PDA

View Full Version : Kathu Skietbaan3



A508
12-30-2014, 10:43 AM
1247
Hier is tweede stoel met blik met water. Dit is op die hoeke van gebou geplaas.

1248

Hierdie is buite op die stoep. Ek wens ek kon alles so mooi in n ry sit!
1249
Hierdie is buite by die lapa. Seker so 20 tree vanaf gebou.

1250
Hierdie is al die goed baie mooi op 'n hoop wat binne uitgebreek is.
Daar is niks gesteel nie. Net vernietig.
Trudie

A508
12-30-2014, 08:39 PM
Nog bietjie inligting oor gebeure.
Die dag voor kersfees was alles nog normaal. Die dag na kersfees het dit toe so gelyk. So hierdie ritueel moes op kersdag plaasgevind het.

Lukas
01-01-2015, 02:44 PM
Is daar iemand wat meer van satanisme weet, wat hierdie gebeure of ritueel, vir ons kan verduidelik ?

539
01-05-2015, 09:30 PM
Is daar iemand wat meer van satanisme weet, wat hierdie gebeure of ritueel, vir ons kan verduidelik ?

Lukas wat laat mens dink hierdie het met Satanisme te doen? Die inligting is te min om iets daarvan af te lei. Aan die een kant lyk dit meer na vandalisme en 'n paar ouens wat se koppe uitgehaak het na hulle so bietjie boom (of iets sterkers) gerook het.

Lukas
01-06-2015, 01:04 AM
Hi Lukas,
Ek weet nie hoe om die bedryf op Akska te kry nie. Dit is wat die een persoon se wat daar gebeur het.
Daar is 'n jog dogter in Kimberley hospitaal opgeneem wat so herhaaldelik verkrag is, dat sy baie seergekry het. Ek probeer nog uitvind of dit verband hou met die foto's.

https://app.box.com/s/p0qkrj8fuds4bcxglf2x

Die ding kan dalk nie dadelik speel nie. Toe ek die ronde knop op die lyn deurgetrek het, het dit begin speel.

Baie dankie dit is baie interessant.

SA462
01-06-2015, 09:24 AM
Baie interresant, soos ons misdaad reekse lees, so lees hierdie persoon die rituele. Wens ek het meer geweet.

Lukas
01-06-2015, 07:42 PM
Soms is dit beter dat jy nie weet nie. Die ouens wat weet is daarvoor toegerus. Dit is waarom ons hulle daarvoor vra en nie alles self probeer weet nie.

A508
01-07-2015, 08:03 AM
Noudat hierdie aan die lig gekom het, blyk dit net 'n waterborreltjie van die seekoei te wees. Ek het regtig groot geskrik toe ek hoor hoe groot en besig hierdie bedryf in die omgewing is.
Vanaf Kimberley, Barkley Wes, Danielskuil, Postmasburg, Kuruman, Kathu en klink my al die swart woongebiede tot by Vryburg.
Dit is egter soos jy sÍ Lukas. Ons moet liewer nie weet nie.
Trudie.

Lukas
01-07-2015, 10:15 PM
Satanisme is ernstig besig om veral onder die swart jeug te groei. Die wit jeug ook. Kyk so bietjie of julle daar ook kinders met verskillende kleure skoenveters sien. Dit gee glo n aanduiding van die powers waaroor die een met die verskillende kleure skoenveters beskik.

524
01-08-2015, 08:27 AM
Hipotese: ('n Voorgestelde verduideliking vir 'n fenomeen/verskynsel)

Veertig of vyftig jaar terug toe baie van ons kinders was, was die lewe heel anders en die sosiale-druk baie minder as wat vandag die geval is. In ons tyd was daar verseker meer dissipline en ek dink ook 'n sterker fondament/riglyne. Min moeders het uit gewerk en het dus hulle kinders self groot gemaak. (My ma het in haar lewe nooit uit gewerk nie en sy was 95 toe sy dood is). Ja, die moderne samelewing het groter druk op gesinne gesit en daar is mos maar altyd daardie wedywering om beter of ten minste gelyk te wees aan die "Jones's", wat veroorsaak dat ons self meer druk op ons plaas. Hoeveel huishoudings hou vandag rigied huis-godsdiens?

Of jy nou 'n Christen is of nie die bybel het baie goeie riglyne. As jy 'n nuwe motor koop is daar 'n eienaar-handboek in die ding. Die boekkie vertel jou van al die moets en moenies, van al die goeie eienskappe en hoe jy die motor moet oppas om sodoende die maksimum uit die motor te kry: Netso kan die bybel gebruik word as 'n handleiding vir die mens om dus goeie morele beginsels te kweek.

Vandag se jeug, en ek maak geensins vir hulle verskoning nie, is onder redelike groot druk om sosiaal te "presteer" daar is geweldig baie maatjie-druk (peer pressure) en die vryheid van inligting via die Internet wat soms baie rooskleurige prentjies kan skilder is in baie gevalle die oorsaak van kinders se afdwaal. Ondersoek alles, maar behou slegs die goeie - die is 'n kwaai plan, maar juis hierin lÍ soms die probleem omdat die nie so goeie soms te lekker is om te los.

Baie mense sal nie noodwendig saam stem nie, maar persoonlik dink ek dat weermag diens opleiding was 'n baie goeie ding (nie so seer die oorlog nie). Kyk maar hoe loop die jonges van vandag - motshwarateu! Baie kinders word van baie klein af in kleuterskole gesit en reeds daar begin die vreemde invloede op hulle werk. Vannaand is ma en pa ewe moeg-geploeg aan die vel stryd om 'n lewe te probeer uit kap in die wilde woeste nuwe SA en dan is daar nog die seepie op die TV, so daar word net die brood nodige bietjie aandag aan die kind bestee en more oggend begin hierdie vel stryd weer van voor af as daar gejaag word om alles gedoen te kry voor almal laat spaander werk toe, skool toe ens. Soms is daar nie geld vir die kleuterskool en die huishulp nie en dan word die huishulp noodwendig die kind se "ma". Of dit 'n goeie ding is los ek maar vir die leser om self te besluit.

Ouers moet meer kwaliteit-tyd met hul kinders spandeer en bedag wees op klein veranderings in die kind se gedrag. Kyk na die soort lees stof en belangstelling of enige afwyking van dit wat normaal is vir die betrokke kind. Speel jy speletjies (board games) met jou kind? Kommunikeer jy met jou kind of het die net 'n onmisbare ergenis geword? Luister jy werklik as jou kind praat of is jou kop in die TV of rekenaar skerm? Kies een aand in die week en sit die verdomde elektroniese gemors af, prop die foon uit / loopfone ook. Kry die familie bymekaar en hou "vergadering" laat jou kinders 'n slag vir jou vertel wat hulle doen en wat hulle gelukkig of ongelukkig maak.

Dinge kan in 'n oogwink verander en dan is dit te laat. Spyt is 'n goeie ding, maar dit kom altyd te laat. "Ag toemaar, dit is maar net 'n fase waardeur Jannie gaan." - Dit is die grootse "cop-out" wat ek nog van gehoor het!

539
01-09-2015, 04:41 PM
Die wit jeug ook. Kyk so bietjie of julle daar ook kinders met verskillende kleure skoenveters sien. Dit gee glo n aanduiding van die powers waaroor die een met die verskillende kleure skoenveters beskik.

Die jong klomp dra dan almal deesdae gekleurde skoenveters? Dis mos 'n mode ding, dan nie? Kan jy bietjie meer verduidelik oor die kleure van die skoenveters Lukas? Ek vra omdat iemand se seun betrokke was (of dalk nog is) by satanisme en ek verbeel my hy het nou die dag tekkies met gekleurde skoenveters aangehad.

524
01-09-2015, 10:09 PM
http://youtu.be/I11L71PD3Lw

535
01-11-2015, 04:41 PM
So die pik swart naels en hare is nou nie meer n kenmerk nie ? Dis nou gekleurde skoenveters

Lukas
01-11-2015, 07:10 PM
Dit is wat ons onder die swart sataniste in die Vrystaat opgemerk het. Dit is waarom ek vra sodat ons moet kyk of dit nie op ander plekke ook is nie.