PDA

View Full Version : Is dit dalk die rede vir selfoon diefstal?



Unregistered
08-30-2014, 08:53 AM
In ‘n studie wat oor 7 jaar deur ‘n Duitse navorser Nico Prucha gedoen is op aanlyn materiaal en die gebruike van slimfone deur Islamitiese militante groepe en organisasies, is ‘n hele nuwe kommunikasie netwerk ontdek. Prucha het bevind dat groepe soos Isis en al-Qaeda gebruik al vir jare selfone om ‘n netwerk wolk te skep. Hierdie apparate kan sonder enige diensverskaffer netwerke steeds met mekaar met wi-fi seine verbind en vorm dan so ‘n onafhanklike kommunikasie netwerk. Programme wat ook gratis beskikbaar is waarvan ons nie die naam hier bekend sal maak nie, word gebruik om op hierdie handstukke dan met mekaar te kommunikeer.

Aangesien hierdie netwerk nie deur sentrale hoofraam rekenaars beheer word nie, is dit moeilik om boodskappe te onderskep.

Laas week het ons berig dat daar oor die laaste paar weke verskeie slimfoon winkels beroof is, waar daar slimfoon handstukke ter waarde van miljoene gesteel is. Verskeie skole is ook in hierdie tyd geteiken waarby soortgelyke elektroniese apparate gebuit is.

Ons het sopas verneem dat daar ook oor die laaste paar weke gefokus word op die kaping van vragmotors wat hierdie elektroniese toerusting vervoer. Met die eerste oog op slag is dit onduidelik hoekom slimfone spesifiek gesteel sal wil word aangesien hierdie toerusting identifikasie nommers het wat op netwerke registreer sodra dit gebruik word. Dit veroorsaak ‘n risiko vir die dief om opgespoor te word wanneer so ‘n slimfoon gebruik word. Die inligting wat deur navorsing ingewin is, toon aan dat wanneer sulke fone in hul duisende in rewolusionęre toestande gebruik word, daar natuurlik geen vervolging sal plaasvind nie. Daar is huidiglik duisende van hierdie fone wat binne 70 meter van ‘n ander foon in hierdie netwerk “mesh networking” in Moslem lande met mekaar inskakel sonder dat die fone d.m.v ‘n diensverskaffer netwerk hul foon identiteit aan owerhede kan deurgee.

Dit maak dus sin dat die geweldige toename in die diefstal van groot hoeveelhede van hierdie fone moontlik met die oog op “mesh networking” gedoen word. Dit sal dan ook net uitvoerbaar kan wees in ‘n tyd van totale anargie om moontlike vervolging te kan vryspring.

Lukas
08-30-2014, 11:32 AM
Daar is n paar goed wat interessant is.

http://www.youtube.com/watch?v=8TIBtOdioYE


http://www.youtube.com/watch?v=pBWuNz8IBxs

Lukas
08-30-2014, 11:45 AM
Nog n ding wat vir my baie vreemd is.

http://www.youtube.com/watch?v=VXZtPWRmya0

412
09-02-2014, 08:05 PM
Daar was alweer vanmiddag (2 Sep.) 'n roof getrek op 'n Telkom Mobile winkel in die Kollonade sentrum in Montana, Pretoria. Die motor waarin die verdagtes gevlug het is 'n VW Touran met reg. no. BZ 56 CC GP.

Lukas
09-02-2014, 08:47 PM
Dit is jammer ek lees dit nou eers. Ek was vandag die hele dag op die pad. Bel my volgende keer. As ek by die huis is sal ek graag langs die pad gaan wag om te soen of iets hier by my verby kom.

412
09-03-2014, 07:32 AM
Ja mens wonder altyd waarnatoe vlug hierdie ouens en of dit 'n gesteelde voertuig is wat hulle net iewers gaan los en verder in iets anders vlug. Dis hoekom die whatsupp groepe en radios netwerke so lekker werk, want die beskrywing is onmiddelik beskikbaar.

Dis hoe die man vasgetrek is wat die polisieman van Sinnoville koelbloedig doodgeskiet het. Voor hy nog by die Kameeldrift polisiestasie kon verby het sy turf gesit, omdat die gemeenskap wat op en naby die Molotopad was die voertuig herken het en hom gejaag het.

Lukas
09-03-2014, 08:01 AM
Kriminele betaal soms "protection money" aan die polisie en dan kan dit moontlik wees dat hulle hulle eie voertuie ook kan gebruik. Iemand op AKSKA sal seker later weet of die voertuig wel gesteel was. .

SA419
09-04-2014, 10:28 AM
En toe laat weet iemand!!
Op NATIS is wel 'n Silver VW Touran met die Reg BZ 56 CC GP geregistreer.
Dit adres is vanuit Kengsington, Johannesburg, maar kom nie as gesteel voor nie.

Ons moet net onthou dat Reg nommers ook gekloon word, die ouens gebruik dieselfde maak en model
voertuig met dieselfde registrasie nommer net op 'n ander voertuig, gewoonlik verskil die kleur nie eers nie.
As die polisie die inligting opvolg kry hulle die ou sit heel onskuldig met sy voertuigby die werk of op vakansie
maar 'n voertuig soos syne met sy Reg nr pleeg misdaad.
Dit is ook hoe jy tolrekenings en verkeersboetes kry dan was jy nie eers daar nie.

456
09-04-2014, 07:04 PM
Ja S419 dit gebeur. Ek kry eendag n spoedboete in die pos. My trekker, 'n Ford 4600 het iewers in Durban 'n kamera ge-aktiveer en daar word toe beweer die trekker het 130 km/uur in 'n 80 km sone gery. Ek moes toe mooi bontstaan om uit daardie een uit te kom. Ek is amper 400 km van Durban af en het nog nooit in my lewe 'n begeerte gehad om met my trekker Durban toe te gaan nie. Ek is vandag spyt ek het nie daardie boete kaartjie geraam nie.

Lukas
09-04-2014, 09:59 PM
En ek wou dat Moses die bossie kapper haak met die een wat hier staan, om die gras te sny. Teen 130mph ? Ek dink ons gaan die naweek eerder Tarlton toe.