendedlinge, is al orals in die nasies.

Waar die oorloee nou uitbreek rondom Israel, is almal Moslemlande: Tunisie, Egipte, Irak, Sirie, al daardie Moslemlande word nou geskud...en nou soek die mense na 'n Redder, en dit gebeur. Jesus word verkondig as n alternatief tot Islam. Baie sendelinge getuig dat die deure nou wawyd oop is in die lande.... Maar net soos die evangelie opstaan en verkondig word van Jesus slaan satan terug, met iets soos ISIL, ISIS...


Mat 24:14 En hierdie evangelie van die koninkryk sal verkondig word in die hele węreld tot ‘n getuienis vir al die nasies; en dan sal die einde kom.

Groetnis, Hein

Lukas
12-02-2014, 01:01 AM
ISIS is maar net een gereedskap stukkie wat gebruik word. Die wapen wat die duiwel eintlik misbruik, is ideologië wat met emosie opgewen word.

Die goeie nuus is dat alles wat die satan nou mee besig is, is voorbereiding vir die koms van die Seun. Die węreldmagte wat God wil onttroon, wil die hele węreld onder een heerser verenig wat die gelowiges ernstig gaan vervolg. Die kerke sal hierdie nuwe heerser aanhang en saam die gelowiges vervolg.

En wanneer hulle alles in plek het en die valse heerser vir n kort tydjie regeer het, sal Jesus weer kom en vir n 1000 jaar regeer waar elke kind, n koning in hierdie verenigde węreld koninkryk sal wees.

Dit maak dus nie saak wat hierdie nuwe węreld orde alles vir die mensdom beplan nie, ons kan nie verloor nie. Nie as ons bly leef om dit alles te sien gebeur nie en nie as ons tydens vervolging doodgemaak word nie. Ons kan eenvoudig nie verloor nie.

456
12-02-2014, 08:27 PM
Net om te antwoord: Die nasies is al bereik in die hele wereld, so die einde is dan ook op hande, en ek glo nie meer so ver nie. Facebook, internet, DSTV, Twitter, rekenaars, dvd's, selfone, sendedlinge, is al orals in die nasies.



Hein, ek wil van jou verskil. Daar is nog geweldig baie mense op die aarde wat nog nie bereik is deur die Evangelie nie. Daar is tans ongeveer 6900 tale wat bekend is, in die wereld. Daar is slegs in 531 tale voledige vertalings van die Bybel beskikbaar. Daar is slegs in 2883 tale gedeeltes van die Bybel beskikbaar. Dus is daar nog in meer as 4000 tale geen Bybels of dele van die Bybel beskkbaar nie.

My suster en haar man is al vir meer as 20 jaar in Peru waar hulle onder andere die Bybel in die Lambayeque Quechua taal vertaal het.
Hulle moes eers die mense se taal en kultuur leer ken voordat hulle met vertaling kon begin. Hulle en hulle 3 kinders, praat lees en skryf Afrikaans, Engels, Spaans en die Quechua taal. Om die kultuur te ken is baie belangrik voordat die Bybel vertaal kan word. Bv. Die deel van die Bybel wat praat van die brood van die lewe. Jy kan dit mos nie so direk vertaal as die mense van daardie kultuur glad nie weet wat brood is nie, omdat daar nie brood is nie. Dan moet jy eers uitvind wat hulle stapelvoedsel is, en die vertaling so aanpas.

Dus, ten spyte van al die moderne kommunikasie middels wat jy genoem het, is daar nogsteeds mense wat nie bereik word nie.

Hein
12-02-2014, 09:38 PM
Dit is baie interressante statistieke. Dankie

524
12-03-2014, 12:38 PM
So gepraat van die Moslem outjies. http://www.sherv.net/cm/emoticons/islam/muslim-woman-smiley-emoticon.gif China het nou sy rug styf gemaak met die klomp. Wetgewing gaan gebruik word om hulle in toom te hou.


China BANS all Muslim prayer meetings and Islamic religious practices in government buildings, schools, and business offices in Xinjiang.
The Chinese government has also imposed steep fines on the use of mobile phones and the Internet to disseminate Islamic messages that ‘undermine national unity’ in the volatile Uighur Muslim region of Xinjiang in western China.

Lees die berig HIER (http://www.barenakedislam.com/2014/12/02/china-bans-all-muslim-prayer-meetings-and-islamic-religious-practices-in-government-buildings-schools-and-business-offices-in-xinjiang/)

//

Lyk mos of daar iets in Angola aan die broei is ook - Lees HIER (http://www.theguardian.com/world/2013/nov/28/angola-accused-banning-islam-mosques)

http://www.barenakedislam.com/wp-content/uploads/2014/03/tb-vi.gif