PDA

View Full Version : 6 sterf in hitte tydens toetse vir verkeerslui



Lukas
12-31-2012, 10:29 AM
6 sterf in hitte tydens toetse vir verkeerslui
2012-12-29 23:17
Artikelopsies
Deel
Kry Rapport op
Jacques Steenkamp in johannesburg
Ses mense is waarskynlik aan hitte-uitputting dood nadat duisende Donderdag in n fiksheidstoets meegeding het om 90 poste as verkeersbeamptes in KwaZulu-Natal.

Radley Keys, DA-woordvoerder oor vervoer in di provinsie, s die departement van verkeer het sowat 150?000 aansoeke gekry.

Van hulle is 34 000 mense gekortlys.

Hulle (die departement) het heeltemal verkeerd te werk gegaan met die aanvanklike advertensie. Die enigste kwalifikasies was dat jy jonger as 35 jaar moet wees en n ID, matrieksertifikaat en rybewys moet h.

Dis asof hulle nie besef het hoe kritiek die werkloosheidsyfer in die land is nie.

Hy s sowat 17 000 mense het Donderdag van oor die provinsie in die hitte by die Harry Gwala-stadion in Pietermaritzburg opgedaag om 4 km in minder as 25 minute te probeer afl.

Ek was self daar. Dit was 31 C en die meeste van die mense het daar aangestap gekom. Hulle moes toe in lang toue staan voordat hulle eers die middag kans gekry het om te hardloop. Ek glo die meeste was toe al ontwater, s Keys.

Hy s daar was geen waterpunte langs die pad nie en talle mense het flou geword weens die hitte.

Daar was glo paramedici en water by die eindpunt.

Mens sou dink dat in ons provinsie, waar ons die Comrades en ander marathons hou, so iets beter gerel sou word.

Behalwe vir die ses wat vermoedelik aan hitte-uitputting dood is, het n sewende later uit frustasie selfmoord gepleeg, het die SAUK gister berig.

Keys s daar het eergister wr sowat 17 000 mense opgedaag, maar gelukkig was dit bewolk en heelwat koeler.

Hy s sowat 2 000 mense het gister by die Mkondeni- en Northdale-toetsstasies aan n bestuurstoets deelgeneem.

Hoe kan jy n kortlys van 34 000 mense h vir net 90 poste? Die maksimum moes 5?000 gewees het.

Die departement van vervoer kon nie gister vir kommentaar bereik word nie.

Unregistered
12-31-2012, 12:32 PM
Ek stel voor die regering stel 'n soortgelyke toets vir al die dikgat politici in.

Lukas
01-01-2013, 11:39 PM
Die sterftesyfer was maar 0.04% en is volgens die ou SAW standaard baie vr binne perke. Vir die opleiding van die ou weermag se junior leiers was voorsiening gemaak dat meer as 2000 uit 17000 as gevolg van opleiding-uitputting kon sterf. Die syfer was gelukkig nooit so hoog nie en die werklike syfer was uiteindelik seker baie vr onder 0.04%. Piet kan dalk vir ons die werklike syfer gee.

Daar was een verskil. Die ou troepe was stelselmatig fiks gemaak en 2.4km was die veilige standaard wat vasgestel was. My vermoede was dat die kwalifikasies reeds aangedui het dat 4Km te vr is om mee weg te spring. n Jongmens wat in die eerste plek matriek gekry het se kanse om as inbreker n beroep te bedryf is heelwat laer. Die gemiddelde krimineel sal heel moontlik makliker oorleef het. Hulle oefen gereeld om seker te maak dat hulle in tye van nood, vinnig en vr kan hardloop.

Maar om 4Km vir mense wat eerder wou leer as om te hardloop as standaard te stel, is dalk bietjie styf.

Leo
01-03-2013, 07:04 AM
Sjoe mnr.... Jou woordeskat op 'n oop forum gee ook maar jou vlak van ontwikkeling weg hoor! Lyk my jy's een van die ouens wat by die "aggressie vlak" vasgesteek het en nooit verder sal vorder nie. En jy hoef regtig nie Lukas se hele skrywe weer te "copy" nie. Ons kan almal lees wat hy geskryf het.