PDA

View Full Version : Wenke om misdaad by huise te voorkom



Aletta
11-18-2014, 08:50 AM
Wat is julle tien waardevolste wenke om misdaad te voorkom? Wat glo julle sal werk?

Unregistered
11-18-2014, 10:20 AM
Ek hoop die kan jou help

Wenke om misdaad te bekamp

Inleiding
Die volgende misdade wat genoem word hieronder is misdade wat meer gereeld in sektor Pretoria Tuine en Claremont voorkom

1. Huisbrake
2. Diefstal van motorvoertuje
3. Diefstal uit motorvoertuje
4. Rooftogte - Besighede
5. Rooilig rowe
6. Diefstal gewoon

Bogenoemde misdrywe kan voorkom of selts verminder word deur slegs die volgende wenke toe te pas:


1. Huisbrake


· Wees op die uitkyk vir vreemde persone in jou omgewing, mense wat verdag voorkom
· Moenie jou hekke of deure vir enige onbekende persone oop maak nie.
· As emand verdag voorkom skakel 10111/379 2222. Vra vir vreemde persone of jy kan help. Goeie afskrik middel.
· Sluit alle deure en hekke behoorlik met toepaslike slotte. As jy nie by die huis is nie maak jou vensters toe.
· Hou vensters gedurende die nag toe, moet maar besluit is dit te warm of wil jy deur die ongerief/trauma van 'n huisbraak gaan.
· Hoeveel van ons bet telefoon nommers van hulle bure/of ken jy iou bure?
· Moenie tuingereedskap buite laat rondle nie - spitvurke breek deure maklik oop.
· Sorg dat jy reeksnommers het van alle elektroniese toerusting. Maak ‘n lys van items wat reeksnommers het en watter tipe goedere dit is.
· Sorg dat wanneer jy 'n arbeider van die straat kry, hy 'n ID document besit selfs jou werkers kry afskrifte van hulle ID's en hulle adresse.
· Sorg dat daar beligting om jou huis gedurende die nag is.
· Indien moontlik installeer vir iou 'n veiligheidshek in iou gang/voor jou kamerdeur. Bele in ‘n goeje alarmstelsel. Ordentlike diefwering of sogenaamde “Spanishbars” aan buitekant.


2. Motordiefstalle

· Moenie iou voertuig op die sypaadjie parkeer nie. Parkeer in die erf.
· Parkeer waar jy jou voertuig kan sien/maak gebruik van motorwagte by sentrums
· Wanneer iou voertuig gesteel word, skakel die naaste polisiestasiell 0111.
· Polisie benodig die registrasie papiere van die voertuig om voertuig op rekenaar te sirku leer.
· Wees op die uitkyk vir verdagte persone in die omgewing.
· Sluit motorhuislhekke behoorlik
· Maak seker jy ken iou voertuig, skrape, stampe, uitkennings merke.
· Installeer 'gearlocks" alarmstelsel, forila lock of bele in 'n Tracker of Netstar of enige ander sateliet opsporings stelsel.
· Onthou net 5005 met huisbrake probeer om dit so moeilik as moontlike te maak vir die kriminieel.

3. Diefstal uit motorvoertuie

· Kyk waar jy parkeer maak seker dit is op 'n veilige plek. Vermy donker areas of stil areas/afgeleë.
· Moenie waardevolle items in die voertuig los nie. Veral nie op die sitplekke nie.
· Sluit alles in die kattebak toe.
· Gedurende die nag parker jou voertuig so in jou erf dat dit by beligting is.
· Moenie geld, selfone, bestuurderslisensie, wapenlisensie, ID dokumente of waardevolle items in die nag in jou voertuig los nie.
· As die honde blaf staan op en gaan kyk hoekom blaf hulle.


4. Rooftogte: Besighede


· Wees op die uitkyk vir vreemde onbekende kIiënte, veral die wat rondloop en na alles in die winkel kyk en op die uit einde slegs een item koop en met groot geld betaal.
· Skryf voertuie se, registrasie neer met verdagte persoon/ne. Bestudeer die persone.
· Wees kalm en doen alles wat die rower vir iou se. Moenie teensit nie jy kan dalk die slegste daarvan afkom.
· Gewapende rooftogte kom al hoe meer voor.
· Wees versigting by toemaak tyd en wees op jou hoede vir persone wat jou skielilk nader.
· Wanneer jy klaar geroof is maak iou besigheid se deure toe en probeer om so min as moontlik aan plekke te vat waar die verdagte gevat bet, om sodoende vingerafdrukke van die verdagtes te kry.
· Skakel die polisie so gou as moontlik.
· Maak seker jy hou nie die hele dag se kontant in iou kasregister nie. Bere gereeld die geld in 'n "Dropsafe" of in 'n veilige plek. Maak seker iou werkers weet hulle moet gereeld die kontant bure.


5. Rooilig rowe


· Die Louis De WaaI wissellaar is 'n rooiligroofarea.
· Moenie waardevolle items langs jou op die sitplek sit nie.
· Moenie met 'n oop passasiers ruit by 'n robot stop nie.
· Sit jou selfoon of beursie op so 'n plek dat dit nie gegryp kan word nie.
· Veral die dames moenie jou handsak op die sitplek langs jou sit nie, sluit dit in die kattebak toe.
· Wees op die uitkyk vir mense wat verby die voertuig loop wanneer jy iewers stil hou. Veral as jy alleen in die voertuig is.

6. Diefstalle gewoon: Selfone


· Selfoon diefstalle: Wanneer jy iou selfoon aanmeld as gesteel onthou die IMEI nr. Druk *#06# om nommer te kry en skryf dit neer. Polisie kan nie 'n saak open sonder die reeksnr. nie. Polisie kan ook nie ‘n saak open as jou selfoon verloor is nie.
· Sorg dat jy altyd jou goedere behoorlik kan beskryf of uitken.
· Reeksnommer is uiters van belang.

Algemeen


· Ken iou bure, verkry telefoon nommers en pas mekaar se plekke op deur te weet wat om jou erf aan gaan.
· Verkry alle reeksnommers van items in jou huis of voertuig
· In vandag se lewe moet ons wonings ongelukkig soos tronke van buite lyk. Maar dit is vir jou en jou familie se eie veiligheid.
· Maak seker jou diefwering, sekuriteitshekke en alarmstelse!s is 'n goeie werkende kondisie.
· Wees altyd of jou hoede en wees versigtig.
· Moenie persone wat jy nie ken nie, sommer net so in jou huis of erf toelaat nie.
· Kry ID's en mense wat vir iou werk en liaseer dit.
· Pasop vir die arbeiders wat op straathoeke sit en wag vir werk, van hulle is inbrekers. Baie werk goed vir 'n dag maar eintlik bestudeer hulle die erf en huis en die kom en gaan van die huismense.
· Pas jou eiendom en besittings op, die onkostes daaraan verbonde is baie duur, om nie eers te praat van al die ongerief nie.
· Moenie in die aand jou gordyne / blinders oop los met ligte aan nie. Jy adverteer aan die krimineel wat in iou huis is.



Laat ons misdaad voorkom en nie aan help nie. Voorkoming is die beste wapen