PDA

View Full Version : Hoe kry ons vrede in hierdie land van ons?



Hein
11-19-2014, 08:10 AM
Dagse,

Is dit nie wat elkeen van ons begeer nie? Vrede!

Nou is die vraag, hoe kan ons 'n beter Suid Afrika as weergebore Christene bewerkstellig? Hoe kan ons vrede kry?

Groetnis, Hein

Hein
11-19-2014, 05:39 PM
Dagse

Die Woord se vir ons, ons kan 'n rustige en stil lewe he:
1Ti 2:1 In die eerste plek vermaan ek dan dat smekinge, gebede, voorbedes, danksegginge gedoen moet word vir alle mense;
1Ti 2:2 vir konings en almal wat hooggeplaas is, sodat ons ‘n rustige en stil lewe kan lei in alle godsvrug en waardigheid.

1Ti 2:1 First of all, then, I urge that petitions, prayers, requests, and thanksgivings be offered to God for all people;
1Ti 2:2 for kings and all others who are in authority, that we may live a quiet and peaceful life with all reverence toward God and with proper conduct. (GNB)

Hierdie voorbeeld kan ons baie oor gesels.

454
11-19-2014, 08:46 PM
Ek dink ons kan begin deur die beloftes in die Bybel te glo en vir onsself te aanvaar.

Chris

Hein
11-20-2014, 10:38 AM
Dagse,

Die vraag is hoeveel van ons doen 1Tim2:1-2?

As ek so by myself dink dan gaan dit n BAIE KLEIN persentasie wees wat vir die regering bid, 0,1% miskien??
Ons het baie te se oor hoe sleg hulle is, wat hulle doen elke dag, hoe immoreel hulle is, KORRUP EN hoe vol bedrog hulle is...., en ons het goeie redes daarvoor met bewyse ------ maar God se ons MOET vir hulle BID !! Hoekom? Sodat ONS VREDE kan he !!!

Wie doen dit?

Lukas
12-01-2014, 01:03 AM
Jy begin die draad met n vraag hoe ons vrede in die land gaan kry. Wat is vrede ?http://www.sherv.net/cm/emoticons/everyday/reclining-couch-smiley-emoticon.gif (http://www.sherv.net/)

Hein. Jy bid vir die regering sodat God vir die "slim" mense so bietjie verstand kan gee sodat hulle beter besluite kan maak. Nie om vrede te kry nie.

In hierdie land is daar hoofsaaklik twee groepe mense waarvan die lewens en wreldbeskouing van die een groep, n spielbeeld van die ander groep is. Dis onversoenbaar

Met ander woorde. Die verskille is so groot, dat dit nooit versoen kan word nie. Wanneer n lid van die wit groep, n kind van die swart groep aanneem, sal die swart kind wanneer hy 18 word, sy wit ouers haat en as hy hulle nie vermoor nie, is die kanse meer as 90% dat hy permanent die bande met sy wit ouers sal verbreek.

Elke groep het elkeen sy eie verwagtinge waarbinne hy voel sy groep in vrede sal kan leef. Maar omdat vrede so n wye en tegnies n relatiewe begrip is, gebruik mense die begrip in argumente, terwyl hulle geen idee het wat vrede regtig is nie.

Jesus het self ges dat Hy nie gekom het om vrede te bring nie maar die swaard. Mat_10:34 Daarom sal ek graag wil hoor wat jy reken vrede nou eintlik is.


Hein. Vertel asb vir my wat vrede is. Wat is jou begrip van vrede ?

Hein
12-01-2014, 05:24 PM
Ja Lukas. Vrede is soos wat daai verse vir my se dis n still en rustige lewe. Darom word daar geskryf: SODAT....
Ja nasies sal opstaan teen nasies Maar hierdie praat tog van jou eie land.

Lukas
12-02-2014, 12:38 AM
Hein. Hier in ons land is ons hoofsaaklik twee groepe van verskillende wrelde met dieselfde oogmerk, naamlik vrede.

My definisie van vrede is nie dieselfde as sy definisie van vrede nie en daarom is die begrip van vrede nie heeltemal soos wat jy dink nie.

Binne-in hierdie land is daar baie mense wat vrede het. Dit sluit mense van al twee hierdie wrelde in.

WAT IS VREDE DAN ?

Vrede is n relatiewe begrip. Dit beteken

a. dat jy kan werk en geld verdien
b. Dat jy kan leer en kennis vermeerder
c. Dat jy mag slaap waar jy teen wind en weer beskerm word.
d. Dat jy nie oor jou kinders se toekoms bekommerd is nie
e. Dat jy nie bang gaan slaap en wonder of jy en jou vrou die volgende mre saam sal wakker word nie
f. Dat jy sonder vrees winkel toe mag ry
g. Dat jy kan koop wat jy nodig het
h. Dat jy sonder vrees werk toe mag ry
i. Dat jy met jouself in vrede is en
j. Dat jy met jou omstandighede vrede gemaak het
k. Dat jy positiewe toekomsplanne kan maak

Wat is die ander se begrip van vrede.

a. Dat hy in n huis kan bly waarvoor hy nie betaal het nie
b. Dat hy n werk mag h waar hy nie nodig het om te werk nie
c. Waar hy by sy klere op skuld kan koop
d. Dat hy wanneer hy nie sy skuld kan betaal nie, niks hoef terg te gee nie
e. Dat hy sonder om skolastiese agtergrond te h, enige werk kan doen wat sy hart begeer
f. Dat sy ouers sy kinders kan grootmaak sodat hy elke aan-aan nog kinders kan werk
g. Dat hy ’n plek mag h waar hy die hele dag, elke dag onder n boom saam met sy vriende onder n boom kan kuier
h. Dat sy vrou vir hom sal werk en vir hom kos en geld sal verdien.
i. Dat hy oor enige plaas of erf kan loop, sonder dat iemand hom hinder
j. Dat hy in enige winkel mag kos vat wanneer hy honger is, sonder om daarvoor te betaal
k. Dat hy in homself vrede sal h
l. Dat hy met sy omstandighede vrede sal h
m. Dat hy altyd sal weet dat hy vir die volgende dag kos sal h

ONS GROTER PRENT VAN VREDE:

Dat die polisie ons beskerm
Dat ons land ekonomies groei
Dat ons kan loop en s en doen wat ons wil, sonder dat iemand ons pla.


WAT IS VREDE NOU EINTLIK ?

Vrede is waar jy sonder vrees elke dag jou werk kan doen sonder om vir jou lewe te vrees.
Vrede is waar jy met jouself vrede gesluit het
Vrede is waar jy jou geloof kan beoefen sonder om daarvoor vervolg te word.
Vrede is wanneer jy met jou, jou gesin, jou werk, jou verlof en jou lewe tevrede is.


Dis al en dit het ons. Vrede staan net op twee bene.
1. Jy is tevrede met jou lewe en
2. jy leef nie elke dag asof jy dalk vandag vermoor gaan word nie.

Vrede is wanneer jy mag lewe en waar jy oor jou eie toekoms mag besluit.

DIE VRAAG:

Kan vrede iets ander wees ?

Hein
12-02-2014, 08:31 AM
Dags Lukas,

Ek stem met so n paar goed saam wat jy hier skryf, maar nie alles nie.

Eerstens wil ek jou net antwoord oor die SWAARD, wat jy aanhaal uit Matt 10:34.

Volgens WAT EK verstaan is hierdie swaard NIE n fisiese swaard nie, maar dit is God se WOORD.
Elke weergebore man se swaard in hierdie lewe moet God se Woord wees.
Die dissipels het ook gedink hul moet veg met n fisiese swaard, toe een van hulle n soldaat se oor afgekap het, waar Jesus in hegtenis geneem is voor Sy kruisiging. Maar Jesus het GESTOP dit dadelik reggestel deur n wonderwerk te verrig en sy oor te genees.

Hier WYS Jesus vir ons wat die stryd is wat ons moet baklei. Jesus se vir ons dit as weergebore Christene:
Eff 6:12 Want ons worstelstryd is NIE teen vlees en bloed nie, MAAR teen die owerhede, teen die magte, teen die wreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug.

Daar is NET EEN SWAARD:
Eff 6:17 ..... EN die swaard van die GeesDIT IS DIE WOORD VAN GOD

As alle Christene dan bakleierig was, en elke keer die FISIESE swaard opgeneem het, dan sou ons presies soos die moslems gewees het met hulle holy war, en dan was daar minder mense op aarde vandag gewees.
Ons sou mekaar uitgeroei het:
Joh 18:36 Jesus antwoord: My koninkryk is nie van hierdie wreld nie; AS MY koninkryk van hierdie wreld was, SOU my dienaars geveg het, dat Ek NIE aan die Jode oorgelewer word nie. Maar nou is my koninkryk nie van hier nie.

Dis hoe satan en sy bose magte oorwin word, wat in elke persoon lewe en manifesteer wat ongeregtigheid dryf:
Opb 12:11 En hulle het hom oorwin deur die bloed van die Lam EN deur DIE WOORD van hulle getuienis, en hulle het tot die dood toe hulle lewe nie liefgehad nie.
Ek brei hieronder verder uit daaroor.

En laastens, soos jy ook hierbo uitwys is daar 2 tipes rus.
1. Rus vir jou siel as kind van God.
2. Asook n stil en rustige LEWE.

Ons kan in God se rus ingaan (ewige lewe), nie deur n fisiese swaard nie, maar deur DIE WOORD VAN GOD:
Heb 4:9 Daar bly dus n sabbatsrus oor vir die volk van God;
Heb 4:10 want wie in sy rus INGEGAAN HET, rus ook self van sy werke soos God van syne.
Heb 4:11 Laat ons ons dan BEYWER om in te gaan in di rus, sodat niemand in dieselfde voorbeeld van ongehoorsaamheid mag val nie.

Dan is daar n stil en rustige lewe m.a.w. vrede IN DIE LAND, as ons vir die regering bid:
1Ti 2:1 In die eerste plek vermaan ek dan dat smekinge, gebede, voorbedes, danksegginge gedoen moet word vir alle mense;
1Ti 2:2 vir konings en almal wat hooggeplaas is, SODAT ONS n rustige en stil LEWE kan lei in alle godsvrug en waardigheid.

1Ti 2:1 First of all, then, I urge that petitions, prayers, requests, and thanksgivings be offered to God for all people;
1Ti 2:2 for kings and all others who are in authority, that we may live a quiet and PEACEFULL LIFE with all reverence toward God and with proper conduct. (GNB)

Ek glo dat as daar nie mense was wat vir hierdie regering gebid het nie, dan sou dit al gewees het soos in Sirie, Irak asook ander lande waar daar vandag permanent oorlog is, waar vroue en kinders in massas wreedaardig vermoor word, en mense onthoof word oor hul godsdiens.

Maar EK GLO OOK dit kan NOG BETER gaan in hierdie land as meer mense vir die regering bid, al hou ons nie van hulle nie, en al jaag hul so aan.

Groetnis, Hein

Lukas
12-02-2014, 09:02 AM
Hein. Waarom soveel versies om een begrip te verduidelik. Die swaard waarvan gepraat word beteken konflik. Dit sluit alles in wat die woord konflik omskryf

Skaamjan
12-02-2014, 09:47 AM
Hein het niks nuuts gese nie. Konflik verduidelik dit mooi en dit beskryf Hein ook mooi. Altyd besig om k te soek en mense weg te stoot. Hein jy word ook in die bybel genoem.

Hein
12-02-2014, 11:40 AM
Dagse Lukas,

Waar staan dit in die Woord van God dat die swaard konflik is?? Jy is verkeerd Lukas, jammer maar dis my opinie. Enigste swaard gegee deur God wat ek ken in die nuwe Testament is - die Woord van God.
Swaard = 'n Wapen,
Swaard is NIE gelyk aan Konflik NIE (dis nie 'n wapen nie)

En nou vertel jy my ek verduidelik die swaard met soveel versies en geskryf?? Kan ek jou dan ook vra hoekom beskryf jy vrede met soveel geskryf en begrippe??

Laat weet

Hein
12-02-2014, 11:45 AM
Hein het niks nuuts gese nie. Konflik verduidelik dit mooi en dit beskryf Hein ook mooi. Altyd besig om k te soek en mense weg te stoot. Hein jy word ook in die bybel genoem.

Dis 'n geestelike gesprek hierdie, nie 'n wereldse opinie nie. As jy sien dat ek mense wegstoot, volgens jou, wys vir my wat jy bedoel voor jy sulke aanmerkings maak. Wys ook vir my wat ek in die Bybel genoem word..., maar wees versigtig vir wat jy gaan se.

Groetnis, Hein

Skaamjan
12-03-2014, 11:23 PM
Dreig jy my? Is jy ook een van daarrie mense wat kan s wat jy wil en wanneer mense nie saamstem nie, pluk jy die versie. Don’t touch my anointed ones?

Hein
12-04-2014, 07:51 AM
Dreig jy my? Is jy ook een van daarrie mense wat kan s wat jy wil en wanneer mense nie saamstem nie, pluk jy die versie. Dont touch my anointed ones?

Ek gaan nou nie heeltyd jou kommentaar "entertain" nie.
kom ons bly by die onderwerp.

Lukas
12-05-2014, 06:50 PM
Hein. Ek wil nou nie snaaks wees nie maar kyk hoe jy die swaarde verdedig het en vertel jy vir my dat jy gelieg het en dat dit nie konflik beskryf nie.

Wat ek nie verstaan nie is dat jy iets wat iemand anders skryf, presies in jou eie kan oorskryf asof die bewoording van die ander persoon verkeer was. Of is dit eerder n geval dat jy dit nooit lees nie maar jou eie stempel wil afdruk ?

Skaamjan
12-05-2014, 06:53 PM
Hein word in die Bybel beskryf. Hy is altyd die enigste een wat reg is .

Spreuke 18:6 Die lippe van die dwaas kom met getwis, en sy mond roep na slae.
Spreuke 18:7 Die mond van die dwaas is sy ondergang en sy lippe ‘n strik vir sy lewe.
Spreuke 18:8 Die woorde van die kwaadstoker is soos lekkernye, en dit gly af na die kamers van die binneste
Kyk na die tye wat Hein skryf
Pro 18:9 Alreeds hy wat hom slap hou in sy werk, hy is ‘n broer van ‘n verwoester.
Kyk hoe verdraai hy die woorde om dieselfde te s.
Pro 18:13 Hy wat antwoord gee voordat hy gehoor het, vir hom sal dit ‘n sotheid en ‘n skande wees.

Hy is n dwaas en ek voel jy moet hom blok.

Lukas
12-05-2014, 06:56 PM
Nee, ek skuld hom nog n antwoord oor die verskillende vlakke van vergifnis en ek het nie nou tyd om dit te doen nie. Ons sal eers wag en hom n regverdige kans gee.

Skaamjan
12-05-2014, 06:57 PM
Jy mors jou tyd. Hy gaan dit nooit lees nie Hy is n dwaas

Lees die versies wat hom beskryf

Hein
12-06-2014, 03:24 PM
Dagse Lukas

Ja ek verduidelik my standpunt meer omvattend as ander, maar ek wil myself duideliker oorbring, as wat daar later "confusion" is. En ek wil dit graag staaf met die Woord, en dit opsigself kan mens nie in 2 sinne oorbring nie. Jammer maar dis hoe dit is.
Ek het nie gese jy lieg nie, ek het gese jy is verkeerd en dis my opinie... lees mooi.

As jy saamstem met die ene "skaam-jan", dan moet jy my kommentaar blok, dis reg met my.


Dagse Skaamjan.

Jy ken my regtig nie, en jy maak moedswillig kommentaar oor my. Jy lewer ook geen bydrae oor die geestelike gesprek nie. Ek het ook gese ek gaan my laat "entertain" deur jou wat sleg se nie.

Jy noem my:
1. n dwaas
2. kwaadstoker
3. 'n vriend van die verwoester (satan)
4. en iemand wat lui is en soos 'n sot is.
Al wat ek vir jou kan se, jy is reeds vergewe deur my.., maar moet nou noodgedwonge aan die Here verantwoording doen vir wat jy hier gese het. Hy sal oordeel en Hy sal bestraf.

Ek lewer meer as 4 jaar al op Lukas se webtuiste kommentaar, so ek weet nie wie vir jou vra om my van die webtuiste af te gooi, en waarom jy so vining en so graag my afgegooi wil he nie. Is dit omrede die waarheid uitkom, uit God se Woord uit?

Die vraag is nog onbeantwoord, hoe ons as weergebebore Christene vrede kan kry in hierdie land?

Groetnis, Hein

Nov16
12-08-2014, 06:08 PM
Dags Hein en lesers en vir die moetswillige ------jan

Die antwoord op jou vraag is voor die handliggend, vrede sal jy nooit in die land of a anderland of in die wereld kry nie, dit is in die mens ingebooor, oorlog beter beste kompetiesie, waansin ensovoorts jy kan alles saam vat alles sal in n konflik eindig.

Die mensdom leef vir die ou woord n oog vir oog


Die antw. Op jou vraag is verdraagsaamheid, in dien niemand niks doen nie sal daar altyd n groep of mens wees wat die situasie gaan ontlont vir goed of vie die slegte deel.

Saam met verdraagsaamheid gaan n baie mooilike woord verantwoordelikheid.

Mens gemaakte konsepte wat groot wiele en koppe laat rol.

Die som totaal is liefde vir menswees, indien jy nie die eienskap het nie sal dit maar bitter mooilk wees vir n mens se toekoms.

Saam met die skrywe val ons weer terug na naaste liefde vir jou eie soort mense .
So skaamjan het geen nasste liefde betoon aan jou om sulke snert te plaas nie.

Indien hy nie ons naaste is nie is hy baie onvanantwoordelik om die snert te plaas.

So terug op jou vraag

Vrede is nie haalbaar in ons ryd nie, wel in die woord word daar van 1000 jaar vredesryk genoem, onthou jy nog die deel in die bybel waar satan af aarde toe is en hy heers met sy sondaars tot die wederkoms?

Lekker aand met kerslig en gensets
Cheers
Barry

Hein
06-22-2015, 09:40 PM
1Ti 2:1 In die eerste plek vermaan ek dan dat smekinge, gebede, voorbedes, danksegginge gedoen moet word vir alle mense;
1Ti 2:2 vir konings en almal wat hooggeplaas is, sodat ons n rustige en stil lewe kan lei in alle godsvrug en waardigheid.

1Ti 2:1 First of all, then, I urge that petitions, prayers, requests, and thanksgivings be offered to God for all people;
1Ti 2:2 for kings and all others who are in authority, that we may live a quiet and peaceful life with all reverence toward God and with proper conduct. (GNB)

Ek herrinner net weer wat ek voorheen gese het. Die lnd gaan vinnig agteruit. Ek weet min het saam met my gestem, maar kyk waar trek ons nou. Totale aanslag van die koninkryk van duisternis teen ons.
Dis tyd om in te tree en te bid, vir die regering OOK !!!

Groetnis

454
06-23-2015, 09:01 PM
Hein.

Sou jy se die regering laster teen God? Is ek verkeerd as ek se die regering onderdruk hul gewete?

Kom ons gaan so twee verse terug en kyk wat se die Bybel moet ons met hulle doen.

1Ti 1:19 Hou vas aan die geloof en behou 'n goeie gewete. Omdat sommige hulle gewete onderdruk het, het hulle geloof skipbreuk gely.
1Ti 1:20 Onder hulle is daar Himeneus en Aleksander, wat ek aan die Satan oorgegee het, sodat hulle daardeur kan leer om God nie te laster nie.

Hein
06-24-2015, 05:49 AM
Hallo Chris.

Eerstens wil ek net uitlig dat dit 2 totaal en al verskillende onderwerpe is, een uit hoosftuk 1 en een uit hoofstuk 2.

Op jou vraag wil ek vir jou se dat die regering nog nie eens daar is, wat geloof aanbetref nie. Was hul al.weergebore ?. Ek glo nie. Wat nog vn geloof skipbreuk ly ?
So dan glo ek ook nie die volgende vers kan dan oor hul vn toepassing wees nie.

Om vir die regering te bid beteken dat jy vir alle hooggeplaastes en regeerders bid.

Hoekom?
Sodat dit beter met ons kan gaan wat onder hierdie regring vasgevang is, en deur God daar geplaas is.
Sodat die Vader hul kan help ten goede van ons.
Sodat ons vrede kan he. Vrede is iets wat minder en minder lande vndag besit in die wereld.

Kom ek vra eerder so vir jou. As jy die regering wil oorgee aan satan, wat dink jy gaan vn hierdie land en sy inwoners word ?
Dink jy dat dit beter of slegter sal gaan met jou?

Groetnis Hein

454
06-24-2015, 01:01 PM
Middag Hein

In die liberale kerkwereld is dit hoog mode om die skapies te leer bid vir die regering. Dan probeer hulle ons nog leer dat dit nie saak maak of die regering Goddeloos is of nie, ons moet vir hulle bid. Die probleem le nie by bid nie maar by wat ons bid en vir wie ons bid. Gebed is n doelgerigte kommmunikasie met God en ons moet spesifiek wees waarvoor en vir wie ons bid.

Kom ek probeer prakties verduidelik. As iemand besluit om vir Jacob te bid, waarvoor bid hy? Dat Jacob wysheid en insig sal kry? Kom ons gebruik dit as voorbeeld. Dit klink baie mooi en godsdienstig, maar wat gaan Jacob met daai wysheid doen? Met 'n geldgierige hart soos hy, kan ek jou verseker dat hy sy bonatuurlike wysheid sal gebruik om homself verder te verryk en die mense verder te mislei. Gaan ons bid dat hy 'n lang lewe het? Dit gaan ook die elende en agteruitgang verleng. Maak nie saak waarvoor jy bid nie solank as wat hy boos is sal hy dit misbruik.

Nou gaan jy se kom ons bid dat hy nie skelm is nie, dit werk ook nie want hy moet 'n wilsbesluit neem om nie meer skelm te wees nie, sonder dat hy die wilsbesluit geneem het, kan God hom nie eers help om nie skelm te wees nie.
Die een ding waarvoor ons nie kan bid nie is dat God, Jacob se wil verander, want God sal nie. God het Jacob 'n wil gegee en God respekteer dit net soos Hy myne en joune respekteer. As God mense se wil wou verander sou die hele aardse bevolking Sy kinders gewees het.

Ons kan nie die regering oorgee aan satan nie want selfs 'n kurrupte regering soos die, is beter as anargie. Ons kan wel persone in die regering oorgee aan die satan. Dit sal die einde van so persoon wees, dan kan ons bid, glo en hoop 'n kind van God vervang hom. Dan wanneer daar genoeg is sal dit beter gaan met die land.

Chris

Hein
06-25-2015, 10:52 AM
Chris, ek verstaan nou nie, en help my dn reg as ek verkeerd is.
Jy se ons moet nie vir mense en die regering bid nie, of dit is wat ek aflei. l die Goddeloses moet ons oorgee aan satan? Maak dit wat jy se sin Chris?

Het jy moed opgegee of het jy jou vertroue in God verloor om gebede te verhoor? Ho3kom se God dan ons moet bid???

So nou wil ek n pa en baie stoute goddelose seun as voorbeeld gebruik. Volgens jou redenasie moet die pa sy seun aan satan oorgee. Blikskottel Chris, klink dit reg vir jou ??Waar pas liefde in ????
Nou gaan jy my seker vertel daar is n verskil tussen JZ en die seun...

Het Jesus aarde toe gekom om reverdiges te roep of sondaars tot bekering re bring? Voer jy Jesus se opdragte uit of volg jy jou eie brein ?

Hoekom tree jy direk teenoor God se Woord op? Dis mos nie reg nie Chris of hoe dan?

Groetnis Hein

454
06-25-2015, 08:22 PM
Naand Hein.

Jy wil nie verstaan nie en al bid ek kliphard, heeldag vir jou met beide hande omhoog sal jy nie verstaan nie, want jy wil nie.

Ek kan dit nie beter verduidelik as die sinnetjie hierbo nie. Dink daaroor en lees dan weer wat ek geskryf het. Jy sal slegs verstaan wanneer jy dit wil verstaan. Dink jy, jy kan mense se wil met gebed verander? As ons kon was daar geen Goddelose mense op aarde nie Hein of bid ons skelmpies dat mense nie moet bekeer nie? Nee, ons doen dit nie, ons bid dat almal tot bekering kom en dit gebeur nie, hoekom nie? Omdat elkeen 'n wil van sy eie het, verseker nie omdat God nie almagtig is nie. Hy is, maar Hy het in Sy Wonderbare, Grootheid, dit goedgedunk om elke mens 'n wil van sy eie te gee sodat, elkeen kan kies of hy, sy wil uit liefde aan God wil onderwerp.

Ek het nooit gese ons moet nie bid nie, ek se ons moet bedag wees op wat ons bid en vir wie. As jy nie die verskil tussen Jacob en jou seun kan sien nie, kan ek jou regtig nie help nie.

Jesus het aarde toe gekom om sondaars, heiliges te maak Hein, maar net die wat wil Hein, niemand word teen sy wil 'n kind van God nie. God dwing of mannipuleer niemand om Sy kind te word nie, dit is elkeen se keuse.

Vertel vir my wat spesifiek wil jy he moet ons vir die regering voor bid, dan vertel ek jou hoekom ek se dit is tyd mors. Wanneer ons iemand aan die satan uitlewer, gaan daardie persoon die vrugte pluk van al sy wandade, miskien dan as hy van sy troontjie af is, sal sy ore oopgaan en is hy ontvanklik vir die evangelie.

Chris

Hein
06-25-2015, 09:50 PM
Naand Hein.

Jesus het aarde toe gekom om sondaars, heiliges te maak Hein, maar net die wat wil Hein, niemand word teen sy wil 'n kind van God nie. God dwing of mannipuleer niemand om Sy kind te word nie, dit is elkeen se keuse.

Vertel vir my wat spesifiek wil jy he moet ons vir die regering voor bid, dan vertel ek jou hoekom ek se dit is tyd mors. Wanneer ons iemand aan die satan uitlewer, gaan daardie persoon die vrugte pluk van al sy wandade, miskien dan as hy van sy troontjie af is, sal sy ore oopgaan en is hy ontvanklik vir die evangelie.

Chris

Chris, net dit wat God vra van ons, dis al. Dis wat ons moet bid.

1Ti 2:1 In die eerste plek vermaan ek dan dat smekinge, gebede, voorbedes, danksegginge gedoen moet word vir ALLE MENSE;
1Ti 2:2 vir konings EN ALMAL wat hooggeplaas is, SODAT ONS n rustige en stil lewe KAN lei in alle godsvrug en waardigheid.
1Ti 2:3 Want dit is GOED en AANGENAAM voor God, ons Verlosser,
1Ti 2:4 wat WIL h dat ALLE mense gered word en tot kennis van die waarheid kom.

454
06-26-2015, 08:38 AM
More Hein

Jy sien as ek jou vra waarvoor ons moet bid weet jy ook nie. Dit is maklik om te ons moet bid, ons weet ons moet bid en ons aanvaar dit as 'n opdrag van God wat ons met liefde uitvoer. Dis maklik om die versie aan te haal, maar waarvoor moet ons bid?

Om te bid: "Ek bid vir die regering" is 'n niks seggende, doelose, onverantwoordelike gebed en dit is gladnie wat Paulus vir Timoteus leer nie.

Jy wil he ons moet vir die regering bid, wat moet ons bid Hein?

Chris

Hein
06-26-2015, 04:38 PM
Chris.
Jy wil weet waarvoor ek bid vir die regering?
Ek bid dat hul gered kan word en Jesus ontmoet
Ek bid dat hul die mense van die land sal dien
Ek bid dat hul.die gebod van liefde sal leef en uitleef

Dis basies waarvoor ek die Here vra
Groetniis, Hein

454
06-26-2015, 04:57 PM
Hein

Dink jy dat God die regering se wil sal verander sodat hulle die goed doen wat jy vra? Nee, God kannie Hein, want God wil nie. Soos ek reeds veduidelik het, het God dit in Sy alwetendheid goedgedink om elke mens sy eie wil te gee. As God Sy wil of jou wil op die mens afdwing gaan God teen Sy eie wil, dit kan mos nie gebeur nie.

Verstaan jy dat jy verniet bid, omdat jy vir die verkeerde goed en verkeerde mense bid?

Chris

Hein
06-26-2015, 09:27 PM
So Chris, wat verstaan jy nie van 1Tim2 nie ?
En dan vra ek jou die teenoorgestelde vraag: Wat verstaan jy uit daai teksverse ?

Lukas
06-27-2015, 12:50 AM
Chris. Soms kom jy met snaakse goed uit wat maak dat ek my kop hard moet krap en ek het nie meer baie hare oor nie. EK sal na die vyf dag kursus by hierdie dinkskrum betrokke wil raak, omdat daar tog vir ons n mag gegee is om te bind en te ontbind, glo ek dat ons binne daardie reels dalk ook vir die owerhede kan bid.

Ek stem saam. Die owerheid is nie 'n owerheid se skaduwee waardig nie en vandag sien ek op die nuus die oorloe en gerugte van oorloe en ek wonder of bid binne on Vader se wil is. Ek praat nou om virdie Owerheid te bid.

Maar hier is net n gedagte. As die mag om te bind en te ontbind aan ons gegee is, en ons ontbind die regering se komplot om ons te vernietig en ons bind hulle aan God se wil vas, is hulle mos gesnoeker ?

En wanneer ons van God se Wil in die lig van die eind tye praat, sal die uitslag dalk nie presies wees soos wat ons dink dit moet wees nie, of hoe?

520
06-27-2015, 09:49 AM
Maar hier is net n gedagte. As die mag om te bind en te ontbind aan ons gegee is, en ons ontbind die regering se komplot om ons te vernietig en ons bind hulle aan God se wil vas, is hulle mos gesnoeker ?

En wanneer ons van God se Wil in die lig van die eind tye praat, sal die uitslag dalk nie presies wees soos wat ons dink dit moet wees nie, of hoe?

Amen Lukas, en as almal dit saam doen hoe sterk gaan ons krag nie wees nie. Want dit is n saak van gebed.

Nov16
06-27-2015, 05:30 PM
Hier is inligting, meskien onbekend aan van die lesers.

Vir my is dit spyker op die kop korrek

http://www.heuning.co.za/bybelstudie%20pray%20until%20something%20happens.h tm


Lekkerdag

Barry

454
06-27-2015, 05:35 PM
Hein en Lukas

Uit die eerste 4 verse van 1Tim 2 verstaan ek dat God wil he ons moet 'n rustige en stil lewe lei, toegewyd aan Hom, dit is goed en aanneemlik vir God. Om dit te bereik moet alle mense gered word en tot kennis van die waarheid kom. Deur vir alle mense, die wat regeer en gesag uitoefen te bid kan alle mense gered word. Dis wat ek verstaan en ek dink ons stem saam daaroor.

God het ons mag gegee om te bind en te ontbind. Net soos met gebed kan ons nie net loop en bind en resultate verwag nie, ons het nie meer mag as God nie en as God nie iemand se wil kan verander nie, kan ons ook nie. Verder is die bose geeste wat mense beset nie alomteenwoordig soos God nie. Ons kan dus nie in Pretoria sit en 'n gees in Kaapstad bind of bestraf nie, die gees gaan nie daarvan weet nie. So nee, ons gaan hulle nie so snoeker nie. Dit is wel een van die sleutels van die koninkryk en ons kan bid dat kinders van God in posisies kom om die geeste te bind.

Hein as Jacob my eendag bel en se kom bid vir my sal ek dit met oorgawe doen, wetend dat dit God se wil is en sal die resultaat van God se liefde vir almal sigbaar wees. Dit is wat die Bybel my leer, maar tot dan sal dit vrugteloos wees en sal ek hom aan die satan uitlewer sodat hy kan leer.
God het ons egter die vermoe gegee om in elke omstandigheid te heers en gebed is een van ons wapens wat dit verseker. Ons is egter soos 'n klomp kleuters met 'n Colt .45 wat probeer om onsself te verdedig teen 'n bende rowers en dit is nie God se skuld nie. 'n Gebrek aan kennis en geestesvermons deur die gewoonte geoefen maak dat ons sukkel.

Hierdie is nie so eenvoudig soos "bid vir die regering" nie. Ons moet leer waarvoor om te bid en wanneer ons daarvoor kan bid, wanneer is dit God se wil en wanneer nie.

Die vraag is nou hoe kan ons vrede he? Dit is tog God se wil. Die antwoord is in 1Tim2:1, ons bid vir alle mense, elkeen waarmee ons te doen het en wat God oor ons pad stuur, ons bind en ons evangeliseer en ons stuur elkeen om dieselfde te doen. Ongelukkig gebeur dit nie.

Chris

Hein
06-29-2015, 04:24 PM
Dagse Chris.

Ek wil eerder nie vir God in n boksie sit nie. Ek glo God kan ons hardekwaste so bietjie n hupstoot gee om ons willetjie te verander.

Selfs Jesus het gebid vir Simon Petrus dat hy sou bekeer, want die man was te vol van die eie-ek.... Dus wys dit my dat gebed groot krag het en selfs God die wil van mense kan verander.

Dan sien ek ook dat Saulus deur omdstandighede tot stilstand gebring is deur God. So as ons vir mense bid, dan glo ek dat God omstandighede gebruik om hul wil te verander. Ek glo daar het mense vir Paulus gebid toe hy nog Saulus was.

Ek sien ook in Openbaring hoe daar oordele oor mense kom ingegee deur God, sodat mense hul wil kan verander. God wil he dat alle mense gered word, ja elke liewe sondaar. En dis waarom ek juis vir sondaars bid.

Wat help dit Chrisas ons vir regverdiges bid ?

454
06-29-2015, 09:47 PM
Naand Hein

Ek sit God nie in 'n boksie nie Hein, ek kyk net hoe God Homself aan ons openbaar in die Bybel. Jy glo verkeerd, as God wou hupstootjies gee om willetjies te verander was Hy nie liefde nie, Hy lei ons, Hy onderrig ons maar hy mannipuleer nie met hupstootjies nie. Dink jy vir een oomblik iemand sou 'n hupsootjie van God kon weerstaan?

Jesus het nie vir Simon Petrus se bekering gebid nie Hein, Jesus het gebid dat sy geloof sterk genoeg sal wees.
Luk 22:31 “Simon, Simon!” het Jesus ges. “Luister! Die Satan het daarop aangedring om julle soos koring te sif.
Luk 22:32 Maar Ek het vir jou gebid dat jou geloof jou nie begewe nie. As jy weer tot inkeer gekom het, moet jy jou broers versterk.”
Ons ken die geskiedenis, hy het gefaal maar weer tot inkeer gekom en sy geloof was sterk genoeg om sy broers te versterk.

God kan 'n mens se wil verander, Hy is immers almagtig, tog kies God om dit nie te doen nie. Sy besluit, in Sy alwetendheid. Ek het al vir jou breedvoerig verduidelik hoekom God die mens 'n wil gegee het. God is ook regverdig, so God kan nie een ou se wil verander ten goede en die ander ou sin nie, dit is onregverdig en ons Vader is regverdig. God kannie teen Homself in opstand kom nie. Ek het jou al baie gevra Hein en jy antwoord nooit, hoekom het God die mens 'n wil gegee as Hy dit in elk geval wil verander of mannipuleer. As jy daardie vraag antwoord en die antwoord verstaan sal jy ook weet hoekom jy, jou asem mors en in sommige gevalle selfs skade kan doen met ondeurdagte, onverantwoordelike gebede.

Jy kan nie vir elke liewe sondaar bid nie, want jy het nie toegang tot almal of 'n verhouding met hulle nie. Hoe weet jy waarvoor om te bid? Een het dalk 'n probleem met drank en jy bid dat hy van kanker genees word, hoe weet jy wie het tandpyn en wie het hartseer, kom nou Hein, dit werk mos nie. Jy moet ten minste 'n versoek he van iemand wat die sondaar se probleem ken. As jy kennis het kan jy bid vir iets waarvoor jy magtiging het.

Sondaars moet gered word, maar om sonder verhouding vir hulle bekering te bid is net lippetaal. Jy kan hulle van Jesus leer, jy kan 'n bekerings gebed saam met hulle doen en hulle na Jesus lei in persoon, maar nie sonder dat hulle die wilsbesluit geneem het nie.

Jy kan nie bid dat die barbare nie doodgeskiet of gevang word as hulle 'n plaasaanval uitvoer nie, jy weet dit is teen God se wil en dit is ongemagtig. So wat wil jy bid? Dat hulle wil verander en hulle dit nie doen nie? Dis nie in jou mag nie. Anders was daar geen plaasaanvalle nie, geen moorde, geen motorongeluk, geen misverstand of oorlog nie. Dan staan jy net elke oggend op en bid dat daar vandag vir die heeldag geen plaasaanvalle, geen moorde, geen motorongeluk, geen misverstand of oorlog sal wees nie, of beter bid sommer vir 'n jaar vooruit. Jy weet dit werk nie so nie.

Die dreigende plaasaanval is 'n voorbeeld van wanneer dit help om vir regverdiges te bid. Nou kan jy God se beskerming oor die betrokkenis bid, God se wysheid en krag, dat hulle sal hoor hoe om op te tree, hulle voorbereid sal wees of bereid is om na Lukas te luister na hulle die tekens gesien het, hulle geloof sterk genoeg is en die vrees hulle nie oorval nie.
Dan as jy dalk te besig was om vir die goddeloses te bid en die plaasaanval het plaasgevind en die pa word vermoor, kan jy bid vir vertroosting, jy kan bid dat God die weduwee wat oorbly se kruik sal vul, die kinders 'n geleentheid kry om te gaan studeer, dat hulle harte nie verhard en hulle alle swartmense begin haat nie, dat hulle weer sonder vrees kan lewe, dat die plaaswerkers 'n ander heenkome vind. Jy sien Hein daar is baie om voor te bid vir regverdiges en ek kan jou belowe dat wanneer jy begin om by elke geleentheid wat jy sien vir regverdiges te bid jy God se hand sal sien in alles en geen tyd sal he om doellose gebede vir die regering te probeer bid nie. So moenie weer vir my vra "wat help dit om vir regverdiges te bid nie?".

Ek weet jy het jou eie opinie en dit is jou goeie reg, maar ek wil tog maar ter wille van die regverdiges vir jou vra om mooi te dink.

Ek se weer ons bid vir alle mense, God het alle mense lief en wil he almal moet Sy kinders wees. Almal wil egter nie en ons mag nie dat die wat satan se werk doen toegelaat word om te heers nie. Ons gee hulle oor aan hulle eie hartstog en hul gekose koning sodat hulle kan leer.

Chris