PDA

View Full Version : Die forum reŽls is tydelik aangepas



Lukas
01-04-2013, 10:47 PM
Ek wou dit altyd so kry dat ’n mens as anoniem kan skryf, sonder dat hy nodig het om te registreer. Wanneer jy registreer kan twee dinge gebeur. Jy kan dit self doen of ek kan dit namens jou doen.

Maar omdat ons die laaste tyd deur ’n swak taalgebruiker geteister was, het ons nou eers tydelik die opsie om iets te plaas sonder om te registreer, weggeneem. Dit beteken wanneer jy iets wil plaas, jy eers moet registreer voor jy iets kan plaas. Jou plasings word nog nie gemodereer nie. Maar wat gebeur is dat ek die persoon wat onwelvoeglik optree, kan waarsku om by ons reŽls te hou en wanneer hy dit nie doen nie, sal ek hom in die toekoms kan stop.

Ons sal die opsie om anoniem te plaas van tyd tot tyd oopmaak tot ons weer weerstand kry. Hierdie jaar gaan ’n interessante jaar wees en ons moet maar vroegtydig voorsiening maak sodat die stert nie weer die hond rond swaai nie.

Ns.

Ek dink dat ons nou die AKSKA lede ook reg het. My vermoede is dat julle nou al die forums kan sien wanneer julle inteken. Ek sal elke lid een vir een deurgaan om seker te maak.

475
01-07-2013, 02:54 PM
Dag Lukas,

Weet nie of dit net 'n fout op my profile is nie maar ek kan nog nie vlak 3(Akska) sien op die forum nie.

Groete,

Tom
01-07-2013, 06:25 PM
Ek sien geen poste word geplaas na Lukas se plasing hierbo nie. Nou wonder ek of almal nie geblok is nie. Dus is ek nou ingeteken en kyk ek of hierdie pos deurgaan, of gaan dit moderasie toe.

Tom
01-07-2013, 06:27 PM
Soos ek vermoed, gaan die pos moderasie toe. Hoop maar Lukas kan dit al daar uithaal en goedkeur vir plasing. Anders gaan geen poste geplaas kan word nie.

Tom
01-08-2013, 06:43 PM
Daarsy! Poste word nou goedgekeur!

498
01-11-2013, 07:28 AM
More Lukas,

Ek kan ook nie vlak 3(AKSKA) op die forum sien nie.

Groete

Lukas
01-11-2013, 10:41 AM
More 498. Kyk of dit nou reg is ?

Tom. Kyk of jy onder aan die blad n rooi MOD skakel kry waarop jy kan kliek. Wanneer die plan werk, sal jy weer inteken en dan vlak 2 poste onder moderasie kan goedkeur. Kyk asb of my plan werk.

499
01-11-2013, 02:45 PM
Goeimiddag oom Lukas

Ek sukkel ook nog om verby vlak 2 te kom en kan nog nie vlak 3 sien nie

Groete

499
01-11-2013, 02:50 PM
Goeiemiddag oom Lukas

Ek sukkel ook om by vlak 2 integaan en kan ook nog nie na vlak 3 sien nie

Groete

Lukas
01-11-2013, 05:49 PM
499. Ek het vandag n klomp veranderings gemaak. Probeer weer en laat my weet.

Groetnis

93

Tom
01-11-2013, 10:48 PM
Tom. Kyk of jy onder aan die blad n rooi MOD skakel kry waarop jy kan kliek. Wanneer die plan werk, sal jy weer inteken en dan vlak 2 poste onder moderasie kan goedkeur. Kyk asb of my plan werk.

Nee Lukas, daar is nie so skakel nie.

Tom
01-12-2013, 09:42 AM
499. Ek het vandag n klomp veranderings gemaak. Probeer weer en laat my weet.

Groetnis

93
Onthou, die random question wat jy moet invul, soos gewys in Lukas se prentjie, is slegs nodig indien jy nie ingelog is nie.

Lukas, ek wil net byse, ek het ook nie regte om na my eie profiel te kyk nie. My regte is dus nie reg gestel nie en dit is moontlik waarom ek die mod skakel nerens kry nie.

498
01-12-2013, 02:56 PM
Dankie Lukas,

Ek kan nou al 3 vlakke sien.

Groete

blok506
01-12-2013, 08:03 PM
Ek sien net vlak 2 is daar n skakel wat se vlak3 of is ek nog in die donker?

Lukas
01-13-2013, 11:27 PM
Wanneer jy ingeteken het, moet jy die prentjie sien wat ek hier geplaas het. Indien jy dit nie sien nie. Moet jy op die forum skakel boaan die blad druk.

Jy is regtig veronderstel om dan alles te sien. Laat weet my asb of jy dit nou kan sien.

94

Max
01-14-2013, 07:44 AM
Goeie dag
Ons sien vlakke 1 en 2, maar nie vlak 3 nie.
Groete

Unregistered
01-21-2013, 10:43 PM
Mense kan nou weer pos sonder om ingeteken te wees op die Forum vir Anonieme Besoekers

Unregistered
01-22-2013, 08:54 AM
Die derde vlak is vir AKSKA lede