PDA

View Full Version : Bangmaak stories



Lukas
11-29-2012, 08:17 AM
Bangmaak stories het n paar goed in gemeen.

1. Die brief bevestig eers dat "hierdie brief" regtig nie n bangmaak storie is nie.

2. Die persoon van wie die inligting gekry is, is altyd n baie betroubare persoon of bron .

3. Die liegstorie sal dan bevestig dat die inligting bevestigde inligting is en dat die inligting baie betroubaar is.


Wat is bevestigde inligting ?

Bevestigde inligting is wanneer verskillende bronne, vanuit verskillende oorde, presies dieselfde storie bevestig. Of bevestigde inligting is ook persoonlike geheime beplannings dokumente van die vyand waarin die sogenaamde aksie beskryf word. Een mens se storie kan nooit bevestigde inligting wees nie.

Maar wanneer die bron in die geheime diens is en sy sy verskillende bronne bevestig sekere inligting, dan eers kan n mens van bevestigde inligting praat. En eers wanneer daardie persoon aan jou kan bewys dat hy die inligting uit verskillende oorde bevestig het, dan eers kan jy se dat die persoon se informasie, moontlik betroubaar is.

Betroubaarheid van n bron kan slegs na aanleiding van sy akkuraatheid oor rapportering wat oor n tydperk getoets is, bepaal word. Met ander woorde. Wanneer n persoon, informant, bron of hanteerder aan jou iets vertel, kan jy sy betroubaarheid slegs aan sy geskiedenis bepaal. Dit beteken dat hy oor n tydperk goed moes rapporteer wat akkuraat was. Indien dit persoon nie n geskiedenis het nie, kan jy hom nie as betroubaar beskou nie.



Ek het nou weer n BANGMAAK brief in my pos gekry. Dit klink so.

27-11-2012 20H00
Naand boere, ek het so pas die volgende bevestigde inligting ontvang van n persoon wat absoluut betroubaar is;

Hierdie is nie n bangmaak storie, of n wolf wolf geskreeu nie, maar dit is nie nodig om n senuweeineenstorting te kry nie.

Sorg net dat jy die nodige reelings tref.
Die groot dag het nog nie aangebreek nie!

Vanaf Vrydag 30 November 2012 moet alle Blanke Boere-gesinne(mense) glad nie saans na donker buite hul huise sit en kuier en onnodig in die strate rondry nie.

Hierdie aksie van hulle gaan geloots word tot die 16 de Desember 2012.

U moet glad nie gaan kamp of by vakansie oorde gaan oornag waar u nie die versekering het dat u veiligheid gewaarborg kan word nie.
Die mense moet nie by viswaters of ander damme gaan kamp nie. Bly voorlopig by u huis en net as jy nie anders kan, slaap dan by u familie oor en nie by gastehuise nie. Probeer om geheel en al nie in die nag te ry nie, en verseker nie op paaie buite stedellik nie.
Die plaas Boere moet sorg dat sy take afgehandel is voor sononder, en as daar wel ander noodsaaklike take is, dat hulle gebeurlikheidsplanne inplek het om hulleself te kan verdedig indien dit nodig sou wees.

Die barbare se beplanning is uitsluitlik om ons Boere te gaan roof, en so weet ons ook dat dit nie net daar gaan bly nie.
Die moontlikheid is wel daar dat sommigge Boere uit wraak aangeval gaan word, op plase en ook in stede en dorpe.
Sorg dat jy flits batterye en ander lig toestelle het indien daar n "onverwagse kragonderbreking" sou wees.
Sorg dat jou kommunikasie toerusting werk en/of selfoon.

Reel met jou bure indien daar hulp nodig sou wees, dat julle n uitgewerkte plan het om mekaar te beskerm.
Sorg dat jou vuurwapen in n skoon en werkende toestand is en dat jy die nodige veiligheidsreels nakom om te verseker dat elke lid van die gesin, waar julle jul ookal gaan bevind, weet wat elkeen se optrede moet wees indien daar n aanval sou plaasvind. Onthou dat wapenveiligheid baie belangrik is in n noodsituasie.

Stuur die boodskap na soveel mense as wat u kan, hierdie optrede van die barbare gaan landswyd wees.
Die swartes het byvoorbeeld al die busse in Natal reeds geboek vir die geleentheid. Daar is nie meer transport vir die gewone vervoer van passasiers beskikbaar nie, vanaf Vrydag nie.

Vir die wat dalk dink dat hierdie n wolhaarstorie is, kan my persoonlik skakel by 076 88 88 290 of n Epos aan my stuur by [email protected] en ek sal u vrae beantwoord.

Boere Groete
Manie van Schalkwyk

(Dankie Manie. Ons het ook van gerespekteerde Kleurlinge hiervan verneem. As daar niks met ons sou gebeur het nie. Dan is dit te danke aan ONS HEMELSE VADER se beskermende hand wat oor ons gewaak het.)

Tom
11-29-2012, 09:31 AM
Lukas, beteken die laaste sin in hakkies dit is deur jou geskryf en dat die storie dus bevestig is?

Lukas
11-29-2012, 11:33 PM
Dankie vir die vraag Tom. Nee dit was nie ek nie. Ek het net die hele brief soos wat ek dit gekry het geplaas. Maar dit wys jou hoe daar met die mense se emosies gespeel word.

So van die os op die jas. Die boere in die kaap het glo op n stadium die Boere Krisis Aksie se hulp ingeroep om die opstand te stabiliseer. Die BKA lede wat van Tvl en vermoedelik ook van die Vrystaat moes kom, was glo versoek om hulle eie kos en slaapgoed saam te bring. Maak die gasvryheid n mens nie dom nie ?

Aan die eenkant word hierdie mense se lewens en voortbestaan bedreig en terselfdertyd is hulle nie bereid om enige iets vir hulle veiligheid op te offer nie. Dit laat my wonder of hulle tog nie vir hulle dagwerkers n bietjie meer kan betaal nie.

Ja, dit is seker so dat die Kaap nou ook n wakkerword oproep gekry het. Maar miskien was die wakker skrik vir hulle net te veel om nugter te dink. Gelukkig sal die meeste mense in die Kaap seker nie lank wakker bly nie.

Het jy al gewonder waarom dit die tydelike werkers is wat so omgekrap kan raak ?

Tom
11-30-2012, 12:02 AM
Lukas, dit lyk vir my of BKA nogal n faktor raak daar. Hulle het n oproep gemaak vir mans om te gaan help en op twitter word genoem dat 500 reageer het. Dit klink vir my bietjie baie, maar ek dink dit is n feit dat hulle wel hulp gekry het. Hulle het net vir 50 gevra.

BKA organiseer nou erg op hul Facebook blad, weet nie of jy al daar gaan loer het nie. Gemoedere loop hoog en mense wil net help. Dit maak mens bekommerd of hulle nie dalk in die regering se hand gaan speel en help om die swart teen wit te vereenig, soos wat jy altyd waarsku nie. Hoe dit ookal sy, dit gee ook n gevoel van ons mense kan bymekaar staan en kan mekaar gaan help. Of dit nou reg of verkeerd is, dit gee tog n warm gevoel. Die boere daar het ook nie opgepak en ontrek nie, hulle het planne gemaak en paaie met vragte grond toegemaak, sodat die wat aangery word nie ontplooi kon word nie.

BKA meen dat die volgende rondte 4 Desember gaan afskop en klink of hulle reg is daarvoor.

Die mense wat daar kommentaar lewer en daar boer en bly, reken dit is nie hulle mense wat ongelukkig is nie, ook nie die seisoen werkers nie. Hulle reken die hele ding word opgeblaas en opgesweep deur vreemdelinge aan die gebied wat aangery word met busse. Die afbrand van wingerde is blykbaar ook nie deur die 'locals' gedoen nie, maar deur hierdie vreemdelinge. Ek wonder wat AKSKA in die verband kan bevestig of afskiet?

Hoe dit ookal sy, klink of die potensiaal daar is om in n groot 'oorlog' tussen grond eienaars en betogers te ontaard, met hulp aan beide kante van buite die area.

BKA se Facebook skakel:
http://www.facebook.com/pages/Boere-Krisis-Aksie-BKA/116298045063416

Lukas
11-30-2012, 09:24 AM
Mre Tom.

Dit lyk of die Wes-Kaap tog oor Desember so bietjie opwinding kan h. Maar terselfdertyd is die statutre magte glo reg om dit te hanteer. Maar volgens wat ek gehoor het, is die optrede van die betogers van loononderhandelings afhanklik waarvan die uitslag die 4de Desember bekend sou word. Volgens wat ek gehoor het, sal daardie uitslag nou eers die 6de Desember bekend raak. Indien dit wat ek gehoor het die waarheid is, sal die moeilikheid nie gebeur voor die sesde nie.

Maar die onluste sal ook net tot die Wes-Kaap beperk wees. Terselfdertyd het ek ook gehoor dat die statutre magte gereed is om die moonlike onluste te bestuur. Dit beteken nie dat die boere in die omgewing so bietjie voorbereid moet wees nie. Maar wanneer ons van voorbereid praat, praat ek nie daarvan om die 303 uit die kas te gaan haal nie.

Daardie boere het inligting nodig. Hulle moet weet wie agter die stakings sit en hulle moet die emosie van die groepe begin verstaan sodat hulle teen planne teen die stakings inwerking kan stel. Wanneer ek van teenplanne praat, praat ek van gerugte en persepsies wat op die regte tyd op die regte plekke geskep word. Swartberg was die afgelope jaar en n half baie suksesvol in die ontlonting van meer as ses Marikana tipe stakings wat deur ons toedoen tot niks uitgeloop het.

Daar was ook n geval waar die betogers besluit het om Ellisras te plunder sodat die Boere kan sien wie die baas is. Daarvan het deur Swartberg se toedoen, niks gekom nie. Daar was ook n plan om Boere op hulle plase te gaan aanval. En dit kon ons ook suksesvol voorkom sonder dat die boere eers daarvan bewus was.

Om daardie tipe onluste te kalmeer es redelik eenvoudig. Die geheim is om inligting te h wat jy tot jou voordeel kan gebruik. Dit bring my by die BKA se beplannings. Om die BKA te gebruik moet n mens mooi dink. Dit kan n baie goeie uitwerking h wanneer dit reg beplan word en dit kan n baie slegte uitwerking h wanneer jy konvensioneel optree. n BKA optrede sonder inligting, is gevaarlik.

Wanneer die BKA opruk, moet hulle besef dat n mens se grootste vrees, juis dit is wat hy dink en nie wat hy voel nie. n Mens is baie banger vir die onbekende en deur die regte gerugte op die regte plekke te versprei, kan die blote gerugte van die BKA se teenwoordigheid sonder dat die betogers regtig weet waar die manne saamtrek, n baie sterker invloed h as om die betogers tromp op te loop.

Wat ons byvoorbeeld gedoen het , was om deur middel van ons informante, inligting na die organiseerders en die betogers te laat deurglip. Toe hulle die boere wou aanval, het ons vir hulle laat weet dat die boere van hulle beplannings bewus is en dat die boere reeds op sekere plekke in die gebied saamgetrek het om hulle dood te skiet. Die betogers moes weet dat n nie almal van hulle die nag sal oorleef nie.

Die gevolg was dat niemand wou voorloop nie en die optrede van die betogers het nooit gebeur nie. Ons het wel ander planne in plek gehad om die elisie van n doodsgevaar by die betogers te skep, indien hulle dit sou waag, maar dit was nooit nodig om dit te gebruik nie.

Ons was op daardie stadium net tien mense wat ongeveer n 100 duisend betogers kalmeer het. In die lig hiervan sal ek seker nooit so ontsteld kan raak oor sulke optredes nie. Om dit te ontlont is baie eenvoudig en amper te maklik. Swartberg se metodes bly Swartberg se handels geheim.

Julle kan die boere in die wes-Kaap maar vra of hulle beried is om Swartberg ISS te betaal.

Lukas
11-30-2012, 02:23 PM
Die polisie s dat hulle die Wes-Kaap nou onder beheer het. Hulle sal dit glo kan hanteer.

Die BKA lede kan nou baie op Bully Beef en brandstof spaar. Maar as daar mense is wat wil gaan help om te oes, kan julle my laat weet. Ek weet nog nie wat die prys sal wees nie maar ons sal dit vasstel wanneer daar belangstelling is.

Unregistered
12-01-2012, 01:35 AM
Ai, so die transvalers is weer beter as die kapenaars, en dan kom die valies weer hier kuier met hulle maniere dan is ons weer beter ;-) .
Oom Lukas, asb, spaar ons die subjeltiewe "wyshede", ons is nie volgens julle standard "wakker" nie, want ons het nie julle rasse demografie nie.
Omdat hier relatief min bantoes is, is ons nou naief teenoor die lewe....?
Ek waardeer alle geval AKSKA baie, maar voel julle sensors strek nie tot hier nie. Die hele ding het blykbaar begin met 'n klomp Sothoes wat nooit eers werk gehad het in De Doorns nie...wie weet, miskien was hulle die lot met die minste om te veloor en omkoopbaar was deur die radikales...miskien die ore van die seekoei. Pat Maran, 'n plaaslike bruinman, Nelie Bandenhorst en nog 'n paar ander het n baie groot bygedrae tot die opstokery in De Doorns en gehelp om die bruin gemeenskap ook betrokke te kry. Onbevestig het ek gehoor Pat Marran se huisvensters is uitgegooi en hy moes sy vrou en kinders uit De Doorns ontruim tot veiligheid. Baie plaaslike bruinmense is gekant teen die riots.
Meeste "momentum" en "intimidasie" is ingery met busse en taxis. Werkers is met sambokke uit die wingerde gejaag, selfs die ou grotes is met bakkies gelaai, en as hul agter raak, weer voor afgelaai met Pat se bakkie, march moet jy march sisi.
Na 'n dag of twee van "riots" het die kriminele element in die gemeenskap die chaos gebruik om winkels, drankwinkels en koskamers te stroop. Die boere het 'n fonds gestig en 'n privaat sekuriteits firma gehuur om te help, R 1 000 000 later. Die boere het gevoel die polisie doen nie genoeg nie. In De Doorns was meer konflik as die media berig. Die sekuriteis mense was/is nie ligte musiek nie, die polissie het hulle gevra om minder intimideerend op te tree, en nie met hulle groot gewere by die helikopter uit te hang nie. Hierna het ons gehoor hoe Ceres, Roberstson, Wolsley, Swellendam ens deurloop. Google krymeka -> Weskaap -> De Doorns.
Wat mees onstellend was is die inteligensie resources van die mense agter die riots. Die vroue en boere in voorsitter posisies van boereverenigings is gevra om nie hulle selfone te gebruik nie nie, want smss word onderskep. Hierdie mense het talle doodsreigemente gekry.
En hier het n vrou haar gastehuis vir byna 2 weke gratis verskaf vir n polissie span van Oudsthoorn.
Die Bolanders gaan dalk nie met hulle broeke op hul knee gevang word die 4de nie, maar ons is nog te reaktief...

Lukas
12-01-2012, 11:58 AM
Baie dankie vir jou insiggewende plasing. En ja ek is seker n bietjie kras maar ek wil dit verduidelik.

Is die Kaap regtig nog agter wat rasse demografie betref? Ek is nie meer so seker nie. Daar is dele in die Wes-Kaap wat die demografie ander is. Maar dan moet ons na die skiereiland kyk wat amper binne drie ure van al die probleempunte in die Wes-Kaap is. Wanneer n mens net na die skiereiland kyk, het julle alreeds dieselfde demografies uitdaging as wat ons het. Kyk byvoorbeeld net hoeveel bruin kelners en kelnerinne in die restaurante is. Miskien moet ons iemand vra om vir ons n opname te gaan maak.

Hahah. Dit is nou al vir baie jare wat ek met my eie slegte maniere oor Desember vir n kort tydjie Kaap toe gaan om by my familie n draai te maak wat amper almal in die Kaap bly. ( Ek bly darem nie langer as vier dae nie en betaal vir die kos. ) Op die N1 Suid is daar elke jaar n konvooi van taxis wat swart mense Kaap toe neem. Maar daardie konvooie het ek nog nooit sien terug keer nie. Die ding het my al gepla en ek het al by vulstasies met die mense gepraat. Die meeste het my vertel dat hulle uit die Transkei kom en dat hulle nie meer n lewe daar kan maak nie en dat hulle vir hulle n nuwe lewe in die Kaap gaan soek. Die Kaap het n probleem maar dit is skynbaar net ons wat een maal per jaar daar gaan draai, wat elke keer die verskil van jaar tot jaar sien.

Jou verslag is baie goed. Ek wou vra of dit nie vinniger geplaas kon word nie maar ek is baie dankbaar dat jy dit wel geplaas het. Wat jy s is baie waar en ons s dit altyd. Die land se mense wil nie baklei nie. Die element wat die res van die land tot oproer dryf, is volgens ons nie veel meer as 16 000 mense nie. Dit is op Nasionale vlak. Die ander probleem wat die Kaap het, is dat die Dries nog te rustig is. Ons het vertel dat die ANC die Kaap gaan destabiliseer omdat die DA te sterk groei. Ons het later die tweestryd tussen die ANC en die DSM verduidelik. Maar op hierdie stadium lyk dit of die ANC en die DSM n samewerkingsooreenkoms bereik het. Nie op grond van inligting wat ek amptelik gekry het nie maar aan die ANC se kleredrag wat nou skielik drastiese ooreenkomste met die DSM alliansie begin toon.

Wanneer daar gekyk word hoe mense tydens n nood situasie reageer, is daar wreldwyd n formule van 80 10 10 wat aanvaar word. Dit beteken wanneer daar n ramp ontstaan sal 10 mense uit n honderd leiding begin neem en wanneer hulle begin optree, sal n verdere tien gaan help terwyl tagtig as buitestanders en toeskouers onbetrokke sal toekyk.

Daardie formule het ek in Swartberg verander. Ons noem dit 3 -7 -10 80 Wanneer daar n ramp ontstaan, sal drie mense onmiddellik die situasie evalueer en n waardering maak. Sewe sal die waardering onmiddellik snap en inspring om leiding te neem. Tien sal dan behulpsaam wees om die plan teen die ramp inwerking te stel, terwyl die tagtig onbeholpe sal toekyk en net sal optree wanneer daar vir hulle ges word om iets te doen.

Wanneer ons na onluste kyk, is dit presies dieselfde. Oproer word nooit deur n groot groep beplan nie. Dit is altyd n groep van vyf. Soos wat hulle met hulle liegstories momentum kry, ontstaan daar nog groepe van vyf wat onmin saai. Daardie groepies van vyf wat hulle beplannings as n rel in geheime vergaderings beplan, sal die skurke agter die belhamels wees. Hulle sal nooit voorloop en sigbaar word nie. En wanneer hulle dit wel doen, sal twee van die vyf in die organisasie sigbaar word. Met ander woorde. Die twee is n deel van die Sewe wat die res van die groep van sewe in sy onmiddellike omgewing benvloed.

Om die oproer in die Kaap so vinnig as moontlik permanent te ontlont, moet daardie groepies van vyf uitgesnuffel word en aan die lig gebring word.

Die onluste gebeur ook nie oornag nie. Die DSM en sy militante been Amcu, Earthlife Africa en groundworks sal alreeds vir meer as tien maande in daardie gebiede besig wees waardeur hulle die Tagtigs met humanitre lewens verkorte bedreigings sensiteer. Daardie proses neem ongeveer tien maande en hulle konsentreer op die wat nie werk het nie. Eers wanneer hulle die emosie in n gemeenskap begin benvloed, kom die tweede fase. Daarom kon ons maande vooruit die onluste vir November in de Doorns voorspel.

Ja, die gemeenskap wil nie baklei nie. Die wat werk het, wil dit ook nie verloor nie. Maar dit is altyd die wat nie werk het nie wat die moeilikheid maak. Maar omdat daar nie genoeg moeilikheidmakers in n klein gemeenskap soos de Doorns is nie, sal groepe van buite ingery word. Daardie groepe sal nie van Transvaal ingery word nie. Nie wanneer die skiereiland so naby is nie.

( Ek kry vandag nie ingeteken nie. AKSKA lede wat sukkel om in te teken moet my laat weet. )

Unregistered
12-02-2012, 02:44 PM
Ek het verlede naweek deur Ceres, Tulbagh en Wolsley gery jy sien nerens plase wat gebrand is nie en ek se nie dat daar nie moeilikheid is nie ek stem saam met anoniem dat dit wel opgeblaas word. De Doorns en Swellendam lyk meer na brandpunte alhoewel almal op plase opgeskerp moet wees. Ek bly in die voorstede (Betonboer) en meeste hoor maar wat in die nuus en op tv gepropageer word. Ons leer baie uit sulke onluste en al is Lukas bietjie kras verstaan ek vanwaar hy kom. Die positiewe is dat daar wel planne gemaak word en weet ook van boere wat hulle vragte met gewapende wagte skuif. Ek wil net beklemtoon dat ons so ver moontlik binne die wet bly sodat ons nie as as die aggressors op die einde van die dag onregmatig aan die kortste end trek nie. Om die statutere magte voortydig te betrek by jou streek se gebeurliksheid planne is m goeie roep, sowel as om inligting so gou moontlik uit te kry wanneer die popo vlieg. Die transvalers wil nog graag hulle vakansie hier kom spandeer.Staan vas