PDA

View Full Version : Bothaville Plaas roof



Unregistered
09-16-2014, 04:33 PM
Daar is n Boer en sy vrou in Bothaville omgewing beroof. Ek stuur meer en link net hierna.
BW

Unregistered
09-16-2014, 04:39 PM
http://m.news24.com/news24/SouthAfrica/News/Zim-farmer-attacked-on-Free-State-farm-20140916

Sy naam is Crawfort Von Abo en van Zim af hier kom boer na hulle al 14 sy plase daar "takties" ontein het.

Vraag? Bestaan die moontlikheid dat hy (en sy geskiedenis / profiel ) gebruik kan word as "amplifier" om meer vrees onder ons Boere te kweek?

BW

Phoenix
09-16-2014, 07:20 PM
Hy boer nog sy hele lewe lank op Bothaville. Hy en sy broer Issidor was altwee skatryk boere in die distrik. Hy en my pa was saam op kommando gewees 45 jaar terug ( my pa word 77 hierdie jaar ) Hy het onder andere bates gehad in Zimbabwe ook en was 'n paar jaar terug in die media toe hy die Zimbabwe regering aangevat het omdat hulle sy grond daar onteien het.

SA419
09-16-2014, 07:42 PM
Hy het grond in ander dele van die land ook, onder andere in die Oos Kaap.

456
09-16-2014, 07:45 PM
Hy was ook vir baie jare n groot hand in NAMPO. Dit is die nasionale mielie produsente organisasie.

Aletta
09-17-2014, 04:09 PM
Nee wat hy besit ook die Spar op Bothaville, niks polities hier nie. Hy is deur ses beroof wat die bediendes oorval het toe hy soos sy gewoonte is, vir die bediendes oopgesluit het. Een van die ses het n balaklava opgehad en hulle het die huis glo omgekeer opsoek na die Spar se geld. Die twee bediendes is vasgebind en niemand is beseer nie. Die een met die balaklava is waarskynlik n werker wat wou sekermaak hy word nie uitgeken nie. Van Abo is al in die 80.

Phoenix
09-17-2014, 07:25 PM
Dit is die algemene rede wat aangevoer word hoekom witmense so beroof word... die swartes se geloof dat witmense baie geld in die huis het. Soos jy se Alet, hy het baie plase, 'n Spar en alom bekend dat hy ryk is. Dit is eintlik verbasend dat hy nie lankal beroof is nie.