PDA

View Full Version : Die boere doen dit weer



Unregistered
12-01-2012, 10:13 PM
Boere sit departement van paaie ore
aan
2012-11-30 22:10
HEILBRON. n Groep boere van die distrik het binne
een dag reggekry wat die departement van paaie in n
jaar nie kon doen nie.
Sowat 25 boere het Dinsdag aan die werk gespring nadat
Maandag besluit is om sowat 10 km van die R34 tussen
Heilbron en Frankfort reg te maak.
Baie van ons is die hoenders in oor di stuk pad wat so
sleg is, s Jasper van der Bijl, n boer van die distrik.
Maar soos boere maar is, het ons besluit ons gaan nou
self inspring.
Twee boere, Jannie Els en Jannie Naud, het Maandag n
klomp boere in die distrik wat gereeld di pad ry, gebel
en hulp gevra.
Binne een dag is alles gerel en Dinsdagoggend het
sowat 25 boere en hul werkers begin grawe, kompakteer
en gelyk maak.
Van der Bijl vertel in die afgelope twee weke is twee
regeringsbakkies afgeskryf en het n dubbelwa-vragmotor
se as mors-af gebreek op die slegte pad.
Op sommige plekke moes jy op die skouer ry. Op ander
plekke is die wegval langs die teer verskriklik hoog en
gevaarlik. Daar is plekke waar n mens nie meer as 5 km/
h kon ry nie. Ons tel nie eens meer hoeveel motors se
vellings en bande daarmee heen is nie.
n Laaigraaf is beskikbaar gestel, asook n
wipbakvragmotor en wipbak-waentjies. Gruis is met olie
gemeng en vasgestamp waar dit gedoen kon word en die
pad is gelyk gemaak.
Van der Bijl s dit gaan moontlik gereeld gedoen word.
Die boere is positief hieroor, al is dit nie lekker dat dit tot
op di punt gevorder het nie.
Ons is dankbaar teenoor die boere wat gehelp het.
Die paaie-departement het ook later die dag n
stootskraper verskaf.
Volksblad het die afgelope 18 maande gereeld berig oor
die toestand van die Vrystaatse paaie.
Boere van onder meer Hertzogville, Bothaville en
Allanridge het self paaie in hul distrikte herstel.
Altesaam 70% van die Vrystaat se teerpaaie en 90% van die
grondpaaie is in n slegte toestand. Word alles reg gedoen,
gaan dit meer as R20 miljard kos en kan dit tot 20 jaar
duur om dit reg te stel, het die Vrystaatse LUR vir polisie,
paaie en vervoer, Butana Komphela, onlangs in die
provinsiale wetgewer ges.
Altesaam 23 kontrakte van gesamentlik R3,9 miljard het
vanjaar tot stilstand geruk weens beweerde
tenderkorrupsie.

http://www.volksblad.com/Suid-Afrika/Nuus/Boere-sit-departement-van-paaie-ore-aan-20121130