PDA

View Full Version : Ou Jaar / Nuwe Jaar gedagtes.



Tom
01-06-2015, 10:42 AM
Mens lees so baie van volks verraaiers en agente, dat mens onwillekeurig daaraan begin glo. Elkeen het iemand wat hy wil afbreek, verkleineer, bevraagteken ensovoorts. Daar is so baie name, mens kan nie eers tred hou nie. Of dit nou Sunette, Steve, Roodt, Piet Rudolph, Barend Christie, Republikeine, Barend Pienaar, Lets, Jean, Henk, Zelda, BKA, Suidlanders ensovoorts. Almal klaarblyklik agente van een of ander aard, om nie eers van die kerke en hul leiers te praat nie.


Dan is daar nog ons voormalige leiers, uitverkopers, agente, verraaiers. Hier dink ek aan mense soos FW, Pik, Roelf, generaals en ministers en ander politieke figure. Ek ken die name maar swak, maar u kry die idee.


Al hierdie mense het een ding in gemeen. Die sogenaamde uitverkoop, verraaiing, beskadiging en verleiding van ons volk. 'Nie een van hulle het die regte visie nie en almal is net agter geld aan.'


Nou vra ek myself, kan dit wees? Was enigeen by daai dag toe die persoon onderneem het om die muntstukke te aanvaar vir die rol wat hy/sy moet speel om hierdie volk finaal te vernietig? Ek glo nie. Dit is alles stellings wat uit die lug gegryp word om die betrokkene af te breek, maak nie saak hoe eerbaar sy/haar poging is of was nie. Die feit is daar word nie vordering gemaak nie, die persoon of instansie is n mislukking en moet afgebreek word. Mislukking is volks verraad, finish en klaar.


Dit laat my weer aan Siener se woorde dink. "Julle moet planne maak. Goeie planne. Sodat wanneer dit tot niks kom en God die uitkoms bring, Sy Naam soveel meer daardeur verheerlik word."


Dan worstel ek hiermee. Wat beteken dit? Moet ons dan maar eerder niks doen nie, want dit is alles tog verniet? Moet ek maar los, sodat ander hulle tyd mors en goeie planne maak en op die ou end tog maar net deur die volk gekruisig word vir hulle moeite?


Dan dink ek weer aan wat Siener gesÍ het en besef, dit is ons plig om planne te maak, al kom dit tot niks en al word ons daarvoor gekruisig. Dit is maar die las wat jy moet dra. Ek voel jammer vir die Sunette, Steveís, Rudolphs en so aan, maar wat kan mens daaraan doen? Net mooi niks, want dit is in n HoŽr Hand en Hy weet die beste. Hierdie gees van verdeeldheid is in ons oŽ die sondebok, maar eintlik is dit Sy manier om ons te beskerm en Sy Wil te laat geskiet. Hierdie verdeeldheid word deur Siener beskryf as n groot sloot wat ons van mekaar skei. Maar dan sÍ hy ook, hierdie kloof of sloot, sal ook weer toeval en ons sal weer by mekaar kan koffie drink. Dit is dan die boodskap van bemoediging. Dinge sal nie vir altyd so aangaan nie en Hy sal self die verlossing bring. Dan sal ons mekaar kan vergewe en ophou blameer. Die Engelsman se mos, 'all is good that ends good'. Ek sien uit na die dag wat hierdie mense wat nou so blaam dra, weer deel van ons kan word en alles is vergete.


Die boodskap is dus, hou moed, dit wat nou gebeur, moet gebeur, maar daar is tog lig aan die einde van die tonnel. Die wat nou gekruisig word, sal weer vergewe word en deel wees van die volk. Volharding in jou geloof, is ook n deel van ons/jou opdrag.


Dan is daar ook die ding van, dit gaan baie donker word, so donker dat jy nie jou hand voor jou oŽ kan sien nie. Siener het gesÍ in sy tyd was dit so donker, dat jy skaars jou perd se maanhare voor jou kon sien en toe gee hy hierdie vergelyking van jou hand voor jou oŽ. Dit gaan dus baie erger word as wat dit in sy tyd was. Is dit om ons te ontmoedig? Ek glo nie, ek dink dit is eerder deel van die voorbereiding op dit en om ons te versterk teen wat kom. Wanneer ek met mense hieroor praat, dan is die reaksie altyd, laat dit maar kom, gelukkig weet ek dit is nie net ek wat alles gaan verloor nie, maar almal om my ook. Dus sal dit nie so erg wees nie. Hierdie stelling verwonder my, maar is seker n bespreking op sy eie. Wat sÍ dit van ons as mens?


Ons kan ook nie wag vir hierdie dag wat dit so donker word nie, want ons wil anderkant uitkom. Elke dag hoor ons mense se, as dit nou maar net inmekaar wil val en klaarkry, sodat ons weer kan oorvat en voor begin. Die Engelsman sÍ 'beware what you wish for' en die Bybel gee ons n vergelyking van n man wat teen die muur leun en n slang pik hom, of iemand wat vir n leeu weghardloop en hy hardloop in n beer vas.


Elke jaar met die oorgang van Oujaar na Nuwe jaar, staan mens en dink oor hoe jy gevoel het laas jaar, hoe jy gewonder het wat hierdie jaar gaan gebeur en hoe jy gedink het, sekerlik is dit hierdie jaar, net om nou weer hier te staan en dieselfde te wonder.


Hopelik (en waarskynlik) staan ons die einde van die jaar weer en dink dieselfde dinge, net nog bietjie donkerder. Is dit God se genade om ons stelselmatig gewoond te maak aan die donker? Ek glo so, want Siener het ook gesÍ, vir die wat weet, sal dit nie so erg wees nie?


Dit laat mens dink aan die mense wat nou regmaak en dink hulle gaan 'ok' wees. Die Suidlanders klink of hulle uitsien na die trippie. Maar ek dink nie dit gaan veel help nie. Moontlik selfs erger maak? Hoe ek dit verstaan is dat God ons tyd gee om geestelik gereed te maak, sodat ons die krag sal hÍ om daardeur te kom. Dit wat ons aardse behoeftes is, sal Hy voorsien en in plek hÍ wanneer ons dit nodig het. Ons kan onmoontlik self vir alles voorsiening maak.


Ek het nou n lang draai geloop, eintlik wou ek maar net sÍ, pasop vir wie jy oordeel as n verraaier en agent. Pasop ook dat jy nie ingetrek word in dinge waar jy nie wil wees nie. "Wees so versigtig soos slange en opreg soos duiwe."

524
01-06-2015, 12:03 PM
Eish Tom, klink so al of jy skerm vir jouself... http://www.sherv.net/cm/emo/laughing/happily-laughing-smiley-emoticon.gif

Ja, net so baie dis informasie as wat daar rond waai net so baie waarhede en halwe waarhede is daar. Elke ou moet maar met die inligting tot sy beskiking sy of haar eie besluit neem oor wie "skuldig" is en wie nie. Persoonlik raak ek nie betrokke by enige sulke kringe nie. AKSKA is seker die meeste wat ek op die Internet betrokke raak. Ek het nie eens 'n persoonlike bakkiesboek profiel nie en min mense (hopelik) weet wie of wat ek werklik is.

Maar, ou pienk Frikkie bly 'n poephol. http://www.sherv.net/cm/emoticons/hand-gestures/bird-finger-smiley-emoticon.gif

Hein
01-06-2015, 01:27 PM
Hoe weet ons die ander mense wat boeke oor Siener geskryf het is ook nie agente vir die regering nie? Is hul al ondersoek?

Tom
01-06-2015, 01:58 PM
524, ja, ek skerm seker omdat ek van hierdie 'volks verraaiers' goedgesind is? Of ek by pienk Frikkie sal kan koffie drink eendag is te groot vir my ook, maar wie weet?

Hein, natuurlik word hulle ook beskuldig en ondersoek. Ek loop voor (figuurlik) in die ondersoek teen AS byvoorbeeld.

SA462
01-06-2015, 04:56 PM
Tom,kyk of jy die boek :Dokument x: kan kry en lees dit baie mooi.

524
01-06-2015, 05:04 PM
Tom,kyk of jy die boek :Dokument x: kan kry en lees dit baie mooi.

As jy praat van Socrates se storie dan is dit die een - Laai Hier Af (http://filegooi.co.za/get2/913c35320226709605864efa88ff82b2/The+Republic+X.pdf)




'n Voorsmakie


Socrates - GLAUCON

Of he many excellences which I perceive in the order of our State, there is none which upon reflection pleases me better than the rule about poetry.

To what do you refer?
To the rejection of imitative poetry, which certainly ought not to be received; as I see far more clearly now that the parts of the soul have been distinguished.

What do you mean?
Speaking in confidence, for I should not like to have my words repeated to the tragedians and the rest of the imitative tribe --but I do not mind saying to you, that all poetical imitations are ruinous to the understanding of the hearers, and that the knowledge of their true nature is the only antidote to them.

Explain the purport of your remark.
Well, I will tell you, although I have always from my earliest youth had an awe and love of Homer, which even now makes the words falter on my lips, for he is the great captain and teacher of the whole of that charming tragic company; but a man is not to be reverenced more than the truth, and therefore I will speak out.

Very good, he said.
Listen to me then, or rather, answer me.
Put your question.
Can you tell me what imitation is? for I really do not know.
A likely thing, then, that I should know.
Why not? for the duller eye may often see a thing sooner than the keener.

SA462
01-06-2015, 08:56 PM
Nee 524, ek praat van n ander boek . Dokument x is geskryf deur n oud agend onder die naam Gunter Schickelgruber. Dit is nie een van AS se boeke nie en is die moeite werd om te lees. Die boek is in 2002 uitgegee en staaf baie van dit wat ons weet hierby Akska.

Lukas
01-06-2015, 09:29 PM
Ek moet miskien eendag voor ek dood gaan, ook daardie boek ook lees. Ek hoor dat dit baie goed is. Ek moet nog Adv Piet Pretorius se boek ook lees.


Ek het Piet eendag ontmoet en ons het amper die hele nag gepraat en mekaar se kennis wat van total verskillende rigtings gekom het, met mekaar bevestig. Dit was vir my n onvergeetlike bosveld oomblik.

524
01-06-2015, 09:58 PM
Nee 524, ek praat van n ander boek . Dokument x is geskryf deur n oud agend onder die naam Gunter Schickelgruber. Dit is nie een van AS se boeke nie en is die moeite werd om te lees. Die boek is in 2002 uitgegee en staaf baie van dit wat ons weet hierby Akska.

O! OK Klik HIER (https://www.google.co.za/url?sa=t&rct=j&q=&esrc=s&source=web&cd=5&cad=rja&uact=8&ved=0CD0QFjAE&url=http%3A%2F%2Fwww.boervolk.net%2FImages%2FDokum ent%2520X.pdf&ei=iDmsVKWKN8HuUvLWg8AL&usg=AFQjCNHugTRtaf9O7EHi2pEnHtt8KiIwmA&bvm=bv.82001339,d.d24)om die dokument X aftelaai - 47 meg

Lukas
01-06-2015, 10:34 PM
Jy moet mooi lees waneer 524 vir jou iets skryf. http://www.sherv.net/cm/emoticons/smile/mischievous-grin-smiley-emoticon.gif (http://www.sherv.net/)

Tom
08-13-2015, 11:54 PM
Ek wil gou iets oor Siener se en kies maar hierdie draad.

Julle onthou Siener het gese daar is drie hooi miedens en die Turk steek een aan die brand? Dit is dan die formele begin van WWIII.

Wel, ek het nou n YouTube gesien waar die man, sonder dat hy dit weet, hierdie drie hooimiedens, wat staan vir n ontvlambare situasie, pragtig raak beskryf as 'three flash points that could start WWIII' en hulle dan ook opsom as.
1. Russia vs Nato
2. China vs Japan/US et al
3. Middle East

Kan dit Siener se 3 hooi miedens wees? En wie is die Turk dan? Obama?

En watter een gaan hy aan die brand steek? Ek sou se nommer een, omdat Siener die begin beskryf as Rusland wat deur die ou Joegoslavia Italie benneval en dan opwerk in Europa. Klink nie vir my na Middle East of China nie en baie soos Rusland en Nato.


https://www.youtube.com/watch?v=W321gBgOIQY