PDA

View Full Version : Leef Mandela nog ?



Lukas
12-29-2012, 07:46 PM
Ek het die afgelope tyd na afloop van weermag voertuie wat glo in konvooie ry, n paar navra gekry of Mandela nog leef.

Dit is so dat die ou man baie swak is en dat hy swaar kry. Tog het die weermag voertuie niks met sy kamera skuheid te doen nie. Die weermag bedrywighede wat gesien word, is een oefening wat klaarmaak en n volgende oefening wat vroeg in 2013 gaan begin. Daar is iewers in Afrika n probleem met rebelle wat n direkte bedreiging vir n paar soldate inhou en die weermag is ook weer besig om op ons grense betrokke te raak.

Vir elke beweging wat gerapporteer is, is n geldige rede wat niks met Mandela se gesondheid te doen het nie. Verder het twee onafhanklike bronne bevestig dat daar tenminste tot en met Vrydagaand, geen verandering in sy toestand was nie.

Ek is ook nie so seker of die staat dit gaan regkry om die dood van Mandela stil te hou nie. Mandela is meer gewild as Churchill en die wreld stel so in sy gesondheid belang dat die pers hom meer dophou as wat hulle die Britse koningshuis dophou. Dit gaan baie moeilik wees om sy afsterwe vir die paparazzi weg te steek. Tog glo ek dat ons by AKSKA amper n beter kans het om te weet wanneer iets skeefloop.

Unregistered
12-29-2012, 08:09 PM
Kan ons verwag dat iets kan skeefloop?

Lukas
12-30-2012, 01:41 AM
Skeefloop soos in doodgaan? Ja ek dink dat hy moonlik binne die volgende drie jaar kan doodgaan.

Skeefloop soos in nag van lang messe? NEE.

Unregistered
12-30-2012, 07:43 AM
Het Mandela nog enige invloed op die politiek? Almal weet by die tyd dat hy siniel is, hy kan tog nie enige mag oorhe nie. Hoekom wil dit kort-kort klink of daar 'n verandering kom na sy dood?

Unregistered
12-30-2012, 11:23 AM
Die Suidlanders glo dat die swart massas uit respek vir Mandela nie iets onverantwoordelik sal doen terwyl Mandela leef nie. Volgens die Suidlanders sal die swart bevolking die wit ras uit Afrika dryf sodra Mandela afsterf.

Ons wat AKSKA is, s dat dit nie die waarheid is nie en dat dit nooit sal gebeur nie. Dit is die waarheid dat Mandela die gewildste persoon op die planeet is. Dit is ook so dat daar net soos wit radikale wat Afrika wit wil sien, ook swart radikale is wat Afrika swart wil sien.

Tog is ons oortuig dat die getalle te min is om enigsins n verandering in die huidige omstandighede aan te bring. Ons gaan nie eendag vermoor word nie. Ons word al die afgelope 30 jaar sedert 1983 op ons plase vermoor. Nog nie veel het intussen verander nie en dit sal ook nie gou verander nie.

Unregistered
12-31-2012, 09:34 PM
Ek is baie seker dat die dag wat Mandela wel sou sterf, die Rooms Katolieke kerk hom tot heilige gaan verklaar

Skim
01-29-2013, 04:28 PM
Mandela is meer gewild as Churchill en die wreld stel so in sy gesondheid belang dat die pers hom meer dophou as wat hulle die Britse koningshuis dophou.

Lukas, ek verskil graag op feite van jou.

As die ou fosiel in `n hospitaal beland of tuis is, mag die pers nie naby genoeg kom om hom te kan aanskou nie.- feit

Die pers het die bekruip en afneem aanleg so vervolmaak dat hulle selfs die s.g. koningshuis se sekskapades nie ontsien nie -feit

Maar geen bewyse van `n mandela nie...? - feit.

Lukas
01-29-2013, 07:25 PM
Goeie naand Skim

Jy is welkom om van my te verskil en wat jy s is ook baie akkuraat en ek het geen probleem met die feite wat jy uitlig nie. Daar is egter ’n paar goedjies wat jy nie besef nie. Die paparazzi het baie meer kundigheid as wat jy dink.

Hulle het byvoorbeeld nie nodig om die huis fisies dop te hou om te weet wat binne die huis aangaan nie. Daar is verskeie apparate waarvan een deur die Sjinese ontwikkel is. Met die Sjinese apparaat kan hulle so vr as 500 van die teiken-huis af wees en deur ’n straal teen die ruit te reflekteer wat dan weer deur ’n dekodeerder gekodeer word, kan hulle selfs fluiter gesprekke binne ’n vertrek afluister.

Die Franse het ’n ding ontwerp wat van ’n afstand af, die seine van datalyne en telefoonlyne monitor en dekodeer sodat hulle alle gesprekke en data van netwerk kabels kan aftap, sonder dat daar ’n draad aan die kabels gekoppel word.

Selfone is net so gevaarlik. Met die regte program en twee minute met jou foon in ’n opponent se hand, kan hy ’n program op jou foon aflaai wat elke oproep en elke SMS wat jy stuur, met hom sal deel. Verder sal die program hom glo in staat stel om self wanneer jy net naby jou foon is, alles te hoor wat jy en ander mense gesels. Joernaliste is duidelik nie eties wanneer dit by inligting kom wat hulle terwille van sensasie aan die wreld kan uitbasuin nie. Hulle sal selfs gefabriseerde dokumente gebruik om hulle stories te staaf. Maar wanneer dit by Mandela kom, sal hulle enige onderduimse taktiek gebruik om die nuus eerste te uit te basuin.

Om die Britse koningshuis se binne geheime te weet is nie so maklik nie. Hulle het mense nodig wat vir hulle inligting uitlek en hulle het tegnieke tot hulle beskikking waarvan ons nog nie eers gehoor het nie.

Ek verstaan dat jy nie so seker is of die pers en veral die buitelandse pers nie die vermo het om Mandela se siektetoestand te monitor nie. Dan is daar seker een vraag wat ’n mens jouself moet vra. Hoe lank neem dit jou vandat hy siek word en nadat hy na ’n hospitaal afgevoer word, om die nuus in die media te sien?

Ek dink nie dat jy Mandela se gewildheid in die wreld moet onderskat nie. Sy wel en wee is vir die pers net so nuuswaardig as wat die koningshuis se wel en wee vir die wreld is. Die enigste probleem is dat die bedrywighede binne Mandela se huis heelwat kalmer is as wat dit binne die koningshuis is. Ons almal weet dat hy nie tot in ewigheid kan leef nie. Die grootste nuus omtrent hom sal wees wanneer hy die dag lepel in die dak steek.

Maar ek is baie seker wanneer dit gebeur, sal die pers dit weet en as hulle dit nie eerste weet nie sal ek sekerlik net so vinnig ’n redelike aanduiding kry dat iets nie normaal is nie.

Ek weet nie of jou grootste vrees op die gerugte van die nag ’n die lang messe gebaseer is nie. Wees rustig. Dit sal nie gebeur nie, maar dit wat wel vir ons ekonomie beplan word sal veel erger wees. Daar gaan nie wit mense se bloed in die strate vloei nie. Maar daar sal baie honger mense wees wat besighede terwille van iets om te eet, sal plunder.

Wat ons die afgelope tyd in die Wes-Kaap en in Sasol gesien het, kan ’n paar jaar van nou af, redelik algemeen voorkom. Wat ons nou gesien het, is deel van ’n proses om die land vir die tyd wat kom voor te berei. Brandstof, elektrisiteit , kos en werk sal baie skaars word en die mense sal teen die regering en teen besighede rebelleer. Nie teen wit mense nie.

Unregistered
01-29-2013, 08:42 PM
Die toestel waarvan oom praat se naam is die infinity device.

Werk om vibrasies omtesit in hertz dan te laai in spekrum logger en dan weer na audio.

Werk op die gebou se elektriese grid ook.

Sal die Suid Afrikaanse weergawe soek en hier plaas

Groete

Unregistered
02-10-2013, 09:53 PM
http://www.nelsonmandela.org/news/entry/president-zuma-visits-madiba-issued-by-the-presidency