PDA

View Full Version : Swartberg gemeenskappe is vir die hele land



Lukas
12-16-2012, 10:25 AM
Ons Swartberg gemeenskappe plan het baie mooi in die Oos-Kaap ontwikkel en dit is tyd dat ons die plan weggee. Ons wil die plan wat bewys het dat dit werk en wat ongeag politieke partye se ideologieŽ ín eenheid binne gemeenskappe teen misdaad skep, weggee.

Ons wil die plan vir die wit DA, HNP, ANC, Vryheidsfront plus, Solidariteit, Afri-forum, Transvaal landbou unie, SA Agri, Die Nasionale belastingbetalers vereniging, die polisie en enige organisasie gee wat meningsvormers en invloed in gemeenskappe het. Dit maak aan ons geen saak of die gemeenskap leiers wat die plan in jou gemeenskap implementeer, aan enige politieke party of geheime organisasies behoort nie. Solank die plan teen misdaad in jou gemeenskap geÔmplementeer word, is ons meer as tevrede. Ons stryd teen misdaad is ons eie verantwoordelikheid en in die stryd teen misdaad, kan politiek geen invloed hÍ nie. Dit is gewoonlik wanneer organisasies ín plan voorstel om sy eie organisasie se aansien te verbeter wat die plan teen misdaad misluk. Indien organisasies opreg die veiligheid van gemeenskappe op die hart dra, sal die implementering van so plan nie oor die bevordering van sy eie naam gaan nie maar oor die veiligheid van die gemeenskap.

Swartberg ISS se gemeenskap plan is ín plan wat wettig is. Dit is ín plan wat mense binne die gemeenskap teen die wet op terrorisme beskerm. Dit is ín plan wat die misdadigers aan die gemeenskap bekend maak sodat die gemeenskap die kriminele kan isoleer. Met die plan stig die gemeenskap hulle eie nie-regerings strukture en verbind verskillende regeringsdepartemente deur middel van interdepartementele samewerking aan mekaar.

Die plan bied aan die gemeenskap, reuse regerings subsidies vir veiligheid sisteme aan individue. Daardie fondse was nog al die jare vir ons beskikbaar maar ons het in die verlede nog nooit toegang daartoe gehad het nie.

Die gemeenskap plan bou brŻe tussen wit en swart gemeenskappe en ons het nou bewys dat selfs die swart leiers in die gebied, kriminele as gevolg van die plan, self aan die gereg uitlewer.

Die plan is gratis en dit is goedkoop om in stand te hou. Die plan beteken dat jy nie jaar in en jaar uit patrollies in jou gebied hoef te ry nie. Die plan beteken dat mense wat nie van wapens hou nie, net so konstruktief sal wees soos mense wat gewapend teen misdaad bendes weerstand bied. Die plan maak voorsiening vir mense wat nooit gemeenskap patrollies wil ry nie. Voorsiening in die sin dat die wat patrollies ry, nie die wat nie gaan ry, emosioneel gaan dwing om dit ook te doen nie.

Die plan maak gelyktydig voorsiening vir die pasifis en die radikaal binne een gemeenskap en gee aan ons gemeenskap dieselfde arrestasie regte as wat die polisie het.

Ons land is wat politieke stabiliteit betref besig om ín baie donker tyd in te gaan. Wanneer ons nou vroegtydig ons eendjies in ín ry kry, sal die donker tye nie op ons van toepassing wees nie. Ek weet dit want ons het die plan reeds geÔmplementeer en ons het klinkklare bewyse dat die plan teen misdaad werk. EK sal vroeg in volgende jaar die bloudruk van die plan aan al wat ín organisasie in die land bekend stel.

Dit beteken nie dat ons die Swartberg gemeenskap wat reeds onder ons naam bestaan, gaan verkoop of weggee nie. Ons gaan nou met daardie plan die volgende fase implementeer. Die Swartberg gemeenskap plan wat ons tot nou toe ontwikkel het, is die voltooiing van die derde van sewe fases van ín wettige gemeenskap struktuur wat uit die gemeenskap vir die gemeenskap ontwikkel is.

Wat ons nou weggee is die eerste drie fases.

1. Stig van wettige strukture
2. Ekonomiese sinkronisasie van die strukture
3. Stigting van vredes komitees

Die volgende 4 fases wat hieruit gaan volg sal ons wanneer dit tyd is, aan die wat die plan hulle eie plan gemaak het. Verduidelik.

Wat uniek is aan die plan is dat daar geen nuwe wiel herontwerp word nie. Die plan is soos om die buiteband wat ons het, oor ín nuwe blink velling van ín voertuig met ín baie sterk enjin te trek. Al die eienskappe was nog al die jare vir ons beskikbaar. Ons moes net self die ou legkaart weer oorbou en in ín nuwe sterk raam sit.

Ons kan miskien nie die ekonomiese agteruitgang van swak politieke keuses verander nie maar ons weet hoe om vir jou n veilige omgewing in moeilike tye te gee sonder dat jy aan korrupte sekuriteit maatskappye of aan selfsugtige politieke partye en strukture uitgelewer is.

Unregistered
12-16-2012, 04:06 PM
Dankie Lukas,dit is fantastiese nuus.

Hoe lank neem dit om die swartberg plan in n omgewing te implimenteer,hoeveel mense om dit van die grond te kry,ens?

Unregistered
12-17-2012, 07:44 AM
Dankie Oom Lukas, dit is n Bakgat idee. Die Swartberg gesindheid en unieke vermoŽ om konflik te ONTLONT maak dit n spesiale span.

Lukas
12-17-2012, 05:44 PM
Dankie Lukas,dit is fantastiese nuus.

Hoe lank neem dit om die swartberg plan in n omgewing te implimenteer,hoeveel mense om dit van die grond te kry,ens?

Die tydperk om die plan te implementeer hang hoofsaaklik van elke gemeenskap af. Wanneer al die organisasies in die gemeenskap opreg bereid is om hulle politieke verskille terwille van die stryd teen misdaad eenkant te sit en dan hulle hulpbronne saamgooi om die plan op die been te bring, kan dit baie vinnig gebeur. Die terme baie vinnig beteken dat wanneer almal saamwerk, dit binne drie maande kan gebeur.

Hoeveel mense ?

Aanvanklik moet elke gemeenskap vier of vyf verskillende gemeenskap organisasies volgens wet stig wat dan elkeen sy eie grondwet het. Elke organisasie moet bybestaande regerings organisasies kan inskakel.

Ons word dan die gom wat verskillende regering strukture saambind om uiteindelik as gemeenskap leiding te gee.

Sekelbos
12-20-2012, 09:10 AM
Lucas, dit is 'n baie goeie plan en ek dink die tyd is meer as ryp daarvoor.